Die akkumulerende invloed van verliese oor ‘n leeftyd heen – Hoe hanteer ek dit? – Potch Dienssentrum

DIE AKKUMULERENDE INVLOED VAN VERLIESE OOR ‘N LEEFTYD HEEN –

HOE HANTEER EK DIT?

Verliese kan ’n vernietigende impak hê – veral ook soos wat ons ouer word is daar nuwe verliese waarop ons nie altyd voldoende voorbereid mag wees nie

Dit kan daartoe lei dat selfs oënskynlik sterk Christene dan geskok in hulself mag wees omdat hulle begin worstel met die vraag: “My God, my God, waarom het U my verlaat?”

Sulke verliese kan dan ‘n ingrypende impak op jou totale menswees hê

  • Belangrike reël: Die jongste verlies (trauma) sneller gewoonlik alle vorige onverwerkte verliese

Binne die meer ouer wordende fase > verskeie nuwe onvermydelike verliese soos bv kinders wat oorsee trek, telkens afskaal, verlies aan mobiliteit,  verlies van posisie, amp, titel, gesag oor mense, ensomeer  > dit kan soveel te meer oorweldigend traumaties wees indien daar onverwerkte verliese is

Indien ek boonop my identiteit gebou het op hierdie dinge dan as gevolg van gebrek aan innerlike sekuriteit, dan kan iets soos bv aftrede oorweldigende verliese impliseer – daarom belangrik: my identiteit moet in Christus wees.

‘n Voorbeeld

30jr – Huisinbraak – Beleef dit as geweld teen my – onveilig – moes trek – raak daarna

 hiperbedag op alles > verlies aan sekuriteit en vertroue

35j – Dood van my ouers – groot gemis

37jr – Verloor twee werke in een jaar > gevoel soos ‘n slagoffer > my sekuriteit kry ‘n verdere knou

43jr – My seun sterf in die oorlog – my lewe verpletter > woede teenoor regering – worstel met God > My lewe, my hoop, my vertroue in God geknou

45jr –  My dogter het ‘n miskraam en daarna histerektomie – ek voel platgeslaan > vrees om nooit kleinkinders te mag hê nie > my toekoms as ‘n Ouma gesteel – waarom ek?

47jr – Kanker diagnose – hoe lank tyd het ek? My totale toekoms verander – my sekuriteit verder afgetakel > geweldige angs

55jr – My man sterf > voel my lewe het tot ‘n einde gekom > Waarom? Wat gaan nou met my gebeur? Ek voel te jonk vir hierdie krisis

Slegs een manier om weer haar kop te kan optel: reg voor begin en deur die hele lys te werk en te bid

  • Vb van vrou met vier tieners – haar man het 2jr gelede op haar uitgestap
  • Verliese waaroor daar nie gerou is nie

Die praktyk wys dat mense op die langtermyn van die grootste skade beleef as gevolg van verliese waaroor daar nie gerou is nie

Stephen Arterburn, aan hoof van New Life Clinics in VSA en skrywer van verskeie boeke, maak die belangrike stelling: “Most marriages die of ungrieved losses” > oor die jare het hulle geleer om maar net pleisters oor die pyn te plak en uiteindelik lei dit tot “a total breakdown of intimacy.”

  • Geval waar ons na 15jr ’n probleem in ’n huwelik moes hanteer waar die vrou in ’n sekere sin getreur het oor ‘n ‘verlies’ as gevolg van ’n opmerking deur haar man die eerste nag van hul wittebrood

In hierdie verband: uiters belangrik die kwessie van sekondêre verliese waarvoor ons op die uitkyk moet wees tydens krisisse en trauma waardeur mense gaan

Die fokus is gewoonlik hoofsaaklik op die primêre gebeure en ons mis die pyn wat dan

effens meer verskuil is

As ons hierdie pyn nie herken en hanteer nie, dan tree dit verseker op ’n later stadium op die voorgrond in een of ander vorm

  • ’n Verskuilde band

Soms is daar ‘n verskuilde band wat nie raakgesien word nie

’n Area wat hier as besondere voorbeeld kan dien, is swangerskappe (miskrame,

aborsies, stilgeboortes)

Navorsing: 10-15% van alle swangerskappe eindig binne die eerste 20 weke

Vroeër jare gevolglik nie ongewoon dat ’n dokter vir ’n vrou wat pas verneem het dat sy swanger is, sou sê: “Mevrou, wag liewer eers tot so by drie maande voordat jy die nuus bekend maak.”

