PA-WONDE
Hierdie is ‘n uiters aktuele tema – sluit aan by die tema van Vaderskap wat hierdie jaar ook by wyse van seminare landswyd deur Cassie Carstens aangebied word – Sept hier in Potch.
Rev David Stansbury het ‘n treffende artikel geskryf oor sy belewenis van jongmense in die sentrale stadsgebied van Port Elizabeth – artikel is in ‘n stadium toe ook in die Kerkbode geplaas. Hy beskryf hierdie jongmense as “a fatherless generation” en meen dat Julius Malema ‘n uitstekende voorbeeld van hierdie generasie is.
Vervolgens net ‘n uittreksel uit hierdie artikel:
I pastor a congregation in the inner city of Port Elizabeth. The inner city is home to a multi ethnic, multi race, multi-language, multi religious population. The common factor which characterises the lives of all who live here is brokenness. This brokenness is evident in the presence of many of the destructive factors in society operating in our inner city: poverty, crime, unemployment, prostitution, disease, drugs, gangs and broken homes and marriages. (71)
The most disturbing is the high level of single parent homes- in some cases ‘child led’ homes. In a recent survey we did in the inner city we discovered that most men had more than one sexual partner a week. Young women- many of whom were students at the time- would fall pregnant and give birth to children who would never know there fathers. The fathers vanish into the ‘night’. Their only responsibility was to sow ‘the seed’. These young mothers- many of whom were literally ‘children’, themselves, when their children were born- are left to raise their children on very little. Some even resort to sending their children away. (105)
We come across their children as they begin to grow. Our experience of these children- surprisingly most of them boys- is that they are restless, frustrated, angry and confused. They are often seen vandalizing and committing petty crimes. Their single parents- mostly mothers- clearly are unable to control them, supervise them or give them guidance. They are left to their own devises and have to find their own feet in life.
This is the generation of young men that is rising up around us… angry, confused and frustrated. These are the young men, I believe, who are driving movements like the ANC Youth League.
Can this generation be saved? Yes they can be saved but only Jesus can save them (John 3:16-17/ John 10:10). We need to embrace these boys and young men with the ‘Father heart of God’ and through the power of the Holy Spirit working in us, to break the curses over their lives and to speak God’s blessing over their identity and destiny- His love, His acceptance, His affirmation and the value He sees in them.
Ek is besig om te werk aan ‘n kursus rondom die tema van Pa-wonde en gedink om vanoggend slegs uittreksels uit vier van die bronne wat ek deurgewerk het met julle te deel.
KEN CANFIELD: Spiritual and emotional fathering – lesing gelewer tydens AACC konferensie te Nashville, 2013
E-book: Forming a lifelong bond
Ken is betrokke by Fuller Universiteit se Teologiese Fakulteit in Pasadena, California. Treffende lesing gelewer by vorige byeenkoms van AACC in 2013.
Onthou, jou Pa was iemand anders se seun en jy weet nie wat alles in daardie huis gebeur het nie
… daar is geen perfekte Pa nie – nie ek of jy is nie – ons doel egter om een tree vorentoe te beweeg van waar ons die pakkie ontvang het
Dit is by geleentheid nodig om aan jou kinders te sê: “Indien daar enigiets is wat ek as Pa gedoen het wat jou verhinder het om tot dusver jou goddelike roeping en talente/gawes voluit te kon uitleef dan wil ek vandag vra: vergewe my!” (5.07)
Die feit dat jy as Pa op hierdie wyse bereid gaan wees om nederig en erkentlik te wees, is ‘n kardinale komponent van die helingsproses
Indien jy boonop nog sou kon deurbreek deur die hindernisse wat daar moontlik tussen jou en jou Pa was dan sou dit in ‘n groter mate die weg kon baan vir God se stroom van seën op jou en jou kinders se verhouding.
Emosionele vaderskap
Dit vereis die volgende:
- ‘n Gevoel van nabyheid (sense of closeness – to get close to children)
- Jou warmte – dit realiseer deur jou kind aan te raak – die koudheid en doodsheid van vaderskap kan oorneem indien jy nie hiermee moeite doen nie
- Verbintenis (attachment)
- Vreugde – ‘n vars emosie wat gereeld tot uitdrukking moet kom
Gebrek aan emosionele vaderskap impliseer oa die volgende:
- By volwasse mans lei hierdie emosionele vakuum of kwesbaarheid in die lewe van die kind uiteindelik tot emosionele chaos (turmoil) – verlies van realiteit – seksuele uitreageer gedrag – destruktiewe gedrag – geheueverlies en ‘higher measures of shame’
- By volwasse vroue kan dit lei tot onsekerheid in verhoudings met mans, fisiologiese stres, vroeë seksuele ontwaking asook mislukkings tov prestasies.
Bovermelde aspekte hou verband met gegewens wat versamel is oor ‘n dekade heen vanaf Promise Keepers
Pa’s van kinders met baie innerlike sekuriteit is gewoonlik meer:
- Ekstroverte
- Meer plooibaar
- Ervaar meer positiewe huwelike
- Meer positiewe interaksie tussen werk en gesin
Pa’s wat besonder verbind (attached) is:
- Demonstreer geduld en verdraagsaamheid en min geïrriteerdheid
- Gee uitdrukking aan plesier deur interaksie met hul kinders en die toon van gevoelens van satisfaksie en kompetensie
- Het gevoelens van liefde en trots met betrekking tot hul kind(ers)
Baba’s en jong kinders wat tyd alleen saam met hul pa’s kan deurbring
Hierdie kinders toon ryker sosiale en eksplorerende gedrag as kinders wat nie
blootgestel was aan sulke ervarings nie
Hulle glimlag meer dikwels oor die algemeen en is meer betrokke in speelse aktiwiteite met hul pa’s
Hy kom pas terug vanaf Auschwitz – daar sien ‘n mens die aftakelende resultate van ‘n vaderlose gebroke Pa wat maar net die massas rondom hom mishandel het. Sy eie pa het hom ongenadiglik gestraf en gedissiplineer en toe hy sterf (en later ook sy ma, wie se dood vir die jong Adolph verpletterend was) het Adolph besluit om iets van homself te maak, en daardie rigiede, roekelose en vaderlose man het uiteindelik ‘n ontsaglike gebrokenheid rondom hom geskep
Deur die geskiedenis het hierdie patroon oor en oor herhaal
Dennis Rodman – Amerikaanse top neger sportman wat Noord-Koreaanse leier (Kim Yung Un) vereer en ‘aanbid’ – op pad daarheen stop hy oor in die Filippynse eilande om sy eie pa te sien – sy pa se van is Fillander – Dennis het sy pa nog nooit geken nie – sy pa was die biologiese pa van 18 kinders (dit was waarvan mense kennis gedra het)
… Dennis word uiteindelik ‘n top atleet met een groot normale behoefte nl erkenning deur sy Pa – om net êrens die woorde te hoor: “Daardie is my seun! Ek is trots op hom!” – En hy het dit nooit gehoor nie.
