Gebuk onder die bagasie van vorige geslagte – intergeneratiewe trauma
Original price was: R400.00.R370.00Current price is: R370.00.
Die problematiek rondom intergeneratiewe trauma hou verband met die feit dat ouers dik-wels deur intense trauma gaan sonder die nodige hulp en begeleiding daarna. Die kinders en kleinkinders wat binne so familie opgroei, kan uiteindelik op talle wyses deur die impak van hierdie onverwerkte trauma geraak word sonder dat die werklike oorsaak altyd geïdentifiseer word. Sulke kinders bevind hulself in werklikheid binne ʼn disfunksionele en siek gesinsisteem. Talle van die tipiese simptome en gedrag van disfunksionele gesinne is gevolglik ook hier ter sprake. Omdat ouerlike vaardighede gewoonlik negatief geraak word deur onverwerkte trauma, is dít een van die groot bydraende faktore tot disfunksionaliteit binne sulke gesinne. Perspektiewe rakende hierdie tema vanuit verskillende dissiplines word in hierdie publikasie geïntegreer terwyl ʼn model vir pastorale begeleiding van sodanige slagoffers ten slotte aan die orde kom (koerier fooi ingesluit by prys).