Die band tussen hierdie vrou en haar kind egter reeds gevestig vanaf die vroegste bewuswording > en sou sy hierdie baba verloor, ervaar sy intense rou

Die gemeenskap is oor die algemeen egter nie daarop ingestel om aan hierdie vrou die geleentheid te bied om deur ’n normale roufase tesame met al die noodsaaklike rou-rituele te gaan nie

Daar word soms hierna verwys as disenfranchised grief:

Daarmee bedoel hulle ’n verlies wat:

  • Nie altyd openlik erken kan word nie
  • Nie altyd sosiaal ondersteun word nie
  • Nie eintlik in die openbaar oor getreur kan word nie

Een van die direkte gevolge van die feit dat ons nie kan uiting gee aan hierdie emosies nie is dat ons met fisiese en psigosomatiese probleme worstel wat dikwels die uitvloeisel is van sulke onverwerkte rouprosesse > dit manifesteer dus in ons liggame en in ons gees en in ons gemoed:

  • Kroniese pyn
  • Angs
  • Depressie
  • Verslawing

Belangrik om dus uit te kyk vir die sekondêre verliese wat gewoonlik effens meer verskuil is en nie altyd herkenbaar is tydens die primêre trauma nie

En as hierdie verlies geïdentifiseer is dan moet dit hanteer en deurgewerk word anders gaan dieselfde simptome steeds bly terugkom

  • Die Christen psigiater dr. Paul Meier: pop en skoendoos om vroue te begelei wat ’n aborsie, miskraam of stilgeboorte gehad het
  • Die verlies van ’n droom

God het ons geskep om drome te kan hê want elke groot prestasie het êrens by ’n droom begin

Hoe jou lewe verloop het, is waarskynlik iets waaroor jy begin droom het toe jy nog baie jonk was

Hartverskeurend in die program: America got talent, die beoordelaar se uitspraak teenoor ’n jong meisie wat pas opgetree het: “You can’t dance and you can’t sing!” – haar droom sedert sy ’n klein dogtertjie was, was om te kan dans en sing, en hierdie was die kans van ’n leeftyd! > Sy woorde verpletter haar lewensdroom!

Dit is so tragies wanneer talle ouer persone terug kyk en daar vele drome is wat in skerwe is oor die jare heen

’n Droom kan baie skielik en dramaties tot ’n einde kom

Meeste drome sterf egter mettertyd oor jare heen en dit is belangrik om te rou oor sulke verliese met betrekking tot onsself en ook met betrekking tot ons kinders

Daar is ook nie altyd ’n kaartjie wat jy vir iemand kan gee wat van toepassing is op so ’n droom wat gesterf het nie, want hierdie tipe verlies lê soms ook diep verskuil

Soms voel dit vir so ’n persoon asof die droom nog nie heeltemal dood is nie en dan is dit nie gepas om hom/haar uit hul droom te probeer uitpraat en byvoorbeeld te sê dat God moontlik vir hulle ’n ander droom in gedagte het nie

Al wat ons hier kan bied te midde van hul worsteling en pyn, is a ministry of presence, – om maar net daar te wees vir hulle te midde van hul worsteling

Wanneer hierdie persoon dan wel uiteindelik gereed is om te begin rou oor die dood van hul droom, dan is ons ook in hierdie opsig by hulle

