skip to Main Content
Sale

Boelie – Die verwoester van kinders en jongmense

Original price was: R400.00.Current price is: R370.00.

Die probleem rondom boelie het die afgelope aantal jare al meer aktueel geraak in ons skole. Namate die Internet al meer prominent begin raak het, het daar ook ‘n al groter skuif begin plaasvind vanaf fisiese boelie na kuberboelie toe. Navorsing toon aan dat 88% van tieners wat gebruik maak van sosiale media by geleentheid waargeneem het hoedat daar soms wreed en gemeen gereageer word via sosiale netwerke. 15% het aangedui dat hulle persoonlik kuberboelie ervaar het gedurende die voorafgaande 12 maande. 32% van die leerders aangedui dat hulle by geleentheid onderweg skool toe, of by die skool deur ‘n ander leerder geslaan is. In die literatuur is daar ook verskeie voorbeelde van kinders wat reeds hul eie lewens ge-neem het as gevolg van treitering en boelie, hetsy fisies of via die Internet. In hierdie boek word hierdie baie aktuele tema aan die orde gestel met dan ook ʼn model vir die hantering van boelie, veral in skole, en ook pastorale riglyne (koerier koste ingesluit by prys).

In samewerking met   

Back To Top