Emosionele en Geestelike Groei – Maatskaplike Werkers

EMOSIONELE EN GEESTELIKE GROEI

Maatskaplike Werkers – Potch

Vir talle persone om uiteindelik emosionele en geestelike groei te kon ervaar, moes hulle eers deur ‘n stuk emosionele pyn gaan

… vir baie het dit aanvanklik geïmpliseer intense emosionele laagtepunte en moedeloosheid voordat die grafiek kon begin opwaarts beweeg – heel dikwels nadat die nodige hulp en begeleiding eers ontvang is

Teen hierdie agtergrond wil ek graag vir die volgende uur vir u saam met my op ‘n reis neem waar ons gaan stilstaan by ‘n klomp persone se verhale

… verhale wat enersyds pyn en moedeloosheid illustreer, maar andersyds in talle gevalle uiteindelik vryheid en heling en oorwinning en groei in Jesus Christus nadat die blokkasies uit die weg geruim is!

… verhale wat uiteindelik die getuienis geword het van God se intense bemoeienis met mense wat totaal teen die grond was > nuwe lewensin en vreugde – gelouterde mense

In ‘n artikel wat ‘n resensie is van die boek met die titel, Brando: Songs my mother taught me, vertel die beroemde filmster, Marlon Brando, hoedat sy ‘tragiese gesin sy lewe gevorm het’, soos hy dit stel

… hy beskryf sy pa as ‘n promiskue rondreisende verkoopsman – “‘n Alkoholis wat my emosioneel gemartel het en my ma se lewe hel gemaak het”

… hy beskryf sy ma as iemand met self ook ‘n alkohol probleem – “Somebody I loved but who ignored me”

Betreffende sy liefdeslewe sê hy, “Ek was altyd nog gelukkig met vroue. Daar was baie in my lewe alhoewel ek eintlik nooit veel meer as net ‘n paar minute met elkeen spandeer het nie. I’ve had far too many affairs to think of myself as a normal, rational man.”

… hy sê dat hy altyd ná aan sy susters was “… because we were all scorched by the experience of growing up in the furnace that was my family.”

Die artikel sluit af met die woorde van die 70jarige filmster: “If I had been loved and cared for differently, I would have been a different person.”

Ondanks al sy roem het hierdie man ware geestelike en emosionele groei misgeloop

… op hierdie laat stadium in sy lewe besef hy die groot gat diep in sy binneste wat eintlik gevul moes gewees het met liefde en omgee en sorg

Vanuit u beroep sal u net so goed as ek weet van die honderde en duisende wat met hierdie selfde tipe pyn in die binneste worstel – eintlik stukkend en gebroke

Maar hierteenoor weerklink die Bybelse boodskap oor en oor dat God intens omgee juis vir mense wat stukkend en moedeloos is en deur die lewe platgeslaan is

Ps 34:19:Die Here is naby mense wat moedeloos is…”

Ps 113:7-8 (Message): “He picks up the poor from out of the dirt, rescues the wretched who’ve been thrown out with the trash, seats them among the honored guests, a place of honor among the brightest and best.”

… onlangs weer die innerlike ervaring gehad met ‘n gr 1 dogtertjie wat verkrag is: God het ‘n plan met haar lewe – sy vertel hoedat sy ‘n intieme verhouding met Jesus Christus het – as sy haar oë toemaak om te bid dan sien sy Hom en Hy praat met haar – nadat ons saam gebid het vir die skok rondom haar verkragting het sy gesê dat Hy haar op Sy skoot getel het en haar getroos het en al die seer en pyn weg geneem het

… vir haar moeder kon ek maar net agterna sê dat God definitief ‘n besonder plan met hierdie kind het en dat die toekoms sal wys waarom sy deur hierdie pyn en seer moes gaan

Hy is die God wat altyd weer nuut begin en groei bewerkstellig, selfs daar waar ons nie meer gedink het dit moontlik is nie – ons gaan sien selfs in iemand se lewe wat al 92jr oud is

Die ideaal is egter dat ons vroeg in ons lewens reeds al die emosionele bagasie sal aflaai sodat die groei soveel makliker kan plaasvind

… Marlon Brando se lewe sou so anders kon verloop as hy vroeg in sy lewe reeds sy pyn kon aflaai!