Die rouproses moet egter eers deurgewerk word voordat die persoon gereed gaan wees om te aanvaar dat die einde van hierdie droom moontlik ook deel van God se wil mag wees

Die deurwerk van die rouproses kan gepaard gaan met intense emosies omdat, soos ons reeds gesê het, dit verband kon hou met ’n droom vir myself of vir my kind, wat vernietig is

Die swanger moeder het moontlik al gedroom oor hierdie kind se potensiaal om ’n dokter

of ’n advokaat of ’n argitek te word, maar nou is hierdie kind gestremd en my droom is

verpletter

Mense is soms bang om oor hul verpletterde drome te praat want hulle is bang vir die emosies wat moontlik mag uitkruip > en ons moet ruimte hê hiervoor

Tog soveel helende krag wanneer ons uiteindelik daardie deksels kan oopmaak!

  • Verlies na ’n beroerte aanval

Hier gaan dit veral om die trauma na die verlies van vermoëns soos spraak en lees en

skryf en fisiese beweging

Die oorweldigende gevoel van kwesbaarheid

’n Sterk volwasse man wat met trane in die oë na jou staar in ’n worsteling om te probeer verstaan wat met hom gebeur het

Hy is skielik in ’n situasie waar andere alles vir hom moet doen

’n leraar se vrou beskryf hierdie gebeure in die lewe van haar man, en hoedat hy deur hierdie hele proses van tree vir tree se vordering oor maande heen gekom het uiteindelik waar hy weer sy eerste preek na 2jr kon gee > toe hy amen sê: oorweldigende applous deur die hele gemeente!

  • Die verlies van identiteit

Ek weet nie wie ek regtig is nie – ek is veronderstel om eintlik iemand anders te wees

In berading dit so dikwels teëgekom

  • Vincent van Gogh (1853-1890) was die plaasvervanger en naamgenoot vir ’n afgestorwe bababoetie wat gebore is presies ’n jaar voor sy geboorte

… sy moeder Anna het die eerste Vincent se dood sleg verwerk en haar onverwerkte smart na die opvolger oorgedra

Vincent het grootgeword onder die skaduwee van sy dooie naamgenoot want lg. se dood is weekliks herdenk

Verder is die eerste Vincent voorgehou as ’n model-seun wanneer Vincent moeilik of onstuimig was – skuldgevoelens en verwerping het al sterker na vore begin kom Vincent se pa se gereelde weemoedige verwysings na die afgestorwe kind het vir Vincent te kenne gegee dat sy pa eerder die ander ‘Vincent’ verkies het

Vincent het deurgaans gesmag na sy pa se erkenning en goedkeuring

In sy skilderwerk: baie gebruik gemaak van donker kleure (skyfie)

Waiting for the fishermen (skyfie)

Dit wil voorkom asof Vincent se moeder treur oor haar eerste Vincent terwyl die 2e Vincent in haar arms is!  Dit lyk asof sy geen konneksie met die baba op haar skoot het nie!

Een prent: kerk sonder deure (skyfie)

Vincent beskryf die onverwerkte trauma in sy lewe treffend in een van sy briewe:

‘‘It is and will remain a wound which I live above, but which is there deep down and cannot heal – years from now it will be what it was the first day’’ (Olf, 2012:2)

Uiteindelik sien hy in 1885 af van die Bybel en Westerse literatuur as bronne van begrip en hoop in ’n swaarkry wêreld

Op 29 Julie 1890 sterf hy nadat hy homself geskiet het > totale verlies van identiteit

  • Dr. Daniel Amen: Diep limbiese sisteem
  • Dood

Volgens die psigiater, dr. Daniel Amen, wat aan die hoof staan van ’n aantal breinskanderings klinieke in die VSA is daar binne gesinsverhoudinge gewoonlik ’n hegte neurochemiese band (as gevolg van die magdom gestoorde emosionele herinneringe en ervarings).

Wanneer so ’n band verbreek word, ontwrig dit die aktiwiteit binne die diep limbiese sisteem en daarom veroorsaak die die dood van ’n ouer, huweliksmaat of kind intense hartseer.

