DIE IMPAK VAN EGSKEIDING OP KINDERS
- Jim se verhaal
Vir Jim was die pyn van een aand toe hy 13jr oud was oorweldigend – na al die
jare hom steeds bygebly
… dit was die aand toe sy pa gesê het dat hy ‘n ander vrou ontmoet het, die gesin gaan verlaat en nie weer gaan terugkom nie
… Jim kon dit daardie aand aanvanklik nie glo nie
… hy het gedink dit is maar net ‘n wrede grap wat sy pa maak
… daar het egter ‘n doodsheid op daardie 13jr seun begin toesak namate hy in die gesprek besef het dat sy pa doodernstig is
… en al het sy pa belowe dat hy steeds finansieel sou voorsien en hulle sekere naweke sou besoek het die donkerte rondom hom net erger geword
… toe dit eindelik tot hom deurgedring het dat sy pa op die punt is om hulle finaal te groet het hy opgehardloop na sy kamer op die boonste verdieping, op sy bed geval en sy hart uitgehuil
… heelwat later het hy gehoor toe sy pa die motor aanskakel – hy het venster toe gehardloop en net die rooi ligte gesien soos wat sy pa uitry by die hek
… tussen die trane deur het hy bly staar totdat die motor se ligte in die donker weg geraak het
… na al die jare raak Jim steeds bewoë as hy terug dink aan daardie aand
… dieselfde bewoëndheid en trane het weer oor hom gekom vanaand, as 43jr man, waar hy agter die stuur sit van die vragmotor met sy meubels agterop, op pad na ‘n nuwe bestemming
… daar ver terug êrens is sy vrou en kinders in ‘n emosionele toestand
… kort agter die vragmotor volg sy nuwe vriendin, Sally, met haar nuwe motor
… hulle is oppad na die Weste en na ‘n nuwe toekoms saam – hy 43 en sy 28
Hy het eintlik nooit werklik beplan om so iets te doen nie
… inteendeel, daardie nag so lank gelede, en ook dikwels daarna, het hy homself telkens verseker dat vir hom die huwelik iets sou wees wat nooit verbreek sou word nie
… hy het ook die vaste besluit geneem dat hy nooit op sy kinders sou uitstap nie
… soos wat die jare aangestap het en die huwelikslewe nie altyd maklik was nie het hy egter net êrens by ‘n punt van moedeloosheid gekom
… nie meer kans gesien om aan te gaan nie
… en nou gaan hy en Sally weer van vooraf probeer
Op hierdie oomblik weet hy egter dat klein Jim daar agter by sy ma besig is om
sy hart uit te huil, net soos wat hyself ook gedoen het
Hy het dit altyd gehaat om terug te dink aan daardie tyd in sy eie lewe
… niemand het hom ooit toegelaat om te praat daaroor nie
… sy ma het gesê hulle moet eenvoudig maar net aangaan aangesien die saak nou oor en uit is en hulle niks daaraan kan verander nie
… die dominee het gesê dat hy sy pa moet vergewe en Jim het gedink dat hy dit gedoen het – hy onthou dat hy ten minste een keer daaroor gebid het
… maar nou, vanaand, op hierdie donker nag voel dit alles vir hom steeds so onafgehandel > so asof hy sy eie kinderjare weer herleef
… hy wonder of dit miskien ook is hoe sy pa gevoel het daardie aand toe hy weg gery het
… op ‘n stadium moes Jim van die pad af trek omdat hy onbedaarlik aan die huil gegaan het en nie meer in staat was om die vragmotor op die pad te hou nie
… êrens in sy binneste ervaar hy ‘n drang om om te draai, maar dan besef hy ook tegelykertyd dat dinge reeds te ver gevorder het
… hy verstaan ook nie hierdie teenstrydige drange in sy binneste nie
Nadat hy emosioneel homself weer onder beheer gekry het en so iets van ‘n
verskoning gemompel het teenoor die verwarde en bekommerde Sally, het hulle verder voortgery die donker nag in
In sommige families: ‘n intergeneratiewe probleem omdat nooit heeltemal genesing nie
- Prent met emosionele tenks
[Vgl Bylae A en B]
In ‘n sekere sin kan die gesin beskryf word as ‘n uitgebreide moederskoot
… enige betekenisvolle en onverwerkte pyn, spanning of probleme waarmee die ouers worstel, word in ‘n groot mate oorgedra aan die kinders
Vir die ouers se tenks om deurgaans redelik vol te wees, moet daar op ‘n
konstante basis ‘n versorgende verhouding tussen hulle wees
… binne die normale funksionele gesin dui die koppeling tussen die twee ouers se tenks op wedersydse liefde en respek en ware vriendskap
… baie belangrik verder is die tenk wat bokant dié van die twee ouers is, naamlik God
… ons liefde sal altyd vol krakies en barsies wees – God se liefde is egter volmaak
… aan ons liefde is daar beperkinge en grense – Sy liefde is onbeperk
Onder gesonde en gebalanseerde omstandighede ontvang ouers dus Sy liefde
gratis, en met hulle tenks nou gevul, stuur hulle hierdie liefde weer vryelik deur na die kind
Wat sou die situasie wees indien die ouers nie met mekaar kan klaarkom nie
maar hulle probeer wel om hul kind gelukkig te hou?