Kom ons kyk vervolgens na ‘n klompie faktore wat ‘n deurslaggewende invloed het op hierdie groeiproses in ons binneste

  • Emosionele besluite word soms gedryf deur pyn wat terug gaan na die kinderjare
  • ‘n Dominee vertel hoedat hy een dag met ‘n skok tot die besef gekom het dat dit nie eintlik God se liefde is wat in beheer is van sy lewe nie

… inteendeel het hy ontdek dat dit ‘n negatiewe lewensleuse/motto was wat in sy kinderjare diep ingegraveer is wat hom die afgelope 49jr gedryf het

… hierdie leuse het gesê: Bewys jouself!

Hy sê: “Al hierdie jare het ek gedink Christus beheer my lewe maar nou

 het ek tot die ontnugtering gekom dit was eintlik hierdie leuse wat my al die pad gedryf het

… hy sê, ek is seker dat my ouers dit waarskynlik nie so bedoel het nie maar die boodskap wat ek hieruit ontvang het was dit: ‘Ons het jou beslis lief, maar ons gaan jou nog meer liefhê as jy jouself bewys!”

Op hierdie stadium het die HG egter aan hom hierdie eintlike diepere motivering vir sy totale lewensingesteldheid uitgewys

… hy het besef dat hy daardie twee woorde (bewys jouself!) al die jare met hom saamgedra het en dat dit uiteindelik al sy huidige verhoudings, insluitende dié met God, beïnvloed het

… vir 49jr het hy egter nooit gevoel dat hy homself kón bewys nie

… maar nou het hy op ‘n punt in sy lewe gekom waar die Here vir hom al meer vrymaak van daardie leuse uit sy kinderjare en waar die vryheid in die HG al sterker in sy lewe deurbreek > uiteindelik waarlik kon begin groei

Is daar miskien ‘n soortgelyke leuse/uitspraak wat ook by jou en my diep ingebrand het en waardeur ons lewens eintlik beheer word en waardeur ware groei geblokkeer word?

… negatiewe woorde wat oor en oor aan ons gesê is…

Volgens Paulus in Rm 8:9 word die ware seuns en dogters van God beheer en gelei deur die HG en nie deur die sondige menslike natuur nie (wat ook kan insluit negatiewe uitsprake van mense in die verlede)

… dit kos egter soms ‘n reis terug die verlede in om die HG  toe te laat om sulke negatiewe uitsprake te identifiseer en dan uit te kanselleer en dit te vervang met die waarheid

  • Ons konsep van God word reeds in die kinderjare gevorm

Die vorming wat hier plaasgevind het is deurslaggewend ten opsigte van die toekoms

… dit bepaal gewoonlik grootliks hoe ek en jy krisisse en trauma later in die lewe gaan hanteer en of ons werklik in staat gaan wees om emosioneel en geestelik te kan groei

Die vroegste persepsies en idees rondom God berus op hoe ons ons ouers beleef het – dít gee vir ons uiteindelik ‘n idee van hoe Sy karakter en persoonlikheid is (positief of negatief)

Soms het mense egter so seer gekry dat dit vir hulle bykans onmoontlik is om God en hul ouers van mekaar te skei > dikwels eers na begeleiding dat hulle in staat is om ‘n nuwe prentjie van God te verkry, ‘n God vir wie hulle lief kan wees

  • Die bekende Corrie ten Boom vertel van die deurslaggewende rol wat haar pa in haar lewe gespeel het

… sy sê elke aand teen slapenstyd sou sy in haar kamerdeur gaan staan en dan roep: “Pappa, ek is reg vir die bed!”

… hy sou dan na haar kamer toe kom en saam met haar bid voordat  sy slaap

… sy sê, “Ek kan altyd onthou hoedat hy tyd spandeer het om sorgvuldig die komberse om my skouers te wikkel met sy kenmerkende noukeurigheid. En dan sou hy met sy hand teer aan my gesig raak en sê, ‘Slaap lekker Corrie… ek het jou lief’

“En dan sou ek baie, baie stil gelê het vir ‘n lang ruk omdat ek bang was dat as ek sou beweeg ek iets van sy aanraking sou verloor – ek wou daardie gevoel vashou totdat ek aan die slaap raak.”

“Baie jare later in ‘n konsentrasiekamp in Duitsland, sou ek soms die aanraking van my pa se hand op my gesig onthou. Wanneer ek langs my suster Betsie sou lê op ‘n vuil verweerde matras in daardie haglike omstandighede, dan het ek soms gebid: ‘ O Here, laat my U hand op my voel …laat my maar net onder die skadu van U beskerming inkruip.’ Te midde van die lyding en beproewing kon ek dan telkens die innerlike sekuriteit van my Hemelse Vader ervaar.”

