Emosionele Bagasie kan afgelaai word – Potch Dienssentrum

EMOSIONELE BAGASIE KAN AFGELAAI WORD

Ek sit by geleentheid in ‘n tandarts se spreekkamer en blaai deur ‘n bekende tydskrif – op voorblad foto van bekende pragtige jong Afrikaanse aktrise – binne ‘n artikel wat basies haar lewensverhaal opsom

Tans is sy op ‘n punt waar die vermaaklikheidswêreld aan haar voete lê: sy kan kies en keur vanuit al die aanbiedinge – en toe êrens hierdie een sinnetjie waar sy aangehaal word: “Ek het baie seergekry in romantiese verhoudings in my lewe en God is besig om my gebrokenheid te herstel… ek het ‘n dors in my siel na Sy dinge.”(Erica Wessels, Sarie, 2012).

Dit was vir my verstommend! – so in kontras met die tipiese algemene lewensbenadering van hierdie tipiese sukses-persoonlikhede wat gewoonlik op die voorblaaie van sulke tydskrifte is – iemand wat nie huiwer om dit vir die wêreld te sê:  “Ek het ‘n dors in my siel na God se dinge!”

Belangrik egter dat sy sê: “Ek het baie seergekry in verhoudings in my lewe…”

… dit oor die jare so dikwels gesien: ons seer en ons pyn, wat uiteindelik alles deel van ons emosionele bagasie word, kan deur God omskep word in ‘n dors in ons siele na Hom.

Kom ons kyk vervolgens na ‘n klompie faktore wat ‘n krities belangrike rol speel rondom die opgaar van emosionele bagasie namate die jare aanstap:

  • Emosionele besluite word soms gedryf deur pyn wat terug gaan na die kinderjare
  • ‘n Verslaggewer van die New York Times het op ‘n keer ‘n onderhoud gevoer met die beroemde filmster, Marilyn Monroe

Dit was bekend dat sy tydens haar jeugjare van een pleegouerhuis na die ander verskuif is – verslaggewer vra of sy ooit die gevoel gekry het dat sy deur enige van die pleeggesinne liefgehad is – “Slegs een keer,” het Marilyn geantwoord – die dame by wie sy gewoon het, het haar gesig gedoen en sy was in ‘n aangename bui – sy het oorgeleun en my wange met die kwassie gevryf… op daardie oomblik het ek liefde van haar kant beleef”

Sy het trane in haar oë gehad toe sy hierdie moment terugroep –  op die oog af ‘n geringe daad wat ‘n paar sekondes geduur het jare gelede – ‘n daad wat nie veronderstel was om verskriklike liefde en aanvaarding te kommunikeer nie

… nogtans hoe klein ook al, het dit emmers vol liefde en sekuriteit geïmpliseer vir ‘n klein dogtertjie wat gesmag het na aanvaarding

Die feit dat sy vanaf een pleegouer na die volgende rondgeswerf het, sê net vir ons hoe stukkend was hierdie vrou se lewe en hoe groot was die pak emosionele bagasie wat sy saam met haar die volwasse lewe in gedra het

Verwerping soos hierdie is altyd aan ‘n leuen gekoppel: jy is nie belangrik nie – jy is nie goed genoeg nie – jy voldoen nie aan die standaarde nie > ons projekteer dit oor op God

… negatiewe woorde wat moontlik oor en oor aan ons gesê is…

Rondom ons is daar honderde en duisende wat met hierdie selfde tipe pyn in die binneste worstel – innerlik stukkend en gebroke, maar uiterlik verplig om elke dag ‘n masker voor te hou.

Maar hierteenoor weerklink die Bybelse boodskap oor en oor dat God intens omgee juis

vir mense wat stukkend en moedeloos is en deur die lewe platgeslaan is.

