Emosionele bagasie
Original price was: R400.00.R370.00Current price is: R370.00.
Talle persone worstel sedert kinderjare met onverwerkte emosionele pyn en trauma. Volgens die navorsing is normale geheue geneig om mettertyd te vervaag. Hierteenoor is dit so dat traumatiese geheue nooit vervaag nie en wanneer daar jare later ‘n sekere sneller is wat my herinner aan die pyn van die verlede dan is dit soos ‘n venstertjie wat oopgemaak word wanneer daar met ‘n muis geklik word. En dan herleef jy weer al die herinneringe en emosies van die oorspronklike oorweldigende gebeure. Sommige persone is op hierdie wyse op ‘n daaglikse basis besig om ‘n klomp energie te spandeer deur net die ‘deksels’ op al die onverwerkte emosies al stywer te probeer vasdraai. Gaandeweg bou die drukking egter so op dat die ‘deksel’ van die innerlike ‘drukpot’ op ‘n dag afskiet en dan impliseer dit emosionele chaos. Indien dit die proses is waarmee jy aan die worstel is dan is hierdie boek vir jou. Die oogmerk hiermee is om persone te help om al die rooi ligte en seine te kan identifiseer wat daagliks deur jou liggaam en jou emosies aan jou gegee word en dan die nodige stappe te neem om hulp te kry ten einde by ware vryheid en oorwinning te kan arriveer. Vryheid is moontlik aangesien die Woord belowe dat as die Seun jou vrygemaak het dan sal jy waarlik vry wees! (koerier koste ingesluit by prys).