skip to Main Content

Verlies en Rouproses by Kinders

R150.00

Met betrekking tot navorsing aan-gaande die rouproses by kinders was daar tot en met die sestiger jare ‘n sterk denkstroom wat die standpunt gehuldig het dat kinders nie werklik in staat is om die emosies van rou te ervaar nie. Sedertdien is die teendeel egter al meer bewys en het ʼn uit-gangspunt soos die volgende byvoor-beeld ál sterker in die literatuur na vore gekom: “Anyone old enough to love is old enough to mourn.” Daarom is dit so belangrik dat kinders gesonde wyses om met die dood en hartseer te deel, sal aanleer. Sonder die nodige begeleiding sal hulle die ‘gapings’ in terme van ontbrekende gegewens op hul eie aanvul en hulle sal ook negatiewe volwasse gedrag naboots. Die oog-merk met hierdie boek is gevolglik om aan almal wat betrokke is by die begeleiding van kinders en jongmense die nodige riglyne te bied vir sinvolle en helende begeleiding rakende verliese en hart-seer. Binne God se volmaakte plan is daar genesing beskikbaar vir elke getraumatiseerde kind (koerier koste: R120).

Partnered with   

Back To Top