Selfvergifnis – Geref Kerk 150jr Herdenking

SELFVERGIFNIS –

 ‘N AFGESKEEPTE AREA BINNE DIE PASTORAAT

Prof Wentzel Coetzer

Indien daar gelet word op die veld van navorsing rakende die tema van vergifnis dan is daar veral die volgende drie belangrike areas ter sprake:

  • Vergifnis van ander – interpersoonlik
  • Selfvergifnis – intrapersoonlik
  • Vergifnis vanaf God – die vermoë om vergifnis te kan ontvang

Daar is redelike eenstemmigheid in die literatuur met betrekking tot die feit dat die area van selfvergifnis grootliks afgeskeep was in die verlede. In hierdie verband wys Hall en Fincham (2005:635) byvoorbeeld in ‘n artikel gedurende 2005 na hierdie veld as “the stepchild of forgiveness literature.” In hul bydrae gedurende 2017 toon Woodyatt, Worthington, Wenzel & Griffin (2017:6) dat dit eers na 2011 was dat daar meer momentum gekom het rakende publikasies met betrekking tot hierdie tema.

Aspekte soos hierdie bevestig dat selfvergifnis inderdaad ‘n aktuele tema is wat ook binne die pastoraat en die prediking meer in diepte ontgin behoort te word.

  • Inleidende perspektiewe

In antwoord op die vraag na waarom selfvergifnis ‘n onderwerp was wat vir so ‘n geruime

tyd nie die nodige erkenning ontvang het nie, stel Rotter (2001:174) dat ons leef binne ‘n

gemeenskap waar vergifnis vreemd is aan alles wat ons sien, terwyl genade beskou word as swakheid, en mag oor ander as ‘n aanduiding van sterkte. Dit is gevolglik nie vreemd dat talle persone aan die worstel is met kroniese skuldgevoelens asook ander vorme van vervreemding vanaf ander. In die verlede was daar ook meer abstrak oor die konsep van vergifnis en selfvergifnis gepraat, moontlik omdat dit nie ‘n uitdrukking was van kontemporêre kulturele waardes nie.

  • Historiese oorsig

Die wetenskaplike studie met betrekking tot die tema van vergifnis het basies maar eers

momentum begin verkry het gedurende die sewentiger jare.[1] Dit gaan dus om ‘n relatief

nuwe konsep binne die helpende professies aangesien van die belangrike teoretici soos Freud, Adler, Horney en Frankl in ‘n groot mate hierdie onderwerp vermy het (vgl. Rotter, 2001:174; (Hong, Y.J. & Jacinto, 2011:374). ‘n Populêr-geestelike boek deur Smedes, Forgive and forget: Healing the hurts we don’t deserve, gedurende 1984 het die verbeelding van die algemene publiek asook dié van sommige professionele persone binne die gesondheidswetenskappe aangegryp en ‘n debat gestimuleer. Dit sou egter eers heelwat later wees dat aktiewe en gefokusde navorsing op hierdie terrein momentum sou verkry.

Dit wil voorkom asof die situasie teen ongeveer 1996 gaandeweg begin verander het aangesien Enright (1996:107) in daardie stadium wys op die feit dat “… the concept of forgiveness in the helping professions and in popular literature is growing rapidly.” Nege jaar later wys Helm, Cook en Berecz (2005:25)  byvoorbeeld na ‘n paradigmaskuif wat binne die psigologie begin plaasvind het, omdat daar in daardie stadium ‘n al groter bewustheid begin posvat het ten opsigte van die potensiële psigologiese voordele wat kan voortvloei vanuit die proses van vergifnis.

Sedert die sub-dissipline van die positiewe sielkunde ook al meer momentum verkry het die afgelope aantal jare het dit grootliks bygedra tot ‘n meer realistiese benadering ten opsigte van ‘n konsep soos vergifnis. Martin Seligman (2002:137-161) het aanvanklik die konsep van positiewe sielkunde geïnisieer binne die psigologiese gemeenskap. Hy het 24 aspekte geïdentifiseer wat hy beskryf as sterkpunte (strengths) en hierdie lys sluit onder ander die konsepte van vergifnis en genade in. In sy boek, Authentic happiness, gee Seligman (2002:70-82) byvoorbeeld heelwat aandag aan die tema van vergifnis tesame met ‘n aantal praktiese riglyne en voorbeelde.

  • Selfvergifnis die ‘stiefkind’ binne die navorsing

Binne hierdie breë konteks van die ontwikkeling van navorsing rakende die tema van vergifnis het die spesifieke aspek van  selfvergifnis egter nie van die begin af tot sy reg gekom nie. Die eerste formele studie in hierdie verband is gepubliseer deur

Horsbrugh in 1974 (vgl. in hierdie verband McConnell, 2015:143). Enright publiseer ‘n belangrike artikel gedurende 1996. Die opskrif van hierdie artikel verwys na die driedeling van vergifnis, vergifnis te kan ontvang, en selfvergifnis – drie aspekte met ‘n onderlinge interaksie rakende die hantering van morele oortredings. Hierdie bydrae word deur sommige navorsers beskou as die prelude met betrekking tot die empiriese navorsing rakende selfvergifnis (Woodyatt, Worthington, Wenzel & Griffin, 2017:5).

‘n Volgende belangrike merker was die publikasie van ‘n artikel in 2005 deur Hall en Fincham met die titel, Self-forgiveness: The stepchild of forgiveness research. In 2013 skryf Enright (2013:59) en tipeer hy hierdie bydrae as “… the recent leading work on self-forgiveness.”

Vanaf hierdie stadium het die momentum egter begin toeneem en het daar 124 publikasies vanaf 2011 tot April 2017 verskyn (Woodyatt et al., 2017:6).

  • Skriftuurlike appèl

Binne die Joods-Christelike tradisie is die basiese vertrekpunt dat mense ‘n behoefte aan vergifnis het as gevolg van hul sondigheid. Dit hou wesenlik verband met die algemene menslike toestand, beide kollektief en individueel. Volgens die Ou en Nuwe Testamente het God ‘n begeerte om na die sondeval met die mens versoen te raak en die mens weer in Sy gemeenskap te bring. Hierdie versoening met God vind plaas wanneer die mens in staat is om sy/haar sondige aard te erken en te omhels en hulself oop te stel vir God se vergifnis. (Bauer et al.,1992:150).

‘n Bereidwilligheid om ander te vergewe is ook noodsaaklik ten einde self vergifnis te kan ontvang. Hierdie veronderstelling van die geskenk van vergifnis vereis ook die aanvaarding van die menslikheid van ander. Dit word duidelik verwoord in die Onse Vader gebed waar daar onder andere gevra word “… vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree… ” (Mat 6:12).

Patton (1985:143) plaas die verwysing na vergifnis soos verwoord in die Onse Vader, binne die groter konteks van die koms van die Koninkryk van God. Wanneer vergifnis op interpersoonlike asook intrapersoonlike vlak realiseer dan is die Koninkryk van God inderdaad besig om gestalte te verkry (Bauer et al., 1992:151).

  • Belangrike definiërings

Een van die vroegste psigologiese definisies van selfvergifnis was dié van Enright (1996:113) wat as volg lui:

“Self-forgiveness may be defined as a willingness to abandon self- resentment in the face of one’s own acknowledged objective wrong, while fostering compassion, generosity, and love toward oneself.”

