skip to Main Content

’n Pastorale verkenning van die effek van ‘pa-wonde’, ‘pa-honger’ en ‘pa-nood’

In hierdie artikel word eerstens enkele historiese merkers aangetoon met betrekking tot sommige belangrike konsepte soos ‘pa-wonde’, ‘pahonger’
en ‘pa-nood’. Die leemte met betrekking tot navorsing op die terrein van hierdie tema word vervolgens aan die orde gestel asook die aanslag op die rol van die pa oor die algemeen. Vyf bydraende faktore tot ‘pa-wonde’, ‘pa-honger’ en ‘pa-nood’ word agtereenvolgens bespreek, naamlik: gesinstrukture wat besig is om te verander; veranderende loopbaanstrukture; ouers wat gedwing word om verskillende rolle en vlakke van betrokkenheid te vervul; verskuiwing tussen tradisionele en kontemporêre geslagsrolle; en volwasse plesier, die digitale era, en die rol van portuurgroepe. Die tweede gedeelte van die artikel fokus op ʼn aantal praktiese riglyne om die vaderverhouding weer te herstel. Aspekte wat byvoorbeeld hier prominent figureer, is die volgende: Identifisering van die probleem; identifisering van die simptome; versameling van al die feite; identifisering van familiegeheime en familiemites; verbalisering van dit wat nog nie vantevore gesê is nie; herformulering van die verlede; prosessering van die verliese; om te waak teen impulsiewe oorreaksies; die belangrikheid van vergifnis; die uitnodiging aan andere om jou reis mee te maak; die ondersoek van nuwe rolle; die toekenning van nuwe betekenis aan die verlede; die ervaring van self ʼn seun groot te maak; die ontdekking dat daar slegs een Volmaakte Pa is, en deur in ʼn daaglikse intieme verhouding met Hom te verkeer, wat kan lei tot die genesing van wonde en die herstel van verhoudings.

 

Download PDF

In samewerking met   

Back To Top