skip to Main Content

Heling na verkragting, molestering en bloedskande

R150.00

“Ek is vyftien jaar lank deur my pa verkrag. Ek het nooit besef dat al die dinge wat my lewe kompliseer en op sy kop keer, die gevolg daarvan is nie. Ek is altyd bang, beangs  is die beter woord. Ek kry steeds hierdie herinne-ringe aan wat gebeur het. Hulle kom uit die niet. Ek kan op ‘n pragtige dag in ‘n mooi park sit en dan doem die beelde van wat hy gedoen het skielik voor my op. Ek voel dan asof ek weer ses jaar oud is en nie 24 nie. Dit is dan asof die hele trauma weer plaasvind. Die berader noem dit ‘n terugflits.”

Is daar hulp vir so ʼn persoon en indien wel, hoe word sy begelei tot heling en vryheid in Christus en ʼn punt waar sy weer volle lewens-vreugde ervaar? In hierdie boek word hierdie proses stap vir stap beskryf. Vir pastorale beraders, leraars en maatskaplike werkers (en ook slagoffers) is hierdie ʼn onontbeerlike bron (koerier koste: R120).

Categories: ,

Partnered with   

Back To Top