Navorsing met vroue wat nie ‘n Pa gehad het nie
(Tans ‘n projek in Pole): indien hulle geen verh met eie Pa gehad het nie dan is hul kortisol vlakke (stres hormoon) baie hoër en hulle oorreageer gevolglik baie meer in enige situasie
… sodra daar egter versoening sou kon plaasvind met eie vaders > dan daal die kortisol vlakke na normaal > hanteer stres dan veel beter
Pa wat verbind is (ge-connect) met sy kinders (het help doeke omruil, kinders het op hulle opgegooi, vir die kind kos gegee > dra by tot ‘secure kids’ > sence of health
Video opname tydens besoektyd in babasale
Ken se een kollega het video opnames gemaak tydens besoektyd in babasale van hospitale – Pa’s beweeg eerste in en begin praat – reeds net die geluid van hulle stemme > ongelooflike reaksies > verkeer dan interaktief met die kinders
… Ma’s weer die karakter van caring en feeding
… Pa’s diegene wat spel en aksie laat plaasvind
… kinders het nie twee Ma’s nodig nie – en hulle het ook nie twee Pa’s nodig nie
Die vreugde faktor
Dr. Wilder, breinspesialis en vriend van Dr Ken Canfield, lê baie klem op die krag van vreugde
- Dit vergroot voorste regterkant van die brein tov kapasiteit en funksionering – dra dit oor aan jou kinders
- It endows our emotional system – deponeer as ‘n belegging waaruit in die toekoms in krisistye geput kan word > dit word ‘n belegging in die kind se emosionele sisteem (tenks) en as hy/sy oor 10jr met die rug teen die muur beland dan kan hulle hieruit put ten einde hul persoonlike roeping te kan vervul
- It fuels our faith
Lukas maak baie van vreugde – Sagaria se vreugde oor sy seun Joh wat gebore gaan word (Luk 1:14)
… ons moet nie geleenthede laat verby gaan om vreugde uit te spreek nie – geboorte van ‘n kind – huweliksherdenking
Opmerklik in Lukas die vreugde faktor wanneer ‘n verlore skaap gevind word (Luk 15:7) – verlore muntstukke (15:10) en ‘n verlore seun (15:23)
Kinders wat vreugde en intimiteit (closeness) in hul vaders vind > 2x meer geneig om ná skool kollege/universiteit/tegnikon toe te gaan of ‘n stabiele werk te vind
… 75% minder kans om ‘n tiener swangerskap te hê
… 80% minder kans om tyd in die tronk deur te bring
… 50% minder kans as die gemiddelde ander persoon om depressie te ervaar
Vaderskap en intimiteit (fathering and closeness)
- Ek het geweet hoe my Pa oor my gevoel het
- My Pa het my belangstellings ondersteun
- Dit was maklik om naby aan my Pa te kom
- Ek geniet dit om terug te dink aan hoe my Pa my behandel het
- Ek handhaaf gereelde kontak met my Pa
- Ek weet hoe my Pa steeds oor my voel
- Ek ervaar vrede met betrekking tot my Pa
Watter invloed het die intimiteit wat jy met jou pa gehad het op jou as volwassene?
Mans wat ‘n noue band met hul pa’s gehad het neig tot:
- Minder ongesonde buitehuwelikse seksuele gedrag
- Minder betrokke in pornografie, seksuele fantasering, masturbering, ens.
Daardie intieme band, warmte en vreugde gekoppel aan ‘n vaderlike verhouding help dus om seksuele selfbeheer te ontwikkel.
Verdere positiewe gevolg: mans se huweliks-bevredigingsfaktor is beduidend hoër.
… ek en jy is dus nou al besig om die atmosfeer te skep van die huise van ons kinders en kleinkinders
… en as vreugde nou al ‘n prominente tema is dan gaan ons kleinkinders en hulle toekomstige huweliksmaats en kinders soveel te meer gelukkig wees
… as ons dus nou al belê in ‘n atmosfeer van nabyheid, intimiteit en vreugde dan gaan ons kinders en kleinkinders soveel te meer geluk in hulle huwelike ervaar en ook hoër satisfaksie in hul gesinslewe
Die uitdaging is steeds om een of twee trappe hoër op te beweeg vanaf die vaderskap wat jyself ontvang het
Wanneer ‘n kind geestelik en emosioneel verwerp en misbruik word:
- Meer kwesbaar vir vrees, gebrek aan sekuriteit en angs
- Groter waarskynlikheid om vroeg die skool te verlaat
- Groter geneigdheid tot misdaad
- Meer geneig tot substans misbruik
- Worstel met geslagsidentiteit
- Meer vatbaar vir groepsdruk
Dr Ken vertel sy vriend Bop se verhaal
Bop het opgegroei onder ‘n alkoholiese pa wat gereeld vir Ma aangerand het – een spesifieke aand (Bop 10jr oud) soos gewoonlik weer chaos in die huis – Pa berserk en totaal onder die invloed, rand Ma aan in sy besopenheid en keer die hele plek op sy kop – storm by die voordeur uit, spring in sy Buick motor wat voor die deur geparkeer was en jaag weg
Te midde van al die chaos het klein Bop uit verwardheid en vrees in die boom gaan klim in die voortuin en toe Pa in die motor spring en met fluitende bande wegjaag het klein Bob in woede agterna geskree: “Ek wens jy was dood!”
Later daardie selfde aand sterf sy pa in ‘n motorongeluk en moes klein Bop gaan
afskeid neem van sy Pa se liggaam – natuurlik met oorweldigende skuldgevoelens wat by hom bly spook het in die jare daarna: “My woorde was die oorsaak van my Pa se dood!”
Hy groei op as ‘n rebelse en woedende tiener – gereeld in gevegte betrokke en diep in sy binneste deurgaans bewus van ‘n diepgewortelde woede teenoor sy oorlede Pa – uiteindelik word hy self ‘n alkoholis – al sy verhoudings is in chaos
In sy dertigerjare – een nag ‘n helder duidelike droom: hy droom hy is weer 10jr oud en hy is weer in die boom in voortuin en sy Pa se Buick kom by die voorhek ingery – hy sê dat dit so helder was dat hy homself afgevra het: wat is besig om hier te gebeur, want toe is hy nie meer heeltemal seker of hy slaap en of hy wakker is nie.