… die punt is egter dat indien hulle nie mekaar se tenks kan hervul nie hulle nie ten volle in staat is om hul kind se tenk vol te hou nie
… inteendeel is dit so dat juis spanning tussen ouers dikwels ‘n uiters slegte situasie skep
… sonder dat hulle dit besef kan een of beide ouers selfs die rigting waarin hierdie liefdesstroom veronderstel is om te vloei, omkeer
… dit gebeur wanneer hulle, in ‘n poging om hul eie diepgewortelde behoeftes te vervul, dan begin om van die kind se tenk te tap die bietjie wat hy/sy ook al het
… in die proses word die kind dan uiteindelik met totaal niks oorgelaat
- Die belangrikheid van te luister
Vir ouers om in staat te kan wees om goed te kan luister, moet hul eie emosionele tenks gevul wees
… indien jyself egter met ‘n groot emosionele vakuum worstel, gaan dit vir jou moeilik wees om te luister
… skaamte gebaseerde ouers wat self met ‘n klomp behoeftes worstel, kan gevolglik nie werklik omsien na hul kinders se behoeftes nie
… die gevolg is dat daar skaamte op die kind geprojekteer word (the child is shamed) wanneer die kind ook al ‘n aanduiding gee van behoeftes, omdat die kind se behoefte dan bots met dié van die ouer
… hierdie kind groei uiteindelik op en word ‘n volwassene, maar onder die masker van volwasse gedrag is daar ‘n kind wat verwaarloos is
… kinders met sulke onvervulde behoeftes worstel met ‘n ‘gat in hulle siel’ wat veroorsaak is deur onverwerkte hartseer asook basiese tekorte tydens hul ontwikkelingsfases
… dit maak van hulle eintlik volwasse kinders, wat as volwassenes nooit heeltemal genoeg kan kry nie
Gesonde volwassenes is tevrede met dit wat hulle ontvang en hulle is bereid om harder te werk ten einde volgende keer meer te kan ontvang
… ‘n volwasse kind kan egter nie genoeg ontvang nie omdat dit eintlik gaan om ‘n kind se behoeftes
Behoeftige kinders het ‘n behoefte aan ouers – daarom sal ‘n volwasse kind in ‘n romantiese verhouding van die ander persoon verwag om ‘n ouer vir hom/haar te wees, iemand wat al sy/haar behoeftes sal aanspreek
- Emosioneel verwondes trou dikwels met mekaar
Twee persone wat beide emosioneel stukkend is, trou in talle gevalle met mekaar – heel dikwels kom hulle uit enkel-ouer huise
… elkeen verwag dan van die ander een om ‘n ouer te wees vir die inner child binne hom/haarself wat onvolledig en onversadigbaar is
… die onversadigbaarheid is gewortel in elkeen se onvervulde behoeftes tydens die kinderjare
… wat dan gebeur wanneer twee volwasse kinders verlief raak, is dat die kind in elkeen gefokus is op die ander persoon om sy/haar behoeftes te vervul
… die nuutheid van die aanvanklike romantiese situasie plat mettertyd af en dan begin die verskille en probleme al meer na die oppervlakte kom
… die twee families van oorsprong begin hul skaamte-gebaseerde koppe optel en nou begin die geveg!