Met hierdie definisie is daar gepoog om ‘n verskeidenheid van standpunte te integreer. Met betrekking tot die latere navorsing het hierdie definisie ook ‘n bepalende invloed uitgeoefen alhoewel dit ook dispuut uitgelok het asook pogings tot alternatiewe definiërings.

Woodyatt et al., (2017:8) wys op die volgende drie belangrike komponente van hierdie aanvanklike definisie:

  • Selfvergifnis impliseer die afstanddoening van negatiewe emosies gerig teen die self
  • Selfvergifnis impliseer die kweek van positiewe emosies gerig op jouself
  • Die kweek van positiewe emosies soos medelye, goedhartigheid en liefde teenoor die self.
  • Selfvergifnis impliseer ‘n evaluering van verantwoordelikheid

Hierdie finale komponent van die definisie is waarskynlik die belangrikste en hierdie aspek rakende die neem van verantwoordelikheid vir dit wat gebeur het word baie sterk in die literatuur beklemtoon

Hall en Fincham (2005:622) beskryf selfvergifnis as volg:

“We conceptualize self-forgiveness as a set of motivational changes whereby one becomes decreasingly motivated to avoid stimuli associated

with the offense, decreasingly motivated to retaliate against the self (e.g.,

punish the self, engage in self-destructive behaviors, etc.), and

increasingly motivated to act benevolently toward the self.”

Ten opsigte van die slagoffer (die self) is daar ‘n vermyding van gedagtes, gevoelens en situasies geassosieer met die oortreding. Hierdie tipe vermyding verminder die waarskynlikheid dat pynlike gedagtes en gevoelens aangaande die oortreding geaktiveer sal word. Dit gaan dus om ‘n verandering van motivering by die persoon sodat hy/sy minder hard en ongenadiglik op hulself is en meer vriendelik en empaties.

Drie jaar later het Hall en Fincham (2008:175) ‘n volgende projek aangepak waar hulle hul vorige definiëring van selfvergifnis aangepas en uitgebrei het. Hulle toon vervolgens aan dat in die mate wat selfvergifnis realiseer en momentum verkry, daar ook ‘n aantal positiewe gevolge na vore kom:

  • Die oorweldigende skuldgevoelens begin afplat.
  • Die noodsaaklikheid van gereelde versoenende pogings plat af (soos om telkens apologie aan te teken of om vergifnis te vra).
  • Hulle ervaar al meer vergifnis vanaf slagoffers.
  • Hulle ervaar al meer gevoelens van vergifnis deur God.
  • Die oortreding word nie meer so negatief beskou as aan die begin nie.
  • Hulle slaag daarin om minder te fokus op hul eie interne pyn en meer op sinvolle doelwitte soos byvoorbeeld op God of op die uitreik na ander.

Jacinto en Edwards (2011:428) beskryf selfvergifnis as die resultaat van individue wat verantwoordelikheid aanvaar vir hulle aandeel in ‘n situasie wat tot gevolg gehad het verwonde emosies en/of fisiese skade aan ander, met dan ook negatiewe gevoelens teenoor ander asook selfblaam. Selfvergifnis realiseer wanneer sulke persone in staat is om te besef dat hulle nie volmaak is nie en as gevolg hiervan soms tekort skiet aan hulle beeld van hul ideale self.

In 2015 skryf McConnell (2015:154) ‘n artikel waarin hy teen die agtergrond van die ontwikkeling tot op daardie stadium, stel dat daar mettertyd ‘n behoefte ontstaan het aan ‘n ryker en meer omvattende definisie ten einde alles wat tot dusver in die literatuur na vore gekom het, te integreer. In hierdie verband gee hy dan die volgende basiese

vertrekpunte as deel van sy voorgestelde model:

  • is ‘n welwese waarborg (a well-being safeguard).
  • Oortreders verkry nie selfvergifnis deur middel van morele regverdiging, toenemende selfbevoordelende attribute, die minimalisering van die erns van oortredinge, die gebrek aan empatie of selfkwytskelding nie.
  • Oortreders se skaamtevrye skuldgevoelens, en nie skuldvrye skaamte nie, stimuleer motivering tot selfvergifnis.
  • Oortreders bevorder selfvergifnis deur ‘n interpersoonlike roete maar handel dit nie noodwendig finaal af op hierdie wyse nie.
  • Oortreders bereik selfvergifnis deur ‘n intrapersoonlike roete.
  • Oortreders se individuele verskille en faktore gekoppel aan omstandighede modereer die proses van selfvergifnis.
  • Oortreders regverdig selfvergifnis slegs indien hulle voortdurend verant-woordelikheid aanvaar vir immorele gedrag.
  • Oortreders gee legitimiteit aan selfvergifnis wanneer hulle deurdagte en volgehoue pogings aangewend het om reg te laat geskied (te vergoed).
  • Selfvergifnis kan verdedig word indien dit die moontlikheid van toekomstige oortredinge verminder.
  • Twee belangrike pastorale modelle

Met betrekking tot die tema van selfvergifnis is daar veral twee belangrike pastorale modelle waarvan kennis geneem moet word. Die eerste is dié van Worthington (2013) en tweedens die model van Stoop (2005:117).

Worthington se model:

  • Ontvang God se vergifnis
  • Herstel verhoudings
  • Herevalueer alle oormatige tob, peins en selfpyniging (ruminations)
  • Emosionele selfvergifnis – die REACH model
  • R – Herinner jouself aan en evalueer jou pynlike dade (recall your hurtful acts)     
  • E – Emosionele vervanging van bitterheid met empatie
  • A – Altruïstiese geskenk van selfvergifnis
  • C – Commit jouself aan die emosionele selfvergifnis wat jy ervaar het
  • H – Hou vas aan die selfvergifnis wanneer jy twyfel of dit eg was
  • Hervestig selfaanvaarding
  • Neem die besluit om voortaan sinvol en geestelik vrugbaar te lewe (virtuously)

David Stoop se model:

  • Herken die pyn en die verwonding. Die blaam vir die verkeerde moet aanvaar word. Dit moet erken en hardop gesê word.
  • Die emosies wat betrokke is moet geïdentifiseer word en daarna moet daar as’t ware deur ʼn rouproses gegaan word.
  • Daar moet uitdrukking aan gevoelens gegee word. Dit sou kon insluit woede ten opsigte van eie gedrag asook hartseer vir die pyn wat hy/sy hulself en ander aangedoen het.
  • Nadat die rouproses voltooi is, moet daar oorgegaan word tot vergifnis en die skuld gekanselleer word.
  • Grense ter selfbeskerming moet in plek geplaas word.
  • Indien so ʼn persoon aan andere ook pyn berokken het, moet versoening met sodanige mense gesoek word.
  • Die verhouding tussen interpersoonlike en intrapersoonlike vergifnis

Interpersoonlike en intrapersoonlike vergifnis hou verband met mekaar maar is nogtans nie identiese konstrukte nie. Hierdie twee kante van vergifnis is ten nouste verwant en dit word as twee kante van dieselfde muntstuk voorgestel. Die ervaring van berou en selfvergifnis is een kant van die muntstuk en interpersoonlike vergifnis die ander kant. Pingleton (1989:34) wys daarop dat: “… the failure to forgive others is ultimately, the failure to forgive oneself”. Selfvergifnis is oor die algemeen ook moeiliker as interpersoonlike vergewing van ander omdat dit die meer abstrakte vorm van vergifnis is

(Denton, 2010:335).