… hy sê dat hy vinnig uit die boom geklim het en na die motor toe gehardloop het en toe sien hy met ‘n skok dat Jesus agter die stuurwiel sit, en Jesus nooi hom uit en sê vir hom: “It’s OK Bop, get in – you can ride with Me.”
Terwyl Bop hierdie gedeelte vertel het, het hy onbeheersd gehuil
Ken het toe vir hom gevra: “En wat maak jy toe?”
Bop sê toe: “Ek het ingeklim, en daardie rit het my die geleentheid gegee om heling te ontvang van hierdie stukkende lewe waarin ek heeltyd net besig was om ander ouens met my vuis en deur my woorde en dade te vernietig” (beating them up) > uiteindelik ervaar hy volle vergifnis teenoor sy Pa, en kon hy ook vrede maak met God en met die wêreld rondom hom.
Dr Canfield se betrokkenheid by Gevangenesbediening in Los Angeles
80% van alle jongmans in VSA tronke vanaf huise sonder ‘n pa
50% van alle arm mense in die VSA het ‘n enkel moeder
“In Australia and UK marriage has emerged as a government concern because of the financial concequences – the state has become the new ‘man/husband’ > paying the welfare cheque.”
In LA – 40% van gevangenes was of self, of hul familielede reeds vantevore in tronk
Wat breek hierdie siklus?
Uit hulle ervaring: slegs nog ‘n Pa wat opdaag om te doen dit wat alle pa’s behoort te doen
… hy sê dat hulle herlewing in tronke ervaar oor die VSA as gevolg van ‘n organisasie om kinders wat nog nooit hul pa’s gesien het nie (of jare gelede laas) veral in midde-stedelike gebiede, in busse te laai en dan tronke toe te vervoer om vir die eerste keer of na jare weer ‘n ontmoeting met hul pa’s te hê
… Suster Susan (RK) = dryfkrag agter die busprojek: “Ons moet busse bymekaar kry sodat kinders by hul pa’s kan uitkom!”
… die gevangenis owerhede oor die algemeen nie ten gunste daarvan nie want dit impliseer meer papierwerk, maar hierdie ouens het eenvoudig gesê: “So what!”
Hy vertel van die geval van ‘n groot fris Neger, 6vt5, voel tatoes – begin klasse in die tronk bywoon oor die tema van vaderskap > kom tot bekering > raak mettertyd paniekerig soos wat datum naderkom: “Hoe gaan ek hierdie ding gedoen kry? Ek het self nie ‘n pa gehad nie?”
… hy het ‘n pragtige klein dogtertjie wat toe tydens een van hierdie geleenthede met een van hierdie organisasie se busse tronk toe kom – sy het haar pa ‘n paar jaar laas gesien
… die gevangenes en die kinders is aanvanklik eers geskei deur ‘n glasvenster, maar in ‘n stadium sien sy toe haar pa deur die glasvenster tussen almal deur en sy begin te gil: “Daddy, daddy!!”
… en toe hierdie rowwe, groot, geharde man, vir wie almal in die tronk bang was, sy dogtertjie se stem hoor, toe stort hy emosioneel totaal ineen > letterlik op die tronkvloer neergeval en onbedaarlik begin huil.
Dr Ken sê dat hierdie meisie het hom maar net genoem dit wie hy regtig was: “Daddy!” – en dit het sy hart totaal laat smelt, in so ‘n mate dat hy nie die emosies kon keer nie
Van die ander ouens wat verstom toegekyk het, het agterna gesê: “As ons maar net geweet het hoe maklik dit eintlik is om hierdie harde ou so mak soos ‘n lammetjie te kry dan het ons lankal maar net vir hom ‘Daddy’ gesê!”
En dan kry hierdie pa’s 3x ure saam met hul kinders, en hulle is behoorlik voorbereid hierop want hulle het klas geloop – hulle speel saam speletjies – elkeen het ook voor die tyd ‘n Bybeltjie gekry om aan sy kind te gee, en om sy kind mee na die Here toe te lei
Maleagi se profesie 4:6: “Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen sodat Ek nie hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie.”
Die proses van vaderskap bestaan uit vyf elemente
- Eerbetoning en respek
Ken vertel dat hyself in ‘n stukkende huis opgegroei het – sy pa was voltyds in militêre diens
… in sy laat twintiger jare kom Ken radikaal tot bekering en hy is sterk van mening dat dít eintlik is wat sy Pa ook nodig het in sy lewe > konfronteer sy Pa hiermee > sy Pa slaan hom met die vuis teen die grond
Later jare het Ken baie gebid oor hoe hy die verhouding met sy pa weer sou kon herstel – die HG het hom toe herinner aan ‘n insident toe hy 16jr oud was en hy ‘n vernederende ding vir sy Pa gesê het
… hy sê dat hy sy Pa slegs 2x sien huil het in sy lewe, die een keer by sy ouma se dood (Pa se ma) en die tweede keer was daardie keer toe hy sy Pa verneder het
… by daardie geleentheid het sy Pa vir hom gevra: “Jy dink seker ek is maar net ‘n dom fabriekwerker?” Ken sê in sy eie verwardheid en rebelsheid waarmee hy tydens sy puberteit aan die worstel was het hy ewe verwaand geantwoord: “Ja, jy is ‘n stupid, dom fabriekswerker!”
… al reaksie by sy Pa was dat hy begin huil het, en Ken het by homself toe gedink dat sy Pa seker maar besig was om die kluts kwyt te raak.
Later jare het Ken heeltemal vergeet hiervan, maar soos wat hy gebid het vir die herstel van die verhouding met sy pa, het die HG dit helder terug gebring en het hy onmiddellik die foon opgetel en ‘n afspraak met sy Pa gemaak.
Hulle het die betrokke naweek saam gekuier en in ‘n stadium het hulle twee alleen iewers heen gery.
…op ‘n punt het Ken die motor van die pad af getrek en vir sy Pa gevra: “Pa, onthou jy nog toe ek 16 was en ek eendag aan etenstafel jou ‘n stupid dom fabriekswerker genoem het – kan jy dit onthou Pa?” Sy Pa was ‘n rukkie stil en by die motorvenster uit gestaar en toe na ‘n ruk gesê: “Ja, ek dink ek kan dit onthou.”
