In hierdie artikel word die volgende probleemstelling ondersoek: In watter mate kan pastorale begeleiding ’n…
DIE DIGITALE IMPAK OP KINDERS EN JONGMENSE – ENKELE PASTORALE MERKERS
In hierdie artikel word gefokus op die fenomenale ontwikkeling van die Internet die afgelope aantal jare. Hierdie ontwikkeling het uiteraard die jonger generasie baie meer direk beïnvloed en daar word vervolgens gefokus op jongmense se kwesbaarheid rakende sekere digitale ‘slaggate.’ Tipiese kenmerke van die sogenaamde ‘Millenniërs’ kom aan die orde asook ‘n aantal negatiewe gevolge van oormatige blootstelling aan digitale skerms. Teen hierdie agtergrond word vervolgens ‘n aantal praktiese en pastorale perspektiewe aan die orde gestel. ‘n Aspek soos verhoudings-vaardighede blyk besonder belangrik te wees, die wyse waarop die brein funksioneer asook die aanspreek van kinders en jongmense se basiese behoeftes. Binne hierdie konteks blyk ook telkens die geweldige uitdaging aan die kerk, onderwysers en ouers om steeds relevant, betrokke en op hoogte te bly ten einde effektief en sinvol leiding te kan gee.