skip to Main Content

Verhelderende perspektiewe vir die pastoraat vanuit traumanavorsing rakende getraumatiseerde kinders

In hierdie artikel word daar op die ingrypende langtermyn implikasies van onverwerkte trauma gedurende die kinderjare gefokus. Hierdie implikasies kan liggaamlik, emosioneel of geestelik van aard wees. Die belangrike rol van herhalende traumatiese herinneringe word vervolgens aan die orde gestel asook ʼn aantal verdere tipiese gedragspatrone asook uitreageergedrag. Blootstelling aan die onverwerkte trauma aan die hand van verskeie blootstellingstegnieke tydens die begeleidingsproses word ook bespreek. Belangrike aspekte met betrekking tot ʼn aantal terapeutiese strategieë kom vervolgens aan die orde terwyl moontlike pastorale implikasies deurgaans gereflekteer word. In hierdie verband word byvoorbeeld op die gebruik van ʼn joernaal, voorspelbare roetines en rituele, kind-gesentreerde spel, die kind se identiteit in Christus, die belangrikheid van na die kind te luister, die opstel van ʼn tydlyn en die terapeutiese waarde van tekentake gefokus. Vanuit die resultate van navorsing op die gebied van trauma blyk uiteindelik dat daar ʼn verskeidenheid van bruikbare komponente en perspektiewe is wat effektief deur pastorale beraders en spelterapeute in die pastorale begeleiding van getraumatiseerde kinders geïnkorporeer kan word.

 

Download PDF

In samewerking met   

Back To Top