Ken het op daardie stadium reeds ‘n hele paar boeke en artikels geskryf en sy Ma was op hoogte van alles wat hy reeds bereik het en waarmee hy besig was – sy Pa het egter nooit uitgevra na wat hy doen nie – Sy pa was wel ‘n Christen en het soms na Billy Graham se uitsendings gekyk.
Ken het toe daar in die motor vir sy Pa gevra of hy hom sou kon vergewe. “Pa, ek het jou nie gerespekteer nie en ek het sleg teenoor jou opgetree – sal jy my aub vergewe? – ek besef ek was verkeerd en jy was daardie dag baie moeg, en ek is so ontsettend jammer!”
Sy Pa antw toe: “Let bygones be bygones – let’s forget about that.”
Ken het egter steeds aangedring: “But will you forgive me Dad?” Na 15 sekondes wat vir Ken soos ‘n ewigheid gevoel het, het sy Pa gesê: “I forgive you!”
Direk daarna het sy Pa die onderwerp verander met die vraag: “By the way, what do you do?” Toe daar heling kom en sy seun respek betoon aan hom as mens en ook
aan sy beroep, toe kom daar wedersydse respek en belangstelling.
- Bemoediging
Hier gaan dit om aspekte soos ondersteuning, die toon van empatie, erkenning en die promovering van die werk van andere
Hoe dikwels spreek jy bemoedigende woorde uit teenoor jou kinders?
Die aanbevole ratio is 7/1 – met ander woorde, vir elke vaderlike woord van kritiek moet jy 7x ander positiewe woorde spreek ten einde steeds ‘n gesonde balans te handhaaf.
- Bevestiging (affirmation)
Seën en moenie moedeloos maak of irriteer nie (Gen 48:10; Kol 3:21; Ef 6:1-4)
Dit het oa te doen met aanraking en die innerlike band bevestig wat daar reeds is (of nie is nie) – selfbeheer is in hierdie opsig baie belangrik – belangrik dat Pa’s sal modelleer hoe om emosies te beheer.
- In toom hou (restrain)
Dissiplineer en gee leiding (1 Sam 3:13; Hebr 12:5,6).
Waar kinders groot geword het sonder sulke modelle is daar gewoonlik chaos – OT vol van voorbeelde waar God optree teen ouers wat nie hul kinders in toom hou nie (Eli se seuns, ens.)
- Onderrig (teaching)
Onderrig kan plaasvind deur middel van ‘n e-pos of deur jou voorbeeld of deur ‘n getuienis – op die langtermyn dra dit vrugte
www.fathers.com – goeie artikels
Wat betref stiefkinders – die werk van Ron Deal baie belangrik
drkencanfield@gmail.com – sy e-pos adres
JAMES RYLE: Released from the prison my father built
Sy pa het ‘n groot deel van sy lewe in die tronk deurgebring
James is toe met sy vyf broers en susters na ‘n weeshuis gestuur > later ‘n rebelse jongman wat met dwelms en verkeerde vriende betrokke raak – onder die invloed in ‘n motorongeluk waar iemand dood is > tronk toe
In die tronk ‘n dramatiese ontmoeting met God wat daartoe lei dat hy later bediening toe is
Toe ook ‘n sterk behoefte begin ontwikkel om kontak te maak met sy Pa wat hy 20jr vantevore laas gesien het. In hul eerste gesprek het hy sy pa uitgevra oor watter tronk hy in was want hy het geweet dat hulle beide in Texas in die tronk was.
… dit blyk toe dat sy pa in ‘n ander tronk was as hyself en sy pa wou toe weet in watter tronk James was – “Ek was in die Ferguson eenheid, naby Midway, net duskant Huntsville,” het James geantwoord.
Hierop sê James, het sy pa se gesigsuitdrukking onmiddellik verstar – waar hy eers nuuskierig was, was hy nou totaal verslae – sy mond het skoon oopgehang en hy het na James gestaar in ongeloof.
Nadat hy weer beheer oor sy emosies verkry het, het hy die woorde uitgespreek, sê James, wat hom sy hele lewe lank sou bybly: “My liewe magtag my seun, ek het daardie tronk gebou!”
“Wat? Wat meen Pa dat Pa daardie tronk ‘gebou’ het?”
“Hulle het van gevangenes arbeid gebruik gemaak toe hulle daardie Ferguson eenheid gebou het,” het my Pa geantwoord, “Ek was die sweiser in die span – ek het al die tralies gesweis toe daardie tronk gebou is.”
James Ryle vertel dan hoedat hy daardie aand in die voortuin van sy pa se huis baie duidelik God se stem gehoor het:
“Ek het jou vrygemaak van die tronk wat jou pa gebou het en Ek wil jou voortaan gebruik om andere vry te maak van die tronke wat húlle pa’s gebou het. Gaan huis toe en vertel aan jou vriende watter groot dinge die Here vir jou gedoen het.”
Hy sê na daardie aand was hy vir die eerste keer in staat om na sy tronkervaring te kyk as iets simbolies – iets wat so ‘n geweldige impak op sy lewe gehad het en wat in die toekoms ‘n selfs nog groter impak op andere sou kon hê
… > ‘n geweldige kragtige boodskap wat sy eie verhaal uiteindelik gehad het op duisende ander mans se lewens
… mans en seuns (en inderdaad ook dogters) wat steeds in emosionele tronke gesit het (sommige selfs in fisiese tronke) as gevolg van verwonding deur hul vaders se optredes
“It is a staggering truth that the way we love our kids, will either build bars on their future prison cell or set them free into the adventure that God has designed for them.”
Pa en seun ontmoet mekaar na baie jare
James Ryle word uiteindelik ‘n internasionale spreker met ‘n passie vir mans
Hy word ook een van die stigterslede van Promise Keepers, wat uiteindelik ook takke stig in talle lande
Een van die historiese geleenthede wat hulle gereël het was bv 4 Okt 1997 – mikpunt was om 1 milj mans/seuns bymekaar te kry – nooi aanvanklik vir Billy Graham om hoofspreker te wees – hy toe egter reeds vas met ‘n ander verpligting > James Ryle gevra om in sy plek te praat > gee sy getuienis voor 1,4 milj mans = die grootste saamtrek van mans ooit in vredestyd
Magdom van seën en ‘n geestelike kettingreaksie wat hieruit voortgespruit het
Een van die baie insidente: twee mans ry vanaf Kalifornië na Washington DC waar die geleentheid sou plaasvind – ry by ryloper verby – besluit om om te draai en hom op te laai – voorwaarde egter dat hy saam met hulle die byeenkoms in Washington sal bywoon
Onderweg het die hawelose man aan hulle sy storie vertel – opgegroei in Fayetteville, Arkansas, en getroud toe hy maar net 19jr oud was – binne eerste jaar was ‘n seuntjie gebore en het hy totaal oorweldig gevoel deur die verant-woordelikheid en het hy basies die pad gevat – dit was 22jr gelede – sedertdien net doelloos bly rondswerf
Toe hulle in Washington arriveer by die National Mall waar die byeenkoms sou
plaasvind > hulle weg tussen die massa mans probeer vind – op ‘n sekere punt hulle vasgeloop in ‘n klomp manne met rooi teehemde en kepse – hulle was almal vanaf ‘n kerk in Fayetteville – sou dit toeval wees?
