SELFVERGIFNIS – RADIOKANSEL PRAATJIE

  

  • WAT LEER DIE WOORD ONS OOR SELFVERGIFNIS?

 

Jy moet jou naaste liefhê soos jouself > soos wat jy jouself liefhet > dus nie jouself verag, verkleineer of slegsê nie > gesonde selfbeeld

… dit impliseer dan ook ʼn bereidwilligheid om jouself te kan vergewe

Aspek van ‘self-talk / binnespraak’ hier baie belangrik – die gesprek wat ons elke dag met onsself het – veral ook wanneer ons foute begaan het > soms baie hard op onsself

Ook belangrik die konsep van innerchild – hierdie binnekind is dikwels verwond as gevolg van andere se optrede maar ook agv ons eie harde houding en harde woorde

… hoe sou jy reageer wanneer jou beste vriend/in hul sleutel in motor toesluit @ wanneer jyself dieselfde fout begaan

Tydens gebed om innerlike genesing rakende die binnekind: heelwat handboeke en praktiese riglyne vir die begeleidingsproses – selfvergifnis dan kardinaal – in talle gevalle moet die binnekind dan om vergifnis gevra word

 

Onse Vader gebed – Mat 6:12: “… en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree…”

‘n Bereidwilligheid om ander te vergewe, is noodsaaklik ten einde self vergifnis te kan ontvang

Saam met ander persone wat almal vergewe moet word, is ekself een van hierdie groep wat teen my oortree het en daarom moet ekself ook vergewe word

  

  

DRIE BELANGRIKE DEFINIËRINGS VAN SELFVERGIFNIS

 

  • Selfvergifnis impliseer die afstanddoening van negatiewe emosies gerig teen die self

Wanneer ons iemand anders vergewe, moet ons bereid wees om alle bitterheid en wrokke prys te gee

… dieselfde reël geld nou ten opsigte van myself

 

  • Selfvergifnis impliseer die kweek van positiewe emosies gerig op jouself

Hier gaan dit oor emosies soos medelye, empatie, goedhartigheid en liefde teenoor jouself

Hoe sal die gesprek wees as jy met jouself gesels as 16-jarige seun of meisie wat daardie groot oortreding begaan het – hoe sal jy iemand anders beraad wat kom vir hulp en aan die worstel is met oorweldigende skuldgevoelens oor gebeure toe hulle 16jr oud was?

 

  • Selfvergifnis impliseer ‘n evaluering van verantwoordelikheid

Selfveroordeling en blamering word dikwels beleef omdat daar nie geslaag is in die bereiking van ‘n sekere persoonlike standaard nie.

Dit wat gebeur het, was moontlik baie vernederend > jy het dit uit jou geheue probeer blok

Selfvergifnis impliseer nou egter om die deksel af te haal > volle verantwoordelikheid te aanvaar > belydenis teenoor die Here te doen en dan Sy vergifnis te omhels

Begeleiding en gebed waarskynlik nodig indien dit ʼn traumatiese ervaring was – trauma wat innerlik vasgesteek het, kan selfvergifnis blokkeer

 

Om ‘n lewe van selfvergifnis te leef, impliseer egter dat voortaan jou tekortkominge en jou neerlae sowel as jou sterkpunte en jou oorwinnings sal omhels

 

  PROBLEEMAREAS RAKENDE SELFVERGIFNIS

 

  • Ware selfvergifnis teenoor pseudo-selfvergifnis (ongegte)

Psseudo-selfvergifnis kan plaasvind wanneer die persoon sy/haar werklike verant-woordelikheid vir die oortreding probeer ontduik.

Die narsis gaan byvoorbeeld moeilik erkenning gee aan emosies soos skuld en skaamte > dus ook moeilik selfvergifnis kan toepas

Ware vergifnis vereis ‘n groot mate van innerlike sterkte en daarom sal pseudo-selfvergifnis ‘n groot versoeking as alternatief wees aangesien dit klaarblyklik (op die oppervlakte) dieselfde voordele bied as ware selfvergifnis

Ware selfvergifnis is egter gewoonlik ‘n lang en moeisame proses waar heelwat selfondersoek nodig is en wat ook baie ongemaklik kan wees

 

Twee tipes selfvergifnis

Worthington wys op die volgende twee tipes van selfvergifnis:

–  Selfvergifnis as ‘n rasionele besluit 

–  Emosionele besluit.

