Die eerste 48 uur na trauma – Pastorale perspektiewe
Original price was: R400.00.R370.00Current price is: R370.00.
Trauma werkers en terapeute wat gewoonlik eerste op ʼn ramp toneel arriveer (first resonders), kan ʼn verskil maak tussen lewe en dood. In hierdie verband word daar egter nie altyd die nodige erkenning gegee ook aan pastorale beraders as deel van so ʼn noodspan nie. Vir talle slagoffers van trauma impliseer dit agterna ook ʼn geloofstryd rondom vrae rakende God se betrokkenheid of afwesigheid. In die lig hiervan is dit soveel te meer noodsaaklik dat pastorale berading ʼn pertinente komponent sal wees van trauma werkers wat eerste betrek word tydens en direk na groot traumatiese insidente. Die voorgestelde bena-dering in hierdie boek rakende die proses van ontlonting en deaktivering (defusing and debriefing) van trauma gedurende die eerste aantal kritiese ure sluit dan spesifiek ook ʼn pastorale komponent in. Vir talle slagoffers het so ʼn traumatiese ervaring die donkerste uur in hul lewe geïmpliseer en kon die insette van ʼn pastorale berader dien as ʼn straal van lig en hoop, en ook ʼn anker om aan vas te hou. (koerier koste ingesluit by prys).