Maar u weet, sy kon dit slegs ervaar op so ‘n konkrete wyse omdat sy as kind dit reeds oor en oor van haar aardse pa ervaar het

… dit het die basis gelê vir dramatiese emosionele en geestelike groei in die jare daarna

Prof David Seamands beskryf die verwonde kind in die binneste van die emosioneel verwonde persoon as een van vier moontlike kategorieë: hurting child, hating child, humiliated child en horrified child

… daardie negatiewe herinneringe uit die verlede het soms ‘n hipnotiese  ystergreep op ons wat jare later steeds bly skaaf en skuur en alle moontlike groei blokkeer:

  • Hurting child: diep emosionele pyn van teleurstellings en ontnugterings
  • Hating child: bitterheid en haat wat diep vasgesteek het na geweldige onreg
  • Humiliated child: verleentheid en emosionele afbreking – vernedering – verwerping
  • Horrified child: soms blootgestel aan sulke verwoestende en vernietigende aftakeling dat vrees en angs uiteindelik hierdie persoon totaal beheer

Die heel ergste is wanneer dit soms ‘n verskriklike mengsel is van al vier areas waaraan dieselfde persoon blootgestel was

Prof Seamands verwys in hierdie opsig na ‘n emosionele Vitamine A tekort: Acceptance, Affection and Affirmation

  • Aanvaarding:  jy is aanvaarbaar net soos jy is – ons gee om vir jou as mens
  • Affeksie:  gevoel – emosie – ons gee erkenning aan jou emosies, ons respekteer dit, en op ‘n diep emosionele vlak probeer ons met jou kontak maak
  • Affirmasie:  bevestiging – erkenning – jy is iemand baie spesiaal – elke mens smag hierna

Al drie hierdie dinge bevorder groei op ‘n dramatiese wyse – wanneer dit egter ontbreek dan gaan daar iets dood in die binneste van elke kind

  • Die krag hiervan word treffend geïllustreer deur ‘n projek wat ‘n Amerikaanse sosiologie professor met een van sy klasgroepe aangepak het

… hy het hulle in een van die agterlike krotbuurtes van New York ingestuur om gevallestudies te doen van 200 jong seuns in ‘n spesifieke skool

… die studente moes vervolgens ‘n evaluasie skryf van elke seun se toekoms

… na die ondersoek het letterlik elke seun se verslag geëindig met iets soos:  “Hierdie outjie het geen kans in die lewe nie en gaan waarskynlik nie veel bereik nie…”

… 25jr later het ‘n ander professor op hierdie studie afgekom en toe aan sy studente die opdrag gegee om al 200 gevallestudies te probeer opvolg so ver moontlik > uitslag verstommend!

… met die uitsondering van 20 seuns wat nie opgespoor kon word nie, het die studente ontdek dat 176 van die oorblywende 180 bo gemiddelde sukses behaal het as prokureurs, dokters, sakemanne, ens > uitgestyg tot uitsonderlike posisies in die samelewing

… die prof was uiters verbaas en het besluit om die saak verder te ondersoek > dit het gelei na ‘n volgende projek

… uiteindelik elkeen van hierdie persone weer individueel gekontak:  “Waaraan skryf jy jou sukses toe?”

… in elke geval het die antwoord gevoelvol en met deernis gekom:

  Daar was ‘n onderwyseres!”

… die onderwyseres het nog geleef en hy het haar uiteindelik ook opgespoor

… aan hierdie bejaarde dame het hy gevra wat die suksesresep was wat sy gebruik het om dit reg te kry dat al hierdie seuns uiteindelik so totaal uit hul haglike omstandighede kon uitstyg

… daar was ‘n vonkel in haar oë, en met ‘n sagte glimlag om haar mond het sy gesê: “It’s really simple, I just loved those boys!”

… wat ‘n geweldige krag! – aan hierdie seuns het sy ‘n oormaat van emosionele Vitamine A gegee: aanvaarding, liefde en erkenning! [dit bevestig maar net die boodskap van Ps 113:7-8: “… God wat die geringe uit die stof oprig en die behoeftige van die ashoop af verhef.”]

Wanneer ons aanvaarding en liefde en erkenning kry dan bevorder dit emosionele en geestelike groei!

