skip to Main Content

Pastorale begeleiding van die geestelik verwonde persoon

Sedert so vroeg as die sewentigerjare is ‘n beduidende aantal boeke en artikels oor geestelike verwonding gepubliseer (kyk Blue 1993; Booth 1991; Cumella 2005a, 2005c; Enroth 1993; Johnson & VanVonderen 1991; Langone 1995; Martin 1995; Oates 1970; Peck 1978; Pretorius 2007; Sloat 1990; VanVonderen 1989; Wright 2001). Terme soos ‘geestelike misbruik’, ‘geestelike aanranding’, ‘geestelike verkragting’, ‘geestelike molestering’ en ‘geestelike afknouing’ kom ook dikwels in die literatuur voor om verskillende aspekte van geestelike verwonding te beklemtoon (De Villiers 2008). Reeds in 1970 publiseer Wayne Oates byvoorbeeld ‘n boek getiteld When religion gets sick. Hy verwys onder andere na die dubbele betekenis van die term ‘godsdiens’: Enersyds kan dit op ‘n baie positiewe en gesonde stelsel dui wat vir die mens voordelig is en hom/haar help oorleef; andersyds kan godsdiens egter ook verwys na ‘n ‘pantheon of false gods by which men shrivel in the bondage of fear and death’ (Oates 1970:16). Oates beskryf laasgenoemde toedrag van sake as ‘n steurnis wat die algehele funksionering van ‘n persoon raak. In so ‘n geval het die persoon se godsdiens ‘slegte nuus’ in plaas van ‘goeie nuus’ geword.

 

Download PDF

In samewerking met   

Back To Top