… wie gaan verantwoordelikheid neem vir wie? Wie se gesinsreëls gaan uiteindelik die botoon voer?
… hoe meer skaamte-gebaseer elke persoon is (hoe meer onverwerkte emosionele pyn), hoe meer gaan wedersydse verskille onhanteerbaar wees
Die emosioneel verwonde persoon het gevolglik gewoonlik ‘n groot stryd in verhoudings
- Die trauma van verwerping (abandonment)
Die Engelse term, abandonment, is besonder van toepassing hier
… baie hoogs begaafde, prestasie georiënteerde en suksesvolle persone word dikwels gedryf deur ‘n diep gesetelde kroniese depressie
… dit spruit weer voort vanuit die intense skaamte waarin hul diepste menswees gehul is as gevolg van abandonment tydens hul kinderjare
Wanneer jy abandonment ervaar, impliseer dit dat jy alleen gelaat word – dit kan gebeur deur fisiese afwesigheid sowel as fisiese teenwoordigheid
… inteendeel, om abandonment te ervaar van iemand wat fisies teenwoordig is, is veel meer aftakelend en vernietigend
- Afwesigheid van die ouer
‘n Kind benodig die teenwoordigheid van beide ouers
… vir ‘n kind om balans te verkry ten opsigte van die aanvanklike sterk verbondenheid aan die moeder, het hy/sy ‘n pa nodig
… bonding impliseer tyd wat saam deurgebring word, die deel van gevoelens, warmte, aanraking asook konkrete aanduidings van ‘n behoefte om met die ander persoon te wees
Kinders is ook baie egosentries, wat impliseer dat die kind alles persoonlik sal opneem
Ons is bereid om tyd te spandeer aan daardie dinge waarvoor ons lief is
… indien die ouers se tyd nie vir die kind beskikbaar is nie dan skep dit die gevoel van waardeloosheid
… die kind is iets minder werd as sy ouers se tyd, aandag of betrokkenheid
- Die M.I.A. ouer (missing in action)
“Hy het nooit aan my geskryf nie, nie een keer nie,” het Jane in trane gesê. “Ek het bly hoop, soos ‘n idioot, elke verjaarsdag, elke Kersfees, dat ek iets van hom sou ontvang. Ek het nie verwag dat hy ‘n geskenk sou stuur nie maar moontlik net ‘n kaartjie of iets om aan te dui dat hy nog bewus is van my bestaan.”
Jane was 36, reeds deur ‘n egskeiding en gedetermineerd dat haar huidige huwelik moes werk.
… sy en haar man het egter huweliksprobleme en baie struwelinge beleef
… haar man, Steve, het gesê dat sy hom nog nooit vertrou het nie – sy wou altyd weet waar hy is en by wie
… hy het verder beleef dat sy hom soos ‘n kind behandel, so asof sy bang is om hom uit haar oog te verloor en dat hy dan iets dom sal aanvang
In die gesprek met Jane het egter geblyk dat sy nie eintlik ‘n vrees beleef het betreffende Steve nie maar betreffende haarself
… toe sy ses jaar oud was het haar pa op die gesin uitgestap en met ‘n nuwe lewe in ‘n ander staat begin
… emosioneel het hy egter alreeds op ‘n vroeër stadium die gesin verlaat
… in haar pa se nuwe lewe was daar eenvoudig nie plek vir Jane nie
… aanvanklik het hy die afstand as verskoning gebruik vir die min kontak – dit het egter slegs gewerk toe sy nog klein was
… later in haar lewe het sy besef dat dit nie soseer die afstand was nie maar dat hy eenvoudig nie ‘n verhouding met haar wou hê nie
… sy was nie vir hom belangrik nie en sy het getwyfel of sy ooit vir hom belangrik sou wees
Jane se moeder het haar dogter probeer troos deur te sê dat dit vir beide van hulle voordelig is dat hy vir altyd uit hul lewens is
… hulle sou dus met hul lewens kon aangaan sonder dat hy dit telkens kom ontwrig
… die 36 jarige persoon (Jane) het volkome met haar ma saamgestem maar die 6 jarige dogtertjie het steeds na haar pappa verlang
Vol van wantroue en suspisieus ten opsigte mans, het Jane uiteindelik baie probleme in verhoudings ervaar
… aangesien sy innerlik oortuig was dat enige man met wie sy ‘n verhouding het haar enige tyd kon verlaat, het sy altyd ‘n deel van haarself terug gehou sodat die seer dan nie so oorweldigend sou wees nie indien hy wel sou uitstap
… sy was gevolglik beskermend en kontrolerend in haar verhoudings en geensins in staat om te ontspan en te vertrou nie
Tydens ‘n berading sessie (waar haar man Steve by was) het sy by tye baie emosioneel geraak en soos wat die onderdrukte emosies na die oppervlakte gekom het, huilend aan haar (afwesige) pa gevra:
“Was ek dan so sleg?”
