TRAUMA EN ROU
Herv Studente Kerk – 25 Febr 19
Prof Wentzel Coetzer
- Inleidend
Ps 40:12-12
“Ramp op ramp het my oorval… ek weet nie meer waarheen nie. Hulle is meer as die hare op my kop; ek is moedeloos.”
Ps 102:7-8
“Ek voel so verlate soos ‘n pelikaan in ‘n woestyn, soos ‘n uil tussen murasies. As ek wakker word, voel ek soos ‘n eensame voël op ‘n huis se dak.”
Hierdie is die verwoording van iets van die emosies van ‘n getraumatiseerde persoon
Ons leef inderdaad binne ‘n getraumatiseerde samelewing
Daar is sovele rondom ons met pyn en seer – sovele wiese toekomsverwagtinge en drome en ideale verpletter is
Daar is deesdae min persone wat nie êrens in die verlede iets beleef het van krisis, skok en trauma nie
Met die nodige begeleiding en ondersteuning lei dit vir sommiges tot geestelike groei en vernuwing
Vir andere word dit net ‘n put wat steeds al dieper en donkerder raak > uiteindelike verlies van alle lewensin en lewensvreugde
Tragies egter: ‘n groot persentasie mense gaan deur trauma sonder enige ondersteuning – ons kan die beeld gebruik van drukkoker
- > drukking bou gaandeweg op
- > oorreaksie na ‘n klaarblyklik onbeduidende insident > verleentheid
- > gaandweg allerlei emosionele probleme: depressie, vrees, angs, ens
- > al meer fisiese probleme > êrens knak so ‘n person geheel en al
Hoe help ons sulke persone? Ook daardie persoon wat worsel met die onverwerkte gevolge van ‘n traumatiese gebeurtenis baie jare gelede?
Dan raak so ‘n situasie nog meer gekompliseerd wanneer tesame met die oorweldigende trauma daar tegelykertyd ook verlies agv dood is
Dan is dit twee prosesse wat onmiddellik begin loop:
- Verskillende fases van die verwerking van trauma
- Impakfase
- Reaksiefase
- Terugtrek of vermydingsfase
- Integrasiefase
- Verskillende fases van die rouproses
- Skok en ontkenning
- Woede
- Depressie
- Onderhandeling
- Hartseer
- Aanvaarding
In die begeleiding van slagoffers van ‘n bankroof waar ‘n persoon tydens die krisis bv ook ‘n familielid verloor het > alternatiewe benadering
- Voorbeelde van oorweldigende trauma
- Matrose tussen haaie
- Bion – Eerste WOorlog: 65jr later herleef trauma van loopgrawe dag en nag
- Die groot krisis wat jy nie voorsien of verwag het nie
Dit is gewoonlik ‘n situasie waarin dit vir jou voel asof alles in duie stort en God ook baie ver voel
Min onderwerpe tans meer aktueel as dié van traumaberading
- Hoë vlakke van misdaad
- Motorkapings
- Plaasaanvalle (Enrico Cronje – swanger eggenote lê in bad – kon hom oor ‘n muurtjie sien – hou enige herhalende negatiewe patrone dop soos kind ouer word, veral bv gekoppel aan skoot van geweer
Vb van HP en kleinkind wat hy nie kan swaai nie
- Gewapende roof
- Seksuele trauma: verkragtings en molestering (verskeie gevalle van verkragting nadat drankie gedokter – talle worstel hier vir jare met onverwerkte trauma omdat daar nie ‘n rouproses was nie – Dr Hennie Kotze: Rou en vergifnis as deel van die herstelproses na trauma).
