In hierdie artikel word die volgende probleemstelling ondersoek: In watter mate kan pastorale begeleiding ’n…
ENKELE PASTORALE MERKERS RAKENDE DIE IMPAK VAN BOELIE OP KINDERS EN ADOLESSENTE
In hierdie artikel word gefokus op die vernietigende effek van boelie op die emosionele, geestelike en fisiese dimensies van die slagoffer. In talle gevalle het dit bygedra tot die verplettering van die ideale en drome van kinders en hul ouers. Die statistieke, omvang en aktualiteit van hierdie saak kom aan die orde asook belangrike eiesoortige definiërings soos ‘kuberboelie’, ‘kuber treitering’ en ‘Internet troll’.
Die belangrike verskuiwing die afgelope aantal jare vanaf fisiese boelie na kuberboelie word uitgelig asook die feit dat kuberboelie gaandeweg by al jonger kinders aan die orde is. Redes waarom sekere kinders kwesbaar is asook tipiese kenmerke, simptome en gevolge van boelie word bespreek terwyl die belangrikheid van ‘n gestruktureerde anti-boelie program by skole ook aan die orde gestel word met besondere verwysing na die bekende model van Dan Olweus.