skip to Main Content
Sale

Die angel van Toksiese Godsdiens

Original price was: R400.00.Current price is: R370.00.

In hierdie boek word daar gefokus op die oënskynlike paradoks van godsdiens wat enersyds binne sekere kontekste ‘n helende en bevrydende rol kan vervul, veral wanneer dit op gebalanseerde en gesonde wyse beoefen word en waar die motief daaragter suiwer en opreg is; en andersyds die gevaarkant van godsdiens – met ‘gevaar’ word in hierdie konteks dan bedoel dat daar dieper-liggende onverwerkte emosionele pyn aanwesig mag wees wat uiteindelik as dryfveer kan dien tot ontvlugting in oordrewe godsdienstige aktiwiteite. Die werklike pyn word nooit hanteer nie en deur middel van die stiptelike onderhouding van ’n magdom geestelike wette en reëls word daar eintlik net meer pleisters en verbande op ’n septiese wond geplaas. Die finale resultaat van so ’n proses kan dan godsdienstige verslawing impliseer waar mense uiterlik gelukkig voorkom, maar innerlik met ’n magdom van seer en pyn wor-stel. Praktiese riglyne vir die pastorale begeleiding van sulke verwonde per-sone tot ware heling word dan ook aan die orde gestel. Vergifnis is ‘n saak wat elkeen van ons elke dag raak (koerier koste ingesluit by prys).

In samewerking met   

Back To Top