Sale
Die noue wisselwerking tussen die geestelike, emosionele en fisiese dimensies (e-boek).
Original price was: R250.00.R200.00Current price is: R200.00.
- Plato en Sokrates, wat ongeveer 500jr vC geleef het, het reeds die denke/liggaam verbintenis waargeneem en gewys op die belangrikheid hiervan met betrekking tot siekte.
- Hippokrates, die vader van medisyne, het gesê dat hy eerder sou verkies om te weet watter tipe persoon ‘n siekte onderlede het as watter soort siekte die persoon het.
- Galen, ‘n belangrike Griekse medikus wat ongeveer 140 nC geleef het, het alreeds geskryf oor die moontlike verhouding tussen depressie en borskanker wat hy waargeneem het.
- Sir William Osler, ‘n briljante medikus en ook mediese geskiedskrywer, het gesê dat die uiteindelike verloop van tuberkulose baie meer te doen het met dit wat in die binneste van die pasiënt aan die gang is as wat dit noodwendig te doen het met die toestand van die pasiënt se longe.
In hierdie boek word vanuit verskeie hoeke gefokus op die geweldige sterk invloed wedersyds tussen denke, emosies en die liggaam.