- Droogtes (drie weke gelede in Upington: vyfde jaar van droogte – boer moet werk op dorp gaan soek)
- HIV Vigs
- Oud-soldate se onverwerkte trauma > raak huwelike, gesinne, families
Man wat bevelvoerder van pantser voertuie was – sy vrou sê hy praat nie – daarmee saam verwerping en afkraking deur Pa sedert jeugjare
Jan PhD: Koevoet soldate – eerste keer na 35jr dat hulle praat
- Boelie – Man vertel onlangs: geboelie deur laerskool en hoërskool > daarna vir 25jr geboelie deur man vir wie hy geboer het > tans eis dit tol in sy huwelik
Kuberboelie dmv sosiale media (Carmen se dogter + Namibië atleet)
- Mense wat hul werk verloor
- Egskeidings, romantiese verhoudings wat platval
- Dood van geliefdes
- Terminale siektes
Skielik is dit donker rondom jou en in ‘n ommeseintjie het jy alle lewensvreugde en lewensin verloor – soms binne ‘n paar minute geen toekoms meer nie
John Bradshaw haal navorsing aan wat aantoon dat een katastrofiese evaring
waartydens ‘n persoon totaal magteloos voel, genoeg is om die chemiese samestelling van die brein permanent te wysig.So ‘n ervaring skep as’t ware ‘n tipe onuitwisbare boodskap. Hierdie boodskap is in die breinselle ingegraveer en hierdie boodskap sê: “Hierdie is ‘n lewensbedreigende situasie – moet dit nooit ooit vergeet nie!”
Elke keer wat jy daarna herinner word deur ‘n snellertjie dan skop hierdie boodskap in en die liggaam oorreageer
Daar is gewoonlik een of ander soortgelyke leuen gekoppel aan enige trauma
Verdere reël: onverwerkte trauma gee aan die brein die boodskap dat die trauma nooit afgehandel is nie (lê in amigdala deel van brein)
Telkens wanneer daar ‘n sneller is > aktiveer die leuen en die persoon herbeleef as’t ware weer die oorspronklike trauma met al sy herinneringe en emosies > emosioneel en/of fisiese gevolge
Daarom kon ons sê: talle ex-soldate het na jare nog nooit die slagveld verlaat nie
Hoe kry ‘n mens die sin van dit alles weer terug?
En dan hoor ons weer Dawid se woorde: Ps 40:12-12: “Ramp op ramp het my oorval… ek weet nie meer waarheen nie.. ek is moedeloos.”
TIPIESE KENMERKE VAN TRAUMA
- Jy was totaal magteloos en dit het angs by jou geskep
Dit kon verband hou met blootstelling aan dood of dreigende dood of beserings – jy het daarop met paniek, angs, afgryse en/of gevoelens van hulpeloosheid gereageer.
Dit kon onlangs of jare gelede gewees het – eenmalig of ‘n proses
Jy kon magteloos gevoel het
Dit wat jy beleef het was nie deel van die normale elke dag gebeure nie
Dit was die tipe gebeure wat enige ander persoon emosioneel sou oorweldig
Die woord ‘trauma’ se letterlike betekenis = wond > jou gees en jou emosies kon verwond geraak het
- Jou wil om te lewe kon gekneus geraak
- Dit wat jy van jouself glo en van die wêreld om jou kon plat geval
- Jou waardigheid en jou gevoel van sekuriteit kon aangetas gewees het
- Persoon by geleentheid by kursus: ek het dringend hulp nodig: ses baba’s verloor – verlede jaar is my man vermoor – my broer is noudie dag oorlede > ek is nou by ‘n totale breekpunt > ‘n proses wat oor ‘n tydperk opgebou het
Hierdie is bv ‘n goeie voorbeeld van trauma temidde van herhalende en oorweldigende verliese
Die trauma was nooit hanteer nie en deur bloot te luister na ‘n lesing > een na die ander sneller
Wonderlik om aan elkeen in so ‘n situasie die boodskap te kan oordra: daar is genesing – jy hoef nie die res van jou lewe hierdie swaar pakkie te dra nie!
Ps 147:3: “Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.”