Ps 34:19:Die Here is naby mense wat moedeloos is…”

Hy is die God wat altyd weer nuut begin en groei bewerkstellig, selfs daar waar ons nie meer gedink het dit moontlik is nie

Dit kos egter gewoonlik ‘n reis terug die verlede in om die HG  toe te laat om sulke negatiewe uitsprake te identifiseer en dan uit te kanselleer en dit te vervang met die waarheid

  • Ons konsep van God word reeds in die kinderjare gevorm

Die vorming wat hier plaasgevind het is deurslaggewend ten opsigte van die toekoms

… dit bepaal gewoonlik grootliks hoe ek en jy krisisse en trauma later in die lewe gaan hanteer en of ons werklik in staat gaan wees om emosioneel en geestelik te kan groei

Die vroegste persepsies en idees rondom God berus op hoe ons ons ouers beleef het – dít gee vir ons uiteindelik ‘n idee van hoe God se karakter en persoonlikheid is (positief of negatief)

Op 3jr ouderdom: reeds 50% van die persoonlikheid gevorm – op 6jr: 85%

Soms het mense egter so seer gekry dat dit vir hulle bykans onmoontlik is om God en hul ouers van mekaar te skei > dikwels eers na begeleiding dat hulle in staat is om ‘n nuwe prentjie van God te verkry, ‘n God vir wie hulle lief kan wees

Prof David Seamands beskryf die verwonde kind in die binneste van die emosioneel verwonde persoon as een van vier moontlike kategorieë: hurting child, hating child, humiliated child en horrified child

… daardie negatiewe herinneringe uit die verlede het soms ‘n hipnotiese  ystergreep op ons wat jare later steeds bly skaaf en skuur en alle moontlike groei blokkeer:

  • Hurting child: diep emosionele pyn van teleurstellings en ontnugterings
  • Hating child: bitterheid en haat wat diep vasgesteek het na geweldige onreg
  • Humiliated child: verleentheid en emosionele afbreking – vernedering – verwerping
  • Horrified child: soms blootgestel aan sulke verwoestende en vernietigende aftakeling dat vrees en angs uiteindelik hierdie persoon totaal beheer

Die heel ergste is wanneer dit soms ‘n verskriklike mengsel is van al vier areas waaraan dieselfde persoon blootgestel was

Prof Seamands verwys in hierdie opsig na ‘n emosionele Vitamine A tekort: Acceptance, Affection and Affirmation

  • Aanvaarding:  jy is aanvaarbaar net soos jy is – ons gee om vir jou as mens – jy hoef nie jouself te bewys nie!
  • Affeksie:  gevoel – emosie – ons gee erkenning aan jou emosies, ons respekteer dit, en op ‘n diep emosionele vlak probeer ons met jou kontak maak
  • Affirmasie:  bevestiging – erkenning – jy is iemand baie spesiaal – elke mens smag hierna

Al drie hierdie dinge bevorder groei op ‘n dramatiese wyse – wanneer dit egter ontbreek dan gaan daar iets dood in die binneste van elke kind

  • Onverwerkte verliese jare gelede
  • Iemand vertel van haar swangerskap 17jr vantevore – op ses maande vir ‘n gewone ginekologiese ondersoek gegaan: baba dood > worstel vir 17jr met die herinneringe en die snellers – jaardatum gewoonlik die ergste
  • Iemand anders vertel onlangs van die dood van haar baba ‘n paar dae na geboorte toe hulle die masjiene moes afskakel – kan sedertdien geen babatee bywoon of kyk na foto’s van babas of deel in ander se vreugde nie

Trauma is ‘n vernietigende en verpletterende krag wat jou in ‘n sekere sin vir jare lank in ‘n tronkselletjie gevange kan hou

Soms het ons ouers wat moontlik self stukkend was, help bou aan hierdie tronksel – of ander belangrike outoriteitsfigure.

‘n Treffende voorbeeld hiervan: James Ryle wat die boek geskryf, Released from the prison my father built (2010).

Hy vertel dat sy Pa ‘n groot deel van sy lewe in die tronk deurgebring het in Texas – James is toe met sy drie broers en ‘n suster na ‘n weeshuis gestuur.

