Trauma in ons Modêrne Tyd – Kroonstad Vroueaksie

TRAUMA IN ONS MODERNE TYD

  • Inleidend

Ps 40:12-12

“Ramp op ramp het my oorval… ek weet nie meer waarheen nie. Hulle is meer as die hare op my kop; ek is moedeloos.”

Ps 102:7-8

“Ek voel so verlate soos ‘n pelikaan in ‘n woestyn, soos ‘n uil tussen murasies.  As ek wakker word, voel ek soos ‘n eensame voël op ‘n huis se dak.”

= ‘n Verwoording van iets van die emosies van ‘n getraumatiseerde persoon

– Getraumatiseerde samelewing

Daar is sovele rondom ons met pyn en seer

… sovele wiese toekomsverwagtinge en drome en ideale verpletter is

… vir sommige > geestelike groei en vernuwing en geloofsversterking

… vir andere > ‘n put wat net dieper en donkerder geword het

… > verlies van alle lewensin en lewensvreugde

Daar is deesdae min persone wat nie êrens in die verlede iets beleef het van krisis, skok en trauma nie

Min onderwerpe tans meer aktueel as dié van traumaberading

Afgesien van misdaad in die algemeen: ook ‘n ongelooflike klomp individuele trauma en pyn

Die nodige begeleiding en ondersteuning lei gewoonlik tot emosionele en geestelike groei

Tragies egter: groot persentasie mense gaan deur trauma sonder enige ondersteuning > skade – ons kan die beeld gebruik van drukkoker

  • > drukking bou gaandeweg op
  • > oorreaksie na ‘n klaarblyklik onbeduidende insident > verleentheid
  • > gaandweg allerlei emosionele probleme: depressie, vrees, angs, ens
  • > al meer fisiese probleme > êrens knak so ‘n person geheel en al

Hoe help ons sulke persone? Ook daardie persoon wat sit met die onverwerkte gevolge van ‘n traumatiese gebeurtenis 20jr gelede?

Die omvang van hierdie tipe nood rondom jou is soms geneig om jou te wil oorweldig

  • Voorbeelde van oorweldigende trauma
  • Matrose tussen haaie
  • Ander soortgelyke geval: na baie jare altyd ‘n verlamming vanaf middel tot in voete > daarna ‘n yskoue > na enige stres of angs
  • Die groot krisis wat jy nie voorsien of verwag het nie

Die areas waar dit gewoonlik plaasvind: werk, geld, huwelik, kinders/ouers, gesondheid, dood van ‘n geliefde > voel verwyderd van God

Dit is gewoonlik ‘n situasie waarin dit vir jou voel asof alles in duie stort

  • Verkragting
  • Gewapende roof
  • Motorkapings
  • Plaasmoorde
  • HIV VIGS
  • Sosiale media (verlede week: Carmen se dogter: lewe verpletter)

Skielik is dit donker rondom jou en in ‘n ommeseintjie het jy alle lewensvreugde en lewensin verloor

… soms binne ‘n paar minute geen toekoms meer nie

John Bradshaw haal navorsing aan wat aantoon dat een katastrofiese evaring waartydens ‘n persoon totaal magteloos voel, genoeg is om die chemiese samestelling van die brein permanent te wysig.So ‘n ervaring skep as’t ware ‘n tipe onuitwisbare boodskap. Hierdie boodskap is in die breinselle ingebrand en hierdie boodskap sê: “Hierdie is ‘n lewensbedreigende situasie – moet dit nooi ooit vergeet nie!”

Daarna is dit elke keer wat ‘n sneller jou herinner dan skop hierdie boodskap in en die liggaam oorreageer

Hoe kry ‘n mens die sin van dit alles weer terug?

  • Basiese veronderstellinge is verpletter
  • Die veronderstelling dat pyn en trauma my gespaar sal bly
  • Die veronderstelling van rasionaliteit > legkaart pas nie meer inmekaar nie
  • Die slagoffer se sin vir moraliteit > wêreld is nie meer regverdig nie > waar is God?
  • Die veronderstelling van selfidentiteit > onsekerheid en vrese

…> geen selfbeeld en selfvertroue

Ps 40:12-12:  “Ramp op ramp het my oorval… ek weet nie meer waarheen nie.. ek is moedeloos.”