Hierdie ‘wonde’ kan by geleentheid ook verband hou met my gees en my emosies wat seergekry en verwond geraak het
- Depersonalisasie
Tydens trauma gaan jy deur ‘n proses van depersonalisasie
Dit impliseer: aftakeling van jou individualiteit en menswees – veral wanneer die trauma sinneloos is en voorkom kon gewees het
Tydens die trauma (aanval) voel jy nie na ‘n waardevolle persoon nie:
- Dit voel asof jy nie ‘n reg op veiligheid, geluk en gesondheid het nie
- Jy voel meer soos ‘n ding – dood en gevoelloos (> jongmense sny hulself)
- Dit voel asof jy oorgegee is aan die wil van ‘n mag wat groter as jyself is
- Tydens die trauma: totale verlies van beheer (totale magteloosheid en hulpeloosheid)
Deur gebed en berading kan God egter aan jou jou menswees weer terug gee
Hy kom en Hy herstel jou waardigheid en jou grense en innerlike integriteit
Deur Sy HG help Hy jou om weer beheer van jou situasie oor te neem
Lg aspek dan ook ‘n belangrike komponent van die helingsproses: om slagoffers te help om weer beheer van hul lewens te verkry
- By tye herbeleef ons die trauma
Jy herleef die trauma in die vorm van drome, terugflitse, oorweldigende
herinneringe of ongemak in enige situasie waar daar ooreenkomste is met die oorspronklike traumatiese situasie
Onverwerkte trauma absorbeer soveel psigiese energie > niks oor om te spandeer aan vriende, familie en aan jouself nie
Terugflitse: veral waar intense chroniese verlies van sekuriteit was
…soms hoorbare terugflitse: presiese weergawes van stemme van oortreders, visuele beeld en presiese emosies
Terugflitse = nie tekens dat jy van jou verstand afgaan nie – eerder aanduiding: traumatiese materiaal begin deurbreek in bewussyn in
Gevolglik: hoe meer jy op bewustelike vlak deel daarmee > hoe minder die impak en hoe meer plat dit af
Ons deel bewustelik deur te praat as deel van bv ‘n berading sessie, ook te skryf of uiting te gee aan ons emosies – ook daaroor te bid
Deur gebed kom God: haal angel en pyn uit die snellers uit > en daarna sê iemand byvoorbeeld vir jou dat sy vir die eerste keer na jare daaroor kan praat sonder dat dit haar emosioneel oorweldig.
- Trauma repetisie
Waarom eindig sekere persone oor en oor op in stukkende verhoudings?
Waarom sal ‘n vrou wat ‘n moeder gehad het wat haar deurgaans emosioneel op ‘n afstand gehou het, dieselfde met haar eie kinders doen?
Waarom trou die kind van ‘n alkoholis in heel party gevalle weer met ‘n alkoholis?
Waarom herhaal ons destruktiewe patrone?
Trauma repetisie:
- Ons herhaal dit wat vir ons bekend is
- Ons herhaal dit wat ons as kind geleer het
- Ons herhaal die traumatiese in ‘n onbewustelike poging om beheer daaroor te verkry
Dr Bessel van der Kolk voorbeeld
“We treated a Vietnam veteran who had lit a cigarette at night and caused the death of a vriend by a VietCong sniper’s bullet in 1968. From 1969 to 1986, on the exact anniversary of the death, to the hour and minute, he yearly commited ‘armed robbery’ by putting a finger in his pocket and staging a ‘holdup’, in order to provoke gunfire from the police. The compulsive re-enactment ceased when he came to understand its meaning” (Bessel van der Kolk, 1989).
- Somatisering > dit kom steek in my liggaam vas
Hierdie is nog ‘n manier om die trauma te herleef
Fisiese pyn of mediese toestand > uitdrukking van onverwerkte gevoelens geassosieer met trauma
- Man: na enige stres of angs > vir baie jare altyd ‘n verlamming vanaf middel tot in voete > daarna ‘n yskoue
- Vrou wie se pa haar as kind gemolesteer en verkrag het > vir jare geen kontkak en toe op ‘n dag daag hy by haar voordeur op – na sy besoek intense krampe en pyne in haar bene
Soos water wat in dam vloei en uiteindelik volle kapasiteit bereik
- Drome
Onverwerkte trauma kom soms na jare vir eerste keer dmv ‘n droom (nagmerrie) na die oppervlakte
So ‘n droom is soms die presiese herhaling van oorspronklike trauma – ander kere herhaal dieselfde temas en emosies
Jy is in ‘n parkeergarage aangeval maar kan dan droom: verdrink of versmoor, val in put of jou huis brand af
Sulke drome bevat gewoonlik selfde oorspr emosies: hulpeloosheid, vrees, angs
Die boodskap deur dit alles: jy is ‘n emosionele gevangene!
Daarenteen Jes 61:1: “Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is op te beur en om vir die gevangenes vrylating aan te kondig…”
Soos wat daar deur die verlede gepraat en gewerk word klaar so ‘n droom dan uiteindelik op.
