Generasie Bagasie – Dienssentrum in Potch

GENERASIE BAGASIE

Dienssentrum – Potch

Ouers gaan soms deur intense trauma, hartseer en verliese sonder die nodige begeleiding

… kinders en later ook kleinkinders groei dan binne so ’n gesin/familie op en word uiteindelik op talle wyses geraak deur die impak van al hierdie onverwerkte emosies

Volgens navorsing belangrike reël: trauma wat deur hierdie geslag nie hanteer word nie > ’n pakkie wat onbewustelik en onwillekeurig aangegee word na die volgende geslag

Van die eerste navorsing veral na die Tweede WOorlog met die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe

… daar was basies te min beraders en sielkundiges om die massa trauma behoorlik te kon hanteer

… mense moes met hulle lewens aangaan –  ook jongmense wat daarna getrou het en met gesinne begin het > kinders gebore binne huise waar ’n pa of ’n ma of beide ouers met soveel onverwerkte trauma, emosies, herinneringe geworstel het

… > al die tipiese simptome van PTSD: gebrek aan geduld, woedeuitbarstings, afgestompte emosies, emosionele onstabiliteit, nagmerries, abnormale vrese, gebrek aan ouerlike vaardighede, geïrriteerdheid, liggaamlike probleme (psigosomaties)

Navorsing: kinders wat in so ’n huis opgroei: uitkoms dieselfde as in enige ander disfunksionele (siek) gesinsisteem (Pa bv. ’n alkoholis of gereelde fisiese geweld of ouers worstel met ’n dwelmprobleem, ens.) – die basiese ooreenkoms: ouerlike vaardighede gekniehalter

Enkele voorbeelde:

  • ’n Vrou wat die konsentrasiekampe oorleef het terwyl haar familie almal in gaskamers gesterf het, kon dit alleen regkry deur vir die wagte te sing. Na die oorlog trou sy en sy het ’n dogter wat in ’n stadium al meer probleme ontwikkel met fisiese gevoel van versmoring – so intens dat sy dikwels nie kan praat nie – maar as sy sing dan is die gevoel weg – sy pleeg later selfmoord
  • Seun wat ’n abnormale vrees ontwikkel om in ’n bus te ry kort na sy 16e verjaarsdag > krisis vir gesin aangesien daar geen ander manier is om hom daagliks by die skool te kry nie.
  • Geval van meisie wat kort nadat sy 14 of 15 geword het oornag ’n abnormale vrees ontwikkel het om skool toe te gaan. Na baie gesprekke en berading blyk dat haar ma op daardie ouderdom by die skool gemolesteer is > nooit hanteer > begin met berading met Ma > toe weer terug na dogter en toe klaar probleem op

Talle voorbeelde in die navorsing van gesinne wat aanmeld vir terapie a.g.v. simptome by kleinkinders van Holocaust oorlewendes

… in een geval was sodanige aanmelding syfers 300% hoër by ’n psigiatriese kliniek vir kinders in vergelyking met ooreenstemmende syfers onder publiek

Dikwels dieselfde reëls as in disfunksionele gesinne

  • Moenie praat nie
  • Moenie vertrou nie
  • Moenie voel nie

Kinders word verbied om uit te praat oor dit wat in die gesin gebeur

In ’n baie groot mate geld hierdie selfde disfunksionele reëls met dieselfde vernietigende emosionele gevolge in huise waar daar onverwerkte trauma by ’n ouer of ouers is

  • Moenie praat nie

Die oud-soldaat wat sê: “Ek praat nie oor dit wat gebeur het nie” – niemand durf ook vrae vra nie

Ek het berading gedoen met talle oudsoldate en ook oud-rekkies: elkeen het berading nodig

Ons is nou 34jr later en die deksels begin nou afspring – persone raak ouer en fisiese en psigiese kragte neem af

Een geval: oud-rekkie wat vir 30jr lank elke jaar op 1 Sept. die kluts totaal kwyt geraak het – jaardatum > bodymemory

  • Moenie vertrou nie

Pa wat jare later steeds in elke restaurant die vêrste hoek uitkies > sy seun begin selfde gedrag op skoolterrein toon > daar is permanent dreigende lewensgevare > het in ’n sin nooit die oorlogsveld “verlaat” nie – adrenalien vlakke permanent hoog > liggaamlike en emosionele probleme op langtermyn

  • Moenie voel nie

Hier gaan dit in ’n groot mate oor ontkenning – blok alle emosies uit ten einde te kan oorleef

Die tragiese egter: dit wat onafgehandel en onverwerk is > gaan lê êrens onder die oppervlakte en binne die volgende generasie kom dit dan weer na die bo

Problematiek rondom familie geheime

Lees brief van Dawie Viljoen

Sonette se Pa wat aangeneem is – ons vind dit eers uit ’n jaar gelede > nou met proses besig > haar totale menswees daardeur geraak

