Met betrekking tot tema van ‘emosionele bagasie’ speel vergifnis uiters belangrike rol
… vanoggend veral hierop fokus
Vergifnis is een van die kragtigste instrumente tov emosionele en fisiese genesing
… aan die ander kant ook een van die vernietigendste werktuie in die hand van satan om mense se lewens te verwoes – huwelike en verhoudings
Ons almal het êrens in die verlede seer gekry
… waar mense emosionele pyn of trauma beleef: altyd iemand anders betrokke
… iemand wat vergewe moet word
Daarom graag saam met u kyk na ‘n klompie reëls en beginsels rondom vergifnis
… gekoppel aan elkeen van hierdie beginsels ‘n verhaal wat dit illustreer
· Bitterheid/wrok/haat/onvergewensgesindheid kan lei tot liggaamlike probleme
Dr David Stoop (Christen sielkundige) vertel van die bitterheid tussen twee susters (tweeling)
… vir 30jr nie met mekaar gepraat nie
… alles begin toe hulle jonk was en met verskillende mansvriende uitgegaan het
… Meg het ‘n verhouding gehad met ‘n outjie met die naam van Jeff – redelik ernstig oor hom
… geskok toe Jeff op ‘n dag net skielik die verhouding verbreek en met haar suster begin uitgaan
… woede-uitbarstings teenoor haar suster gehad omdat sy haar vriend afgerokkel het
… Jeff en Martha is uiteindelik getroud
Martha wou gehad het dat Meg haar strooimeisie moet wees – lg weier egter
… inteendeel het Meg nie eens die troue bygewoon nie
… sedertdien het sy dwarsdeur haar lewe haar suster blameer vir elke krisis en elke teleurstelling in haar eie lewe
… haar refrein oor 30jr heen was die woorde: “Sy het die enigste man wat ek ooit liefgehad het gesteel!”
Dr Stoop sê dat hy vir Meg vir baie jare reeds geken het
… sy was ‘n iesegrimmige, vitterige, suur, brommerige, knorrige en bitter mens
… iemand wat moeilik was om voor lief te wees
… hy sê dat hy dikwels probeer het om haar te oortuig van die sinneloosheid om die skuld vir al haar probleme te gee aan iets wat soveel jare gelede plaasgevind het
… sy het egter vas bly glo dat Martha die oorsaak van al haar ellende was
… “When she confesses to what she did and apologizes for ruining my life, then I’ll forgive her,” het Meg gesê
… tragies as hy dan byvoeg dat die laaste keer wat hy haar gesien het was Meg besig om te sterf in die hospitaal aan kanker in die pankreas
… sy het botweg geweier dat haar suster haar besoek
… “I wish Marhta could slowly drown for all the suffering she’s caused me,” het Meg gesê, “If only she could get what she deserves!”
… iemand wat as ‘n verbitterde mens besig is om dood te gaan!
Oorweldigende navorsing wat bevestig dat dit nie onmoontlik is dat juis Meg se bitterheid ‘n beduidende rol kon speel tov haar liggaamlike agteruitgang
Boek wat pas verskyn het (Blue Genes):
… innerlike woede/wrokke/haat wat jy lank genoeg saam dra > afplatting van serotin vlakke > verskillende tipes hoofpyne (migraines), depressie, ongeduld, fisiese uitputting, geïrriteerdheid, slaaploosheid
… lei ook tot vrystelling van ACTH hormone deur pituïtêre klier > lei tot vrystelling van te veel streshormone deur adrenalien kliere > witbloedselle produseer te min teenliggaampies om siekte af te weer > enige siekte > selfs die dood
Die risiko is dus ontsettend groot wanneer jy bitterheid en wrok koeste
… want dit werk net soos suur
… dit sal daardie houer waarin dit gegooi word, wegvreet en beskadig totdat dit uiteindelik op die vloer uitloop
… net so wanneer ek dit diep in my hart bêre en vertroetel > dan vreet dit my emosies en gevoelens totdat dit uiteindelik deurbreek in my liggaam in en vir my geheel en al aftakel
· Verwerping so dikwels die bedding waar die saad van negatiewe emosies groei (ook bitterheid)
Min mense kan sê dat hulle nie êrens verwerping beleef het nie
… die boodskap: jy is nie goed genoeg nie – jy is nie op standaard nie – jy is nikswerd – jy gaan nêrens in die lewe kom nie
- ‘n Jong getroude vrou vertel van ‘n brief wat sy geskryf het toe sy 8jr oud was
… dit was aan haar pa gerig wat sy nooit geken het nie agv ‘n egskeiding
… “Ek wil net hê dat jy van my moet weet,” het sy geskryf, “Ek hou van hopscotch, biologie en om dinge te dissekteer. Jy hoef nie terug te antwoord nie, maar ek wil net hê dat jy moet weet van jou dogter.”