“Waarom het jy nooit probeer om my te sien nie?”
Sy was oortuig dat die enigste keer wanneer sy hom wel sal sien, sal by sy begrafnis wees:
“Terwyl hy nog lewe, wil hy my nie sien nie – wanneer hy dood is, sal hy egter nie ‘n keuse hê nie!” was haar woedende woorde
Steve het op hierdie stadium haar hand geneem en saggies gesê:
“Ek is nie jou pa nie en ek sal jou nie verlaat soos wat hy gedoen het nie.”
Steve het haar in sy arms geneem en die sesjarige kind (in haar binneste) getroos wat onbedaarlik gehuil het
Jane wou weer van die berader weet:
“Waarom? Wat het ek gedoen wat so sleg was dat hy moes weggaan?”
Die berader het haar verseker dat sy niks gedoen het nie:
“Jane, dit was nie jou skuld dat hy weg gegaan het nie – wat ook al sy redes was, dit was nie jou skuld nie.”
Wanneer ‘n ouer op so ‘n wyse uitstap en gereelde kontak verbreek dan laat dit ‘n onvoltooide hoofstuk in so ‘n kind se lewe
… die einde van so ‘n hoofstuk word nooit geskryf nie
… maak nie saak watter ander verhoudings intussen gevestig geraak het nie, die een met die afwesige pa word nooit afgesluit of uitgesorteer nie
… daar is niemand vir wie jy kwaad kan wees nie, niemand wie jy kan konfronteer of beskuldig nie en niemand aan wie jy kan sê: “Pa, ek vergewe jou.”
… die ergste van alles is die suspisie dat die werklike rede waarom pa nooit terug gekom het nie is dat jy nie spesiaal genoeg vir hom was nie
Diegene wat op hierdie wyse verwerping beleef het, probeer gewoonlik om groot prestasies in die lewe te behaal met die hoop dat indien hulle genoeg kan bereik hul pa op ‘n wonderbaarlike wyse êrens gaan opdaag, ten einde laas trots op sy kind en met een of ander aanvaarbare verduideliking vir die jare van afwesigheid en verwerping
Maar dan kom daardie verskriklike oomblik wanneer jy die feite in die oë moet kyk dat jou pa ‘n gewone menslike wese is met foute en tekortkominge en soveel probleme van sy eie wat alles aanleiding gegee het tot die feit dat hy uitgestap het
Deur jouself verantwoordelik te laat voel vir jou misbruik, is ‘n poging om beheer oor jou situasie te verkry
… indien jy vir jouself kan sê dat jou ouer uitgestap het as gevolg van iets wat jy gedoen het, dan is daar altyd die kans dat hy/sy dalk kan terug keer indien jy verander
Om jouself egter te verlos van hierdie valse skuldgevoelens sal jy die feit moet aanvaar dat hy/sy moontlik nooit gaan terug keer nie, ongeag van wat jy ook al mag doen
… jy kan nie voortgaan om jouself verantwoordelik te hou vir sy/haar dade nie en jouself te blameer vir hul vertrek nie
… nadat jy ontslae geraak het van jou skuldgevoelens kan jy begin om jou sin vir eiewaarde te herbou