  • Pyn wat reeds in die kinderjare begin het en wat nooit weggaan nie
  • ‘n Bekende rubriekskrywer, Bob Greene, beskryf by geleentheid in sy rubriek die hartseer verhaal van ‘n 12jr seun wat ‘n wrede kaartjie van sy klasmaats ontvang het

… die kaart was deel van ‘n reeks wat bemark en versprei is deur ‘n groot maatskappy in die VSA

… die opskrif van hierdie kaart het gelui: ‘Toekenning aan die mees onpopulêre skolier’

…  > sy maats het sy naam op die kaart geskryf en dit op sy skoolbank gelos

… Bob Greene het oorspronklik hieroor geskryf omdat hy sterk gevoel het dat dit oneties is vir ‘n maatskappy om so iets te bemark

… die maatskappy het egter sy kritiek afgemaak deur te sê dat dit maar ‘n vorm van satire en onskuldige humor is

… hierdie seun se onderwyser en ook sy skoolhoof het egter van die teendeel getuig toe hulle die emosionele skade beskryf het wat dit aan hierdie seun verrig het

… wat egter ook hierna vir Bob Greene verstommend was, was die oorweldigende reaksie wat hy van sy volwasse lesers gekry het

… ‘n stortvloed van briewe waarin die een na die ander vertel het van die permanente wonde wat hulle met hulle saamgedra het as gevolg van sulke kwansuis ‘onskuldige humor’ tydens hul kinderjare

… meeste van hulle het steeds geworstel met ‘n swak selfbeeld – selfs waar sommige van hulle reeds bejaard was

… die opskrif van hierdie artikelreeks was: “Die pyn wat nooit weggaan nie” – duisende mense sit jare later met soortgelyke pyn

… pyn wat emosionele en geestelike groei blokkeer

Gebeure wat dieselfde skade tot gevolg het baie jare later,  is wanneer persone op skool geboelie is – in ons skole het dit ‘n al groter probleem begin word

… navorsing toon dat omtrent alle gevaarlike misdadigers op ‘n vroeë ouderdom gereeld gedreig of gestraf is

… daar is hartverskeurende getuienisse van volwassenes wat sê dat hulle vandag siek en depressief is omdat hulle te skaam was om ooit oor boeliery te praat

… party kry jare later steeds nagmerries en glo dat hulle vir ewig ‘n swak selfbeeld sal hê

  • ‘n Man van in die 40, wat ook aan depressie ly en van die een werk na die ander rondval, skryf sy gedrag toe aan jare lange boeliery op skool – hy sê:

 “Ek glo vandag dat niemand regtig van my hou nie. Ek sien nou nog die gesigte van die seuns wat my geboelie het en ek hoor hulle stemme – en ek haat hulle oor wat hulle aan my gedoen het.”

  • In ‘n geval aan die Oos-Rand ‘n paar jaar gelede waar ‘n seun ‘n ander seun met ‘n swaard by die skool doodgesteek by skool het geblyk dat hierdie seun wat die oortreding begaan het se lewensverhaal gevul was met onder andere talle gevalle van boelie deur andere

Wanneer pyn nie hanteer is nie en ons het dit maar net daar diep onder gaan wegbêre dan manifesteer dit, al is dit hoeveel jare later, op een of ander wyse

… dit word uiteindelik soos ‘n kanker wat jou van binne af opvreet!

… dit hou verband met die reël dat traumatiese geheue nooit vervaag nie, tensy dat ek êrens op ‘n dag by heling en genesing uitkom

  • Tydens ‘n beraderskonferensie in die VSA vertel iemand van ‘n gesprek wat hy gehad het met ‘n vrou van 92

… sy het oa aan hom vertel van haar bootreis vanaf Engeland na die VSA as 13jr dogter

… sy was ‘n briljante opkomende violis en sou by verskeie konserte optree

… maar sy sê toe dat ná die bootreis het sy nooit weer viool gespeel nie

Die ander persoon het haar toe begin uitvra na wat die rede sou wees

… hierdie vrou sê toe vir hom dat haar musiek onderwyser haar op hierdie bootrit vergesel het en dat hy dinge aan haar gedoen het op die boot wat nie met ‘n 13jr meisie mag gebeur nie

… > en dit het die musiek in haar lewe stil gemaak

… op hierdie stadium het sy baie ongemaklik in die gesprek geraak want sy het gesê dat niemand nog ooit met haar hieroor gepraat het nie

