INNERLIKE GENESING
Byeenkoms van Christenberaders – PTA
Dr Wentzel Coetzer
Belangrikste gedeelte van proefskrif het gehandel oor noue verband tussen liggaam en gees B wedersydse beïnvloeding
Ek wil graag vanaand enkele aspekte hiervan behandel en tussenin ‘n klompie ervarings deurvleg wat ek self in die praktyk beleef het.
Ek besef dat meeste van die dinge wat ek gaan noem, vir heelparty van u nie nuut gaan wees nie omdat uself reeds vir baie jare in die praktyk hiermee besig is… gesien egter vanuit die teologiese oogpunt van >n predikant is dit ‘n redelike nuwe veld.
Vir my in my bediening het dit totaal nuwe perspektiewe oopgemaak en my in staat gestel om heelwat meer mense te kon help as wat vroeër die geval was
Die basiese vertrekpunt by innerlike genesing die gedagte dat die onverwerkte seer en pyn en skokke uit die verlede van jou ‘n gebonde mens maak wat nie ten volle kan funksioneer op die wyse wat God van jou verwag nie B verder kan hierdie proses ook uiteindelik vir jou liggaamlik begin aftakel indien daar nie begeleiding en genesing plaasvind nie.
Jes 61:1-3 is in hierdie opsig ‘n besondere treffende beskrywing van so >n persoon: mense wat in nood is, wat moedeloos geword het, wat gevangenes is, wat treur, wat smart hartseer en droefheid ervaar (parallel met Luk 4).
Iets van die delikate verhouding tussen liggaam en gees word ook vir ons verwoord in 1 Tes 5:23:
“Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom.”
Indien die balans enigsins versteur word aan hetsy die liggaamlike of emosioneel/geestelike kant, dan werk die negatiewe gevolge wedersyds deur na die ander kant toe.
Navorsing het bevestig dat die impak van emosionele trauma op die menslike liggaam so intens kan wees dat dit selfs tot die dood kan lei. Andersyds geld ook die positiewe kant naamlik dat genesing bevorder kan word deur positiewe en aangename omstandighede, gesonde interpersoonlike verhoudings en ‘n lewensdoel om na te streef. Aan hierdie aspekte het ek ook gepoog om in die proefskrif aandag te gee
Ter illustrering van die noue verband tussen liggaam en gees/emosie het ek vervolgens gefokus op die rol van enersyds ‘n aantal spesifieke emosies en situasies, en andersyds ‘n aantal spesifieke siektes.
1. SPESIFIEKE EMOSIES EN SITUASIES
1.1 ONVERGEWENSGESINDHEID, BITTERHEID, WROK, HAAT
Jak 5:16 “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.”
Emosies soos onvergewensgesindheid, bitterheid, wrok, haat, ens, kan ‘n direkte invloed op die betrokke persoon se liggaam hê. McMillen (medikus) konstateer in hierdie verband byvoorbeeld die volgende:
“Running people down exposes us to a host of diseases of body and mind. Expressing animosity toward others calls forth hormones from the pituitary, adrenal, thyroid, and other glands. In excess, these hormones can cause diseases in almost any part of the body” (1984:116).
Vrou wat in haarkappersalon volkome kon vergewe
Vrou deur pa gemolesteer: jou man sterf môre 12.00
1.2 ALLEENHEID\EENSAAMHEID
Psalm 102:7: “Ek voel so verlate soos =n pelikaan in =n woestyn, soos =n uil tussen murasies. As ek wakker word, voel ek soos =n eensame voël op ‘n huis se dak.”
In navorsing deur Bloom, Asher en White gedurende 1978 word bevestig dat mense wat aan huweliksprobleme of egskeiding blootgestel was, se sterftesyfer oor die algemeen hoër is as vergelykende syfers onder die algemene bevolking. Daar word ook in dieselfde verband verwys na Parkes en sy medewerkers wat gedurende 1969 in Brittanje gevind het dat wewenaars in die ses maande na die afsterwe van hul eggenotes nie net dikwels siek was nie, maar dat hul sterftesyfer 40% hoër was as wat normaalweg die geval is by persone van hulle ouderdom.
1.3 WOEDE EN FRUSTRASIE
Spr 27:4: “Iemand wat kwaad is, ontsien niks, sy woede is =n onkeerbare vloed.”