Daarom dat talle sê dat dit eintlik soos ’n fisiese pyn voel – hartseer aktiveer dan ook dikwels die pyn sentrums in die brein, wat ná aan die diep limbiese sisteem gesetel is.

Dit is ook interessant dat diegene wat ’n goeie verhouding met die oorledene gehad het heel dikwels gemakliker en gouer die verlies verwerk as diegene wat ’n stormagtige verhouding vol van bitterheid en teleurstellings met die persoon gehad het

Die rede is dat ’n positiewe verhouding geassosieer word met goeie herinneringe, en dat die herroep en prosessering van sulke herinneringe die helingsproses bevorder.

Wanneer persone wat ’n slegte verhouding met die oorledene gehad het terugdink aan alles, dan herleef hulle egter telkens die pyn

In hul denke probeer hulle steeds om dit wat verkeerd geloop het te herstel, maar hulle kan nie – al die skuldgevoelens blokkeer ook die genesingsproses.

Verder so dat die huweliksmaat deel geword het van die chemiese band wat gevestig geraak het in limbiese gedeelte van die brein en dit neem tyd vir hierdie band om uiteindelik ten volle te termineer – jou diep limbiese sisteem mis steeds daardie persoon se aanraking, stem en reuk.

Hierdie tipe verlies neem dus langer om te genees

  • Die verlies van ’n troeteldier

Volgens dr. Daniel Amen is die band wat met ’n troeteldier gevestig word een van die verbintenisse wat diep gevestig lê binne die diep limbiese sisteem van die brein

Wanneer die gesin of ‘n kind of enkellopende of bejaarde persoon hul troeteldier verloor dan gaan dit volgens hom om ’n dikwels miskende ‘diep limbiese verlies’ aangesien talle persone net so geheg raak aan hul troeteldiere as aan die betekenisvolle persone in hul lewens

Dit hou verband met die feit dat troeteldiere gewoonlik onvoorwaardelike liefde gee en gevolglik op hierdie wyse kontak maak met ons ‘innermost caring selves.’

Die skrywer Norman Wright vertel dat nadat sy gestremde seun gesterf het en baie jare later sy vrou, was die twee moeilikste dae daarna in sy lewe die twee dae waarop die gesin se twee honde gesterf het

En as hy daaroor praat dan sê hy: “I don’t wanna go there because it just create sadness.”

Verskillende persone wat oor hierdie onderwerp skryf bevestig dat dit net so traumaties kan wees vir sommige persone, en veral vir kinders, soos die verlies van ’n lid van die gesin.

Presies dieselfde intense fases van rou word ervaar en presies dieselfde begeleiding is nodig

In talle gevalle het hierdie dier oor jare heen ’n sleutelrol vervul, ’n ondersteuningsrol wat nou skielik weggeval het

  • Geval van vrou wat na die dood van derde hond binne ses maande met bipolêre depressie gediagnoseer is – dit was egter die vyfde groot verlies die afgelope paar jaar waar sy nie toegelaat was om te rou en uiting te gee aan emosies nie
  • Kompliserende faktor: Die afwesigheid van ’n ritueel of ’n seremonie

As deel van die pyn gekoppel is aan die afwesigheid van genoegsame ritueel of seremonie of selfs ’n begrafnis, sal ons soms bereid moet wees om kreatief te dink ten einde so ‘n persoon te begelei tot afsluiting (closure) en heling

Iemand wat nie die verlies van sy huwelik kon verwerk na die egskeiding nie, het ’n groot stuk terapie beleef ‘… after a memorial ceremony for my marriage that died.”