… die uiteinde was dat hierdie berader haar kon help om van daardie stuk wroegende pyn ontslae te raak en die pakkie af te laai > sy kon haarself oopstel vir die genesende en bevrydende krag van die HG

… vir 80jr ‘n stuk pyn met haar saamgedra wat die musiek in haar binneste uitgedoof het, haar Godgegewe talente versmoor het en alle groei blokkeer het

… wat God betref, is dit egter nooit te laat nie – al is jy 92 kan Hy steeds heling en groei bewerkstellig en nuwe lewensin en vreugde bewerkstellig

  • Sekere herhalende gebeure maak telkens die onverwerkte pyn wakker

So met die jare saam is daar soms op ‘n gereelde basis situasies, gebeure, datums, reuke, klanke, visuele beelde ens wat telkens die pyn wakker maak

… soms is dit vir ons moeilik om ons reaksies dan in lyn te bring met die werklike oorsaak en uiteindelik word alles maar net ‘n oorlewingstryd om kop bo water te hou

  • Na ‘n naweek seminaar skryf iemand die volgende briefie: “Toe ek 7jr oud was, het my Ma my vertel hoe sy my gehaat het en gewens ek gaan dood vandat sy uitgevind het sy is swanger met my – later het sy gehoop ek sou sterf by geboorte – later het sy gehoop dat ek as baba sou doodgaan. Sy het my gesien as ‘n monster en ook geglo ek gaan soos ‘n monster lyk en optree – want ek was die monster wat haar sangloopbaan in die wiele gery het. Vir ‘n 7-jarige dogtertjie was dit te veel om te verwerk en ek het dit alles begin ontken – en toe vergeet ek heeltemal daarvan. Tot op ‘n dag, ek was ongeveer 40jr oud, toe skakel my Ma en sê: “Ek vra jou om vergifnis omdat ek jou nooit wou gehad het nie.” Dit was twee skokke ineen en dit het gevoel of my brein in twee deel in een sekonde. Een kant, die skok van onthou, en aan die ander kant: my Ma wou my eintlik nooit gehad het nie! Ek het gesê dat ek vergewe, maar van toe af het ek my Ma gehaat en ek het my geloof in God totaal en al verloor. Tot op ‘n dag (ek was ongeveer 54jr oud), toe die Here my in staat gestel het om te kan vergewe – en ‘n nuwe lewe het vir my oopgegaan. Die depressie waaraan ek al die jare gely het, het onmiddellik opgeklaar.

Tog was daar steeds ‘n probleem: ek was elke jaar met my verjaarsdag en Kersdag weer depressief. Ek het my ma op ‘n dag hoor praat van ‘baba afbring’ deur in ‘n warm bad water te lê met mosterd in. My Ma het ongeveer die 10e Des uitgevind het dat sy moontlik swanger is, en van toe af probeer om die baba ‘af te bring’. Wanneer Kerstyd aanbreek, het ek gewoonlik maagpyne en ‘n innerlike benoudheid ervaar. Ek besef nou dat dit heel waarskynlik die emosies en gevoelens was wat ek as ongebore baba beleef het tydens sulke warm baddens. Tot en met gisteraand het ek nooit besef dat my Ma dalk kon probeer het om my te aborteer nie. Gisteroggend nog het ek kersbome en geskenke in Game gesien en die ou benoudheid het my weer beetgepak ten opsigte van die naderende Kersgety. Nadat ek egter gisteraand (lesing oor voorgeboortelike skokke) my Ma ook vir hierdie saak kon vergewe, voel ek vandag om die Kersgety vir die eerste maal in my lewe te omhels.

Ek skakel haar 2 maande later (3 dae voor Kersdag) en haar woorde aan my was die volgende: “Ek belewe my vrede in oorvloed!”

… sy vertel toe weer hoedat in die jare wat verby is enigiets rondom die Kerstyd (selfs iets soos koekiesbak, vakansie- en Kersvreugde, ens) onmiddellik aanleiding gegee het tot maagpyne en depressie

… vir 70jr het sy dus geworstel met ‘n stuk emosionele bagasie wat by tye vir haar byna vernietig het  – en uiteindelik kon dramatiese groei deurbreek!

Jes 66:2: “But this is the man to whom I will look and have regard: he who is humble

 and of a  broken or wounded spirit…”

Daarom dat ons sê God het ‘n teer plek in sy hart vir diegene wat gebroke is, platgeslaan is,  gekneus is deur die lewe, hulle wat met ‘n gewonde gees (wounded spirit) sit – Hy is baie naby aan hulle! – diegene op die ashoop het juis so dikwels a broken and wounded spirit!