Adolph & Bourne (twee medici) beskryf die fisiese gevolge van woede en frustrasie soos volg: “Dikdermontsteking word dikwels veroorsaak en gestimuleer deur woede… maagsere is selfs ‘n meer algemene byproduk van woede. Indien die liggaam vir ‘n uitgerekte periode onderwerp word aan ‘n toestand van woede en onbeheerstheid, veroorsaak dit die vrystelling van oormatige suur in die maag wat dan weer lei tot die vernietiging van lewende weefsel.”
Man wat sy vrou en seun aanrand
1.4 ANGS, VREES EN BEKOMMERNIS
2 Tim 1:7: “Want God het ons nie =n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.”
Rollo May gee ‘n lys van verskillende psigosomatiese toestande ten opsigte waarvan gevind is dat angs en vrees ‘n sentrale rol gespeel het. Die belangrikste hiervan is die volgende: ‘n oorproduksie van suiker in die liggaam wat uiteindelik tot ‘n diabetiese toestand kan lei; ‘n spesifieke vorm van skildklierkomplikasies; verskillende tipes van hartprobleme; oormatige eetlus (bulimia) asook die patologiese gebrek aan eetlus (anorexia nervosa); asma; epilepsie en maagsere.
Adolph & Bourne (1986:50) voeg in hierdie verband ook nog die volgende simptome by as uitvloeisels van angs, vrees en bekommernis: virus inflammasie; velaandoenings; sametrekking van nekspiere wat kan lei tot spanningshoofpyne en slaaploosheid as gevolg van oormatige afskeiding van adrenalien.
In hierdie opsig verwys hy dan ook na die beleg van Leningrad gedurende Tweede Wêreldoorlog – terwyl die stad onder beleg was, het doktors ‘n massiewe uitbreek van hoë bloeddruk onder mense ervaar.
Seun wat vlieënier wou word
Vrees vir donker: inbreker in huis
1.5 WANHOOP, HULPELOOSHEID EN HOPELOOSHEID
Psalm 61:3: “Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op =n rots waar ek veilig sal wees.”
Lynch beklemtoon die belangrike rol wat verlies of skeiding van ‘n geliefde speel ten opsigte van uiteindelike gevoelens van hulpeloosheid en hopeloosheid. Hy wys in hierdie verband op die studie van dr Arthur Schmale wat 42 opeenvolgende pasiënte bestudeer het, wat toegelaat is tot die Rochester Memorial Hospital in die VSA met mediese probleme wat gevarieer het vanaf kardiovaskulêre afwykings tot probleme met asemhaling, veluitslag en spysvertering. Van hierdie groep was daar 29 pasiënte of hulle families, wat die verlies van ‘n geliefde ervaar het kort voor die siekte wat aanleiding gegee het tot hospitalisering.
1.6 SMART, VERLIES EN SKEIDING
Spr 15:13: “Blydskap laat =n mens se gesig straal; smart maak =n mens terneergedruk.”
Jes 61:3: “God gee eer in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer.”
Navorsing het duidelik aangetoon dat onverwerkte smart aanleiding kan gee tot verskillende vorme van liggaamlike probleme. In hierdie verband sê Lindemann, wat baanbrekerswerk op hierdie gebied gedoen het, byvoorbeeld die volgende:
“Ulcerative colitis (dikdermontsteking) turned out to be a form of psychosomatic illness that frequently follows an unsuccessful attempt at grieving” (1979:171).
Hy het aangetoon dat daar ‘n groep van psigosomatiese toestande is wat in noue verband staan tot onverwerkte hartseer ‑ in talle gevalle gekoppel aan die verlies van ‘n geliefde of ‘n sleutelpersoon in die pasiënt se omgewing ten opsigte van wie hy/sy baie afhanklik was. Die belangrikste in hierdie verband word deur hom aangedui as dikdermontsteking (ulcerative colitis), rumatoïde artiritis en asma, (1944:145).
1.7 EMOSIONELE VERWONDING EN GEDEPRIVEERDHEID
Jes 50:4: “Die Here HERE het My =n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde.”
Jacobs & Charles wys op die bevindings van navorsing wat bevestig dat kinders wat emosioneel gedepriveerd is, in ‘n groot mate blootgestel is aan ernstige en soms fatale infeksies. In hierdie verband het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat die moontlikheid geweldig sterk is dat traumatiese ervarings emosionele reaksies by kinders kan stimuleer en aktiveer wat kan lei tot blootstelling aan die aktiwiteite van virusse wat gewasse kan veroorsaak.
Bevindings van die bekende Holmes en Rahe skaal hier ook ter sake ekself het ervaar dat die resultate van daardie navorsing absoluut klop met dit wat ‘n mens in die praktyk ervaar
… te veel krisisse in ‘n te kort tyd lei tot ‘n totale uitputting van emosionele en geesteskrag en dan beweeg die hele proses in die liggaam in.