… uiteindelik het haar brief onoopgemaak terug gekom met woorde groot op die agterkant geskryf: “Stuur terug na afsender – stuur geen verdere briewe meer nie!”
… in trane het sy die impak van hierdie verwerping op haar verdere lewe beskryf: “Altyd sedertdien het ek aanvaarding deur mans gesoek deur verhoudings – eintlik haat ek dit! Ek is eintlik ‘n feminis, en tog het ek hierdie onversadigbare behoefte aan aanvaarding deur mans”
Hier was ‘n vakuum wat haar pa eintlik moes gevul het – en nou is dit onversadigbaar Die praktyk bevestig egter: God die Vader, wat die volmaakte Pa is, kan dit wel doen! Ons ervaring van verwerping: gewoonlik ‘n negatiewe impak op ons selfbeeld >
selfveragting > selfhaat
- Middelburg seminaar: Anita Jacobs: “Toe ek 7jr oud was, het my Ma my vertel hoe sy my gehaat het en gewens ek gaan dood vandat sy uitgevind het sy is swanger met my
- later het sy gehoop ek sou sterf by geboorte – later het sy gehoop dat ek as baba sou doodgaan. Sy het my gesien as ‘n monster en ook geglo ek gaan soos ‘n monster lyk en optree – want ek was die monster wat haar sangloopbaan in die wiele gery het. Vir ‘n 7-jarige dogtertjie was dit te veel om te verwerk en ek het dit alles begin ontken
- en toe vergeet ek heeltemal daarvan. Tot op ‘n dag, ek was ongeveer 40jr oud, toe skakel my Ma en sê: “Ek vra jou om vergifnis omdat ek jou nooit wou gehad het nie.” Dit was twee skokke ineen en dit het gevoel of my brein in twee deel in een sekonde.
Een kant, die skok van onthou, en aan die ander kant: my Ma wou my nooit gehad het nie! Ek het gesê dat ek vergewe, maar van toe af het ek my Ma gehaat en ek het my geloof in God totaal en al verloor. Tot op ‘n dag (ek was ongeveer 54jr oud), toe die Here my in staat gestel het om te kan vergewe – en ‘n nuwe lewe het vir my oopgegaan. Die depressie waaraan ek al die jare gely het, het onmiddellik opgeklaar. Tog was daar steeds ‘n probleem: ek was elke jaar met my verjaarsdag en Kersdag weer depressief. Ek het my ma op ‘n dag hoor praat van ‘baba afbring’ deur in ‘n warm bad water te lê met mosterd in. My Ma moes omtrent die 10e Des uitgevind het dat sy moontlik swanger is, en toe probeer het om die baba ‘af te bring’. Wanneer Kerstyd aanbreek, het ek gewoonlik maagpyne en ‘n innerlike benoudheid ervaar. Ek besef nou dat dit heel waarskynlik die emosies en gevoelens was wat ek as ongebore baba beleef het tydens sulke warm baddens. Tot en met gisteraand het ek nooit besef dat my Ma dalk kon probeer het om my te aborteer nie. Gisteroggend nog het ek kersbome en geskenke in Game gesien en die ou benoudheid het my weer beetgepak tov die naderende Kersgety. Nadat ek egter gisteraand (lesing oor voorgeboortelike skokke) my Ma ook vir hierdie saak kon vergewe, voel ek vandag om die Kersgety vir die eerste maal in my lewe te omhels.
Skakel haar 2 mnde later (3 dae voor Kersdag): “Ek belewe my vrede in oorvloed!”
… vertel dat enigiets rondom die Kerstyd (selfs iets soos koekiesbak, vakansie- en Kersvreugde, ens) haar onmiddellik maagpyne en depressie gegee het
· Bitterheid is soms baie subtiel en kan baie diep verskuil lê
Hy kan soms so ver wegkruip dat dit slegs die Gees van God is wat dit vir jou kan oopmaak
Leanne Payne: woon konferensie oor heling by vir predikante en beraders
… tydens een sessie: spreker bid vir al die onverwerkte emosionele pyn van diegene in die gehoor
… beleef in haar binneste asof die HG ‘n spesifieke gedagte baie sterk na vore bring: “Vergewe jou pa omdat hy doodgegaan het.”