- Belangrikheid van die spieël-effek
Children need mirroring and echoing – dit moet kom vanaf hul primêre versorgers
… spieëling (morroring) beteken dat iemand daar is vir hulle en reflekteer wie hulle werklik is op enige gegewe moment
Wanneer ouers self worstel met ‘n klomp onverwerkte emosionele behoeftes, dan is hulle nie in staat om hierdie rol van spieëling teenoor die kind te vervul nie
… dit bevestig ook maar net die feit dat daar nooit aan hulle eie basiese behoeftes voldoen is nie
… sulke ouers is eintlik volwasse kinders wat steeds op soek is na ‘n ouer of ‘n objek wat geheel en al beskikbaar kan wees vir hulle
… vir sulke ouers is die mees geskikte objekte om hierdie behoeftes aan te spreek, dan ook hul kinders
Die kind wat hierdie rol vervul van te voorsien in die emosionele behoeftes van die ouer, ervaar dat hy/sy benodig word en dit is immers die teenoorgestelde van verwerping
… hierdie proses is egter die omgekeerde van die natuurlike orde aangesien die kind nou verantwoordelikheid neem vir die ouer se behoeftes terwyl dit eintlik die omgekeerde moet wees
… aangesien die kind daar moet wees vir die ouer, is daar niemand om die kind se gevoelens en ervarings te spieël nie en ook niemand wat omsien na sy/haar behoeftes nie
So dikwels is dit juis die scenario binne ‘n egskeidingsfase of daarna
Enige kind wat binne so ‘n milieu opgegroei het is emosioneel verwond as gevolg van hierdie basiese behoeftes waaraan nooit voldoen is nie
… as kinders het hulle liefde ontvang as gevolg van hul prestasies asook hul bereidheid om emosioneel beskikbaar te wees, eerder as wat dit gegaan het oor hulle as mens
… hul werklike en outentieke self is verwerp > dit het weer daartoe gelei dat hulle kontak verloor het met hul emosies en gevoelens
… niemand was daar vir hulle om hul gevoelens deur spieëling te bevestig nie
‘n Kind kan slegs sy gevoelens ervaar indien daar iemand is wat hom ten volle aanvaar en ondersteun
‘n Verdere gevolg van hierdie tipe emosionele verwerping (abandonment) is ‘n verlies van die sin van wie jy werklik is – jou werklike self
… indien iemand slegs gebruik word om aan andere se emosionele behoeftes te voorsien dan ontwikkel hierdie persoon op so ‘n wyse dat alle fokus slegs geplaas word op dit wat van hom/haar verwag word
… sy werklike self word dan eintlik nooit gekommunikeer nie – dit is asof hierdie persoon nie langer meer in homself is nie
… so ‘n persoon ervaar leegheid, futiliteit en voel sonder ‘n huis > identiteitskrisis [vrou sê die afgelope week: ek weet nie wie ek is nie!]