1.8 TRAUMATIESE ERVARINGS EN ONVERWERKTE SKOK
Louis Sigler, ‘n kardioloog in New York, het aangetoon dat veranderinge in die hartritme asook abnormale hartslag veroorsaak kan word deur hartpasiënte die herinneringe aan vroeëre traumatiese emosionele ervaringe te laat herleef.
Dit is duidelik dat herinneringe aan traumatiese ervarings in die verlede ‘n uiters negatiewe fisiese uitwerking kan hê. Lynch verwys in hierdie verband byvoorbeeld na ‘n geval wat in 1952 vermeld is deur die medikus, Julius Bauer. ‘n Onderhoud is gevoer met >n 27-jarige vrou in die Los Angeles County General Hospital. Sy het emosioneel geweldig ontsteld geraak terwyl sy beskryf het hoedat een van haar broers probeer het om haar ter verkrag. Op ‘n stadium in die gesprek het sy gesê dat sy so ontsteld is dat sy ‘n begeerte het om dood te gaan, waarop sy toe ook meteen inmekaar gesak en gesterf het.
Eie ervaring: verstom deur die geweldige invloed van ‘n skok ervaring: gaan lê op onderbewussyn en manipuleer jou lewe
- Vrou wat lyk moes soen
- Vroutjie in Duitsland: weeshuis hekke en uitkenning van pa se lyk
2. SPESIFIEKE SIEKTES
2.1 VELAANDOENINGS
Sheridan & Radmacher wys op die geweldige belangrike rol wat psigologiese stress speel ten opsigte van meeste velaandoenings. Wat betref navorsing op hierdie terrein kom hulle tot die volgende gevolgtrekking:
“In general, degree of relief from emotional distress and degree of relief from skin symptoms went hand in hand” (1992:308).
2.2 KORONêRE HARTSIEKTES
Drr Chambers en Reiser het by die Algemene Hospitaal in Cincinnati in die VSA gevind het dat in 24 uit 25 opeenvolgende gevalle van hartversaking die aanleidende oorsaak tot die krisis geleë was in hewige emosionele ontsteltenis. Hulle het uiteindelik ‘n lys van emosionele gebeure opgestel waaruit baie duidelik blyk dat dit telkens gaan om een of ander vorm van verlies van menslike liefde of die verlies van sekuriteit.
McMillen beklemtoon die feit dat stres en emosionele ontsteltenis aanleiding kan gee tot ‘n pyn op die hart. Hy maak ook melding van die feit dat na elke bombardering van Engelse stede gedurende die Tweede Wêreldoorlog daar tienduisende mense was wat die volgende dag nie werk toe kon gaan nie as gevolg van pyne op die bors, (1984:101).
2.3 KANKER
Hier gaan dit beslis nie om veralgemenings of om ‘n simplistiese benadering tot >n uiters komplekse saak nie.
Sheridan & Radmacher wys op verskillende studies wat ‘n verhouding aangetoon het tussen stres, as gevolg van negatiewe lewensituasies, en kanker. In sekere gevalle was daar byvoorbeeld aanduidings van ‘n verband tussen enersyds kanker en andersyds die dood van ‘n eggenoot, akademiese eksamens en sosiale isolering. (ek is deeglik bewus van die feit dat sommige navorsers geensins saamstem met hierdie tipe benadering B uit my ervaring in die praktyk is ek egter geneig om met hierdie benadering saam te stem).
Jacob & Charles het in hierdie opsig ‘n studie gemaak van die gesinne van kinders met kanker, en opvallende verskille teëgekom tussen hierdie gesinne en ‘n ander groep gesinne wat as kontrole gebruik is. Van die kanker groep het 72% in die twee jaar voor die siekte van woonplek verwissel, teenoor 24% van die kontrole groep. Van die kanker groep was 60% van die kinders geraak deur ‘n verandering wat plaasgevind het ten opsigte van die gesondheid of gedrag van ‘n familielid, teenoor 24% van die kontrole groep. Egskeidings en argumente tussen ouers was ook baie meer algemeen binne gesinne van die kanker groep terwyl daar ook drastiese veranderinge was ten opsigte van die finansiële situasie van sommige van die gesinne. ‘n Belangrike perspektief wat uit hierdie studie na vore gekom het, is die volgende:
“The number of designated events which took place in the lives of the children with cancer in the one year prior to their becoming ill was approximately twice that of the comparison group ‑ this might suggest, then, that the emotional setting in which illness may develop, is characterized not so much by the single stressful experience, as by the accumulative effect of a number of such experiences” (Jacob & Charles 1980:15).
