Die moeder se invloed op volgende generasies
Niemand het ʼn groter invloed op jou gehad as jou ma nie. Die wyse waarop sy jou behoeftes as kind hanteer het, het jou beskouing van die lewe gevorm, so ook jou hantering van jou huwelik, jou verhoudings, jou loopbaan, jou selfbeeld en ook jou ervaring van God. Hierdie ‘pakket’ wat jy van haar ontvang het gee jy outomaties weer deur aan jou kinders en kleinkinders. Onbewustelik het die moeder dus ʼn deurslaggewende impak op toekomstige generasies – dit raak inderdaad hul fisiese, geestelike en emosionele gesondheid. Die inhoud van hierdie boek kan jou help om sekere areas in jou lewe te identifiseer waar die moederlike versorging wat jy ontvang het gebreke gehad het en waar korreksie en heling nodig is ten einde jou lewe voluit te kan leef tot eer van God.