… haar pa het gesterf toe sy 3jr oud was – sy het egter nooit besef dat sy moontlik in haar onderbewussyn sy dood as persoonlike verwerping kon beleef nie
… aanvanklik gedink: hoe belaglik, om jou pa te vergewe omdat hy gesterf het!
… nogtans beleef dat die stem van die HG al dringender geword het
… uiteindelik, in gehoorsaamheid haar pa vergewe
… daarna genesing beleef van ‘n stuk innerlike pyn wat sy vir jare saam met haar gedra het en nooit heeltemal kon verwoord nie
… die interessante: van daardie punt af kon sy baie gemakliker in haar verhouding tot mans optree
… verder ook: ‘n ontstellende droom wat telkens in haar lewe herhaal het, het opgeklaar
… ‘n droom waarin sy angstig na haar pa soek en uiteindelik sy kis vind en dan nogtans altyd die hoop: miskien lewe hy nog
· Die oënskynlike sinneloosheid van my seer en pyn verhinder soms die vergifnisproses
Ons is rasionele wesens wat oorsaak en gevolg logies met mekaar wil verbint
… wanneer daar egter nie logika en sin is nie dan raak dit ons in ons diepste emosies
… dit raak my in my verhouding met my naaste en met God
… > Here, waarom? > as ek hier bly vassteek dan kan vergifnis baie moeilik inbeweeg
- ‘n Vrou wat kerklik aktief was, raak op ‘n stadium net weg – 15jr nie in kerk nie Nuwe ds in gemeente: sy begin onverwags weer dienste bywoon
… in ‘n gesprek vertel sy van hulle as gesin se intense betrokkenheid by kerk (kategese, ens)
… maar toe, op ‘n dag in hierdie selfde vertrek het my man (maar net 40) ‘n massiewe hartaanval
… voor my het hy inmekaar gesak en gesterf voordat die ambulans die hospitaal bereik het
… ek was verpletter – hy was die broodwinner en ek moes skielik uitspring en werk soek
… ek het angs en alleenheid beleef en totaal verwerp gevoel deur God
… een dag het ek in woede my vuis in die lug rondgeswaai en vir God geskree: “Dit is nie regverdig nie – ek het probeer om U te volg en U te dien – hoe konU dit toegelaat het?”
… ek het gevolglik my rug op God en op die kerk gekeer – dit was 15jr gelede, en nou het ek soveel berou oor wat ek gedoen het
… dit het my egter al hierdie jare geneem om my seer en my woede te verwerk
… ek is uiteindelik gereed om my hart weer ten volle vir God oop te stel
- Man se seun in motorfietsongeluk oorlede – 5jr later in die VSA: ek het nou eers met God vrede gemaak
· Vergifnis moet intellektueel, geestelik en emosioneel hanteer word
Sommige Christene geneig om te spring direk vanaf skok/ontkenning > vergifnis
… ander belangrike fases word nie hanteer: rou, woede, konfrontasie en verbalisering
- Vrou wat skree: “Ek haat hom!” (haar pa)
· Voordat ek kan vergewe moet ek soms eers rou oor my verliese
Ongelukkig is dit so dat talle van ons verliese beleef het ten opsigte waarvan ons nie toegelaat was om te rou nie > blokkeer vergifnis
… die wonde van hierdie verliese mag wel bedek wees met littekens, maar die infeksie van onverwerkte hartseer gaan voort om te sweer onder die oppervlakte
… daarom kan genesing by geleentheid impliseer dat hierdie wonde weer oopgemaak moet word om die infeksie te hanteer en die onverwerkte hartseer deur te werk
In sulke gevalle soms nodig om te treur en te rou, nie slegs oor die dinge wat gebeur het nie, maar ook oor die dinge wat nie gebeur het nie
Een persoon het dit soos volg gestel:
- “Namate ek meer duidelik kon begryp wat al die skade is wat ek gely het agv my kinderjare, moes ek begin treur oor alles wat my nie beskore was toe ek klein was nie
… ek moes ook rou oor al die pyn en verliese wat al hierdie dinge my in die latere jare veroorsaak het
… vertroue en sekuriteit, sorgvrye speeltyd, die gevoel van liefgehê en vertroetel te word – ek moes rou oor al hierdie verliese
… ek moes treur oor jare van vertroebelde verhoudings met God – jare wat ek besef ek nooit weer sal terug kry nie
… ek moes rou oor die persoon wat ek uiteindelik geword het, oor alles wat ek oor die jare heen aangevang het
… ek moes uiteindelik selfs rou oor die verlies van al my wegkruipplekke.”