Dame met kanker in heup: man oorlede, kerk staan nie by nie, seun word in weermag verplaas, seun pleeg selfmoord, kleinkinders van haar ontneem
2.4 TUBERKULOSE
David Kissen (1958) het ‘n baie interessante studie gedoen ten opsigte van die psigososiale aspekte verbonde aan tuberkulose(TB). Volgens hom het navorsing bevestig dat daar ‘n styging van TB is gedurende wêreldoorloë, of selfs binne spesifieke lande waar oorlog aan die gang is.
2.5 ASMA
Louw & Erasmus (1989:257) wys op die omvattende studie wat deur Rees gedoen is betreffende die oorsake van asma. Hiervolgens is daar gevind dat psigiese faktore die hoofoorsaak was in 37% van die gevalle, infeksies in 38%, en allergieë in 23%. Volgens Louw & Erasmus is daar genoeg navorsingsresultate wat daarop dui dat sowel die voorkoms as die erns van asma‑aanvalle deur stres en intense emosies beïnvloed kan word.
McMillen maak melding van ‘n pasiënt wat ‘n asmatiese aanval ontwikkel het elke keer as hy ‘n kerkklok hoor lui het. Dit het verband gehou met ‘n situasie ‘n paar jaar vantevore toe hy by die kerk op sy aanstaande bruid gewag het. Terwyl die kerkklokke gelui het om die voorgenome huwelik aan te kondig, het ‘n boodskapper opgedaag met die nuus dat sy verloofde nie meer voortgaan met die huwelik nie. Die emosionele skok het op daardie moment aanleiding gegee tot ‘n hewige asmatiese aanval. In die jare daarna het hy telkens ‘n soortgelyke aanval beleef wanneer hy ‘n kerkklok hoor lui het.
2.6 HOë BLOEDDRUK (ESSENSIëLE HIPERTENSIE)
Benewens die feit dat navorsers bewys het dat stres bloeddruk kan verhoog, is daar ook aanduidings dat die wyse waarop die persoon sy emosies hanteer, ook ‘n invloed ten opsigte van hoë bloeddruk kan uitoefen. Verskeie navorsers het dan ook gevind dat die ventilering of ontlading van woede, bloeddruk verlaag, (Louw & Erasmus 1989:258).
2.7 ARTIRITIS
McMillen wys op die resultate van navorsing wat gedoen is ten opsigte van ‘n groep kinders met artritis. Hieruit het baie duidelik geblyk dat in die jaar voorafgaande aan die identifisering van die probleem daar by ‘n groot persentasie van hierdie kinders stresvolle lewenservarings was. McMillen dui dit selfs aan as twee keer die normale hoeveelheid stres by kinders van daardie ouderdom. Verdere studies het ook emosionele ontsteltenis aangedui as ‘n moontlike aanleidende oorsaak tot rumatoïde artritis.
3. DIE IMMUNITEITSTELSEL
Verskeie navorsers het reeds die aandag gevestig op die feit dat interpersoonlike verhoudinge sowel as eksterne omstandighede ‘n invloed kan uitoefen op die menslike liggaam se bloedsamestelling sowel as die immuniteitstelsel.
SI du Toit (1989) het ‘n baie insiggewende artikel geskryf oor die verhouding tussen stres en immuniteit. Hy verwys onder andere na die navorsing van Kiecolt‑Glaser wat gevind het dat daar ‘n belangrike korrelasie was tussen enersyds die aanvang van ‘n siekte en andersyds die verlies van ‘n geliefde vanweë huweliksprobleme of egskeiding.
Du Toit wys op die interessante feit dat beenmurg die hoofsaaklike bron van B selle is en in die lig hiervan het, volgens hom, ‘n gedeelte soos Spr 17:22 moontlik veel meer te sê as wat op die oog af blyk: “‘n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog.”
Die positiewe invloed van die vrolike hart van Spr 17:22 word ook volgens Du Toit deur ander studies ondersteun. Dillon het byvoorbeeld in 1985 ontdek dat immunoglobulien A wat immuniteit bevorder, beduidend hoër was by persone nadat hulle na ‘n komedie op video gekyk het as wat die geval voor die tyd was.