Verder is dit ook moeilik om iets te beskryf wat nie duidelike grense het nie. Rakende die

vergifnis van ander is die spesifieke areas en grenslyne gewoonlik meer duidelik afgebaken en herkenbaar maar wanneer dit kom by selfvergifnis dan is dit ‘n meer grys area.

  • Ware selfvergifnis teenoor pseudo selfvergifnis

Ten einde in staat te wees om jouself werklik te kan vergewe sal daar ‘n erkenning moet wees van verkeerde gedrag asook aanvaarding van die verantwoordelikheid vir sodanige gedrag. Sonder hierdie elemente is selfvergifnis irrelevant en is daar ‘n groter waarskynlikheid van pseudo selfvergifnis (Hall & Fincham, 2005:626). Laasgemelde kom na vore wanneer die oortreder nie enige skuld of verantwoordelikheid erken of aanvaar nie. Hy/sy sou egter kon aandui dat hulle hulself vergewe het terwyl hulle in werklikheid nie glo dat hulle enigiets verkeerd gedoen het nie.

Dit is gevolglik nie verrassend wanneer die literatuur aantoon dat daar by geleentheid ‘n verband kan wees tussen selfvergifnis en narsisme en ook selfgesentreerdheid (Hall & Fincham, 2005:227; vgl. ook Tangney, Boone, Dearing & Reinsmith, 2002:14). Ware vergifnis vereis ‘n groot mate van innerlike sterkte en daarom sal pseudo selfvergifnis deurgaans ‘n groot versoeking as alternatief wees aangesien dit klaarblyklik (op die oppervlakte) dieselfde voordele bied as ware selfvergifnis.

  • Twee tipes selfvergifnis

Worthington (2013:52) wys op die volgende twee tipes van selfvergifnis:

  • Selfvergifnis as ‘n rasionele besluit (decisional self-forgiveness)
  • Emosionele selfvergifnis

Selfvergifnis as ‘n rasionele besluit impliseer dat jy daarmee ‘n verklaring van

voorneme maak om jouself as ‘n waardevolle persoon te behandel. Dit impliseer onder andere dat jy nie langer meer wraakgierig is teenoor jouself nie – jy gaan dus nie langer meer probeer om jouself te straf vir mislukkings van die verlede nie. Inteendeel gaan jy voortaan jouself as waardig beskou (Worthington, 2013:52).

Die tweede tipe selfvergifnis is emosionele selfvergifnis, wat impliseer dat negatiewe verbitterde emosies vervang word met positiewe emosies teenoor jouself. Dit is hierdie tipe selfvergifnis wat die ‘emosionele temperatuur’ asook woede laat afplat. Die emosies wat gebruik word om die negatiewe en verbitterde emosies mee te vervang is empatie, simpatie, medelye en ‘n gesonde selfliefde (Worthington, 2013:52). Hierdie tweede tipe selfvergifnis is deurslaggewend met betrekking tot ‘n finale positiewe uitkoms rakende die proses van selfvergifnis.

  • Kenmerke wat dui op ‘n gebrek aan selfvergifnis

Waar persone nie daarin slaag om hulself of ander te vergewe nie loop dit dikwels uit op ‘n verskeidenheid van emosionele probleme (psigopatologie). In hierdie opsig kan daar byvoorbeeld ‘n duidelike verband wees met betrekking tot aspekte soos depressie, angs, wantroue, negatiewe selfbeeld, sosiale onttrekking en neurotiese kenmerke.  ‘n Gebrek aan vergifnis teenoor ander kan by geleentheid selfs ook verband hou met skisofreniese eienskappe, vereensaming en vervolgingswaan (Maltby, Macaskill & Day, 2001:882).

  • Faktore wat selfvergifnis noodsaak

Selfvergifnis is ‘n deurtastende en voortgaande proses en dit begin gewoonlik wanneer die persoon nie langer meer ‘n toenemende bewuswording kan vermy of ontken rakende die feit dat daar iets fundamenteel verkeerd is met die self of met jou eie lewe nie (Bauer et al., 1992:154).

Daar is ‘n innerlike stryd te midde van ‘n diep gevoel van berou. Leegheid, hartseer en intense eensaamheid kan na vore kom, afgewissel deur sinisme en woede.

Daar is vervolgens veral vier kategorieë van persone wat betrokke raak by die proses van selfvergifnis, naamlik die volgende (vgl. Hong & Jacinto, 2012:368):

  • Diegene wat hulself blameer as gevolg van mislukking met betrekking tot ‘n belangrike lewenstaak.
  • Diegene wat hulself blameer omdat hulle nagelaat het om die nodige aksie te

neem met betrekking tot hulself of iemand anders.

  • Diegene wat hulself blameer as gevolg van die benadeling/verwonding (hurting)

van iemand anders.

  • Diegene wat hulself blameer met betrekking tot betrokkenheid by self-destruktiewe gedrag soos verslawing.

Om deur so ‘n proses van selfvergifnis te werk is dit nodig om vas te stel hoedat ons eie oorspronklike verwagtinge kon bydra tot ons eie verwonding. Ons sou moontlik kon ontdek dat ons eie verwagtinge onrealisties en onvanpas was. Indien dit die geval was dan sou selfvergifnis ‘n belydenis impliseer – ‘n belydenis wat ‘n fundamentele verandering tot gevolg sou hê met betrekking tot ons denke en ons harte aangaande dit wat ons met reg kan verwag van ander (Stoop & Masteller, 2004:295).

  • Hindernisse en blokkasies rakende selfvergifnis

Meyer (2006:67) noem verskeie redes waarom dit so is en waarom selfvergifnis so moeilik is (vgl. ook Kotze, 2008:92):

  • ʼn Persoon kan ander se aksies regverdig, maar nie sy/haar eie nie.
  • ʼn Persoon voel steeds skuldig, ten spyte van wat ander sê.
  • So ʼn persoon aanvaar nie mislukking nie.
  • So ʼn persoon moet nog steeds met hom/haarself saamleef.
  • ʼn Mens kan nie die verlede ontsnap nie.
  • Dit is makliker om genade te gee as om te ontvang.
  • ʼn Mens kan nie betaal vir dit wat gebeur het nie.
  • So ʼn persoon wil hom/haarself straf.
  • Die persoon voel dat hy/sy is nie vergifnis waardig is nie.
  • Die insident speel hom gedurig in so ʼn persoon se denke af.
  • Die persoon kan nie glo dat ander of God hom/haar vergewe het nie.
  • So ʼn persoon weier om ander te vergewe.
  • Die persoon weet nie hoe om hom/haarself te vergewe nie.

Vir talle van ons is die moeilikste persoon om te vergewe jouself. Ons is in staat om veel meer begrip en medelye te kan ervaar teenoor ander as teenoor onsself. Indien die persoon ook in ‘n disfunksionele huis opgegroei het waar almal aangemoedig is om hulself te blameer vir enigiets wat verkeerd gegaan het, gaan dit soveel te meer moeilik wees om jouself te vergewe (Stoop & Masteller,  2004:298).

‘n Verdere belangrike rede wat deur Stoop en Masteller (2004:302) uitgewys word waarom dit vir talle persone moeilik is om selfvergifnis toe te pas is omdat hulle nooit in die verlede gesien het hoedat vergifnis gedemonstreer en gemodelleer word nie.