- Emosionele afstomping en vermyding van sekere situasies
Jy toon sekere tekens van vermyding – ‘n afstomping van emosies en gebrek
aan belangstelling in ander en ook die wêreld daarbuite
Jy kan soms vir weke en maande sonder simptome wees > dan weer gesneller deur datums of gebeure of enige sintuiglike waarneming
Selfs positiewe gebeure soos geboorte van ‘n nuwe baba in die familie kan die sneller wees
Tydens trauma: ligg skei soms natuurlike verdoofmiddel af > gee aan ons tyd om
beheer te verkry
As gevolg van hierdie psigiese afstomping: nie noodwendig alle emosies tydens trauma beleef nie
…> tydens herbelewenis beleef jy nou al hierdie onderdrukte emosies
In reaksie hierop kan jy egter weer jouself afsluit (soos tydens trauma) > bose kringloop …> kompliseer genesingsproses
Die dieper wortels moet egter geïdentifiseer en deurgewerk word.
- Oordrewe paraatheid (hyperalertness or hyperarousel)
Trauma het twee moontlike biologiese reaksies tot gevolg:
- Adrenalien kliere produseer adrenalien > ligg in toestand van totale paraatheid > aksie
- Egter ook ‘n produksie van noradrenalien > vries reaksie > moeilik om fisies te reageer
Sommige beleef dit as ‘n tydelike “verlamming”
Tydens ‘n herbelewenis van hierdie oordrewe paraatheid simptome > selfde adrenalien reaksie as tydens trauma
… > jy is telkens weer by breekpunt agv geringste stres > proses bou op en op > êrens skiet stoompot se deksel af
Indien slegs op medikasie vertrou > soms bloot ‘n onderdrukkende effek – wortel moet egter hanteer word
- Vrou: elke oggend 06.00 wakker sedert kinderjare > soek na antwoorde – gesels in ‘n stadium met moeder: hoor van omstandighede toe sy haar verwag het – 2e Woorlog – bomme in London > begin deur hierdie onverwerkte trauma werk > probleem klaar heeltemal op > kan soggens ontspan
- Slaap- en eetprobleme
- Slaapsteurings
As gevolg van oordrewe paraatheid > soms probleme om te slaap
Oorsaak kan ook wees agv fisiese of seksuele aanvalle / molestering tydens nagte
…> assosiasie in denke tussen slaap/bed en gevaar > moet altyd waaksaam wees
- Een persoon kon slegs onder bed slaap
Ook vrees vir nagmerries omdat dit dan ‘n hertraumatisering impliseer > weier om bed toe te gaan
Gebrek aan genoeg rus > woede en depressie (serotonien word aangevul deur nag)
[Matsakis: “A common cause of anger is inadequate sleep or poor nutrition”]
- Eetsteurings
Kos kan ‘n wyse van ontvlugting raak > verslawende effek > verdoof pyn tydelik
- Een persoon kon slegs staan en eet
- Alle vorige onverwerkte trauma word opnuut geaktiveer
Daar moet seker gemaak word dat ons nie onverwerkte trauma met ons saamdra nie
Indien dit wel die geval is dan gaan enige toekomstige traumatiese ervaring
soveel te meer ‘n negatiewe impak hê
Reël in trauma navorsing: Die jongste trauma is geneig om alle vorige onverwerkte trauma te sneller > en dit alles het dan ‘n oorweldigende effek
- Meisie: familie 5jr vantevore in motorongeluk – hier was belangrik dat ons kon identifiseer onverwerkte trauma sowel as onverwerkte rouproses
Verdere belangrike reël vanuit veld van intergeneratiewe trauma: die pakkie met trauma en onverwerkte verliese wat deur ouers nie hanteer is nie, word onbewustelik en outomaties aangegee na hul kinders
Uit persoon se verhaal kan ons dus ‘n idee verkry van hoe gesond of hoe stukkend die betrokke familie is (bundel en boek oor Generasie bagasie)
- Depressie
Faktore soos onverwerkte trauma, onverwerkte rouprosesse, bitterheid/wrok/haat = die oorsaak van 80% van depressie gevalle
Tydelike verligting dikwels deur een of ander verslawing of kompulsiewe gedrag
- Vrou: sedert kinderdae met depressie: ma wou haar aborteer – hier was onverwerkte trauma sowel as onverwerkte rouproses
- Daarom net so belangrik: alle gevalle van aborsie, miskraam en stilgeboorte: seker maak dat daar ten volle deur die trauma sowel as die rouproses gewerk is.