Uiteindelik blyk dit dat die jong pastoor wat hierdie groep manne vanaf Fayettville na hierdie byeenkoms gebring het, die seun was van hierdie hawelose man op wie hy uitgestap het, nou voltyds in die bediening waar hy die Here voluit gedien het
… wat ‘n ontmoeting tussen pa en seun! – en na afloop van al die gebeure het hy sy pa saam met hom terug geneem Fyetteville toe en terug huistoe
‘n Vraag wat mettertyd vir James Ryle al meer krities geraak het in meeste van sy optredes:
“Which prison are you in? What is your cell-block called?” Of, volgens hom nog ‘n beter geformuleer: “What name would you give to that particular thing that keeps you locked up?” woede – hebsug – vrees – seksuele perversie – alleenheid
En dit kan alles die gevolge wees van gebroke en pynvolle verhoudings met ‘n vaderfiguur
Dr. JAMES SCHALLER – Kinder psigiater en teoloog in Philadelphia: Rebuilding your father relationship
Talle persone worstel met ‘n innerlike vakuum wat die gevolg is van ‘n “Pa-hongerte” en hierdie spesifieke hongerte het ‘n geweldige impak op hul totale lewenswyse
Is enige van die volgende stellings op jou van toepassing?
- Wanneer ek aan my Pa dink dan raak ek emosioneel – onseker, hartseer of kwaad.
- Wanneer ek by my Pa is dan is ek gewoonlik nie myself nie; ek tree of kinderagtig of pretensieus/aanmatigend op (grandiose).
- Ek beskou my Pa as wonderlik, maar andere dink dat ek myself bedrieg.
- Ek ervaar ‘n gevoelloosheid teenoor my Pa.
- Ek is sterk kompeterend en dit lei soms tot probleme.
- My motivering is swak omdat ek voel soos iemand wat uitgeslaan is in die kryt.
- Ek ervaar probleme met die vestiging van verhoudings.
- Ek beweeg gewoonlik te vinnig in nuwe verhoudings in.
- Ek is verward oor my identiteit – my Pa het my nooit goed laat voel oor myself nie.
- Ek voel nie soos ‘n werklike man nie.
- Ek het ‘n gebrek aan vertroue in my vroulikheid.
- Ek voel onaantreklik.
- Ek voel inkompetent.
- Dit is vir my moeilik om te ontspan.
- Ek het probleme met my seksualiteit.
- Dit is vir my moeilik om selfgeldend (assertive) op te tree.
- Mense blyk die gevoel te hê dat ek hulle grense oorskry.
- Ek is bang om te naby aan andere te beweeg.
- Ek het ‘n vrees vir verwerping (abandonment).
- Outoriteit laat my ongemaklik voel.
- My Pa se kritiek het baie pyn veroorsaak – nou het ek ‘n probleem om kritiek te aanvaar.
- God voel dikwels ‘n miljoen km vêr.
- Ek het min belang in spiritualiteit.
- Wanneer my Pa nie die emosionele ondersteuning gee waaraan my Ma ‘n behoefte het nie, dan probeer my Ma onbewustelik dat ek die ondersteuning sal gee.
- My Pa maak oormatig van my ‘n vertroueling.
- Ek en my Pa praat nie openlik en eerlik oor ons lewens nie.
- Ek poog voortdurend om almal gelukkig te hou – veral Pa-tipes of mentors
- Ek hardloop op ‘n kompulsiewe wyse na dinge en mense om myself te vertroos (self-medikasie)
- Ek kan moeilik tevrede gestel word.
- Ek lewe daagliks met ‘n vae algemene vreesagtigheid.
- My ma se vriend irriteer my.
- My stiefpa en ek kom nie baie goed oor die weg nie.
- Ek is ‘n ouer wat bekommerd is dat ek my Pa en my Oupa se foute herhaal.
- Soms voel ek soos ‘n weeskind.
Bovermelde kenmerke en toestande word dikwels geassosieer met onvoltooide pa-kind verhoudings. Die afwesigheid van so ‘n verbintenis skep ‘n vakuum in die siel, ‘n diep gewortelde “Pa-hongerte”.
Pa-honger is gewoonlik die resultaat van “… receiving too little quality fathering as a child or young adult.”
Daar is diegene wat argumenteer dat selfs volwasse mans en vroue vaders of ‘n surrogaat vader nodig het en dat die afwesigheid van sodanige rolmodelle en ondersteuning geassosieer word met heelwat minder lewensvervulling
Om saam te vat: Pa-honger is die resultaat van te min intimiteit tussen Pa en kind.
Hy het ‘n lys saamgestel van wêreld bekend ateïste – die bekende psigiater Freud is bo-aan sy lys
Almal op die lys het, wat Paul Vitz noem, “a defective father”, gehad – dit is volgens hom ‘n pa wat afbrekend (abusive), swak, afwesig of self oorlede was.
- Freud – hy het sy eie pa as ‘n swakkeling beskou en in sommige van sy briewe na hom verwys as “a sexual pervert” en selfs getwyfel of dit sy eie biologiese pa was.
- Voltaire – hierdie nie-Christelike filosoof het in so ‘n sterk mate sy pa verwerp dat hy nie bereid was om sy pa se van aan te neem nie. Daar word gereken dat die naam ‘Voltaire’ ‘n rekonstruksie van sy ma se nooiensvan was. Sy eerste openbare drama wat hy opgevoer het was Oidipus, die Griekse verhaal waar die seun sy eie pa doodmaak. Hy het ook die idee gehad dat hy eintlik iemand anders se seun is en het hom geskaam oor sy pa se middelklas herkoms.
