skip to Main Content

Bemoediging vir die Sterwendes en Hoop vir die Treurendes

R150.00

Dit is wonderlik om by mense betrokke te kan wees met wie dit in alle opsigte goed gaan (geestelik, fisies en emosio-neel), wie geestelik in oorwinning leef, wie se emosionele tenks gevul is en wie ook fisies daagliks die krag het om die roeping wat God op hulle lewens gelê het, uit te leef. Ons sou hierdie kan beskryf as die een kant van die lewen-straat en dit is die kant waar ons almal graag vir altyd sal wil woon en werk. Ongelukkig het hierdie straat egter ook ‘n ander kant en die lewe dwing jou soms onwillekeurig om oor te trek na hierdie kant toe. Dit is die kant waar ons by geleentheid oorweldigende verliese beleef, teleurstellings ervaar en dit soms ervaar asof God baie ver is. Dit kan byvoorbeeld verband hou met die tyding van ‘n ongeneeslike siekte by jouself of by ‘n geliefde. Dit kan soms ook jare se worsteling impliseer betref-fende ‘n liggaam wat al hoe meer afgetakel raak, emosionele tenks wat dolleeg is en hoop en lewensvreugde wat verdwyn het. Die inhoud van hierdie boek is hoofsaaklik gefokus op die pastorale begeleiding en onder-steuning van diegene wat gedwing is om aan hierdie kant van die lewen-straat te bly (koerier koste: R120).

In samewerking met   

Back To Top