Worthington (2013:54ev) gee die volgende moontlike verklarings vir die feit dat selfvergifnis so moeilik is:

  • Intellektuele gimnastiek

Wanneer jy probeer om jouself te vergewe dan moet jy probeer om vanaf twee vertrekpunte te funksioneer, naamlik beide die een wat vergewe en die oortreder. Om tegelykertyd teenoorgestelde standpunte te handhaaf is ‘n uitdaging.

  • Geen ontvlugting

Om jouself te vergewe is moeilik omdat jy 24/7 met jou gedagtes vasgevang is en

jy nie van jouself af kan wegkom nie.

  • Binnekring inligting (insider information)

Deel van die probleem rakende vergifnis teenoor jouself hou verband met die feit dat jy ‘binnekring inligting’ het aangaande wie jy werklik is, wat jou dieper motiverings is, wanneer jy moontlik ‘n verskuilde agenda het, wanneer jy openlik en eerlik is en wanneer jy opsetlik sekere feite weerhou.

  • Ons benadeel ander en ook vir God

Ons weet dat God nie verkeerde dade goedkeur nie en daarom weet ons ook dat

afgesien van wat ons aan iemand anders gedoen het, ons meer ernstig teenoor

God gesondig het.

  • Die oortreder moet betaal

Jy sou dit baie moeilik kon vind om jouself te vergewe aangesien daar oor die algemeen die gevoel is dat die onus op die oortreder rus ten einde die skade te herstel. Wanneer jy egter na jou eie oortreding kyk dan is jy die skuldige party. Dit blyk dan dat volgens jou sin vir geregtigheid daar ‘n mate van selfstraf vereis word.

  • ‘n Gebrek aan aanvaarding van verantwoordelikheid

Daar is al in die verlede gevra of persone wat aanspraak maak dat hulle hulself kon

vergewe, nie eintlik maar net ‘n verskoning aanbied vir hul oortredinge nie. Hiermee

saam is die verdere argument geopper, naamlik dat selfvergifnis bloot ‘n sinoniem is vir narsistiese onverantwoordelikheid. Voorstanders van hierdie argument is van mening dat persone die konsep van selfvergifnis gebruik as “… a self-serving mechanism to avoid the pains associated with owning up to their offences” (McConnell, 2015:152).

Teenoor die negatiewe argumente met betrekking tot die konsep van selfvergifnis stel McConnell (2015:152) dat hyself tesame met ander oortuig is dat selfvergifnis in werklikheid persone ‘dwing’ om volle eienaarskap van hul oortredinge te aanvaar. Selfvergifnis wat egter die verantwoordelikheid na ander verskuif en waar daar nooit skuldgevoelens of skaamte is nie en ook geen pogings aangewend word om die skade te herstel nie, is inderdaad geen selfvergifnis hoegenaamd nie.

Verantwoordelikheid impliseer verder om enige persepsies van die self as slagoffer prys te gee, verantwoordelikheid te aanvaar vir die gebeure in jou lewe en dan inisiatief te neem wat kan lei tot heling  (Hong & Jacinto, 2012:367; Jacinto & Edwards, 2011:426).

  • Faktore wat die proses van selfvergifnis bevorder

Indien daar tydens die voorbereidingsproses aandag gegee kan word aan ‘n aantal

belangrike areas soos die volgende, dan bevorder dit gewoonlik die proses van

selfvergifnis:

  • Hantering van onverwerkte trauma, krisisse en verliese

McConnell (2015:151) wys op verskeie studies wat aangetoon het dat faktore soos die volgende ‘n definitiewe rol speel rakende die vermoë van ‘n individu om selfvergifnis te kan toepas: die aanwesigheid van die nodige sosiale ondersteuning struktuur; die hantering van onverwerkte rouprosesse; geweld deur ‘n intieme maat; ‘n geskiedenis van seksuele misbruik; psigologiese misbruik; verwaarlosing tydens die kinderjare (vgl. ook Jacinto en Edwards, 2011:433).

  • Emosionele intelligensie

‘n Verdere bepalende invloed is dié van emosionele intelligensie. Hier gaan dit oor die vermoë om emosionele prosesse te herken, te begryp, te reguleer en toe te laat. Individue wat gevolglik oor ‘n hoër emosionele intelligensie beskik gaan meer effektief wees met betrekking tot die emosionele en geestelike uitdaging gekoppel aan die proses van selfvergifnis (Mayer, Salovey & Caruso, 2004:198). Navorsing het ook uitgewys hoe belangrik emosionele intelligensie vir die sukses van ‘n huwelik, verhouding(s), selfdissipline, fisieke welsyn, sosiale gewildheid en die werkplek is (Van Jaarsveld, 2003:10).

  • Vryspraak deur God en ander

Die mate waarin ‘n persoon tot die oortuiging kan kom dat hy/sy deur God vergewe

is, kan ook deurslaggewend wees met betrekking tot die suksesvolle afloop van die selfvergifnis proses. Parallel hieraan is ook die belewenis by die oortreder ten opsigte van die mate van vergifnis en vryspraak vanaf die slagoffer (Hall & Fincham, 2005:633).

  • Die hantering van woede

Woede wat nie hanteer is nie kan ‘n bydraende faktor wees ten opsigte van depressie, moedeloosheid, angs, dwelmmisbruik, selfbenadelende gedrag asook die verwonding van ander. Uiteraard sal dit dus ook hanteer moet word ten einde die proses van

selfvergifnis te bevorder (Minirth, 2005:47).

  • Dankbaarheid en vergenoegdheid

Dankbaarheid en vergenoegdheid is ‘n besonder sterk promoverende faktor met betrekking tot die proses van selfvergifnis. Seligman (2002:72) na wie reeds verwys is, beskryf hoedat hy na 30 jaar se klasgee vir die eerste keer begin het met ‘n eksperiment wat ‘n lewensveranderende effek op homself en ook elke student gehad het. Dit het verband gehou met ‘n voorstel deur ‘n student dat hulle met betrekking tot een van die praktiese werkopdragte van die jaar, ‘n ‘Gratitude Night’ moes reël. Elke lid van die klas moes vir die betrokke aand ‘n gas saambring wat ‘n belangrike rol in hul lewe vervul het maar vir wie hulle nog nooit behoorlik bedank het hiervoor nie. Elkeen sou dan tydens die aan ‘n geleentheid kry om ‘n voordrag te doen waarin die gas bedank word. Die gaste sou egter nie voor die tyd ingelig wees ten opsigte van die presiese aard en verloop van die aand nie. Na elke dankbetuiging deur ‘n student sou daar ook ‘n kort bespreking daarvan plaasvind. Die betrokke aand het toe plaasgevind met gaste van heinde en ver. Daar was ‘n tydsbeperking van drie ure vir die hele geleentheid.

Seligman vertel dat daar nie een droë oog daardie aand was nie. Een student het agterna gesê: “The givers, recievers, and observers all cried. When starting to cry, I didn’t know why I was crying.” En dan voeg Seligman by: “Crying in any class is extraordinary, and when everyone is crying, something has happened that touches the great rhizome underneath all humanity.”

Na hierdie eerste suksesvolle eksperiment het dit sedertdien ‘n jaarlikse instelling in Seligman se klasse geword.

  • Praktiese riglyne in die fasilitering van selfvergifnis

Vervolgens word gelet op ‘n aantal praktiese riglyne met betrekking tot die proses van

selfvergifnis soos verwoord deur verskillende navorsers.