Een van die goue reëls rondom hierdie tema: familie geheime moet oopgemaak word

… familie geheime help om die pakkies van generasie-bagasie groter en swaarder te maak > dit wat uiteindelik aangegee word na die volgende geslag

… en as daardie geheime jare later oopbars, dan is dit soveel meer traumaties en vernietigend

Heel dikwels is fasilitering en begeleiding nodig en dan eintlik ook maar pastorale berading en gebed aangesien die wonde soms baie diep sny

Wyses van oordrag

  • Uiterlike kommunikasie

Kinders word geleer om trauma te verwag (dikwels ’n oormaat van inligting wat skadelik is > kinders raak hiper-bedag op en hiper-behep met trauma)

  • Die uitreageer van gedrag

Trauma-oorlewendes is geneig om trauma uit te reageer sonder dat hulle besef hulle herhaal die trauma deur hul alledaagse gedrag > dit lok dieselfde gedrag en emosies by ander mense in hul lewens uit. (woede-uitbarstings, gesinsgeweld, hulpeloosheid, ontkenning, ens.)

  • Bedekte vorme van kommunikasie (ook op vlak van onderbewussyn)

Stilte kan boodskappe oordra net so kragtiglik as woorde. Daar word geswyg oor die verlede maar die kind het die aanvoeling dat daar ’n klomp dinge gebeur het waaroor nie gepraat mag word nie.

’n Onbewustelike dialoog is tussen ouer en kind aan die gang d.m.v. bedekte boodskappe

  • Genetiese of biochemiese faktore

Die omvang van die probleem oor geslagte heen

’n Mens dink maar aan groot gebeure soos die Anglo-Boereoorlog, Eerste en Tweede Wêreld Oorloë, Dorslandtrekke, Koreaanse Oorlog, Grensoorlog gedurende tagtigerjare, honderde plaasmoorde die afgelope paar jaar in SA, ens.

Die groot vraag is of almal wat deur al hierdie pyn en trauma geraak is, telkens die nodige begeleiding ontvang het ten einde daardie emosionele trauma en verliese te kon verwerk

Of in watter mate is dit telkens maar net onbewustelik oorgegee aan ’n volgende geslag?

Die verdere belangrike reël: elkeen van ons moet sorg dat ons emosionele pakkies afgelaai en uitgesorteer is sovêr menslik moontlik – anders is die risiko daar dat jy jou onverwerkte pyn en hartseer en trauma oorlaat aan jou kinders en kleinkinders en dit word uiteindelik hulle pakkies om te dra

Algemene praktiese riglyne

  • Kennis van die verlede

Slagoffers moet gehelp word om dit wat gebeur het te verstaan, die wonde wat jare lank al besig is om te sweer, oop te maak en deur te werk.

Die opstel van ’n geneagram / familie boomdiagram kan van groot waarde wees – verhoudingsvraelyste, traumageskiedenis, ens., van drie of vier geslagte: egskeidings, verslawings, sterftes, miskrame, aborsies, stilgeboortes, moord, verkragting, molestering, bloedskande, tronkstraf, ens.

Dit mag nodig wees dat hierdie pad van erkenning en hantering/begeleiding rondom insidente ook saam met kinders en kleinkinders gestap sal moet word > heling en genesing vir ‘n hele familie.

  • Praat oor die pyn

Navorsing het getoon: waar families stilgebly het oor bv. Oupa en Ouma se trauma en pyn in die konsentrasiekampe (of ons eie grensoorlog) die kleinkinders soms

met emosionele probleme geworstel het

Nadat gesprekke hieroor gefasiliteer is tussen die kleinkinders en die grootouers en die “familie geheime” oopgemaak is en die trauma deurgepraat is > jonger geslag se negatiewe simptome opgeklaar

  • Hanteer die wonde

Watter pyn en afbrekende/herhalende gewoontes het die trauma tot gevolg gehad? Afgesien van groepsgesprekke / gesinsterapie kan dit ook nodig wees dat daar met elke gesinslid deur sy of haar verlede “gewerk” word ten einde alle onverwerkte emosies te identifiseer en te hanteer.

  • Die belangrikheid van ’n ritueel

Daar kan onafgehandelde rou-prosesse wees en dan is dit soms nodig om met behulp van ’n ritueel die persoon te help om afsluiting te verkry.

Seun wie se pa vermoor is op ’n trein > geen begrafnis > bly by ouma > depressie > akademiese prestasies daal – geen vriende – probleemkind by skool.

[Twee psigiaters wat met ’n 1000 vroue na aborsies, miskrame en stilgeboortes reël vir Nagmaalsgeleentheid vir finale afskeid van baba’s > 98% se depressie klaar op].

  • Vergifnis

Vergifnis en self-vergifnis is baie belangrik – dit bevry jou sowel as diegene deur wie jy verontreg is – probeer voortaan om deur God se oë na hierdie mense te kyk.

  • Verhouding met God

Fokus voortaan op ’n lewende en intieme verhouding met God nadat jy genesing ervaar het