TIPIESE KENMERKE VAN TRAUMA

  • Jy was totaal magteloos en dit het angs by jou geskep

Dit kon verband hou met blootstelling aan dood of dreigende dood of beserings – jy het daarop met paniek, angs, afgryse en/of gevoelens van hulpeloosheid gereageer.

Dit kon onlangs of jare gelede gewees het – eenmalig of ‘n proses

Jy kon magteloos gevoel het

Dit wat jy beleef het was nie deel van die normale elke dag gebeure nie

Dit was die tipe gebeure wat enige ander persoon emosioneel sou oorweldig

Trauma = wond > jou gees en jou emosies kon verwond geraak het

  • … jou wil om te lewe kon gekneus geraak
  • … dit wat jy van jouself glo en van die wêreld om jou kon plat geval
  • … jou waardigheid en jou gevoel van sekuriteit kon aangetas gewees het
  • Persoon by geleentheid by kursus:  ek het dringend hulp nodig:  ses baba’s verloor – verlede jaar is my man vermoor – my broer is noudie dag oorlede > ek is nou by ‘n breekpunt

… ‘n proses wat oor ‘n tydperk opgebou het

Wonderlik om die boodskap aan elkeen van hierdie persone te kan oordra:  daar is genesing!

Ps 147:3:  “Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.”

Wonde = ook jou emosies en jou gees wat seergekry het

  • Depersonalisasie

Tydens trauma gaan jy deur ‘n proses van depersonalisasie

Dit impliseer:  aftakeling van jou individualiteit en menswees

…veral wanneer die trauma sinneloos is en voorkom kon gewees het

Tydens die trauma (aanval) voel jy nie na ‘n waardevolle persoon nie

  • Dit voel asof jy nie ‘n reg op veiligheid, geluk en gesondheid het nie
  • Jy voel meer soos ‘n ding
  • Jy is oorgegee aan die wil van ‘n mag wat groter as jyself is

Deur gebed en berading kan God egter aan jou jou menswees weer terug gee

Hy kom en Hy herstel jou waardigheid en jou grense

Deur Sy HG help Hy jou om weer beheer van jou situasie oor te neem

… tydens die trauma:  totale verlies van beheer (totale magteloosheid en hulpeloosheid)

  • By tye herbeleef ons die trauma

Jy herbeleef die trauma in die vorm van drome, terugflitse, oorweldigende herinneringe of  ongemak in enige situasie waar daar ooreenkomste is met die oorspronklike traumatiese situasie

Asof jy ‘n video kyk wat treurig eindig

…> kyk dit weer:  hoop dat dit hierdie keer gelukkig sal eindig

…> dit gebeur natuurlik nie, maar jy kyk dit nogtans oor en oor

Onverwerkte trauma absorbeer soveel psigiese energie > niks oor om te spandeer aan vriende, familie en aan hulself nie

Terugflitse:  veral waar intense chroniese verlies van sekuriteit was

…soms hoorbare terugflitse:  presiese weergawes van stemme van oortreders

Terugflitse = nie tekens dat jy van jou verstand afgaan nie

…> eerder aanduiding:  traumatiese materiaal begin deurbreek in bewussyn in

Gevolglik:  hoe meer jy op bewustelike vlak deel daarmee > hoe minder terugflitse en namerries

Ons deel bewustelik deur te praat en te skryf of uiting te gee aan ons emosies

Deur gebed kom God:  haal angel en pyn uit die snellers uit > kan vir eerste keer na jare daaroor praat sonder dat dit jou oorweldig

  • Somatisering > dit kom steek in my liggaam vas

Hierdie is nog ‘n manier om die trauma te herleef

Fisiese pyn of mediese toestand > uitdrukking van gevoelens geassosieer met trauma

  • Dame wiese ouers vermoor in Junie:  jaar later: galbulte; 2e Junie: urine infeksie; 3e Junie: bronchitis; 4e Junie: migraine hoofpyne

Matsakis: “Unexpressed grief has been implicated in the development or worsening of medical problems such as diabetes, heartdisease, hypertension, asthma, cancer, and a variety of alergies.”