  • Geloof en geestelike gedetermineerdheid

Hierdie kwaliteite is belangrik ten einde by selfvergifnis te kan arriveer. Dit motiveer

die persoon om te aanvaar en te glo dat hul gebrokenheid wel uiteindelik heling tot gevolg sal hê. “This faith keeps one “hanging in there” at times when nothing else offers hope of change” (Bauer et al., 1992:156).

  • Om weer te herkonnekteer met innerlike fasette (Inner Child)

Een beradene het besef dat hy sal moet ‘herkonnekteer’ met dele van homself wat

‘afgesny’ was sedert sy kinderjare.[2] Hy het verwys na ‘n hindernis en ‘n blokkasie wat hy ervaar het ten einde by sy werklike lewenspassie en taak te kon uitkom. Daar was egter by hom ‘n gedetermineerdheid om by heling uit te kom (Bauer et al., 1992:156).

Whitfield (2006:1) sluit as volg hierby aan:

“With our parents’ unknowing help and society’s assistance, most of us deny our Inner Child. When this Child Within is not nurtured or allowed freedom of expression, a false or do-dependent self emerges.” 

  • Om volle beheer oor te gee aan Jesus Christus

Nog ‘n beradene het vertel hoedat sy tydens ‘n genesingsnaweek (retreat) binne die konteks van gebedsterapie vir Jesus Christus gevra  het om die ‘kamer’ in haar denke te betree wat toegesluit was en waar sy ervaar het dat al die dinge gestoor was wat sy haarself nie kon vergewe nie. Soos wat Jesus hierdie ruimte betree het, het sy ervaar dat die kamer aanvanklik leeg was en toe, tot haar verrassing, gevul word met Sy goddelike teenwoordigheid. Sy het tegelykertyd die ervaring gehad dat sy vergewe is en dat sy as individu op ‘n baie besondere wyse aangespreek was (Bauer et al., 1992:157).

  • Die waarde van skryf en kuns

In hierdie verband kan byvoorbeeld gebruik gemaak word van ‘n daaglikse joernaal, die opstel van ‘n lys in kronologiese volgorde van ervarings (negatief en positief; experience inventory), die skryf van ‘n brief wat uiteindelik nie gepos word nie asook verskillende vorme van kunswerk. Dit alles kan gebruik word om gevoelens, gedagtes en refleksies te anker met betrekking tot die verhouding met die persoon wat vergewe moet word of vergifnis teenoor die self.

Hong en Jacinto (2012:374) wys byvoorbeeld op ‘n benadering waar die beradene versoek word om drie vrye hand tekeninge te maak wat verband hou met die persoon wat vergewe moet word (iemand anders of die self). “Having clients create metaphorical drawings helps to generate material from a deep part of the self.” Die interpretasie van die metafore en die ‘inward-mirror image’ kan vervolgens lei tot belangrike insigte rondom woede asook die ontdekking van ander onafgehandelde kwessies (unfinished business). Die metafore kan ook help om sleutelgebeure vanuit die verlede te identifiseer wat sterk na vore mag kom en wat verband mag hou met vergifnis en selfvergifnis.

Die beradene moet vervolgens reflekteer oor die persoon wat vergewe moet word en drie spontane beelde in sy/haar denke skep na aanleiding van die drie vrye hand tekeninge en moontlike belangrike kwessies wat reeds na vore gekom het. Aan die hand hiervan vind daar dan ‘n indiepte bespreking plaas  (Hong & Jacinto, 2012:374).

  • ‘n Herbesoek aan die verlede

Dit is belangrik om die beradene te help om sekere gebeure vanuit die verlede te evalueer aangesien dit kan help om die verlede te inkorporeer met die toekoms. Dit sou byvoorbeeld van waarde kan wees om te fokus op drome en ideale vanuit die kinderjare oor hoe die lewe sou kon verloop. Daar kon ideale gewees het wat uiteindelik weens omstandighede nooit kon realiseer nie. Deur saam met die beradene te fokus op spesifieke belangstellings, groot lewensveranderinge en loopbaan skuiwe, kan die persoon gevolglik gehelp word “… to revision their future” (Hong & Jacinto, 2012:374). ‘n Aspek soos hierdie kan ook help rakende die proses van selfvergifnis indien daar enige selfverwyte of selfblamering sou wees met betrekking tot die verlede.

  • Die gebruikmaking van beelde tesame met die leë stoel tegniek

Shirley, ‘n berader en terapeut, het beide haar ouers versorg het tot en met hulle

afsterwe. Sy het daarna met gekompliseerde trauma geworstel en ook heelwat selfverwyte gekoppel aan ‘n onverwerkte rouproses. Tydens die berading sessies kon sy uiteindelik haar totale innerlike worsteling reduseer tot drie spesifieke fases/beelde in haar gemoed en geestesoog. Met behulp van haar berader was sy in staat “… to enter into the pictures to understand their meanings for her. The discussion generated a number of memories of her experiences with her parents.”

As ‘n volgende stap het haar berader voorgestel dat sy twee lyste van insidente, herinneringe en emosies saamstel, een met betrekking tot haar pa en een rakende haar ma. Die inhoud van hierdie lyste het basies gefokus op onafgehandelde insidente en herinneringe in haar gemoed en dit het genoeg stof gebied vir gesprekvoering tydens die daaropvolgende sessies. Die leë stoel tegniek is suksesvol gebruik vir interaksie met haar ma en pa namate sy uiting gegee het aan die emosies en gedagtes wat haar rouproses vertraag het. Uiteindelik het sy ook briewe aan beide haar ouers geskryf en op hierdie wyse finale afsluiting verkry rakende ‘n aantal negatiewe persepsies wat sy haarself foutiewelik wysgemaak het. Hierdie proses het dan ook die weg gebaan vir selfvergifnis (Jacinto & Edwards, 2011:433).

  • Die helingsproses

Om die punt van selfvergifnis te bereik, impliseer vir meeste persone ‘n proses van worsteling. As deel van hierdie proses is liefdevolle en begrypende verhoudings van besondere belang – selfvergifnis vind gewoonlik binne so ‘n konteks plaas (Bauer et al., 1992:155).

Met betrekking tot krisisse, mislukkings en hartseer insidente van die verlede wys Seligman (2002:76) op die konsep van ‘rewriting your past’. Om dit te doen, impliseer volgens hom een van drie opsies: te vergewe, te vergeet of om slegte herinneringe te onderdruk. Daar is egter volgens hom geen bekende wyses waarop herinneringe permanent vergeet of onderdruk kan word nie. Eksplisiete pogings om dit wel te probeer doen het gewoonlik negatiewe gevolge en verhoog ook die moontlikheid dat flitsbeelde van die oorspronklike gebeure mettertyd na die oppervlakte sal kom. Sy gevolgtrekking is dan die volgende: “This leaves forgiving, which leaves the memory intact but removes and even transforms the sting, as the only viable rewriting strategy.”

Daar is dus geen gesonde alternatief vir die pyn van die verlede as vergifnis van ander en ook vergifnis van die self.