Gedurende sy puberteit raak James al meer rebels en opstandig en raak hy by dwelms en verkeerde vriende betrokke.

Onder die invloed van drank is hy in ‘n stadium in ‘n motorongeluk betrokke waar iemand dood is en dit lei tot ‘n hele aantal jare tronkstraf. In die tronk ervaar hy egter in ‘n stadium ‘n dramatiese bekering wat uiteindelik lei tot voltydse bediening na sy vrylating.

Later het James ‘n sterk behoefte begin ontwikkel om kontak te maak met sy Pa wat hy 20 jaar vantevore laas gesien het.

Hy spoor uiteindelik sy pa op en uit die eerste gesprek met hom blyk toe dat hy die

sweiser was wat al die tralies gesweis het van die tronk waarin James was

Hy sê daardie woorde van sy pa het ‘n impak op die res van sy lewe gehad

Hy sê hy het baie duidelik daardie aand in die voortuin van sy Pa se huis  God se stem gehoor wat vir hom gesê het:

“James, I have set you free from the prison your father built. Now I will use you to set others free from prisons their fathers have built. Go home to your friends and tell them what great things I have done.”

Sedertdien het hy ‘n internasionale spreker geword met ‘n impak op duisende mans se lewens

Sy boodskap sedertdien was veral gefokus op mans en seuns (en inderdaad ook vroue en dogters) wat steeds in emosionele tronke sit (sommige selfs in fisiese tronke) as gevolg van verwonding deur hul vaders of moeders se optredes

“It is a staggering truth that the way we love our kids, will either build bars on their future prison cell or set them free into the adventure that God has designed for them.”

‘n Vraag wat mettertyd vir James Ryle al meer krities geraak het tydens meeste van sy

 optredes:

“Which prison are you in? What is your cell-block called?”

Of, volgens hom, ‘n nog beter formulering:

“What name would you give to that particular thing that keeps you locked up?”

Ryle wys vervolgens op die feit dat aspekte soos woede, hebsug, vrees, seksuele perversie en verslawing alles voorbeelde kan wees wat daartoe bydra dat mense nie waarlik emosioneel en geestelik vry kan wees nie

In talle gevalle het uit mense se lewensverhale geblyk dat sulke negatiewe emosies en

gedrag sy oorsprong gehad het in gebroke en pynlike verhoudings met ‘n stukkende

vader of moeder figuur.

  • Sekere herhalende gebeure maak telkens die onverwerkte pyn wakker

So met die jare saam is daar soms op ‘n gereelde basis situasies, gebeure, datums, reuke, klanke, visuele beelde ens wat telkens die pyn wakker maak = snellertjies

Dikwels verstaan ons dan nie ons eie reaksies waaroor ons in sulke tye ook geen beheer het nie en uiteindelik word alles maar net ‘n oorlewingstryd om kop bo water te hou

  • Liggaamlike simptome as manifestasie van onverwerkte pyn

So dikwels wanneer ons onverwerkte pyn gaan wegbêre dan betaal ons in ons liggame die prys totdat ons êrens bereid is om maar daardie pleisters af te haal

… onder dit is daar gewoonlik ‘n septiese wond – want ons gees en emosies kan pyn hanteer tot op ‘n sekere punt > in die liggaam in

  • Drome

Nagmerries wat bly herhaal oor jare heen = gewoonlik ’n rooi flikkerlig

… dit herhaal oor en oor die boodskap: hier is bagasie wat te swaar geword het en afgelaai moet word!

Ons kan sê dit is as’t ware ’n natuurlike veiligheidstelsel wat deur God ingebou is

… en as ons betyds ag gee op die flikkerliggies van ons motor se paneelbord, dan is die skade gewoonlik minimaal

Drome is dikwels een van hiedie rooi liggies wat sê: hou stil en doen ondersoek voordat jy verder voortjaag – êrens is daar ’n probleem wat aandag vra

  • Ons neem ons bagasie van onverwerkte pyn en trauma uiteindelik saam met ons die graf in

‘n Tragiese feit: Hoe ouer ons word hoe moeiliker word dit om die emosionele bagasie af te laai

Iets hiervan verwoord in Pred 12:1 (Ou Vert): “En dink aan jou Skepper in die dae van

jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê:

Ek het daar geen behae in nie.”