Selfvergifnis as ‘n rasionele besluit impliseer dat jy daarmee ‘n verklaring van voorneme maak om jouself as ‘n waardevolle persoon te behandel

Jy gaan jouself met die respek behandel wat elke ander persoon verdien

Die tweede tipe selfvergifnis is emosionele selfvergifnis, wat impliseer dat negatiewe en verbitterde emosies vervang word met positiewe emosies teenoor jouself

Die belangrikheid van vergifnis op ‘n emosionele vlak word ook beklemtoon deur die Christen psigiater, Dr Paul Meier – rasioneel, geestelik en emosioneel

 

  • Kenmerke wat dui op ‘n gebrek aan selfvergifnis

Waar persone nie daarin slaag om hulself of ander te vergewe nie loop dit

dikwels uit op ‘n verskeidenheid van emosionele probleme (psigopatologie)

  • Depressie
  • Angs
  • Wantroue
  • Negatiewe selfbeeld
  • Sosiale onttrekking
  • Skisofreniese eienskappe
  • Vereensaming
  • Vervolgingswaan

 

  • Hindernisse en blokkasies rakende selfvergifnis

Redes waarom selfvergifnis soms so moeilik is

–  ʼn Persoon kan genade betoon betreffende ander se oortredinge maar nie hul eie nie – ook makliker om genade te gee as om te ontvang

–  ʼn Persoon voel steeds skuldig, ten spyte van wat ander sê (impak van trauma en verwonding).

–  So ʼn persoon aanvaar nie mislukking nie (perfeksionisme agv verwerping).

–  So ʼn persoon moet nog steeds met hulself saamleef – ʼn mens kan nie aan die verlede ontsnap nie (onverwerkte trauma).

–  ʼn Mens kan nie betaal vir dit wat gebeur het nie > magteloosheid – slegs heling deur HG bring langtermyn vrede en berusting.

–  So ʼn persoon wil hulself straf – veral bv na seksuele oortredinge – voel deur liggaam verraai (jongmense wat hulself sny).

–  Die persoon voel dat hulle nie vergifnis waardig is nie – die persoon kan nie glo

    dat ander of God hulle vergewe het nie (verwerping en mag van die leuen

    vanuit verlede).

–  Die insident speel hom gedurig in so ʼn persoon se denke af (hertraumatisering).

–  So ʼn persoon weier om ander te vergewe.

–  Die persoon weet nie hoe om hulself te vergewe nie – hulp en begeleiding nodig.

 

 

 

 

 

 

DRIE PASTORALE MODELLE RAKENDE SELFVERGIFNIS

 

Robert Enright se model            

  1. Onthullingsfase

Emosies hier betrokke: ontkenning, skuldgevoelens, skaamte en self-veroordeling

  1. Besluitnemingsfase

Verandering van hart of bekering > onderneming om myself te vergewe

  1. Werksfase

Empatie en medelye teenoor jouself – bereid om jouself oop te stel vir die pyn wat dit alles meegebring het                                                                                

  1. Uitkomsfase                                                                              

Jy onthou insidente uit verlede toe jy ander kon vergewe en nou is jy bereid om dieselfde teenoor jouself te doen

Jy besef dat jy nie alleen is nie

Nuwe lewensdoelwitte kom na vore

 

Everett Worthington se model                                                

Stap 1: Gaan na God met jou hartseer, berou en belydenis                  

Stap 2: Neem verantwoordelikheid                                                             

Stap 3: Fokus op die herstel van verhoudings                  

Stap 4: Herstel die skade deur middel van verantwoordelike empatie  

Stap 5: Hoe om perfeksionistiese standaarde en onrealistiese verwagtinge aan te

            pas                                                                                           

Stap 6: Handel finaal af met tob, peins en selfpyniging

Stap 7: Bereik die punt van emosionele selfvergifnis                              

Stap 8: Stappe ten einde by emosionele vergifnis te arriveer     

Stap 9: Neem die besluit om voortaan ‘n seën vir ander te wees                      

 

David Stoop se model

Ons sin vir eiewaarde is oor die algemeen baie sterk gebaseer op ons belewenis van

ons ouers sedert kleintyd.

