skip to Main Content
Sale

‘n Pastorale evaluering van die holistiese benadering binne die Amen Klinieke

Original price was: R400.00.Current price is: R370.00.

Vanuit die praktyk blyk dat die voorkoms van toestande soos angs, bipolêre versteurings, verslawings, post-traumatiese stres en aandagafleibaarheid gaande-weg die hoogte inskiet. Volgens die Christen psigiater, Dr Daniel Amen, in sy boek, The end of mental illness, het die standaard behandeling die afgelope sewe dekades geensins verander nie. Hiermee saam is daar dikwels ook ʼn stigma van ʼn ‘geestessiekte’ wat talle persone daarvan weerhou om hulp te soek. In hierdie boek word ʼn pastorale evaluering gegee van die multidissiplinêre bena-dering binne die Amen Klinieke waar daar gewerk word met vier sirkels, naamlik die biolo-giese, psigologiese, sosiale en geestelike dimensies.  In hierdie benadering is die basiese vertrekpunt dan ook dat brein gesondheid lei tot geestesgesondheid. Die mens in sy/haar totaliteit word dus behandel terwyl die geestelike/pastorale dimensie ʼn kritiese komponent van hierdie benadering is (koerier koste ingesluit by prys).

Partnered with   

Back To Top