Hulp aan die helpers. Pastorale perspektiewe rakende stres, uitbranding en medelye-moegheid
Original price was: R400.00.R370.00Current price is: R370.00.
Hierdie boek is bedoel vir geestelike leiers, beraders en terapeute wat op ʼn gereelde basis hul harte oopstel vir die pyn van emosioneel verwonde en getraumatiseerde lidmate, beradenes en kliënte. Daar word in besonder gefokus op die emosionele gevare van areas soos stres, uitbranding en medelye-moegheid. Hierdie boek kan ook as ʼn waardevolle bron dien in besonder wat betref die opleiding en toerusting van voornemende geestelike leiers en beraders. Die talle teoretiese beginsels wat aan die orde kom, word telkens geïllustreer aan die hand van ʼn verskeidenheid van praktiese voorbeelde, terwyl Skriftuurlike beginsels en pastorale vertrekpunte as onderliggende basis dien vir die uiteensetting in hierdie publikasie (koerier koste ingesluit by prys).