Dit wat ons van hulle dink beïnvloed onwillekeurig ook ons denke oor onsself. Indien

ons hulle sou haat as gevolg van gebeure in die verlede dan is die moontlikheid sterk

dat ons ook onsself sou kon haat.

Om onsself te kan vergewe is dit dus belangrik om eerstens ons ouers te vergewe

 

Stappe:

  1. Herken die pyn en die verwonding. Die blaam vir die verkeerde moet aanvaar word – neem egter slegs verantwoordelikheid vir dit wat inderdaad jou verantwoordelikheid is. Dit moet erken en hardop gesê word.
  2. Rouproses – Die emosies wat betrokke is, moet geïdentifiseer word en daarna moet daar as’t ware deur ʼn rouproses gegaan word – soms ook rou oor onrealistiese ideale en drome van die verlede.
  3. Daar moet uitdrukking aan gevoelens gegee word.

Dit sou kon insluit woede ten opsigte van eie gedrag asook hartseer vir die pyn

wat hy/sy hulself en ander aangedoen het.

.  Praat met ‘n vriend/in en verwoord jou emosies.

.  Skryf oor wat gebeur het en hoe dit gevoel het.

.  Praat met jouself daaroor.

.  Praat met God daaroor.

  1. Kanselleer die skuld – Nadat die rouproses voltooi is, moet daar oorgegaan word tot vergifnis en die skuld gekanselleer word.

Wraak en vergelding is net so realisties teenoor onsself as teenoor ander en daarom moet dit op dieselfde wyse hanteer word, naamlik deur die skuld te kanselleer, presies soos wat jy iemand anders sou vergewe

ʼn Ritueel is soms nodig > afsluiting van die gebeure van die verlede te bekragtig

Hier sou jy byvoorbeeld aan jouself ‘n brief kan skryf van onvoorwaardelike vergifnis en kwytskelding.

In die teenwoordigheid van ‘n betroubare vriend/in sou jy dan hierdie brief kan verbrand.

Teken dan die datum aan van hierdie gebeure wat as ‘n herinnering kan dien ten einde te verhoed dat jy jouself ooit weer in die toekoms vir die betrokke optrede of woorde sou kon kwalik neem of aftakel = ook teenvoeter teen Satan as die aanklaer – daar is ʼn datum, ritueel en getuie.

  1. Grense ter selfbeskerming

Selfverwyte, selfhaat en ook onverwerkte trauma lei dikwels tot self-

destruktiewe gedrag waardeur daar gepoog word om op een of ander wyse beheer oor of ontvlugting van die pyn te verkry.

Voorbeelde in hierdie verband kan die volgende wees:

  • Ons ontvlug in kos (eetversteurings).
  • Ons straf onsself deur middel van anorexia of bulimie.
  • Ons misbruik alkohol of dwelms.
  • Ons oordoen liggaamlike oefen programme.
  • Ons raak betrokke in ongesonde, onaanvaarbare en gevaarlike seksuele gedrag.

Ek moet gevolglik hulp kry om soms myself teen myself te beskerm > daarom is nuwe grense voortaan belangrik

‘n Belangrike aanleidende faktor waarom sommige persone dit soms so moeilik

vind om hulself te vergewe is omdat hulle nooit selfvergifnis gedemonstreer gesien het in hul ouerhuise nie, veral indien dit ‘n disfunksionele huis was.

Ralph sê byvoorbeeld:

“Hoe hard ek ook al probeer het, niks was ooit goed genoeg vir my pa nie. Selfs al sou ek aan hom sê hoe jammer ek was en dat ek volgende keer harder sal probeer. Weet jy wat het hy dan aan my gesê? Doen dit reg hierdie keer! I never knew what it was like to have a mistake or a weakness tolerated, let alone accepted or forgiven”

Dit is gevolglik nie vreemd nie dat persone soos Ralph dit baie moeilik vind om die konsep van vergifnis te begryp – hetsy vergifnis van ander of selfs nog meer, vergifnis van hulself.