  • Die rol van die onderbewuste

Navorsing sê dat slegs 12% van kennis en herinneringe word in die bewuste gestoor – 88% dus in die onderbewussyn

… rondom emosionele pyn is dít gewoonlik ons grootste probleem want jy verstaan nie altyd waarom jy liggaamlik of emosioneel reageer soos wat jy reageer op sekere snellers (triggers) nie

… in die onderbewuste lê al daardie pyn egter wat jy gaan wegbêre het, rou en onverwerk, en van tyd tot tyd reageer dit – soos ‘n lewendige lyk wat jy probeer begrawe!

  • ‘n Vrou vertel dat sy dwarsdeur haar lewe ‘n onnatuurlike weersin in enige sitrus vrugte gehad het – sy kon dit nooit verklaar nie maar dit was letterlik asof dit haar walg

… later in haar lewe tydens ‘n berading sessie het die legkaart vir haar inmekaar begin pas

… haar ma wat ‘n werker op ‘n groot sitrusplaas was, het op ‘n stadium aan haar vertel dat toe sy met hierdie kind swanger geraak het, dit onbeplan was, en sy ook nie getroud was nie

… na haar geboorte was hierdie baba eenvoudig net ‘n te groot las en verleentheid vir hierdie ongehude meisie wat reeds ook met talle ander emosionele en finansiële probleme geworstel het

… in moedeloosheid het sy een nag hierdie pasgebore baba in ‘n lemoendoos gesit en hierdie doos op die toonbank van die kroeg gaan sit, wat ook daar op die plaas was

… uiteindelik het ander mense hierdie kind groot gemaak > later jare weer by haar ma uitgekom

… die pyn van hierdie ma gekoppel aan ‘n sitrusplaas en ‘n lemoendoos het diep in hierdie baba se gees ingesny en diep op die onderbewussyn gaan lê

… en elke lemoen of nartjie het haar eintlik óór en óór herinner aan ‘n wond wat nog nooit genees het nie

… en uiteindelik was dit maar slegs die Gees van God wat in die diepste dieptes van ‘n mens kan ingaan, wat vir haar genesing kon bring

… > en daar moes in die beradingsproses terug gegaan word reg na die begin toe die moeder swanger geword het en al die hartseer emosies begin opbou het

… > daarna, vir die eerste keer in haar lewe kon hierdie vrou by ware emosionele en geestelike groei uitkom

  • Die stoompot effek

Emosionele pyn wat nie hanteer word nie en wat alle vorme van groei onderdruk, kan ook vergelyk word met die drukking wat mettertyd opbou in ‘n stoompot

… en êrens op ‘n dag is alles net te veel en dan skiet daardie deksel af – weet nie hoeveel van u al gesien het hoe lyk ‘n plafon as daardie deksel afgeskiet het nie

… dit is gewoonlik chaos – net so ook in die lewens van diegene waar die emosionele deksels afgeskiet het

  • ‘n Dame van in haar vroeë sestigs woon in ‘n aftreeoord – opgewekte en vrolike geaardheid, pragtige Christen en iemand wat gereeld uitreik en betrokke is by al die ander en gewoonlik ook al die moedeloses rondom haar bemoedig

Maar toe op ‘n dag tuimel haar hele lewe inmekaar toe sy ‘n oproep kry van ‘n familielid wat vir haar sê: “Jou seun van 40 soek jou!” – niemand het geweet sy het ‘n seun nie!

… sy trek haarself terug in haar huisie, huil heeldag, raak al meer depressief en niemand verstaan wat aangaan nie

… syself verstaan ook nie, want eintlik is hierdie veronderstel om die wonderlikste dag van haar lewe te wees?

… 40jr gelede is sy as ongehude moeder deur familie gedwing om haar baba weg te gee – anders sou hulle haar op straat uitsit – sy was ook sonder werk

… al die jare ‘n intense verlange gehad na hierdie seun – ‘n pyn wat nooit weg gegaan het nie

… na die oproep het hy haar kom besoek en dit was vir haar ‘n wonderlike ervaring – ook belowe dat hy altyd daar sal wees vir haar

Maar waarom nou hierdie onverklaarbare depressie en swaarmoedigheid en donkerte wat op haar toegesak het en wat eenvoudig net nie opklaar nie ondanks die vreugde?

