skip to Main Content

Pastorale begeleiding van die self-mutileerder

In hierdie artikel het dit geblyk dat die toenemende voorkoms van self-mutilering onder jongmense in talle gevalle as uitlaatklep gedien het vir opgeboude druk en nie soseer as ‘n selfmoordpoging nie. Heel dikwels was dit ‘n uitvloeisel van mishandeling en/of seksuele misbruik en die persoon het dan hierdie metode gebruik om van innerlike pyn ontslae te raak. Gevoelens van alleenheid, ‘n behoefte aan beheer, ‘n behoefte om net íéts te voel, asook ‘n behoefte om die self te straf, kon ook ‘n rol gespeel het. Die gesinsklimaat was oor die algemeen van besondere belang. Hierdie probleem het aan pastorale beraders en aan die kerk ‘n besondere uitdaging gebied deur onder andere veel meer op die probleem van pyn, asook die hantering daarvan te fokus. Dit het verband gehou met die feit dat ontkenning in die verlede ‘n groot rol gespeel het in sekere kerklike kringe en ook binne sekere gesinne.

As deel van ‘n pastoraal-terapeutiese strategie in die begeleiding van die self-mutileerder kon aspekte soos die identifisering van die rol van leuens, die benutting van oplossings uit die verlede, vergifnis, nagmaal, gebed en meditasie gevolglik uiters belangrike komponente van die helingsproses gevorm het. Pastorale beraders sal hulleself ten volle op die hoogte moet bring van die verskynsel van self-mutilering ten einde in staat te wees om werklik te
kan help.

 

Download PDF

In samewerking met   

Back To Top