- Immuniteitstelsel
[Skyfie van kabinet laai oop]
Skok en trauma breek immuniteit van ligg af > blootgestel aan enige siekte
Indien die skok en trauma nie uit die persoon se sisteem is nie dan belemmer dit gewoonlik alle genesing
- Koorsblare
- Telkens wanneer sy ‘n vreemde persoon soen
- Asma aanvalle
Talle voorbeelde van asma aanvalle (soms vir die heel eerste keer) kort na ‘n traumatiese ervaring
Asma word bv beskryf as een van die moontlike fisiese gevolge van ‘n gebrekkige band tussen moeder en kind tydens swangerskap, geboorteproses of die fase daarna.
“… [T]he child’s immune system, which is directly related to asthma, is weakened by the stress of the strained relationship between mother and child… Not all stress does this, but the stress which is developmentally salient, and a mother’s lack of attachment to her child, is certainly that” (Madrid, 2006:207).
‘n Moeder sou byvoorbeeld swanger raak direk na die afsterwe van haar pa en nadat die baba gebore is mag dit wees dat daar nie ‘n band tussen moeder en kind is nie.
HOE HELP ONS SLAGOFFERS VAN TRAUMA EN VERLIES?
- Belangrikheid van multidissiplinêre benadering
- Die belangrikheid van ‘n innerlike besluit
Êrens moet jy in jou binneste die besluit neem dat jy oor ses maande of oor ‘n jaar van nouaf, op ‘n hoër geestes- en emosionele vlak wil staan as waar jy tans is
Jy het gewoonlik een van drie keuses:
- Jy reageer op so ‘n manier op die krisis dat die grafiek in jou lewe eintlik voortdurend afwaarts beweeg – skyfie
- Jy kan terugkeer na die situasie voor die krisis mbv terapie en begeleiding – dit impliseer egter nie noodwendig groei nie – skyfie
- Jy keer nie slegs terug na die situasie voor die krisis nie maar jy groei ook geestelik en emosioneel – skyfie
In die proses ontdek jy nuwe bronne en nuwe benaderings hoe om probleme te hanteer en ook ‘n nuwe en dieper verhouding met God
Chinese: twee terme vir krisis: “gevaar” en “geleentheid”
In hierdie proses ontdek jy miskien vir die eerste keer die betekenis van ‘n gedeelte soos Jak 1:2-4:
“My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.”
Belangrik ook Rom 5:3-4:
“Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop.”
- Geestelike volwassenheid
- Geestelike rypheid
- Egtheid van geloof
- Hoop
Hierdie is die kwaliteite wat ons gewoonlik nie op die kruin van die golf leer nie
… wel egter in die donkerste dieptes op ons knieë in totale afhanklikheid van God
- Hanteer alle vorige onverwerkte trauma en verliese
Belangrik dat alle vorige trauma en krisisse en beproewings deurgewerk sal
wees – alle situasies waar ek moontlik nie goed genoeg gevoel het nie, gevoel het ek is ‘n mislukking
Alle situasies waar my innerlike sekuriteit in die gedrang was en vrees en angs oorgeneem het
Alle vorige ervarings van onsekerheid, twyfel, angs, alleenheid, onsekerheid kan juis nou opnuut bydra dat die huidige krisis oorweldigend is
Net een tree verder: geloofskrisis: God gee nie om vir my nie – ek was vantevore al op hierdie selfde punt > ek voel totaal onbeskermd en alleen
- Lucas Coetzer se broer deur krokkodil gevang > hy voel dikwels daarna na ‘n mislukking – nie goed genoeg nie – kon nie sy jonger boetie beskerm nie
- Die belangrikheid van ons storie te vertel
Die persoon se verhaal bevat gewoonlik meeste stukkies van die legkaart
- Belangrikheid om in woorde weer terug te gaan na die oorspronklike pyn en verlies