Diegene wat kom vanuit ‘n agtergrond van fisiese misbruik worstel ook dikwels met die idee dat iets inherent verkeerd is met hulle en dat hulle die wonde wat hulle ontvang het, verdien het > nodig om saam met hulle deur al hierdie pyn te werk

  1. Streef na versoening met ander

Indien so ʼn persoon ook aan ander pyn berokken het, moet versoening met sodanige persone gesoek word.

 

Verdere praktiese riglyne deur Stoop (aan die hand van ʼn vergelyking tussen Judas en Petrus se optredes):

Petrus word uiteindelik die man wat Jesus geweet het hy sou kon wees deur sy mislukkings in die oë te kon kyk, dit te verbaliseer en toe homself te kon vergewe – dit was ‘n belangrike stap in hierdie geestelike groeiproses van hom.

Paulus praat nie spesifiek oor die aspek van selfvergifnis nie maar hy het wel die krag van vergifnis verstaan. Dit sou nie die geval gewees het indien hy nie homself kon vergewe ten opsigte van sy verlede nie.

  • Soms diep in ons binneste dikwels die gevoel dat ons eers vergifnis moet verdien ten einde die gevoel te kan kry dat ons vergewe is. Dit strook natuurlik nie met die goeie boodskap van Jesus Christus nie, naamlik dat ons nie vergifnis kan verdien nie

Die persoon moet egter besef dat skuldgevoelens nie ‘n natuurlike emosie is nie maar wel aangeleer is en dat dit ook teen die totale konsep van God se vergifnis indruis

    In Johannes 8:36 staan die wonderlike uitspraak: “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.”

  • Die vermoë om onsself te vergewe is ook ten nouste verbind aan die vermoë om ander te kan vergewe. Indien ons dit moeilik vind om ander te vergewe of indien hulle reeds oorlede is dan kompliseer dit dikwels die proses van selfvergifnis > hierdie persoon het dan hulp nodig

  

WAT IS DIE FAKTORE WAT DIE PROSES VAN SELFVERGIFNIS BEVORDER

 

  • Hantering van onverwerkte trauma, krisisse en verliese

Samevattend in hierdie verband kan gestel word dat enige onverwerkte trauma,

krisisse en verliese ‘n bepalende invloed sal uitoefen rakende ‘n suksesvolle

uitkoms ten opsigte van die proses van selfvergifnis.

Verskeie studies het aangetoon dat faktore soos die volgende ‘n definitiewe rol speel rakende die vermoë van ‘n individu om selfvergifnis te kan toepas:

  • Die aanwesigheid van die nodige sosiale ondersteuning struktuur
  • Die hantering van onverwerkte rouprosesse
  • Geweld deur ‘n intieme maat
  • ‘n Geskiedenis van seksuele misbruik
  • Psigologiese misbruik
  • Verwaarlosing tydens die kinderjare

Aspekte soos hierdie kan gevolglik bydra tot gekompliseerde rouprosesse en dit moet alles deurgewerk word

 

  • Emosionele intelligensie

Individue wat gevolglik oor ‘n hoër emosionele intelligensie beskik gaan meer effektief wees met betrekking tot die emosionele en geestelike uitdaging gekoppel aan die proses van selfvergifnis

 

  • Vryspraak deur God en ander

Die mate waarin ‘n persoon tot die oortuiging kan kom dat hy/sy deur God vergewe is, kan deurslaggewend wees met betrekking tot die suksesvolle afloop van die selfvergifnis proses.

In ʼn berading situasie soms vra: Hoekom kan hierdie persoon nie God se vergifnis hul eie maak nie?

Parallel hieraan is ook die belewenis by die oortreder ten opsigte van die mate van vergifnis en vryspraak vanaf die slagoffer.

  

  • Die hantering van woede

Indien woede ʼn belemmerende faktor is dan sal die beradene uiteraard geleer moet word om dit op ʼn gepaste wyse te hanteer ten einde die proses van selfvergifnis te bevorder.

Woede wat nie hanteer is nie kan ʼn bydraende faktor wees tot die volgende:

  • Depressie
  • Moedeloosheid
  • Angs
  • Dwelmmisbruik
  • selfbenadelende gedrag
  • verwonding van ander
  • Hoë bloeddruk

Gewoonlik nodig om saam te soek na die dieper wortels van die woede

 

  • Dankbaarheid en vergenoegdheid

Dankbaarheid en vergenoegdheid is besonder sterk promoverende faktore met

betrekking tot die proses van selfvergifnis.