· Vergifnis impliseer ‘n wilsbesluit
Al voel ek nie noodwendig emosioneel lus om dit te doen nie, moet ek êrens die rasionele besluit neem
“In forgiving you send your will ahead by express; your emotions generally come later by slow freight.”
Die volgende twee gevalle illustreer ook die belangrikheid van ‘n innerlike wilsdaad:
- Aya Ravid het saam met haar gesin in Dresden in Duitsland gewoon, ná aan die Tjeggo-Slovaakse grens
… as gevolg van die toename in geweld teen Jode het haar ouers in 1938 haar saam met ‘n paar ander Joodse meisies uit die land gesmokkel
… hulle is na Palestina geneem om op ‘n Kibbutz te gaan woon
… ‘n aantal jare later het Aya vir die eerste keer terug gekeer na Dresden om toe uit te vind dat haar ouers dat haar ouers tydens die oorlog na Auschwitz geneem is om daar tereg gestel te word
… soos wat die jare verby gegaan het, het Aya ‘n worstelstryd gehad om saam te kon leef met haar verskriklike herinneringe
… sy kon nooit op ‘n punt van vergifnis kom waar sy ontslae kon raak van die diepte van bitterheid waarin sy vasgevang was nie
… terwyl sy nou reeds ‘n bejaarde persoon is, is haar pyn nog net so ‘n realiteit en net so intens as dekades gelede
- In kontras met Aya was daar egter Corrie ten Boom wat gedurende dieselfde oorlog ‘n gevangene was van die Ravensbruck konsentrasie kamp
… dit was omdat sy skuiling gebied het aan Joodse persone in haar huis in Haarlem, Nederland
… sy het self geweldig gely onder die vervolging deur die Nazi’s asook die beproewinge van die konsentrasie kamp
… haar suster, Betsie, het in die kamp van Ravensbruck gesterf
Na die oorlog het Corrie by geleentheid as spreker opgetree in ‘n kerk in Munich
… tydens haar toespraak het sy in die gehoor ‘n man herken wat een van die
S.S. offisiere was in die kamp van Ravensbruck
… toe hy agterna na vore kom om haar te bedank vir haar boodskap van Jesus Christus wat gesterf het vir almal se sondes, was sy gekonfonteer met ‘n oorweldigende pynlike beslissing
… kon sy hierdie man vergewe? Kon sy sy hand skud?
… soos wat sy egter toegelaat het dat die liefde van Christus haar lei, het sy ‘n abnormale vryheid in haar binneste beleef en was sy in staat om hierdie man te vergewe vir dit wat hy gedoen het aan haar en aan haar suster Betsie
… in daardie paar sekondes was die verlede vir haar uitgesorteer Aya en Corrie is dus beide met keuses gekonfronteer en beide moes sekere
wilsbeslissings neem betreffende vergifnis, en wat uiteindelik die res van hul lewens beïnvloed het
· Om skuld te erken, lei dikwels tot ‘n besef van wat ek ook aan andere gedoen het
Om ons skuld te erken, impliseer ook om te besef in watter mate ons eie sondige reaksies andere seergemaak het, in besonder binne ons eie gesin/familie
Don Crossland was ʼn alkoholis wat besig was met terapie
… hy vertel dat hy eendag verby die universiteit gery het waar sy dogter ʼn student was
… en op daardie oomblik het ʼn klomp herinneringe en beelde uit die verlede hom totaal oorspoel
“Ek het in my gedagtes verskillende beelde van haar gesien
… alhoewel sy baie vriende het, het ek in my geestesoog die prentjie gesien van waar sy alleen in haar motortjie sit en huil
… die Heilige Gees het my toegelaat om iets van die pyn te ervaar wat my dogter ervaar het as gevolg van my onsensitiwiteit
… die Heilige Gees het my ook herinner aan die feit dat ek haar slegs drie keer besoek het in vier jaar se tyd en dat ek haar nooit gedurende daardie tydperk geskakel het nie
… ek het besef hoe nalatig ek was as gevolg van my verslawing
… ek het aan die huil gegaan en sulke intense emosies beleef dat ek skaars in staat was om die motor te bestuur
… oorweldig deur hartseer en berou is ek terug na my kamer toe en het ek op die bed neergeval
… dwarsdeur daardie hele nag het ek in my eie liggaam die pyn beleef van dít wat ek aan my gesin gedoen het.”