  • Dominee in M-Verhandeling: 11-jarige seun wat by ouma bly: depressie, woedebuie,  probleme met skoolwerk en geen vriende

Ouers ’n paar jaar gelede geskei – stiefpa verwerp die seun – swerf rond tussen

familielede – uiteindelik by eie pa in stad baie gelukkig

Twee jaar later is pa egter grusaam vermoor op ’n trein en daar was geen begrafnis – die seun is toe na sy ouma gestuur

Hy het steeds intense verlange na sy ma gehad, alhoewel die ma gedurende die twee jaar geen kontak gemaak het nie

Die leraar het toe voorgestel dat die seun ’n briefie skryf waarin hy finaal afskeid neem van sy ma en voortaan by sy ouma sal vestig – na ’n gesprek en ‘n gebedsessie is die briefie verbrand

Die volgende sessie het gefokus op die onafgehandelde emosies van verlies betreffende die pa (geen roudiens of begrafnis) – die seun sowel as die ouma het

dieselfde emosies beleef

Daar is toe besluit om tydens die volgende sessie ’n begrafnis ritueel in die agterplaas te hou – die leraar het ’n kruisie gemaak en daar was ook foto’s van die pa

Die kruisie is in ’n gat geplaas en toegegooi en daar was uit die Woord gelees en gebid en verder gesprek gevoer

Agt maande later getuig die ouma dat haar kleinkind ’n transformasie ondergaan het

– geen woedebuie of tekens van depressie meer nie en hy floreer op skool ondanks

die feit dat hy in ’n koshuis is – maak maklik maats

Wanneer familie kom kuier dan wys hy vir hulle met vreugde waar sy pa begrawe is

  • Terapeutiese rituele en aksies
  • Ballonne

Helium gevulde ballonne kan die lug ingelaat word – byvoorbeeld ter geleentheid

 van die afsluiting (closure) van ’n ontbinde huwelik

  • Die plant van ’n boom

Dit kan gekoppel wees aan die aanlê van ’n stukkie blommetuin

  • Besoek ’n plek

Saam met die persoon kan ’n plek van besondere betekenis besoek word ten einde

afsluiting (closure) te verkry betreffende groot verliese

  • Leë stoel tegniek

Praat oor dit wat jy nooit die geleentheid gehad het om te verbaliseer nie

  • Om joernaal te hou (journaling)

Dit kan terapeuties wees om die verhaal te skryf van hul verlies – die storie van hul droom wat plat geval het of die droom betreffende hul kind of hul ouer

  • Die skep van ‘n collage

Dit kan ’n samestelling wees vanuit woorde en gedigte en prente en foto’s wat

alles van toepassing is op byvoorbeeld ’n troeteldier wat gesterf het of die belewenis van ’n groot traumatiese ervaring

Mense se grootste vrees is soms dat hulle sal vergeet en aksies soos hierdie kan sulke vrese besweer

  • Student wat Jaarkursus doen: doen berading met vrou wat deur haar pa jare gelede gemolesteer en verkrag is

Aanvanklik kon sy glad nie praat oor wat gebeur het nie, alhoewel sy gehelp wou word

Uiteindelik het die student ’n collage saamgestel van haar eie verhaal van molestering en die uiteindelike genesing en aan die hand hiervan het die deurbraak gekom – die ander persoon kon totaal identifiseer met die prente en uitknipsels en voorstellings en toe het sy begin praat

Opdrag vir volgende sessie: sy moet nou haar eie collage/verhaal gaan saamstel

  • God belowe dat Hy sal vergoed vir my verliese

Joël 1:4 (Ou Vert): “Wat die afknyper laat oorbly het, het die treksprinkaan verslind; en

wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind; en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvreter verslind…”

Wat ‘n tragiese beskrywing van verpletterende verliese!

Maar dan volg in Joël 2:25 die aangrypende belofte:

Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het …”

God belowe: Ek sal vergoed! Hoeveel verliese daar ook al mag gewees het en hoe verpletterend ook al!

  • Dit is noot te laat vir Hom nie!
  • Hy tel die moedelose weer op
  • Hy gee weer ‘n lied in my hart
  • En Hy gee aan my ‘n nuwe visie vir die toekoms!