Die psigiater, Martin Seligman, beskryf hoedat hy na 30 jaar se klasgee vir die eerste keer begin het met ‘n eksperiment wat ‘n lewensveranderende effek op homself en ook elke student gehad het – Gratitude night

Elke lid van die klas moes vir die betrokke aand ‘n gas saambring wat ‘n belangrike rol in hul lewe vervul het maar vir wie hulle nog nooit behoorlik bedank het hiervoor nie. Elkeen sou dan tydens die aand ‘n geleentheid kry om ‘n voordrag te doen waarin sy/haar gas bedank word. Die gaste sou egter nie voor die tyd ingelig wees ten opsigte van die presiese aard en verloop van die aand nie

Verskeie studente en besoekers wat daardie aand teenwoordig was aangedui dat dit een van die grootste aande in hul lewens was. Sedertdien het ‘Gratitude Night’ die jaarlikse hoogtepunt en ook ‘n permanente instelling van hierdie kursus geword.

  

PRAKTIESE RIGLYNE IN DIE FASILITERING VAN SELF-VERGIFNIS

 

  • Om weer te her-konnekteer met innerlike fasette

Een beradene het besef dat hy sal moet ‘her-konnekteer’ met dele van homself wat

‘afgesny’ was sedert sy kinderjare – child withininner child – diep innerlike emosionele genesing nodig – emosionele fasette wat agv trauma as’t ware ‘gevries het’.

 

  • Om beheer oor te gee aan Jesus Christus

Nog ‘n beradene het vertel hoedat sy tydens ‘n genesingsnaweek (retreat) binne die

konteks van gebedsterapie vir Jesus Christus gevra  het om die ‘kamer’ in haar denke te betree wat toegesluit was en waar sy ervaar het dat al die dinge gestoor was waarvoor sy haarself nie kon vergewe nie.

Soos wat Jesus hierdie ruimte betree het, het sy ervaar dat die kamer eintlik leeg was en toe, tot haar verrassing, gevul word met Sy goddelike teenwoordigheid.

Sy het tegelykertyd die ervaring gehad dat sy vergewe is en dat sy as individu op ‘n baie besondere wyse aangespreek was > kon haarself daarna ook ten volle vergewe.

 

  • Die waarde van skryf en kuns

In hierdie verband kan byvoorbeeld gebruik gemaak word van:

  • ‘n Daaglikse joernaal
  • Die opstel van ‘n lys in kronologiese volgorde van ervarings (negatief en positief) > emosionele tydlyn
  • Die skryf van ‘n brief wat uiteindelik nie gepos word nie
  • Verskillende vorme van kunswerk

Dit alles kan gebruik word om gevoelens, gedagtes en refleksies te anker met betrekking tot die verhouding met die persoon wat vergewe moet word of vergifnis teenoor die self.

 

  • ‘n Herbesoek aan die verlede

Dit sou byvoorbeeld van waarde kan wees om te fokus op drome en ideale vanuit die

kinderjare oor hoe die lewe sou kon verloop.

Daar kon byvoorbeeld ideale gewees het wat uiteindelik weens omstandighede nooit kon realiseer nie.

‘n Aspek soos hierdie kan ook help rakende die proses van selfvergifnis indien daar enige selfverwyte of selfblamering sou wees met betrekking tot die verlede > gebedsterapie waarskynlik nodig

 

  • Die gebruikmaking van beelde tesame met die leë stoel tegniek

Shirley, ‘n berader en terapeut, het beide haar ouers versorg tot en met hulle afsterwe. Sy het daarna met gekompliseerde trauma geworstel en ook heelwat selfverwyte, gekoppel aan ‘n onverwerkte rouproses.

Haar berader het toe voorgestel dat sy twee lyste van insidente, herinneringe en emosies saamstel, een met betrekking tot haar pa en een rakende haar ma.

