Getraumatiseerde kinders (e-boek)
Original price was: R250.00.R200.00Current price is: R200.00.
Daar is relatief min terapeutiese programme wat enersyds sterk gefokus is op die verlede, en andersyds op die huidige eiesoortige behoeftes van emosioneel verwonde en getraumatiseerde kinders. Hierdie is inderdaad die benadering in hierdie boek wanneer daar ook aangesluit word by die soortgelyke benadering van die grootste studie ooit van sy soort, naamlik dié van die Adverse Childhood Experience Study deur Dr Vincent Felitti en sy kollegas in San Diego in die VSA. Hierdie studie het oor 50 jaar gestrek en 17,000 respondente betrek. Die resultate en uitkomste was fenomenaal en het oortuigend aangetoon dat onverwerkte trauma en verwonding gedurende die kinderjare vernietigende gevolge in die volwasse jare impliseer. In hierdie boek word ʼn verskeidenheid aspekte saamgevoeg wat telkens hierdie basiese uitgangspunt bevestig. Praktiese en pastorale riglyne as deel van die helingsproses word ook deurgaans aan die orde gestel.