Wanneer pyn nie hanteer is nie en ons het dit maar net daar diep onder gaan wegbêre dan manifesteer dit, al is dit hoeveel jare later, op een of ander wyse

… dit word uiteindelik soos ‘n kanker wat jou van binne af opvreet!

Dit hou onder andere verband met die reël dat traumatiese geheue nooit vervaag nie, tensy dat ek êrens op ‘n dag by heling en genesing uitkom

Die verdere hartseer: navorsing sê dat die pakkie trauma en onverwerkte emosionele pyn wat hierdie generasie nie hanteer het nie, outomaties aangegee word vir die volgende generasie.

In hierdie verband drie voorbeelde noem wat beklemtoon dat ons hierdie bagasie lewenslank agter ons kan aansleep:

  1. Meisie op bootreis

Tydens ‘n beraderskonferensie in die VSA vertel iemand van ‘n gesprek wat hy

gehad het met ‘n vrou van 92

Sy het oa aan hom vertel van haar bootreis vanaf Engeland na die VSA as 13jr dogter

… sy was ‘n briljante opkomende violis en sou by verskeie konserte optree

… maar sy sê toe dat ná die bootreis het sy nooit weer viool gespeel nie

Die ander persoon het haar toe begin uitvra na wat die rede sou wees

Hierdie vrou sê toe vir hom dat haar musiek onderwyser haar op hierdie bootrit vergesel het en dat hy dinge aan haar gedoen het op die boot wat nie met ‘n 13jr meisie mag gebeur nie

… > en dit het die musiek in haar lewe stil gemaak

In hierdie stadium het sy baie ongemaklik in die gesprek geraak want sy het gesê dat sy nog nooit met enigiemand hieroor gepraat het nie

Die uiteinde was dat hierdie berader haar kon help om van daardie stuk wroegende pyn ontslae te raak en die pakkie af te laai > sy kon haarself oopstel vir die genesende en bevrydende krag van die HG

Ons kan sê vir bykans 80jr het sy ‘n stuk pyn met haar saamgedra wat die musiek in

haar binneste uitgedoof het, haar Godgegewe talente versmoor het en alle emosionele en geestelik groei blokkeer het!

Liewe vriende, wat God betref, is dit egter nooit te laat nie – al is jy 92 kan Hy steeds heling en groei bewerkstellig en nuwe lewensin en vreugde bring net soos vir hierdie vrou.

Joël 2:25: “En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het…”

  • Carmen se pa

Hele paar jaar gelede vertel iemand my van haar pa se worsteling – hy was toe al naby aan 80 – toe hy egter 12jr oud was, is sy pa oorlede aan kanker – twee van sy susters het toe die huishouding oorgeneem drie maande voor sy dood – op daardie stadium geen kind verder meer by hom toegelaat nie – in sy laaste gesprek met sy pa: belowe dat hy sal omsien na die ander kinders.

Sy pa sterf toe drie maande later en daar is toe besluit dat geen kinders die begrafnis mag bywoon nie. Sy laerskoolhoof vertel jare later dat hy nooit die dag van die begrafnis sal vergeet nie. Die seun het geweet dat 11.00 daardie oggend is die teraardebestelling by die begraafplaas en hy het toe uit die klas gehardloop en op sy fiets gespring en daarheen gejaag. Daar gekom, het die familie hom by die hekke van die begraafplaas voorgekeer en terug gejaag skool toe. Die skoolhoof sê dat hy tot die dag van sy dood daardie hartverskeurende krete van hierdie seun sal onthou.

Sy dogter vertel: hy het ook ‘n jonger broer gehad > loods op Impala vliegtuie en daarmee dood verongeluk > verdere skuldgevoelens en selfverwyte waarmee haar pa worstel: hy kon nie sy belofte aan sy pa gestand doen deur goed genoeg om te sien na die ander kinders nie.

