Heling na verkragting, molestering en bloedskande
Original price was: R400.00.R370.00Current price is: R370.00.
“Ek is vyftien jaar lank deur my pa verkrag. Ek het nooit besef dat al die dinge wat my lewe kompliseer en op sy kop keer, die gevolg daarvan is nie. Ek is altyd bang, beangs is die beter woord. Ek kry steeds hierdie herinneringe aan wat gebeur het. Hulle kom uit die niet. Ek kan op ‘n pragtige dag in ‘n mooi park sit en dan doem die beelde van wat hy gedoen het skielik voor my op. Ek voel dan asof ek weer ses jaar oud is en nie 24 nie. Dit is dan asof die hele trauma weer plaasvind. Die berader noem dit ‘n terugflits.”
Is daar hulp vir so ʼn persoon en indien wel, hoe word sy begelei tot heling en vryheid in Christus en ʼn punt waar sy weer volle lewensvreugde ervaar? In hierdie boek word hierdie proses stap vir stap beskryf. Vir pastorale beraders, leraars en maatskaplike werkers (en ook slagoffers) is hierdie ʼn onontbeerlike bron (koerier koste ingesluit by prys).