4. AANGENAME OMSTANDIGHEDE EN ‘N POSITIEWE MILIEU BEVORDER GENESING
Die belangrike rol van aangename en positiewe omstandighede ten opsigte van liggaamlike gesondheid word beklemtoon deur die navorsing van Avery Weisman en Thomas Hackett (twee medici) van die Massachusetts General Hospital in die VSA. Hulle het ‘n reeks van merkwaardige onderhoude gevoer met pasiënte wat hul wil om te lewe verloor het en wat die aanvoeling gehad het dat hulle binnekort sou sterf. Talle van hulle het dan ook gesterf en dit ondanks die feit dat sommige van hulle nie baie ernstig siek was nie. Die een faktor wat egter by almal aanwesig was, was die feit dat hulle geïsoleer en eensaam was. In een geval was daar ‘n vrou wat nie die voornaam geken het van enige persoon in die buurt waar sy vir 45 jaar gewoon het nie. ‘n Ander geval was dié van ‘n 50-jarige alleenloper man wat nie ‘n enkele persoon kon identifiseer in die straat waar hy gewoon het nie. Hy kon slegs een persoon noem wat gekontak kon word ingeval hy sou verhuis. Hierdie resultate bevestig dat daar ‘n wil moet wees by mense om te lewe en hierdie wil word positief gestimuleer deur aangename omstandighede en gereelde persoon-like kontak met andere.
GENESING VAN DIE EMOSIES LEI OOK TOT GENESING VAN DIE DENKE EN GEHEUE
Rom 12:2: “Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.”
6. SAMEVATTEND
By innerlike genesing gaan dit hoegenaamd nie om kitsoplossings vir alle probleme nie. Dikwels dien dit egter as die beginpunt van ‘n genesingsproses waarin daar uiteindelik ander rolspelers ook betrokke behoort te wees.
In sekere gevalle gaan verwysing inderdaad ook nodig wees en in hierdie opsig is ‘n spanbenadering van besondere belang (medikus, Christen sielkundige/psigiater, maatskaplike werker en pastor).
‘n Groot stuk terapie kan uiteindelik op hierdie wyse gestimuleer en geaktiveer word.
BIBLIOGRAFIE
Adolph, H P & Bourne, D 1986. Stop making yourself sick. Wheaton: Victor Books.
Brand, P 1983. A surgeon’s view of divine healing. Christianity Today, Nov ’83, 14‑21.
Carr, C.C. & Schoenberg, B 1970. Object‑loss and somatic formation, in Schoenberg et al, Loss and grief, 36‑48. New York: Columbia University Press.
Crisp, A H 1970. Some psychosomatic aspects of neoplasia. British Journal of Medical Psychology, 43, 313‑331.
Du Toit, S.I. 1989. Stress and immunity, in De Villiers, P G R (ed), The Bible and stress, 118‑125. Pretoria: Unisa.
Greene, W.A. & Miller, G 1958. Psychological factors and reticuloendothelial disease. Psychosomatic Medicine, 20, 124‑144.
Jacobs, T.J. & Charles, E 1980. Life events and the occurence of cancer in children. Psychosomatic Medicine, 42(1), 11‑24.
Kissen, D.M. 1958. Some psychosocial aspects of pulmonary tuberculosis. International Journal of Social Psychiatry, 3,252‑259.
Lindemann, E. 1944. Symptomatology and management of acute grief. American Journal of Psychiatry, 101, 141‑148.
Lindemann, E. 1979. Beyond grief. Studies in crisis intervention. New York: Jason Aronson.
Louw, D.A. & Erasmus, J.A.K. 1989. Psigosomatiese versteurings, in Louw, D A (red), Suid‑Afrikaanse handboek van abnormale gedrag, 253‑267. Johannesburg: Southern Boekuitgewers.
Lynch, J.J. 1977. The broken heart. New York: Basic Books.
May, R. 1950. The meaning of anxiety. New York: Ronald Press Company.
McMillen, S.I. 1988. None of these diseases. 4th ed. Lakeland:
Marshall, Morgan & Scott. Mederer, H & Hill, R 1983. Critical transitions over the family life span: theory and research. Marriage and Family Review, 6(1), 39‑60.
Peretz, D. 1970. Development, object‑relationships, and loss, in Schoenberg et al, Loss and grief, 3‑19. New York: Columbia University Press.
Rahe, R.H., Meyer, M, Smith, M, Kjaer, G & Holmes, T H 1964. Social stress and illness onset. Journal of Psychosomatic Research, 8, 35‑44.
Sheridan, C.L. & Radmacher, S A 1992. Health Psychology. New York: John Wiley & Sons INC.
Recent Comments