… soos water wat in dam vloei en uiteindelik volle kapasiteit bereik

Algemene ongemaklikheid, huilerigheid, geïrriteerdheid en vrese rondom jaardatum (Rina Swanevelder)

Nog ‘n manier van herbelewenis van trauma: skielike onverklaarbare emosionele pyn of woede

Matsakis:  “For trauma survivors anger and grief are intimately related”.

Ook paniek aanvalle of geïrriteerdheid

  • Persoon by geleentheid:  paniekaanvalle oppad werk toe – reeds op twee

verskillende medikasie voorskrifte deur psigiater:  een groot wortel:  angs rondom

aborsie paar jaar vantevore

  • Vrou wie se been pyn in hospitaal langs haar man se bed na motorkaping
  • Drome

Nagmerrie soms nie ‘n presiese herhaling van oorspronklike trauma nie

… speel egter af in dieselfde plek

… kan sommige van oorspronklike aksies insluit

… kan sommige van oorspr emosies insluit

Jy is in ‘n parkeergarage aangeval maar kan dan droom: verdrink of versmoor, val in put of jou huis brand af

…> drome bevat selfde oorspr emosies:  hulpeloosheid, vrees, angs

Die boodskap deur dit alles:  jy is ‘n emosionele gevangene!

Daarenteen Jes 61:1:  “Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is op te beur en om vir die gevangenes vrylating aan te kondig…”

Gewoonlik maar nodig om pastorale en gebedsbegeleiding te ontvang – tree vir tree deur al die detail heen

  • Emosionele afstomping en vermyding van sekere situasies

Jy toon sekere tekens van vermyding – ‘n afstomping van emosies en gebrek aan belangstelling in andere en ook die wêreld daarbuite

Jy kan soms vir weke en maande sonder simptome wees

…> dan weer getrigger deur datums of gebeure of enige sintuig

Selfs positiewe gebeure soos geboorte van ‘n nuwe baba in die familie kan die sneller wees

Tydens trauma:  ligg skei soms natuurlike verdoofmiddel af > gee aan ons tyd om

beheer te verkry

…> op selfde wyse: psigiese verdowing en afstomping > beskerm sigself teen verdere onhanteerbare emosionele pyn

Agv psigiese afstomping:  nie noodwendig alle emosies tydens trauma beleef nie

…> tydens herbelewenis beleef jy nou al hierdie onderdrukte emosies

= emosies van vrees, woede, hartseer en skuld > kan oorweldigend wees

…> in reaksie hierop kan jy weer jouself afsluit (soos tydens trauma) > bose kringloop

…> bevorder nie genesing nie

… deksel moet afgehaal word > emosies deurleef, deurgewerk, deurgepraat en deurgebid word binne ‘n veilige milieu

  • Nog ‘n kenmerk:  oordrewe paraatheid (hyperalertness or hyperarousel)

Trauma het twee moontlike biologiese reaksies tot gevolg:

  • Adrenalien kliere produseer adrenalien > ligg in toestand van totale paraatheid
  • Egter ook ‘n produksie van noradrenalien > vries reaksie > moeilik om fisies te reageer

Moving or thinking in slow motion…”

… sommige beleef dit as ‘n tydelike “verlamming”

Tydens ‘n herbelewenis van hierdie oordrewe paraatheid simptome > selfde adrenalien reaksie as tydens trauma

… > jy is telkens weer by breekpunt agv geringste stres > proses bou op en op

… > êrens skiet stoompot se deksel af

… pille soms net onderdrukkende effek – wortel moet hanteer word

  • Vrou:  elke oggend 06.00 wakker sedert kinderjare > soek na antwoorde – gesels in ‘n stadium met moeder:  hoor van omstandighede toe sy haar verwag het – 2e Woorlog – bomme in London > begin intensief bid oor hierdie situasie > probleem klaar heeltemal op > kan soggens ontspan
  • Slaapprobleme