- Valse skuldgevoelens
‘n Belangrike stap onderweg na genesing is om te onderskei tussen enersyds verantwoordelikheid te aanvaar vir ons eie sondes, en andersyds die weiering om verantwoordelikheid te aanvaar vir die sondes wat teenoor ons gedoen is deur ander persone of situasies
- Passiewe misbruik
Die Engelse term, abandonment, is in hierdie verband nogal belangrik
Die afwesigheid van ‘n ouer impliseer abandonment vir die kind – dieselfde geld ook waar die kind voortydig ‘n ouer deur die dood verloor
Vir die kind in sy onderbewussyn waar die liefdestenk lê, impliseer dit egter abandonment
… dit geld veral dan ook egskeiding situasies waar die kind gewoonlik vir langer tye sonder een van die twee ouers moet wees
- Pa wat te besig is
Passiewe misbruik impliseer verder al die gereëlde tye wat ‘n kind sy pa se aandag vra maar pa is telkens te besig met iets anders soos TV kyk, koerant lees of rekenaar werk – die kind word dan telkens weggewys en opdrag gegee om homself besig te gaan hou met iets anders
- Die ouer wat nie emosie kan toon nie
Die ouer wat nie in staat is om enige emosies te toon nie gaan dit ook moeilik regkry om sy kind se liefdestenk te vul aangesien kinders geneig is om meer op ‘n spontane en emosionele vlak te reageer – die kind en hierdie ouer praat dus nie dieselfde taal nie
- ‘n Gebrek aan liefde tussen ouers
‘n Gebrek aan liefde tussen die ouers is nog ‘n vorm van passiewe misbruik
- Passiewe seksuele misbruik
Passiewe seksuele misbruik sou impliseer dat daar geen onaanvaarbare fisiese kontak enersyds is nie, maar andersyds ook geen fisiese kontak hoegenaamd nie – daar word nooit aan hierdie kind geraak nie
… daar is geen drukkies of handevashou – ook geen voorbereiding en bespreking van die tema van seksualiteit nie
- Emosionele bloedskande
Emosionele bloedskande het op sigself niks te doen met seksuele aspekte nie
… dit gaan eerder om ‘n ekstreme verwisseling van rolle
… by fisiese bloedskande word die kind in ‘n sekere sin ‘n surrogaat volwassene, ‘n seksuele substituut vir ‘n ouer
… in die geval van emosionele bloedskande word daar ook van die kind verwag om die rol van ‘n volwassene te vervul – in hierdie geval ‘n ouer vir die ouer te wees
Dit gaan gewoonlik om ‘n situasie waar die liefdesverhouding tussen ‘n ouer en kind in ‘n sekere sin onderstebo gekeer is
… op die onderbewussyn van die ouer lê die volgende gedagte: “Ek gee nie veel om vir my huweliksmaat nie maar ek het hierdie kind vir wie ek ontsettend lief is.”
… wat hierdie gedagte egter op ‘n dieper vlak impliseer, is die volgende: “My huweliksmaat gee nie aan my die liefde waarna ek smag nie (omdat beide van ons se tenks leeg is) maar ek kan dit wel van my kind kry.”
Die volwasse persoon wie se tenk dus leeg is, gaan nou na die kind wat so te sê
self niks in haar tenk oor het nie, om die bietjie wat nog oor is verder leeg te tap
- Stephanie se moeder was kronies depressief en het basies nie meer gefunksioneer as vrou en moeder nie
… sy was bedags in haar japon, het meeste van die tyd geslaap en baie pille gedrink
… op 8 jarige ouderdom was Stephanie reeds verantwoordelik vir die voorbereiding van meeste van die etes
… wanneer sy smiddae van die skool af gekom het, het sy eerste in die kamer gaan inloer hoe dit met Ma gaan – daarna sou sy begin om middagete voor te berei
… vir alle praktiese redes het Stephanie eintlik die Ma-rol oorgeneem
… sonder dat hy dit besef het, het Pa al swaarder begin leun op Stephanie, nie slegs wat die huishouding betref nie maar ook in terme van emosionele ondersteuning
… beide ouers het dus getap uit haar emosionele tenk terwyl dit eintlik die omgekeerde moes gewees het
Vroeër is die vraag dikwels gestel: “Was jou ouers beskikbaar vir jou?”
… rondom die probleem van emosionele bloedskande moet daar dan eerder gevra word: “Was jy op ‘n gereelde basis beskikbaar vir jou ouers? Was daar deurgaans deur hulle sterk op jou geleun vir emosionele ondersteuning?”