- Ludwig-Feurbach – bekende Duitse filosoof van die 19e eeu wat godsdiens beskou het as bloot ‘n droom. Hy het sy pa verloor toe hy 13 was, toe sy pa sy ma verlaat het en saam met ‘n ander vrou in ‘n buurdorp gaan woon het. Die skandaal en die verwerping soos beleef deur ‘n kind gedurende die konserwatiewe 19e eeuse Duitsland was sonder twyfel enorm.
- Karl Marx – hierdie invloedryke skepper van moderne kommunisme het sy pa verag omdat sy pa bekeer het tot die Christendom om sosiale redes, en daarmee ‘n Joodse tradisie verwerp het wat sterk geloop het deur beide kante van die familie. Marx het voorgestel dat die vernietiging van godsdiens ‘n noodwendige voorwaarde was tot globale geluk.
- Friedrich Nietzsche – hierdie bekende vader van die “god-is-dood” filosofie het daarop aangedring dat die mens alleen moet funksioneer. Hy het dit beklemtoon dat menslike wesens weeskinders is en nie God se kinders nie. Sy pa het gesterf toe hy 4jr oud was.
- Bertrand Russel – hierdie Nobel Prys wenner wat beskou was as een van die skerpste denkers van die vorige eeu, het twee boeke geskryf waarin hy die dwaasheid van godsdiens bespreek. Sy pa het gesterf toe hy 4jr oud was.
- Jean Paul Satre – die Franse novelle skrywer, dramaturg en filosoof, wat op ‘n militante wyse geargumenteer het teen God se bestaan, het sy pa verloor reeds voor sy geboorte.
- Albert Camus – Franse novelle skrywer wat oa die boek, The Rebel, geskryf het, argumenteer ten gunste van ‘n rebellie teen verskeie sake, oa ook teen God. Sy pa het gesterf toe hy 1jr oud was.
- Madalyn Murray O’Hair – een van die VSA se mees invloedryke ateïste en ‘n vrou wat instrumenteel was in die verwydering van meeste van die tradisionele Joods-Christelike waardes vanuit publieke skole. By geleentheid het sy probeer om haar pa om die lewe te bring met ‘n slaghuis-mes (butcher knife). Sy het egter nie daarin geslaag nie en toe geskree: “I’ll see you dead! I’ll get you yet! I’ll walk on your grave.”
‘Jou Pa is in jou’
Lauren het gekom vir berading na Dr James Schaller – sy was ‘n aangename jong dame maar daar was die spook van ‘n onaangename en vreesaanjaende herinnering wat haar gejaag het vir langer as 15jr reeds
“Ek sal nooit daardie dag vergeet toe ek 8jr oud was en ek en my jonger boetie op die agterste sitplek van die motor gesit het. My ouers was besig om te baklei – hulle het altyd baklei. Ek het gewoonlik ontsteld geraak wanneer hulle baklei het en hulle dan gesmeek om op
te hou maar hulle het my net geïgnoreer.
My moeder het die motor bestuur toe my Pa skielik so kwaad geword het dat hy eenvoudig die stuurwiel gegryp het en die motor geruk het sodat ons op ‘n boom afgepeil het aan die ander kant van die pad. In die laaste paar sekondes het hy weer die stuurwiel terug gedraai – ek en my Ma was in trane. Na daardie insident het ek hom nooit werklik weer vertrou nie – inteendeel, ek het hom gehaat.”
Haar oë was vol trane toe sy weer hierdie gebeure in herinnering roep. Dr. James wou by haar hoor of dit die rede was waarom sy hom kom sien het.
… sy het toe egter voortgegaan om te vertel van haar verhouding met Bop en die feit dat hulle ook redelik baie woordewisselings het.
… hier het sy weer baie bewoë geraak toe sy vertel van ‘n motorrit onlangs waartydens hy haar emosioneel so ontstel het dat sy totaal beheer van haarself verloor het en toe die stuurwiel gegryp het (terwyl hy besig was om te bestuur) en die motor laat afpeil het op ‘n boom langs die pad.
Sy was ontsteld en verskrik deur die feit dat sy presies dieselfde ding gedoen het as haar pa 15jr vantevore.
In reaksie hierop sê Dr James dan dat onverwerkte emosies teenoor ons pa’s kan gevaarlik wees omdat dit baie maklik deur ons uitgereageer kan word indien hierdie emosies nie doelbewus gekonfronteer en uitgesorteer is nie. “We commonly repeat many of our fathers’ behaviours – especially those that hurt us.”
‘n Belangrike stap as deel van die genesingsproses volgens Dr James, is om moeite te doen om jou pa so goed moontlik te probeer ken – sy verhaal, sy omstandighede, sy vrese, sy hartseer, sy vreugdes, ens., want, jou pa is in jou.
Hoe beter jy hom dus gaan leer ken, hoe beter gaan jy jouself verstaan. “His likeness dwells in your body, his words echo in your mind, his fears move you, and his dreams motivate you.”
Daar mag moontlik nog pyn in jou binneste wees maar dit gaan nie help om dit dieper weg te bêre nie – sulke pyn moet eerder gekonfronteer en verwerk word anders spring dit elke keer uit die kas wanneer iemand die deur oopmaak.
… die woede en die pynkan ook uitbars teenoor andere of die oorsaak wees dat jy onverantwoordelike dinge doen in ‘n poging om jouself te genees – j Jy sou ook soos Lauren totaal verstom staan wanneer jy juis dit doen wat jy gehaat het.
Daarom, ten einde te kan deel met die pyn wat jy ervaar, is dit belangrik dat jy jou pa sal verstaan so goed as wat jy moontlik kan
… wat ‘n vreugde en vryheid indien die domino effek by jou en by my kan stop en ons sou kon begin met ‘n meer gesonde nalatenskap betreffende ons kinders en kleinkinders.
Dave Jackson se verhaal
In 1979 het ‘n sekere Dr Ian Jackson, ‘n plastiese chirurg van Skotland, Peru besoek om mediese werk te doen onder sommige van die uiters arm bevolking daar.
… net voordat hy weer sou terug keer is ‘n 2jr Indiese seuntjie na hom gebring – hy is gebore in die Andes Gebergtes en het gely onder die gevolge van ‘n bakteriese siekte wat veroorsaak is deur ‘n sandvlieg.
Sy gesig was totaal verwronge en sy ouers het hom by RK nonne gelaat vanwaar ‘n Switserse liefdadigheidswerker hom weer na Dr Jackson gebring het
… die seuntjie het ‘n gat in die middel van sy gesig gehad, geen tande, geen bolip, geen neus – al die been wat normaalweg rondom ‘n neus is, was weggeteer – verder twee oë en ‘n kakebeen in die middel van sy voorhoof.