As gevolg van oordrewe paraatheid > soms probleme om te slaap

Oorsaak kan ook wees agv fisiese of seksuele aanvalle / molestering tydens slaap

…> assosiasie in denke tussen slaap/bed en gevaar > moet altyd waaksaam wees (een persoon kon slegs onder bed slaap)

Ook vrees vir nagmerries > hertraumatisering > weier om bed toe te gaan

…> gebrek aan genoeg rus > neerslagtigheid en depressie

[Matsakis:  “A common cause of anger is inadequate sleep or poor nutrition”]

  • Alle vorige onverwerkte trauma word opnuut geaktiveer

Daar moet seker gemaak word dat ons nie onverwerkte trauma met ons saamdra nie

… indien dit wel die geval is dan gaan enige toekomstige traumatiese ervaring soveel te meer ‘n negatiewe impak hê

… vorige trauma word dan ook weer na die oppervlakte gedwing en dit alles het dan ‘n oorweldigende effek

  • Meisie:  familie 5jr vantevore in motorongeluk

Belewenis van ‘n krisis soos dié van droogte en ook gevoelens van onveiligheid

Belangrik dat alle vorige trauma en krisisse en beproewings deurgewerk sal wees

… alle situasies waar ek moontlik nie goed genoeg gevoel het nie

… gevoel het ek is ‘n mislukking

… negatiewe boodskappe gekry het wat my geloof afgetakel het

Alle situasies waar my innerlike sekuriteit in die gedrang was of afgetakel was en vrees en angs oorgeneem het

Al hierdie onverwerkte pyn kan juis nou opnuut bydra dat huidige krisis oorweldigend is > God gee nie om vir my nie

… ek is totaal onbeskermd en alleen

  • Vrou wie se man 5jr vantevore uitgestap het en met ontvangsdame getrou het
  • Depressie

Onverwerkte trauma + die veronderstelde roufases (wat nie deurgewerk is nie) >

depressie

Tydelike verligting dikwels deur een of ander verslawing of kompulsiewe gedrag

  • Vrou:  sedert kinderdae met depressie:  ma wou haar aborteer
  • Immuniteitstelsel

Skok en trauma breek immuniteit van ligg af > blootgestel aan enige siekte

Omdat skok vassteek > belemmer genesing

So ook bitterheid en onvergewensgesindheid (Dr Paul Meier)

  • Koorsblare

Telkens wanneer sy ‘n vreemde persoon soen

  • Asma

37% toegeskryf aan psigiese faktore

Talle voorbeelde van asma aanvalle (soms vir die heel eerste keer) kort na ‘n traumatiese ervaring

  • McMillen maak melding van ‘n pasiënt wat ‘n asmatiese aanval ontwikkel het elke keer as hy ‘n kerkklok hoor lui het
  • Verslawing

Ons het gesê dat trauma kan een van twee reaksies tot gevolg hê: 

  • Of ‘n oordrewe paraatheid (adrenalien) – kan nie slaap – altyd waaksaam – weet nooit wanneer “flashbacks” en nagmerries op jou toesak nie
  • Of afgestomptheid (noradrenalien > vries) – verveeldheid – afgesluit – voel meer na ‘n klip as ‘n menslike wese

Die emosies by enige van hierdie twee so ondraaglik > probeer dit versmoor met die volgende:

  • Alkohol
  • Kos
  • Dwelms
  • Dobbel
  • Seksuele uitspattighede
  • Koop

Wat jy ookal doen > simptome kruip weer terug > vat nie pyn weg > meer desperaat

…> desperaatheid verhoog jou afhanklikheid van die verslawing

‘n Dam van onverwerkte pyn en seer onder die oppervlakte

… > uiterlik loop almal met maskers – innerlik is daar daagliks noodkrete van pyn