skip to Main Content
Sale

SELFVERGIFNIS

Original price was: R400.00.Current price is: R370.00.

Om daagliks te lewe in hierdie stukkende wêreld impliseer die moontlikheid dat ons almal kan seerkry en êrens dan ook begin worstel met die uitdaging van selfvergifnis. Indien ek hiermee saam ook nog opgegroei het in ‘n disfunksionele huis waar ek ge-woond was om vir alles geblameer te word en ook ander te blameer vir alles, dan is dit soveel te meer moeilik om myself te kan vergewe. Sou daar bykomend hiertoe ook nog ‘n agtergrond van fisiese misbruik ge-wees het dan sou ek kon worstel met die idee dat iets inherent verkeerd is met my en dat ek die wonde wat ek ontvang het, verdien. ‘n Verdere kompliserende faktor is die feit dat die moeilikste persoon om te vergewe gewoonlik ekself is – ons kan nor-maalweg veel meer empatie betoon teenoor ander as teenoor onsself. Hierdie is net enkele van die krities belangrike aspekte wat in hierdie boek aan die orde kom met betrekking tot die tema van selfvergifnis (koerier koste: R120).

Partnered with   

Back To Top