.Haar verhaal het die antwoord gegee:

… 11jr oud: verloor sy haar Ma – 10mnde later Pa weer getroud en chaos tussen haar en die stiefma

… 10 maande later sterf haar Pa oorlede – dit loop uit op ‘n stormagtige puberteit – uiteindelik trou sy met ‘n alkoholis bloot om uit die huis te kom

… 8mnde swanger met eerste kind betrap sy haar man met ander vrou in die bed en sy stap uit die huwelik op daardie selfde dag – sy is totaal afhanklik van familie en hulle weier om haar onderdak te gee tensy dat sy die baba weggee vir aanneming

… ongelooflike pynvolle herinneringe toe maatskaplike werker die baba kom haal en sy op stoep staan en sien hoe hulle wegry

… ‘n tyd daarna sterf haar enigste suster sterf – hulle was baie ná aan mekaar – haar dood het sy nooit verwerk nie

… intussen het sy en haar stiefmoeder al beter verhouding begin bou > stiefmoeder sterf aan hartaanval – geen tyd om afskeid te neem nie (nooit haar dood verwerk)

… later weer getroud en haar man sterf sonder dat sy van hom kon afskeid neem

… sy is verplig om by sy dogter in te trek – dit loop uit op ‘n chaotiese toestand, in so ‘n mate dat sy nie meer wou leef nie – daarna verhuis sy na ‘n aftree oord

Hier was dus ‘n leeftyd van onverwerkte pyn en onverwerkte rou, en die stoom in die drukpot het opgebou en opgebou

… die oproep dat haar seun haar soek was uiteindelik die laaste strooi wat die deksel laat afskiet het met betrekking tot die vorige onverwerkte pyn

… met die beradingsproses moes ons voor begin toe sy ‘n dogtertjie van 11 jaar oud was – namate sy die Gees van God toegelaat het om saam met haar hierdie reis deur die verlede weer aan te pak, het die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan gaandeweg inbeweeg

… vir die eerste keer in 40jr kon hierdie vrou begin groei, emosioneel en geestelik

  • Liggaamlike simptome as manifestasie van onverwerkte pyn

So dikwels wanneer ons pyn gaan wegbêre dan betaal ons in ons liggame die prys totdat ons êrens bereid is om maar daardie pleisters af te haal – onder dit gewoonlik ‘n septiese wond – ons gees en emosies kan pyn hanteer tot op ‘n sekere punt

  • Iemand wat ’n genesingsnaweek bygewoon het vertel hoedat haar maag telkens op ’n knop getrek het wanneer ’n aspek tydens die lesings aangeraak is wat van toepassing was op haar verlede

Sy sê: “Ek moet vir jou vertel dat deur my hele lewe, kry ek hierdie pyn op die krop van my maag wanneer ek stres of enige spanningsvolle situasie beleef. Dit is partymaal so seer dat  ek nie eers water kan drink nie.

My ma is 26 jaar gelede oorlede toe ek haar op my nodigste gehad het. Ek was besig om deur ‘n egskeiding te gaan en was heeltemal verward en sommer net deurmekaar. Sy het my egskeiding verskriklik aangetrek en gevoel dit is haar skuld omdat sy my nie geleer het hoe om ’n vrou en ‘n ma te wees nie. Sy was egter ’n goeie ma en ’n wonderlike vrou. Ek het egter nooit getreur oor haar dood nie – dit net as ‘n alledaagse iets afgesluit. Dit is hoe ek nog my hele lewe ‘n trauma situasie hanteer. Sluit af en bêre en dink nie weer daaroor nie – of as ek daaroor dink, is dit klinies en analities – sonder emosies.

Na ons seminaar naweek het my ma se dood by my begin spook en het ek gevoel iets dwing my om vrede te maak. Die stem was so erg naderhand dat ek toe maar ingegee het. Ek kon glad nie bid so seer was my maag, ek kon nie lê en ek kon nie staan nie. Ek het pille gedrink, maar geen verligting. Ek het dit naderhand gelos want hoe meer ek bid hoe seerder word my maag. In die nag het ek wakker geword omdat ek huil, en my maag nie ophou pyn nie. Ek het net gevra dat die Here hierdie pyn moet wegvat as Hy wil hê ek moet vrede maak. Ek kon niks anders doen nie – gevoel ek kry ‘n hartaanval naderhand. Ek het toe ook besef dat ek vir God moes vergewe omdat Hy haar weggevat het toe ek haar so nodig gehad het – ek moes haar ook vergewe omdat sy my in die steek gelaat het – dit is hoe ek gevoel het.