Deur alles weer te verbaliseer en kan dit wat vasgesteek het en opgekrop het, uitkom > bevrydend en genesend (persoon moet egter gereed wees)
Hierteenoor die benadering van toemaak en ‘n deksel opsit > êrens vorentoe kruip dit uit deur een of ander abnormale gedrag
- Man wat sewe jaar na sy pa se dood nooit weer gepraat het nie
Deur hierdie proses ervaar mense dat hulle weer beheer verkry
- Die stel van vrae
Wat was vir jou die heel laagtepunt rondom daardie hele ervaring – som dit op in een sin of een woord (dit geld onverwerkte trauma of sterwensproses van geliefde of afskeid by liggaam na bv selfmoord)
- Vrou wat nie oor haar man se dood kan kom nie 5jr later – het steeds
vasgevang gevoel in hospitaalkamer waar hy as’t ware aan versmoring ‘n traumatiese dood gehad het
- Meisie wat broer se liggaam in staatslykshuis moes uitken: emmer met koue water
- Identifiseer alle moontlike leuens gekoppel aan trauma en verliese
Vervang die leuens met die waarheid
- Werk aan skuldgevoelens en selfverwyte
Talle persone wat deur trauma gegaan het worstel met skuldgevoelens
Indien hierdie gevoelens van skuld nie aangespreek word nie dan bly dit vir die res van so ‘n persoon se lewe
Baie belangrik: sou daar aanduidings wees van vroeëre onverwerkte traumatiese
ervarings dan moet eers hieraan aandag gegee word
- Man wat na bankroof trauma net nie kan koers kry nie – later blyk: jare vantevore tydens diensplig opleiding opdrag ontvang om ‘n man op ‘n fiets te skiet > skuldgevoelens
- Indien onvoldoende rituele, skep nuwe rituele
In een van sy empiriese gevallestudies het ’n leraar in sy M-Verhandeling verwys na ’n 11-jarige seun wat by sy ouma gebly het en aan depressie gely het, heelwat probleme met sy skoolwerk gehad het as gevolg van gebrek aan konsentrasie, woede-uitbarstings en ’n probleem om te sosialiseer. Die ouers is ’n paar jaar vantevore geskei en daarna het die nuwe stiefpa die seun verwerp. Hy swerf daarna rond tussen familielede totdat hy uiteindelik by sy eie pa in die stad baie gelukkig teregkom. Twee jaar gelede is sy pa egter grusaam vermoor op ’n trein en daar was geen begrafnis nie. Die seun is daarna na sy ouma toe gestuur. Hy het steeds ook ‘n intense verlange na sy ma gehad, alhoewel die ma gedurende die twee jaar geen kontak gemaak het nie.
Die leraar het toe voorgestel dat die seun ’n briefie skryf waarin hy finaal afskeid neem van sy ma en waarin hy duidelik uitspel dat hy voortaan by sy ouma gaan vestig. Na ’n gesprek en ’n gebed sessie is die briefie toe verbrand. Die volgende sessie het gefokus op die onafgehandelde emosies van verlies betreffende die pa (geen roudiens of begrafnis) – die seun sowel as die ouma het dieselfde onafgehandelde emosies beleef rondom hierdie verlies. Daar is toe besluit om tydens die volgende sessie ’n ‘begrafnis ritueel’ in die agterplaas te hou. Die leraar het ’n kruisie gemaak en daar was ook foto’s van die pa. Die kruisie is in ’n gat geplaas en toegegooi en daar was uit die Woord gelees en gebid en verder gesprek gevoer.
Agt maande later getuig die ouma dat haar kleinkind ’n transformasie ondergaan het. Daar is geen woede-buie of tekens van depressie meer nie en hy floreer op skool ondanks die feit dat hy in ’n koshuis is. Hy maak ook deesdae maklik maats. Wanneer familie naweke kom kuier dan wys hy vir hulle met vreugde waar sy pa ‘begrawe’ is.
