Bemoediging vir die Sterwendes en Hoop vir die Treurendes
Original price was: R400.00.R370.00Current price is: R370.00.
Die tema van sterwensbegeleiding en treurberaad is uiters aktueel. In elke gemeente, kerk en ook ander gemeenskappe is daar diegene wat hierdeur geraak word. Indien die begeleier nie oor die nodige kennis beskik om persone in sulke situasie te begelei nie kan daar, ondanks goeie bedoelinge, meer hartseer en emosionele skade berokken word. Indien die nodige kennis en ervaring egter in plek is dan kan ons ʼn dramatiese verskil maak en kan die Heilige Gees deur ons diegene wat in rou en smart verkeer op ʼn bonatuurlike vlak bemoedig en vertroos. Die inhoud van hierdie boek dien as ʼn stuk toerusting vir elkeen wat die hartsbegeerte het om sodanige verskil te maak in die lewens van treurendes en ook sterwendes (koerier koste ingesluit by prys).