Soms is daar soveel bitterheid en onvergewensgesindheid tussen ouers en kinders as gevolg van dinge in die verlede
… fasilitering van ‘n proses van vergifnis en versoening is dan soms nodig voordat daar ‘n deurbraak is
… deur sy Gees bring God dan inderdaad ouers en kinders op hierdie wyse weer bymekaar uit
… van my mees aangrypendste ervarings in berading juis rondom hierdie aspek beleef
· Om nie kwaad met kwaad te vergeld nie
Gedurende 1915 was daar ʼn godsdienstige en etniese konflik waarin meer as ʼn miljoen burgers van Armenië deur die Turke om die lewe gebring is
… op ʼn stadium het ʼn Turkse militêre eenheid ʼn dorpie aangeval
… al die volwassenes is uitgemoor en al die jong vroue is gevange geneem
… in een huis het die offisier in beheer, nadat die ouers doodgemaak is, die dogters vir sy soldate gegee en die oudste dogter wat die mooiste was, vir homself gehou
… na verskeie maande van slawerny en seksuele misbruik het sy van hom ontvlug en begin om haar lewe van nuuts af te bou
… uiteindelik het sy opleiding as ʼn verpleegster ontvang en dit haar loopbaan gemaak
Een nag, verskeie jare later, terwyl sy aan diens was in die intensiewe eenheid van ʼn hospitaal, het sy die gesig herken van ‘n uiters siek pasiënt
… hy was die offisier wat van haar ʼn slaaf gemaak het en haar misbruik het en ook haar ouers vermoor het
… sy toestand was op daardie stadium uiters kritiek – hy was meeste van die tyd in ʼn koma en het dag en nag haar aandag en sorg vereis
… eers na ʼn baie lang tyd waarin dit by tye baie sleg gegaan het, het hy begin herstel
… en toe op ʼn dag, toe hy uiteindelik weer sy kragte terug gekry het, het ʼn dokter met hom gepraat oor die verpleegster wat so intensief na hom omgesien het
… “Jy kan jouself baie gelukkig ag,” het die dokter gesê, “sonder haar toegewyde sorg sou jy dit nooit gemaak het nie!”
… later toe hulle alleen is, het die pasiënt na hierdie verpleegster gestaar en gesê: “Ek wou al ʼn paar dae lank vir jou vra of ons nie mekaar êrens reeds ontmoet het nie?”
… “Ja,” het die verpleegster gesê, “ons het vantevore ontmoet.”
… en toe het sy haar identiteit bekend gemaak
… “Ek verstaan dit nie,” het hy gesê, “waarom het jy my nie doodgemaak toe jy die geleentheid gehad het nie – waarom het jy my nie maar net gelos om dood te gaan nie?”