Dr Jackson het besef dat die probleem veels te gekompliseer was om in Peru te hanteer en het voorgestel dat die seuntjie Skotland toe kom sodat hy hom daar probeer help.
… met die hulp van talle borge het die seuntjie ‘n paar weke later op Glasgow se lughawe gearriveer – talle persone op die lughawe was verskrik bloot om na sy gesig te kyk.
Dr Jackson en sy gesin het hom egter by hulle in die huis ingeneem en hom uiteindelik na baie administratiewe drama aangeneem gekry: David Jackson.
Dr Jackson het ook besef dat die seun in die spieël sal moet kyk om te besef waarom dit nodig gaan wees om deur al die pyn te gaan wat voorlê en ook om gemotiveerd te wees vir hierdie marathon
… daardie eerste beeld van homself in die spieël was vir homself verpletterend – pynlik vir hom en ook vir die chirurg, maar nogtans noodsaaklik.
Stadig maar seker het Dave se aangenome pa sy gesig herbou – uiteindelik meer as 100 operasies geneem (tans blykbaar nog net 4 of 5 oor – final touches) – nuwe neus, nuwe bolip, nuwe verhemelte, nuwe boonste kakebeen, nuwe tande.
En, sê Dr James Schalle, soos talle van ons wat worstel met Pa-wonde uit die verlede, het Dave ook ‘n biologiese pa gehad wat nie aan hom genesing kon bring ten opsigte van sy krisis nie
… as hy in die spieël gekyk het dan het hy ook gehaat dit wat hy gesien het en was hy oorweldig deur skaamte en gevoelens van waardeloosheid want dit het hom ook herinner aan al die emosies van isolasie en alleenheid agv sy fisiese probleme – al die afsku in ander se oë as hulle maar net na hom gekyk het
Daar moes uiteindelik egter ‘n “ander pa” kom in die persoon van Dr. Ian Jackson om aan hierdie klein misvormde en verwerpte klein seuntjie hoop te kom bied
… ons sou kon sê, dat ons menslik gesproke ‘n parallel sou kon trek in terme van die vaderskap van God – Iemand wat deur Sy Seun kom ingryp wanneer daar geen hoop meer is nie
Hy is ‘n teer en liefdevolle Vader wat ten volle deel word van ons pyn en nie terugdeins vanaf ons donker kant nie, ‘n Vader wat ons liefhet selfs al voel ons onwaardig
En net soos Dr. Jackson met hierdie klein seuntjie gemaak het, neem Hy ons aan as sy kinders en Hy herskep en restoureer en maak ook totaal nuut.
[Dave Jackson en sy ouers tans in die VSA – sy pa ‘n wêreldberoemde plastiese chirurg – Dave self het ‘n graad in die kunste verwerf – skilder – grafiese kunstenaar – doen verhoogwerk – danse – geweldig begaafd – BBC het ‘n film oor sy lewe gemaak – stel vanjaar ‘n nuwe opgedateerde weergawe vry]
ED TANDY MCGLASSON: The father you’ve always wanted
(‘n Vriend van James Ryle)
Hy het aanvanklik bekend geraak as ‘n voetbalspeler in Amerikaanse voetbal op nasionale vlak > moes toe agv ‘n besering uittree.
Sy eerste boek was: The difference a father makes – daarna volg hierdie boek: The father you’ve always wanted. Hy het ‘n seminaar reeks met die titel, The blessing of the Father, wat hy wêreldwyd aanbied – ook by verskeie van Billy Graham se konferensies sy getuienis gegee.
Inl : Dit maak nie saak watter tipe aardse pa ek gehad het of nie gehad het nie, jou Hemelse Vader het Sy Seun gestuur sodat jy uiteindelik die Vader kan hê wat jy
altyd graag wou gehad het
Die wyse waarop Jesus in verhouding tot sy Vader gewandel het is die wyse waarop ons ook veronderstel is om met die Vader te wandel
… toe die Vader se stem deur die voorhangsel tussen hemel en aarde gebreek het, het die restourering van God se verlore familie begin
… die vader van die leuens, die Duiwel, kan nie keer dat God se kinders terugkeer na die huis van die Vader en in die proses hulle gebrokenheid en hulle vals name agterlaat
… toe Jesus na sy doop in die Jordaan met sy amptelike bediening begin het was ‘n nuwe familie gebore, en Jesus (die tweede Adam) was die eerste Seun van die Hemelse Vader se nuwe familie
Oral waar ons rondom ons kyk sien ons Pa-wonde
Wat sou die korrekte en egte beeld van ons Hemelse Vader wees? Om Hom helder te kan sien, sal ons eers ontslae moet raak van al die gebroke ‘vader-filters’ wat meeste van ons met ons saamgedra het die volwasse lewe in en dan na die Vader kyk soos wat Jesus Hom aan ons kom openbaar het. Filippus het in Johannes 14:8-9 aan Jesus gesê: “Here, wys vir ons die Vader…”, waarop Jesus gereageer het: “Wie My sien, sien die Vader…”
Ouderling van 90jr
Ed McGlasson vertel van ‘n konferensie wat hy hou by ‘n sekere kerk en na een van die lesings kom ‘n ouderling na vore – die heel laaste een in die tou – reeds 90jr oud
… met betraande oë vertel hy aan Ed dat sy eie pa nooit ooit aan hom gesê het dat hy hom liefhet nie – gevolglik het hy ook nooit aan sy eie kinders gesê dat hy húlle liefhet nie.
… hy het gesê dat hy voel dat hy nie oor die vermoë beskik om daardie woorde uit te spreek nie aangesien hy dit self nooit gehoor het nie – hy het gevolglik aanvaar dat hy in hierdie opsig niks het om te bied waaraan sy kinders behoefte het nie
Ed sê dat hy toe saam met hierdie man gebid het en hy kon maar net ervaar hoedat die liefde en die seën van ‘n Hemelse Vader op hierdie bejaarde Pa neergedaal het
Sy trane het in snikke oorgegaan soos wat God se liefde sy hart volgemaak het
… uiteindelik het hy opgekyk en gesê: “Ek gaan huis toe en vir die eerste keer gaan ek vir my dogter wat 68jr oud is sê dat ek lief is vir haar!”