Die inhoud van hierdie lyste het basies gefokus op onafgehandelde insidente en

herinneringe in haar gemoed

Die leë stoel tegniek is suksesvol gebruik vir interaksie met haar ma en pa namate sy uiting gegee het aan die emosies en gedagtes wat haar rouproses vertraag het. Uiteindelik het sy ook briewe aan beide haar ouers geskryf en op hierdie wyse finale afsluiting verkry rakende ‘n aantal negatiewe persepsies wat sy haarself foutiewelik wysgemaak het.

Hierdie proses het dan ook die weg gebaan vir volkome selfvergifnis.

 

  • Liefdevolle en begrypende verhoudings

Om die punt van selfvergifnis te bereik, impliseer vir meeste persone ‘n proses van worsteling. As deel van hierdie proses is liefdevolle en begrypende verhoudings van besondere belang.

 

  • Geestelike gedetermineerdheid

Daar moet ‘n gedetermineerdheid en vertroue wees dat die pyn rondom jou eie gebrokenheid uiteindelik gaan lei tot heling, ‘n geloof dat daar wel iets aan die ‘ander kant’ is.

  

  • Momente van genade

Verskillende beradenes beskryf hul ervarings van selfvergifnis as vol van momente

van genade of geestelike ‘geskenk pakkies’.

Indien die proses goed verloop dan is daar ook ‘n al groter innerlike openheid en bereidwilligheid om te laat gaan (to release, letting go) – ‘n laat gaan van jou ou identiteit, verwagtinge en beskouinge – veral die beskouing dat jy in staat is om heling vir jouself te bewerkstellig.

Hierdie proses loop ook hand aan hand met die besef dat die lewe baie kort is en dat daar veral moeite gedoen moet word met daardie aspekte wat ewigheids-waarde het 

 

  • Die ervaring van rou en verlies

Wanneer daar ‘n bereidwilligheid is ‘om te laat gaan’ dan impliseer dit gewoonlik emosies van rou en verlies. Daar word gerou oor dit wou sou kon gebeur indien die verkeerde optrede nie plaasgevind het nie, en daar is tegelykertyd hartseer oor dit wat wel gebeur het.

Indien gevoelens van ware skuld en berou sou ontbreek ten opsigte van verkeerde optredes of woorde, dan impliseer dit ontkenning en onderdrukking van emosies en  hiersonder kan daar geen gemotiveerde verandering plaasvind nie

 

  • Vrede met sigself en gekonnekteer met die wêreld

Deur al meer eienaarskap te aanvaar van daardie dele wat die persoon vantevore ontken het, lei gewoonlik tot gevoelens van groter normaliteit terwyl ‘n kritiese ingesteldheid teenoor ander ook al meer afplat.

 

  • Die belangrikheid van empatie

Persone met hoër vlakke van empatie vind dit oor die algemeen makliker om te vorder in hierdie proses terwyl persone met ‘n gebrek aan empatie dit baie moeilik vind om te kan vergewe (Macaskill et al., 2002:663).

Beradenes kan gevolglik gehelp en aangemoedig word om empatie te ontwikkel namate hulle al meer tot die ontdekking kom dat hulle nie perfek is nie.

  

  • Werk aan selfaanvaarding

God se formule vir selfvergifnis is dat jy enersyds onvolmaak en vol foute is, maar

andersyds kosbaar vir God (you are flawed, but precious).

Daarom is die opdrag die volgende: “Live in the truth that you are deeply flawed and also valuable beyond belief.”

Die waarheid rondom ons gebroke menslike natuur en aksies kan uiteindelik die deur

open tot ‘n dieper en gesonder self-evaluering.

 

  • Die belangrikheid van ‘n ritueel

Dit kan soms waardevol wees indien die daad van vergifnis teenoor jouself ‘n konkrete en tasbare vorm aanneem soos byvoorbeeld die uitskryf van ‘n lys van negatiewe gedagtes, gesindhede en dade en dan met groot letters oor alles te skryf: “Uitgekanselleer!” en dit dan te verbrand of te begrawe.

 

  • Konklusie

Deur hierdie hele proses het jy jou eie gebrokenheid en onvolmaaktheid besef, maar tegelykertyd ook dat jy nie alleen nie en dat jou anker en kompas vir die res van die reis wat voor is, vervat is in Paulus se opdrag in Galasiërs 5:1:

“Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie.”