Faktore en momente wat ‘n belangrike rol vervul met betrekking tot hierdie proses is die

volgende:

  • Die belangrike rol van geloofsvertroue en geestelike gedetermineerdheid

Daar moet ‘n gedetermineerdheid en vertroue wees dat die pyn rondom jou eie gebrokenheid uiteindelik gaan lei tot heling, ‘n geloof dat daar wel iets aan die ‘ander kant’ is. “This faith keeps one ‘hanging in there’ at times when nothing else offers hope of change” (Bauer et al., 1992:156; vgl. ook Hong & Jacinto, 2012:369).

  • Momente van genade

Verskillende beradenes beskryf hul ervarings van selfvergifnis as vol van ‘momente van genade’ of geestelike ‘geskenk pakkies’.

Indien die proses goed verloop dan is daar ‘n al groter innerlike openheid en bereidwilligheid om te laat gaan (to release, letting go) – ‘n laat gaan van jou ou identiteit, verwagtinge en beskouinge – veral die beskouing dat jy in staat is om heling vir jouself te bewerkstellig. Hierdie proses loop ook hand aan hand met die besef dat die lewe baie kort is en dat daar veral moeite gedoen moet word met daardie aspekte wat ewigheidswaarde het (vgl. Bauer et al., 1992:157). Die persoon besef ook dat daar voortaan saam met die Heilige Gees gewerk moet word uit dankbaarheid vir Sy genesing en vergifnis

Worthington (2013:187) vertel dat hy in hierdie verband ook moes leer om aan homself genade te betoon waar hy moontlik by geleentheid weer misluk het. In hierdie proses het hy ook geleer dat nederigheid ‘n belangrike sleutel onderweg na sukses is en dat ware vryheid slegs bereik kan word wanneer daar ‘n toewyding is aan ‘n liefdevolle verhouding – dit kan slegs beleef word indien ons in ‘n noue verhouding met God leef.

  • Die ervaring van rou en verlies

Wanneer daar ‘n bereidwilligheid is ‘om te laat gaan’ dan impliseer dit gewoonlik emosies van rou en verlies. Daar word gerou oor dit wat sou kon gebeur indien die verkeerde optrede nie plaasgevind het nie, en daar is tegelykertyd hartseer oor dit wat wel gebeur het.

Indien gevoelens van ware skuld en berou sou ontbreek ten opsigte van verkeerde optredes of woorde, dan impliseer dit ontkenning en onderdrukking van emosies en  hiersonder kan daar geen gemotiveerde verandering plaasvind nie (Hall & Fincham, 2005:626).

Aan die ander kant kan daar ook sulke oorweldigende negatiewe emosies en gesindhede wees teenoor diegene deur wie ons verontreg is dat dit die rouproses asook die proses van selfvergifnis kan blokkeer en ondergrawe (gekompliseerde rou). Dit kan ons emosionele en geestelike lewe saboteer en ook aanleiding gee tot skuldgevoelens met betrekking tot ons eie negatiwiteit (Halling, 1994:108).

  • Nuwe begrip rakende verantwoordelikheid

Namate die proses van selfvergifnis al meer realiseer, vestig daar ook nuwe begrip rondom verantwoordelikheid en is die persoon nie meer in ontkenning nie. Hierdie bewuswording van eie verantwoordelikheid bevry die persoon ook om ‘n meer gemaklike en aanvaarde verhouding met die self te kan he. Jy is nou ook bereid om as deel van jouself dit te aanvaar wat jy vroeër probeer verander of ontken het (Bauer et al., 1992:158).

  • Vrede met sigself en gekonnekteer met die wêreld

Deur al meer eienaarskap te aanvaar van daardie dele wat die persoon vantevore ontken het, lei gewoonlik tot gevoelens van groter normaliteit (neither saint nor devil) terwyl ‘n kritiese ingesteldheid teenoor ander ook al meer afplat. Die persoon ervaar groter vrede met hom/haarself terwyl hulle ook meer gekonnekteer met ander en met die wêreld voel. Daar is minder in diepte en kritiese analise van die lewe en ‘n meer spontane en vrye deelname daaraan (Bauer et al., 1992:159).

  • Die belangrikheid van empatie

Die aanwesigheid van voldoende empatie kan ‘n uiters positiewe rol vervul met betrekking

tot die proses van selfvergifnis terwyl ‘n gebrek hieraan ‘n groot hindernis kan wees in die

suksesvolle uitkoms (McConnell, 2015:147). Daarom vind persone met hoër vlakke van empatie dit oor die algemeen makliker om te vorder in hierdie proses terwyl persone met ‘n gebrek aan empatie dit baie moeilik vind om te kan vergewe (Macaskill et al., 2002:663).

Halling (1994:109) beskryf die proses van vergifnis (ook teenoor die self) as “a movement of compassion.” Dit is eers wanneer die oortreder werklik kan identifiseer met die slagoffer of die een wat ly se situasie, dat jy kan vergewe.

  • Korrigeer en herstel die onreg

Worthington (2013:88) gee die volgende vyf praktiese wenke ten einde die onreg wat plaasgevind het te herstel:

  • Betoon empatie met die persoon wat deur jou benadeel is

Probeer om in sy/haar skoene in te klim

  • Neem die inisiatief

Omdat jy die een is wat die skade veroorsaak het is dit jou verantwoordelikheid om die eerste stap te neem ten opsigte van restitusie.

  • Doen restitusie

Maak seker dat dit om iets meer gaan as bloot die nakoming van ‘n plig.

  • Aanvaar dat dit jou ‘n prys gaan kos

Jy sal bereid moet wees om jou gevoel van ‘regverdigheid’ prys te gee en jou aksies sal moet geskied vanuit die oortuiging dat jy doen dit wat reg is en tot die ander persoon se voordeel.

  • Wees bereid om in stilte sekere offers te bring

Wees nederig en bring die nodige offer in stilte. Die ander persoon sien sy/haar lyding veel duideliker as joune – wees daarom geduldig en liefdevol en betoon genade.

  • ‘n Eerlike belydenis

Ten einde ‘n gebroke verhouding te herstel en sodoende die weg te baan vir ‘n proses van selfvergifnis, is ‘n eerlike belydenis wat uit die hart kom nodig. So ‘n belydenis sal tipies die volgende elemente bevat (Worthington, 2013:97):

  • Die verkeerde daad moet bely word sonder enige verskonings – hierna sou daar ruimte wees vir moontlike apologieë.
  • Dit is wys om aan te dui dat jy as oortreder empatie het met die persoon wat seergekry het.
  • Jy verseker vervolgens die ander persoon van sy/haar besondere waarde.
  • ‘n Aanbod van restitusie – waar daar dus vergoed word vir die skade berokken – kan help om die verhouding te heel.
  • Dit het ook besondere waarde om die ander persoon te verseker dat jy in die toekoms sal poog om alles in jou vermoë te doen om te voorkom dat soortgelyke gebeure weer herhaal.
  • Laastens moet daar ‘n eksplisiete versoek gerig word om vergifnis.
  • Werk aan selfaanvaarding

God se formule vir selfvergifnis is dat jy enersyds onvolmaak en vol foute is, maar andersyds kosbaar vir God (you are flawed, but precious). Daarom is die opdrag die volgende: “Live in the truth that you are deeply flawed and also valuable beyond belief.” In hierdie verband word Leo F. Buscaglia as volg deur Worthington (2013:165) aange-haal:

“Love yourself, accept yourself, forgive yourself and be good to yourself, because without you the rest of us are without a source of many wonderful things.”