En hy het dit ook gedoen – hy het aan haar gaan sê al die dinge wat hy so begeer het dat sy pa aan hom sou gesê het > en daardie verhouding is vir altyd getransformeer
En dan beklemtoon Ed dit as hy sê: dit is nooit te laat vir God nie
… dit is nooit te laat om ‘n wonderwerk te sien gebeur in jou eie hart en in jou familie nie
“The last word is always hope – it is never too late to trade in those old wounds for the Father’s smile all of us need – it only takes one loving father to change the course of generations – and one perfect Heavenly Father to begin the process.”
As ek as Pa nie ‘n ontmoeting met God die Vader het nie dan dra ek my pynvolle bagasie oor na my kinders en kleinkinders
Soms hoor ons verskonings soos: “Wel, sy generasie van mans het nie openlik hul emosies gedeel nie.”
… dit mag waar wees maar dit help niks om heling te bring vir die wonde van ‘n seun wat steeds wag op die seën van sy Pa nie.
Ed vertel hoedat hy as jong seun sy stiefpa by geleentheid verneder het toe hy oor sy woorde gestruikel het en Ed vir hom gesê het: “That’s stupid!”
… voordat Ed egter ‘n woord verder kon uitkry het hy ‘n hou in die maag gekry wat hom na sy asem laat snak het en het sy stiefpa driftig vir hom gesê: “Seun, moet dit nooit weer waag om disrespek teenoor my te toon nie anders is die gevolge dalk erger!”
Jare later het Ed se een seun vir hom ‘n soortgelyke ding gesê: “Dad, that was a stupid thing to do!” Sonder om te dink, sê hy, het hy hierdie seun gegryp en hom op sy bed neergegooi en vir hom geskree: “Don’t ever talk to me that way again!”
Hy sê dat terwyl hy daardie dag uit daardie seun se kamer geloop het, het hy gebewe as gevolg van die geweld wat skielik ontplof het in sy hande en in sy woorde.
… hierdie was die seun wat hy met sy hele wese liefgehad het en tog was sy stemtoon op daardie oomblik wreed en moorddadig
Talle pa’s kan van soortgelyke momente getuig – in die hitte van ‘n oomblik sien jy soms hoedat die slegste van jóú pa onwillekeurig deur jouself stroom in woorde of dade
… indien onsself diep verwond is, hoe kan ons gesond genoeg wees om op ‘n liefderike wyse rigting aan te dui sonder om die harte van ons kinders te verwond en van ons af weg te stoot
… Ed sê in die proses word ons dan ‘dream killers’ op dieselfde wyse as wat ons verlede aan ons gedoen het
Albert Schweitzer het gesê: “The tragedy of life is what dies inside a man while he lives.”
… is daar miskien ‘n wonderlike droom of hoop wat binne-in jou of my gesterf het agv ons verlede – is daar iets wat besig is om te sterf binne-in ons kinders?
Ed sê dat hy slegs in staat was om sy gesin te seën toe hy bereid was om die openbaring van die Vader se liefde toe te laat om elke deel van sy gebroke siel binne te dring
“I was able to bless my family when the Father I always wanted, changed my story – He increased my capacity to love others the way He loved me.”
Het ek en jy ooit dinge aan ons kinders gedoen wat ons wens ons sou kon uitkanselleer?
… was daar ooit ‘n tyd dat jou kinders so seer gekry het of so ver van jou verwyder was dat jy gedink het versoening is onmoontlik?
Wat God betref is dit egter nooit te laat nie! (wat ‘n bemoediging!)
Vir Hom is dit nooit te laat om die pyn in ‘n gesin/familie te genees nie, om die pyn van jare se afwesigheid te genees nie, om persone weer met mekaar te verbind, selfs al het jou eie pa geblyk alles verkeerd te gedoen het
Wanneer ons moontlik meer voel na ‘n weeskind as ‘n geliefde seun/dogter dan staan Jesus altyd gereed om vir ons aan te neem in Sy familie in, maak nie saak wie ons is of wat ons gedoen het nie – en daarom is dit nooit te laat nie
Die volgende stap is om jou pyn en jou verwonding na die Vader te bring – as jy bereid is om eerlik te wees en te erken dat jy steeds wonde en littekens met jou saamdra gekoppel aan jou eie pa of ander vaderfigure in jou lewe dan kan die oopstelling vir en die ervaring van God die Vader se liefde een van die mees bevrydende momente in jou lewe wees
Die vader van die leuens sal absoluut enigiets doen om jou steeds gevange te probeer hou in die tronk wat jou pa vir jou gebou het – die waarheid is egter dat dit nooit te laat is om geseën te word en om dan self ‘n seën te wees nie
God het ‘n weg gebaan vir jou en my om weer voor te kan begin – ‘n lewensveranderende ontmoeting met ‘n nuwe Vader wat sê: “Ek weet wat Ek vir julle beplan… voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! (Jer 29:11).
Epos vanaf 41jr vrou
Ed vertel van ‘n epos wat hy in ‘n stadium ontvang het vanaf ‘n 41 jarige vrou wat vertel het dat ‘n vriend aan haar Ed se boek, The difference a father makes, geskenk het
… sy sê dat sy slegs 2 tot 3 sinne op ‘n keer kon lees en dan telkens so verstom was dat sy nie verder kon lees nie, of dat sy nie deur haar trane verder kon sien nie – sy vertel ook van die een na die ander verhouding in haar lewe wat platgeval het.
Sy sê die vorige aand het sy vir vier ure lank in haar motor sit en huil en afskeidsbriewe aan haar familie en vriende geskryf, maar uiteindelik kon sy nie ‘n selfmoord-metode uitdink wat die minste pynlik sou wees nie.
“A gigantic unfulfilled longing to know a true Father’s love has caught me… My inside exhaustion of trying to keep going without being anyone’s daughter, is my time bomb.”
Sy sê vanoggend sien sy Ed se gereelde dagstukkie op haar selfoon en sy vra haarself af: “How does he know the Father so well??”
En dan voeg sy by: “Ed, this may sound dramatic, but I want to know Him more than I want to breathe!!”
Om saam te vat ten slotte
Wat ‘n uitdaging!
Wat ‘n geweldige nood!
En soos daardie Neger in die tronk is ‘n mens soms geneig om ook paniekerig te wil raak hoe meer die Here hierdie gedeelte van die oesland begin wys wat wit en ryp is
en die arbeiders wat spesifiek daarop fokus relatief min is
Ek vertrou egter dat Hy deur Sy Gees opnuut vanoggend ook vir u die gordyn so ‘n bietjie oopgetrek het en dat hy ons almal in die toekoms ook in hierdie gedeelte van Sy oesland wil gebruik
Recent Comments