Die grootste hartseer: sy sê daar is nie ‘n manier wat haar pa met enige leraar of berader sal praat oor hierdie pyn uit sy verlede nie.

Jer 32:26 (Boodskap Vert): “Ek is die Here, die God van al die mense van die wêreld. Is daar iets wat te moeilik is vir My om te doen?”

Ons weet dat Hy wil en Hy kan daardie pakkie emosionele pyn na al die jare aflig, maar dan moet ek en jy Hom net toelaat!

  • Ouderling van 90

Ed McGlasson vertel in sy boek, The father you’ve always wanted, van ‘n seminaar wat hy aangebied het by ‘n sekere kerk en na een van die lesings het een van die gemeente se ouderlinge ook in die tou gestaan om by Ed uit te kom

Hierdie man was heel laaste in die tou en iemand wat alreeds 90jr oud was

Met betraande oë het hy aan Ed vertel dat sy eie pa nooit ooit aan hom gesê het dat hy hom liefhet nie.

Die gevolg hiervan was dat hierdie man in die opvoedingsproses van sy eie kinders nooit aan hulle gesê het dat hy húlle liefhet nie. 

Hy het gesê dat hy voel dat hy nie oor die vermoë beskik om daardie woorde uit te spreek nie aangesien hy dit self nooit gehoor het nie.

… hy het gevolglik aanvaar dat hy in hierdie opsig niks het om te bied waaraan sy kinders behoefte het nie

Ed sê dat hy toe saam met hierdie man gekniel en gebid het en hy kon maar net ervaar hoedat die liefde en die seën van ‘n Hemelse Vader op hierdie bejaarde Pa neergedaal het

Sy trane het in snikke oorgegaan soos wat God se liefde sy hart volgemaak het

Uiteindelik het hy opgekyk en gesê:

“Ek gaan huis toe en vir die eerste keer gaan ek vir my dogter wat 68jr oud is sê dat ek lief is vir haar!”

En hy het dit ook gedoen – hy het aan haar gaan sê al die dinge wat hy so begeer het dat sy eie pa aan hom sou gesê het

Hy kon sy emosionele bagasie aflaai en dit het uiteindelik daartoe gelei dat sy verhouding met hierdie dogter vir altyd getransformeer is.

Ten slotte: God is die groot Geneesheer

God sê dat Hy ‘n teer plek in sy hart het vir diegene wat gebroke is, platgeslaan is,  gekneus is deur die lewe, hulle wat met ‘n gewonde gees (wounded spirit) worstel en totaal moedeloos geraak het – Hy is baie naby aan hulle!

Jes 66:2: “Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde,

wat ontsag het vir my woord.”

          Ou Vert:  “Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees…”

          AMPL   “… he who is humble and of a  broken or wounded spirit…”

En dan is daar die aangrypende uitnodiging in Mat 11:29: As jou pakkie bagasie vir jou te swaar geword het, kom ruil dit by My!

“Neem my juk op julle en leer van My… en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

Kom ek ruil daardie swaar las wat vir jou oor die jare heen te swaar geword het..

En as ons Hom toelaat dan kom Hy soms op so ’n verrassende wyse en Hy maak heel en Hy maak gesond

… en ek en jy kan as vry mense uit daardie tronkselletjie uitstap en werklik begin lewe!

En dan hoor jy sy stem miskien vir die heel eerste keer op ’n totaal nuwe manier – iets waarvan Ps 81:4 (Message) so treffend melding maak:

 “I hear this most gentle whisper from one I never guessed would speak to me.”

Hy oorweldig jou en jy staan maar net verstom oor Sy grootheid!

En dan gaan Hy verder voort in Jes 30:21:

 “… en jy sal agter jou ’n stem hoor sê: Hier is die pad, loop hierlangs!”

Kom ons sê vanoggend vir Hom dat ons al daardie bagasie wat vir ons te swaar geword het aan Sy voete wil kom neersit.