Die gelykenis in die Woord van die man wat die groot skat ontdek het (Mat 13:44) en toe alles gaan verkoop het ten einde hierdie skat te bekom, is hier van toepassing. Jesus Christus is die een wat in elkeen van ons so ‘n skat ontdek het en dit is so kosbaar vir Hom dat Hy sy lewe en alles gegee het ten einde hierdie skat te kan bekom.

  • Die belangrikheid van ‘n ritueel

Stoop en Masteller (2004:301) beklemtoon dat die reaksies en bitterheid teenoor onsself as gevolg van oortredinge en mislukkings net so skadelik en aftakelend en diep gewortel kan wees as aksies teenoor ander. “The emotional IOUs we hold against ourself are every bit as real – and every bit as damaging – as those we hold against others.” Hierdie aksies teenoor onsself word gevolglik op dieselfde wyse hanteer as in die geval van aksies teenoor ander, naamlik deur die skuld te kanselleer.

Dit kan gevolglik soms waardevol wees indien die daad van vergifnis teenoor jouself ‘n konkrete en tasbare vorm aanneem soos byvoorbeeld die uitskryf van ‘n lys van negatiewe gedagtes, gesindhede en dade en dan met groot letters oor alles te skryf: “Uitgekanselleer!” en dit dan te verbrand of te begrawe.

  • Goddelike deurbrake

Enright and Fitzgibbons (2000:3) vertel van ‘n berader met die naam van Paul Coleman wat deur ‘n egpaar versoek was om hulle deur ‘n proses te begelei van die herstel van ‘n huwelik wat bykans op die rotse was (vergifnis en selfvergifnis was belangrike komponente). Nadat hy reeds 39 sessies met hulle gehad het sonder ‘n deurbraak het hy aan die einde van die 40e sessie bloot by wyse van kommentaar die volgende stelling teenoor hulle gemaak: “You should try to forgive one another.” Soos wat hulle agterna getuig het, het hierdie geblyk die deurslaggewende moment en motivering te wees wat hulle aangespoor het om die offers te bring wat nodig was ten einde uiteindelik weer nuut te kon begin.

Navorser het self ‘n soortgelyke ervaring gehad met ‘n egpaar jare gelede. Nege uur die oggend het die vrou aan my voordeur geklop as gevolg van ‘n insident tussen haar en haar man wat haar by ‘n punt gehad het waar sy uit die huwelik wou stap. Ons het ongeveer teen tien uur daardie oggend met berading sessies begin en deurgegaan tot elf uur die aand sonder enige vordering of deurbraak. Uit moedeloosheid het die man, nadat hy al vroeër die dag ook op sy knieë voor haar was en haar gesmeek het om hom te vergewe, teen elf uur die aand sy arm om haar gesit waar hulle saam op ‘n bank gesit het en vir haar gesê: “My vrou, ek is so jammer!” Hierdie woorde het haar in trane laat uitbars en sy het haar arms om hom gesit en vir hom gesê: “My man, ek wag al die heel dag vir hierdie woorde!” Hierdie het uiteindelik geblyk die deurbraak te wees wat ons op geen ander wyse kon bereik het nie.

Beide bovermelde twee insidente beklemtoon die krag van woorde, die krag van vergifnis en spesifiek die krag van ‘n belydenis (met betrekking tot vergifnis en selfvergifnis). Uiteindelik is dit slegs deur ‘n goddelike aanraking dat ons lewens betekenis en sin op aarde kan hê.

  • Lewensveranderende lesse omtrent selfvergifnis

Die roete onderweg na selfvergifnis is een van die mees uitdagende en moeilike reise wat enigiemand kan aanpak en daar is geen algemene resep vir almal nie. Tydens hierdie reis is daar talle lewenslesse wat geleer en toegepas moet word. Worthington (2013:197)

gee vervolgens ‘n beskrywing van die volgende belangrike merkers en riglyne vir hierdie reis:

  • Selfvergifnis is ‘n deur en nie ‘n eindbestemming nie

Dit is die begin van ‘n proses wat eintlik nooit ophou nie aangesien dit nie suiwer daarop gerig is om jou te help om ontslae te raak van negatiewe gevoelens nie. Inteendeel help dit jou om intiem kontak te maak met God en in kontak met Hom te kan bly en daardeur ook op ‘n diep vlak kontak te kan maak met ander.

  • In ‘n sekere sin kan jy nie trauma oorwin nie

In plaas daarvan om bloot oorwinnaars oor lewenstrauma te wees leer jy om deur die trauma te stap met Iemand aan jou sy. Tydens hierdie reistog is die klem gevolglik minder op trauma as ‘n probleem wat opgelos moet word en gaan dit eerder oor ‘n ontdekkingsreis ten opsigte van jouself, ten opsigte van God en ook ten opsigte van jou verhouding met ander.

  • Kyk uit vir geestelike konneksies in onverwagte plekke

In die Bybelse geskiedenis en verhale was dit dikwels in die donker plekke waar

daar ware konneksie met God was. Hierdie is egter gewoonlik geestelike vuuroonde en daarom dat ons in sulke tye oorweldigend bewus is van donkerte en hitte en neerdrukkende omstandighede – weet egter dat God ook daar is.

  • Bly in kontak met God en met ander

Worthington (2013:200) sê dat hy tydens sy worsteling om homself te kon vergewe

tot die besef gekom het dat hy in kontak met God moes bly en self ook ontvanklik moes wees vir die aandag en sorg van ander wat vir hom omgegee het. Soms is deel van ons stryd die uitroep: “Here, waar is U?” Ten minste dui dit dan op ‘n soeke na God se teenwoordigheid.

  • God is altyd beskikbaar

God is altyd met ons te midde van die duisternis van die graf, die vrees vir leeus en die hitte en rook van die vuuroond. As gevolg van sy skuldgevoelens was dit by tye egter vir hom moeilik om God raak te sien. Sy familie en vriende wat rondom hom was tydens hierdie hele reis het ‘n deurslaggewende rol vervul. Hy sê dat as gevolg van hulle almal se betrokkenheid sou dit vir hom moeilik gewees het om sommer op God uit te stap, wat by tye gelyk het die makliker roete te wees.

  • Neerlaag kan ‘n positiewe rol vervul – indien jy dit toelaat

Momente waar hy besef het dat hy nie sy eie probleme kon oplos nie was vir hom ‘n wekroep en het hom as’t ware gedwing om God te soek. “Discomfort forced me to look for the patterns that God was laying out.” Hierdie proses het hom gehelp om uiteindelik oorwinning te verkry oor selfblaam en ook om homself te aanvaar.

  • Die belangrike boodskap: God is in beheer

Al die ander voorafgaande riglyne en merkers wys heen na die een oorkoepelende boodskap, naamlik dat God in beheer is. Hy het besef dat indien hy deurgaans aan hierdie waarheid kon vashou en daagliks daarvolgens leef, hy veel meer en ook dieper lewensvreugde sou geniet.

Konklusie

Solank die mens lewe, eindig hierdie reis onderweg na selfvergifnis eintlik nooit nie aangesien die lewe op sigself feilbaarheid impliseer, en dit impliseer weer daagliks geleenthede tot vergifnis en selfvergifnis.

Indien hierdie reis egter goed verloop dan bereik jy uiteindelik deur genade die punt waar jy jou eie gebrokenheid en onvolmaaktheid besef, maar tegelykertyd die feit dat jy nie meer alleen is nie. Saam met jou is daar medereisgenote, ook in hul eie gebrokenheid en onvolmaaktheid, terwyl Jesus Christus die groot anker en kompas is wat ons almal help om koersvas te kan bly.