- Normaliseer die simptome
Die persoon moet baie duidelik begryp dat al hierdie dinge tipies en normaal is na so ‘n trauma > jou gedrag tans is normaal binne ‘n abnormale situasie
… al die tipiese simptome soos beelde wat terugkom, nagmerries, ens
Ook belangrik om te beklemtoon dat hierdie dinge slegs tydelik is > tydens volgende sessie weer deur lys werk
- Rollespel
Met sommige persone kan rollespel ‘n kragtige instrument wees om hulle te laat besef wat hulle werklik emosioneel beleef het tydens die oorspronklike situasie
Moedig hulle aan om met jou te praat asof jy die persoon is wat die oorsaak van die pyn is – of dat hulle met ‘n leë stoel sal praat waar die ander persoon veronderstel is om te sit – of iemand wat insit namens die oortreder
- Joernaal skryf / saamstel van ‘n collage
In ’n berading situasie met iemand wat jare gelede deur haar pa gemolesteer en verkrag is blyk dat sy aanvanklik glad nie in staat is om te praat oor wat gebeur het nie, alhoewel sy gehelp wil word. Aangesien die berader self vroeër in haar eie lewe deur ’n soortgelyke ervaring gegaan het, het sy ten volle begrip gehad vir hierdie vrou se emosies van verlies asook onvermoë op hierdie stadium om uitdrukking te gee aan haar innerlike pyn. Die berader het gevolglik ’n collage saamgestel van haar eie verhaal van molestering en in ’n volgende berading sessie die beradene stap vir stap aan die hand van die prente en illustrasies en alles wat sy in die plakboek saamgestel het deur haar eie verhaal geneem. Op hierdie wyse kon hulle ’n deurbraak bewerkstellig aangesien die ander persoon ten volle kon identifiseer met alles op papier, en toe kon sy begin praat. Die opdrag aan haar vir die volgende sessie was dat sy nou haar eie collage/verhaal moes gaan saamstel.
- Maak seker dat alle fases van die rouproses afgehandel is
Trauma impliseer gewoonlik een of ander vorm van verlies
Persone kan bv soms vir jare vassteek by skok en ontkenning
- [Carmen se pa] – toe hy 12jr oud was het sy pa gesterf aan kanker – laaste drie maande het sy twee susters huishouding oorgeneem > geen kinders daarna toegelaat. Laaste gesprek met Pa het hy onderneem om van daaraf verantwoordelikheid vir res van gesin te neem.
Laerskoolhoof het jare later vertel: dag van pa se begrafnis: uit klas gehardloop en met fiets gejaag begraafplaas toe > daar keer familielede hom voor en jaag hom terug skool toe. Die hoof sê hy sal vir die res van sy lewe die rou snikke onthou van daardie seun – later jare het sy jonger broer dood verongeluk in impala vliegtuig > sneller weer al die onverwerkte pyn en kompliseer dit verder: hy kon nie hierdie broer se dood verhoed nie > skuldgevoelens.
- Verkry weer beheer
Die hoofdoel van hierdie hele oefening is natuurlik dat so ‘n persoon weer ten volle beheer van sy/haar lewe kan verkry
Trauma beroof jou van beheer
Dit gebeur wanneer ‘n rewolwer teen jou kop gedruk word
… of wanneer jou makkers in die loopgrawe langs jou sterf agv bomme
Persone roep dan soms na hulle ma – voel soos magtelose klein kindertjies
- Vra aan die persoon wat hy/sy gewoonlik doen om stres teë te werk – moedig hom/haar aan om so voort te gaan indien dit ‘n gesonde benadering is
- ‘n Vrou sal gevra word om die tas te pak vir haar man oppad hospitaal toe
- Seun sal gevra word om drip vas te hou vir sy ma
- Fisiese oefening is uiters belangrik – die persoon moet weer beheer oor sy/haar liggaam ook verkry – dit het terapeutiese waarde
- Keer sou gou as moontlik terug na ‘n betrokkenheid by al die gewone dinge in die lewe
- Help persone om hulself te vergewe
Vir talle persone is hierdie die moeilikste
- Help hulle om ander te vergewe
Hierdie is een van die aspekte wat ons vir laaste los – aanvanklik is mense nie gereed hiervoor nie omdat woede een van die heel eerste emosies na trauma is
- Meisie wat vier selfmoordpogings gehad het – pa wat haar reeds in moederskoot verwerp het
2 Kor 7:5 (LB): “Van alle kante het probleme op my toegesak… en in my eie gemoed was daar dinge wat my bang gemaak het. Maar hoe kan God nie ‘n mens wat teneergedruk is weer moed gee nie!”
1 Pet 2:24: “Deur Sy wonde (trauma) is julle genees.” > vir ons wonde (trauma)
Ons hoef nie vir altyd hierdie pakkies saam te dra nie – ons kan dit kom aflaai en as vry mense die toekoms ingaan!
Recent Comments