Sale
PASTORALE BEGELEIDING TE MIDDE VAN COVID
Original price was: R400.00.R370.00Current price is: R370.00.
As gevolg van die COVID pandemie is leraars, beraders en terapeute gekonfronteer met uitdagende eise in terme van verliese en rouprosesse, en veral ook gekompliseerde rou. Laasvermelde aspek hou veral verband met die feit dat in talle gevalle daar nie behoorlik afskeid geneem kon word nie en daar gevolglik ook onvoldoende rituele was ten einde die helingsproses te bevorder. In hierdie boek word daar op al hierdie aspekte gefokus en word ʼn verskeidenheid van praktiese en pastorale riglyne gebied ten einde rouprosesse te fasiliteer, onverwerkte trauma deur te werk en ook gekompliseerde rou te hanteer (koerier koste ingesluit by prys).