… “Omdat ek ʼn volgeling is van iemand wat gesê het, ‘julle moet jul vyande lief hê,’” het die verpleegster geantwoord
Wanneer ons die genade ontvang om te kan vergewe nadat ons intens seergekry het dan is dit gewoonlik maar ‘n wonderwerk van God self
… soms so verstommend dat jy agterna dit moeilik kan glo
- So ‘n vb is die aangrypende verhaal van Jacob DeShazer
… na Japan se aanval op Pearl Harbour in Des 1941, was DeShazer, wat ʼn bombardier in die VSA se weermag was, totaal oorweldig deur emosies van haat en bitterheid teenoor die Japannese
… > homself beskikbaar gestel vir ʼn geheime sending: ʼn verrassingsaanval op Tokyo
… sy vliegtuig haal egter nie die vliegdekskip nie > Japannese vang hulle
Die Japannese was woedend > uiteindelik, na dae van ondervraging en marteling is hulle almal in aparte selle geplaas
… daar in sy sel het DeShazer se haat vir die Japannese net meer intens geraak
… een dag toe die wag hom beveel het om sy sel skoon te maak het hy geweier
… die woedende wag het hom ʼn hou teen die kop met die vuis gegee
… in reaksie hierop het DeShazer hom weer in die maag geskop
… hierop het die wag het sy knibbel gegryp en begin om vir DeShazer daarmee te slaan
… DeShazer gryp toe ʼn bak met vuil water en gooi dit in die wag se gesig
… hulle het beide mekaar gehaat, en so het dit voortgegaan vir twee moeilike jare lank
Gedurende hierdie twee jaar het die gevangenes telkens die wagte gesmeek vir boeke om te lees
… uiteindelik, in 1944, is daar ʼn paar boeke aan hulle gegee, insluitende ‘n Bybel
… elke gevangene was vervolgens toegelaat om dit vir drie weke lank te hou DeShazer nie eintlik geïnteresseerd in Christendom nie
… een van die ander gevangenes moedig hom aan om Bybel te lees
… uiteindelik in daardie muwwerige tronksel op 8 Junie 1944 het hy gebid, Jesus Christus aanvaar, en sy lewe en sy toekoms aan Hom toevertrou
… vir die eerste keer in meer as twee jaar het hy innerlike vreugde ervaar
… namate hy homself in die Woord verdiep het was hy besonder aangegryp deur die sterk klem op liefde in die NT – ook vir jou vyande
ʼn Jaar later in Augustus 1945, namate die oorlog sy einde genader het, het DeShazer se liefde vir sy vyand net meer intens geraak
Tien dae later, op 20 Aug 1945, na 40 maande in gevangeneskap, was DeShazer en die ander gevangenes vry en het hulle terug gekeer na die VSA.
… ʼn paar jaar later is DeShazer se gebed vir die Japannese volk uiteindelik beantwoord
… in Desember 1948 is hy per boot terug Japan toe as ʼn sendeling namens die Free Methodist Church.
… voor sy aftrede het hy en sy vrou, Florence, meer as 30jr in die bediening gestaan in Japan waar hulle duisende Japannese na Christus toe gelei het
DeShazer se verhaal het aanvanklik verskyn in ʼn blaadjie getiteld, I was a prisoner of Japan, wat gelei het tot die bekering van talle Japannese
… hierdie blaadjie is dikwels op straat uitgedeel
… op dag het ‘n man met die naam van, Mitsuo Fushida, verby gekom – hy was ‘n loots wat die bevelvoerder was van die aanvalsmag wat Pearl Harbour aangeval het en vir Amerika in die 2e Woorlog ingedwing het
… hy was op hierdie stadium uiters depressief, in so ‘n mate dat hy wou selfmoord pleeg omdat hy vernederd gevoel het omdat Japan die oorlog verloor het
… terwyl hy met hierdie selfmoord gedagtes aan die worstel was, het Jacob de Saswe een van hierdie blaadjies in sy hande gedruk
… dit lei uiteindelik daartoe dat hy 9 mnde later sy eie Bybel koop > intens geraak deur die inhoud en boodskap daarvan
… veral Christus se gebed aan die kruis, “Vader, vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie,” het hom geweldig aangegryp
… uiteindelik Christus as Verlosser aanvaar > sy lewe dramaties verander
… > die depressie het opgeklaar en hy het nuwe sin in die lewe ontdek
Op 7 Des 1966, 25jr na aanval op Pearl Harbour, het Netsua Fushida terug gekeer na Pearl Harbour
… hy het gegaan om ‘n toespraak te hou voor talle van diegene wat daardie groot lugaanval oorleef het
… saam met hom het hy ook ‘n geskenk gebring, nl ‘n Bybel – op die buiteblad was die volgende woorde: “Vader, vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.”
… dit was as’t ware ‘n pelgrimsreis wat hierdie man aangepak het om aan hierdie mense om vergifnis te kom vra
… want in sy eie lewe het vergifnis ‘n werklikheid geword toe hy oorgee aan Jesus Christus!
In latere jare het DeShazer en Fuchida dikwels platforms gedeel waar hulle getuienis gegee en groot skares toegespreek het in Japan en ook talle ander lande
> duisendes na die Here toe gelei met hul boodskap van vergifnis
Samevattend
Miskien het hierdie tema vanoggend êrens die vinger gelê op iets in u eie lewe wat aandag nodig het
… dan vir u uitdaag: pak die bul by die horings en handel die saak af
… dit kan uitloop op ‘n geweldige stuk bevryding en lewensvreugde en sin wat jy miskien nog nooit vantevore ervaar het nie
Recent Comments