Na erge worsteling heen en weer en Satan ook nog tussen in, het ek uiteindelik vrede gekry. Ek is nou vir die eerste keer hartseer soos ek moes gewees het, 26 jaar gelede. Maar ek het berusting gekry en ek is besig met die rouproses.

Ek het agterna weer met haar gepraat: wonderlike deurbraak en vryheid – maagpyn iets van die verlede – stoompot se deksel is af

… deur uiting te gee aan emosies asook die nodige belydenis en vergifnis het hemelse heling gekom en kon die ware groeiproses in haar lewe begin

… sy is deesdae besig met beradingskursusse, betrokke by ’n berading sentrum en iemand met ’n passie vir andere se seer en pyn

  • Drome

Net soos daar op die paneelbord van ’n motor verskillende rooi liggies is wat begin flikker ingeval van ’n probleem, net so ook wat betref ons gees, ons emosies en ons liggame

… dit is as’t ware ’n veiligheidstelsel wat deur God ingebou is

… en as ons betyds ag gee op die rooi liggies, dan is die skade gewoonlik minimaal

Drome is dikwels een van hiedie rooi liggies wat sê: hou stil en doen ondersoek voordat jy verder voortjaag – êrens is daar ’n probleem wat aandag vra

  • Iemand vertel aan my dat hy dikwels as jong seun ’n spesifieke droom gehad het

… dit is asof hy voorwaarts sweef oor ’n gladde sementoppervlakte

… maar hoe verder hy gaan hoe nader kom hy aan die klippies op die padoppervlakte

… en dan voor in die pad begin ’n klomp rotse al nader kom en telkens net voordat hy die rotse tref dan skrik hy wakker met ’n klomp angs en vrees

… oor en oor het hierdie droom herhaal

… ons het toe saam gebid oor hierdie ervaring en toe ek amen sê toe sê hy vir my dat die HG hom herinner het aan wat sy moeder vroeër jare vir hom vertel het

… toe sy met hom swanger was, was hulle gesin in ’n motorbotsing

… sy het op agterste sitplek gelê en slaap tydens die botsing – die twee ouer boeties is uit die motor geslinger vanweë die impak van die ongeluk

… onder gebed kom hierdie insident uit die verre verlede helder in sy gedagtes na vore

… ons het daarna gebid vir die skok van die ongeluk op hierdie ongebore kind (heelwat navorsing wat dit bevestig) want klaarblyklik was dit die dieper wortel van die herhalende droom > angs en vrees van moeder oorgeprojekteer op ongebore baba

… > in sy binneste ’n wonderlike vrede inbeweeg > die droom het verdwyn en daar kon groei plaasvind op ’n area in sy persoonlikheid wat geblokkeer was alreeds van voor sy geboorte

God is die groot Geneesheer – Hy is so uniek en so kreatief!

Hy weet presies hoe Hy elkeen van ons fyn aanmekaar gesit het

Ps 139 sê alreeds daar in die moederskoot het Hy ons met sy eie hande aanmekaar ‘geweef’

… en daarom is Hy by uitstek die Een wat sal weet waar presies die pyn gaan wegkruip het – hoe diep dit ookal in die onderbewussyn mag lê

… en as ek Hom toelaat dan kom Hy soms op so ’n verrassende wyse en Hy maak heel en Hy maak gesond en Hy laat die legkaart uiteindelik inmekaar pas

… en dan hoor jy sy stem miskien vir die heel eerste keer op ’n totaal nuwe manier – iets waarvan Ps 81:4 (Message) so treffend melding maak:

 “I hear this most gentle whisper from one I never guessed would speak to me.”

Hy kom en Hy trek vir jou die gordyn so ’n bietjie oop

Hy oorweldig jou en jy staan maar net verstom oor Sy grootheid!

En dan gaan Hy verder voort in Jes 30:21:

 “… en jy sal agter jou ’n stem hoor sê: Hier is die pad, loop hierlangs!”

Mag Hy vir ons so sensitief maak dat ons daardie influistering en daardie stem sal hoor wanneer Hy met ons praat

… in besonder ook rondom ons betrokkenheid by die seer en pyn van andere

… ja, dat ons Sy stem al duideliker sal hoor en dat dit ons meer en meer sal bekragtig om fasiliteerders van emosionele en geestelike groei te wees by sovele wat Hy oor ons pad stuur