Bronnelys

Avgoustidis, A.G. 2006. Forgiveness as a therapeutic tool and the “psychology” of the early fathers. Available: http://www.ppsc.spc.yu/Edukacija/osnovi.php?j=e&id5 [2019, June 01].

Bass, E. & Davis, L. 1992. The courage to heal: a guide for women survivors of child sexual abuse. New York, NY: HarperCollins.

Bauer, L., Duffy, J., Fountain, E., Halling, S., Holzer, M., Jones, E., Leifer, M. & Rowe, J.O. 1992. Exploring self-forgiveness. Journal of religion and health. 31(2):149–160.

Bradshaw, J. 2005. Healing the shame that binds you. Deerfield Beach, FL: Health Communications, Inc.

Denton, R. 2010. Pastorale gestalterapeutiese intervensie om mishandelde laat-adolessente wat skuld en skaamte ervaar, na vergifnis te begelei. Universiteit van Suid-Afrika – PhD Proefskrif.

Enright, R.D. & Fitzgibbons, R.P. 2000. Helping clients forgive: An empirical guide for resolving anger and restoring hope. Washington, DC: APA.

Enright, R.D. 1996. Counseling within the forgiveness triad: on forgiving, receiving forgiveness, and self-forgiveness. Counseling & values. 40(2):107–127.

Ferreira, J.L. 2010. Practical wisdom as executive virtue for Positive Psychology: a Pastoral-Theological evaluation. NWU.

Fisher, M.L. & Exline, J.J. 2006. Self-forgiveness versus excusing: the roles of remorse, effort, and acceptance of responsibility. Self and identity. 5:127–146.

Hall, J.H. & Fincham, F.D. 2005. Self-forgiveness: The stepchild of forgiveness research. Journal of social and clinical psychology. 24(5):621–637.

Hall, J.H. & Fincham, F.D. 2008. The temporal course of self-forgiveness. V. 27.

Halling, S. 1994. Embracing human fallibility: on forgiving oneself and forgiving others. Journal of religion and health. 33(2):107–113.

Hamilton, D. 1980. Forgiveness. Downers Grove, IL: Intervarsity Press.

Helm, H.W., Cook, J.R. & Berecz, J.M. 2005. The implications of conjunctive and disjunctive forgiveness for sexual abuse. Pastoral psychology. 54(1):23–34.

Holmgren, M.R. 2002. Forgiveness and self–forgiveness in psychotherapy. S.& Lamb & J.G. Murphy, Eds. New York, NY: Oxford University Press.

Hong, Y.J. & Jacinto, G.A. 2011. Six step therapeutic process to facilitate forgiveness of self and others. Clinical social work journal. 40:366–375.

Jacinto, G.A. & Edwards, B.L. 2011. Therapeutic stages of forgiveness and self-forgiveness. Journal of human behavior in the social environment. 21:423–437.

Jones, C.T & Ledwith, D.R. 2005. Finding freedom in forgiveness. Eugene, OR: Harvest House Publishers.

Kotze, H.P. 2008. Die belangrikheid van die stappe van rou en vergifnis in die herstelproses van die emosioneel verwonde persoon – ’n pastorale studie. NWU.

Macaskill, A., Maltby, J. & Day, L. 2002. Forgiveness of self and others and emotional empathy. The journal of social psychology. 5:663–665.

Maltby, J., Macaskill, A. & Day, L. 2001. Failure to forgive self and others: a replication and extension of the relationship between forgiveness, personality, social desirability and general health. Personality and individual differences. 30:881–885.

Mayer, J. D., Salovey, P., & Caruso, D.R. 2004. Emotional intelligence: Theory, findings, and implications. Psychological Inquiry. 15:197–215.

McConnell, J.M. 2015. A conceptual-theoretical-empirical framework for self-forgiveness: implications for research and practice. Basic and applied social psychology. 37(3):143–164.

McCullough, M.E. & VanOyen Witvliet, C. 2009. The psychology of forgiveness. In The Oxford handbook of positive psychology. 2nd ed. S.J. Snyder, C.R. & Lopez, Ed. Oxford: Oxford University Press. 446–458.

Meier, P., Clements, T., Bertrand, J. & Mandt, D. 2006. Blue genes. Wheaton, IL: Tyndale House Publishers.

Meyer, P.J. 2006. Forgiveness…the ultimate miracle. Orlando, FL: Bridge-Logos.

Minirth, F. 2005. Happiness is a lifestyle. Grand Rapids, MI: Revell.

Patton, J. 1985. Is human forgiveness possible? Nashville, TN: Abingdon Press.

Pingleton, J.P. 1989. The role and function of forgiveness in the psychotherapeutic process. Journal of psychology and theology. 17(1):27–35.

Rokeach, M. 1973. The nature of human values. New York, NY: Free Press.

Rotter, J.C. 2001. Letting go: forgiveness in counseling. The family journal: counseling and therapy for couples and families. 9(2):174–177.

Seligman, M.E.P. 2002. Authentic happiness. F. Press, Ed. New York, NY.

Shoemaker, A., & Bolt, M. 1977. The Rokeach Value Survey and perceived Christian values. Journal of psychology and theology. 5:139–142.

Smedes, L.B. 1984. Forgive and forget: Healing the hurts we don’t deserve. New York, NY: Harper & Row.

Stoop, D. & Masteller, J. 2004. Forgiving our parents forgiving ourselves. Ann Arbor, MI: Servant Publications.

Stoop, D. 2005. Forgiving the unforgivable. Ada, MI: Revell.

Tangney, J., Boone, A.L., Dearing, R. & Reinsmith, C. 2002. Individual differences in the propensity to forgive: measurement and implications for psychological and social adjustment. Fairfax, Virginia.

Van Jaarsveld, P. 2003. Die hart van ‘n wenner. Wellington: Lux Verbi.

Wenzel, M., Woodyatt, L. & Hedrick, K. 2012. No genuine self-forgiveness without accepting responsibility: Value reaffirmation as a key to maintaining positive self-regard. European journal of social Psychology. 42:617–627.

Whitfield, C.L. 2006. Healing the Child Within. Deerfield Beach, FL: Health Communications, Inc.

Wikipedia. 2019. John Newton. Available: https://en.wikiquote.org/wiki/John_Newton [2019, September 16].

Wilson, T., Milosevic, A., Carroll, M., Hart. K. & Hibbard, S. 2008. Physical health status in relation to self-forgiveness and other-forgiveness in healthy college students. Journal of health psychology. 13(6):798–803.

Woodyatt, L., Worthington, E.L., Wenzel M. & Griffin, J. 2017. Orientation to the psychology of self-forgiveness. In Handbook of the psychology of self-forgiveness.  Woodyatt, L., Worthington, E.L., Wenzel M. & Griffin, Ed. New York, NY: Springer.

2–28.

Worthington, E.L. 2013. Moving forward. Six steps to forgiving yourself and breaking free from the past. Colorado Springs, CO: Waterbrook Press.


[1] Hier is byvoorbeeld belangrik bydraes soos dié van Rokeach (1973) en Shoemaker en Bolt (1977).

[2] Whitfield (2006:1) verwys na die Child Within as volg: “… that part of us which is ultimately alive, energetic, creative and fulfilled; it is our Real Self – who we truly are.