Aansluitend hierby ook die skade wanneer die kind die speelbal tussen die ouers word
- Moet soms as skeidsregter optree
- Word soms in middel van nag geskakel by universiteit wanneer daar huismoles is of pa onder die invloed wat skakel
Die kind word dus in ‘n volwasse rol ingedwing waarvoor hy/sy emosioneel nog nie gereed is nie (woede: een van die tipiese latere uitvloeisels)
- Keuse van ‘n huweliksmaat
As Ma oor die algemeen verbitterd is teenoor mans en spesifiek ook teenoor Pa, of Pa is verbitterd teenoor vroue in die algemeen en spesifiek ook teenoor Ma, gaan hierdie benadering geprojekteer word na hierdie kind
… hierdie is soms die rede waarom die seun of meisie ‘n huwelikskeuse maak wat eintlik ‘n ramp impliseer, en niemand in die familie kan verstaan waarom hierdie kind oënskynlik ‘n sluier oor die oë het
… ‘n deel van hierdie keuse hou egter verband met Pa en Ma se onafgehandelde woede
… hierdie kind leef in sy/haar keuse betreffende ‘n huweliksmaat eintlik die ouers se verwagting uit dat die teenoorgestelde geslag korrup is
- Praktiese riglyne
- Tipiese reaksies agv verwerping
- Vrees vir konflik (>lei tot probleme in jou eie huwelik: Piet en Baps)
- Leë emosionele tenk: maat moet oor en oor verseker van liefde – voel maklik bedreig, baie litdorings, soek voortdurend erkenning en waardering, veeleisend,
- Perfeksionisme > werkoholis > presteerder > uitbranding > depressie (verskillende vorme van verslawing as ontvlugting)
- Swak selfbeeld en lae eiewaarde
- Vind dit moeilik om grense neer te lê en ook ‘nee’ te kan sê (bang dat hulle andere sal seermaak en weer verwerping beleef
- Moeilik om andere se grense te aanvaar (omdat gou verwerp voel)
- Totale gebrek aan innerlike sekuriteit > neem moeilik besluite
- Talle saamwoon verhoudings is die gevolge van egskeiding deur ouers > vrees vir commitment (jong studentepaar: hy sê hy is lief vir haar en al van trou gepraat > raak nogtans drie keer in verhoudings betrokke – eie ma en pa het saamgewoon, nooit getrou, talle verhoudings > commitment is ‘n vreemde begrip vir hom)
- ‘n Belangrike stap onderweg na genesing is om lg aspekte in jouself te identifiseer > deur dit te verstaan, begin jy beheer daaroor kry
- Identifiseer en hanteer alle valse skuldgevoelens
- Belangrikheid van trauma sedert geboorte deurwerk
Die egskeiding en alles ook daarna (molestering deur stiefma of pa, ens)
- Voorbeeld van mediese dr se vrou wat 2jr sukkel om oor egskeiding te kom
- Indien aangenome kind > baie moeiliker wees om egskeiding te verwerk
- Die belangrikheid van vergifnis
Hierdie kwessie word eers hanteer nadat die skok en trauma en pyn deurgewerk is
Depressie, (rebelsheid, ongedissiplineerdheid) wat voortspruit uit die trauma van ouers se egskeiding is geneig om op te klaar nadat die betrokke ouer vergewe is
Kan ek almal vergewe wat betrokke was?
… hoe snaaks dit ook al mag klink, maar bitterheid en haat hou ons vasgeketting aan die persone en die pyn van die verlede
Die menslike wese is so deur God geskape dat verborge bitterheid, selfs waar ons onbewus is daarvan, skuldgevoelens skep wat weer uitloop op selfverwyt en lae eiewaarde
… so dikwels kry ons nie losgebreek vanuit hierdie bose sirkel nie omdat daar êrens op ‘n dieper vlak nog iemand is wat nie heeltemal vergewe is nie
Soms vind hierdie ervaring eers op ‘n heelwat later stadium plaas
- Pa en sy drie dogters na egskeiding
- God se onvoorwaardelike liefde
Die uitspraak in Ef 2:4-5 is in hierdie verband baie belangrik: “Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!”
Genade is God se liefde in aksie teenoor diegene wat dit nie verdien nie
Persone soos hierbo beskryf, voel dikwels onsettend minderwaardig en onwaardig – veral ook teenoor God
God sê daarom nie:
Ek het jou lief omdat…
Ek het jou lief aangesien…
Ek het jou lief in so verre as…
Ek sal jou liefhê as…
Ek sal jou liefhê wanneer…
Ek sal jou liefhê nadat…
Ek sal jou liefhê op voorwaarde dat…
Ek sal jou liefhê met die veronderstelling…
Die waarheid is egter dat God se liefde onvoorwaardelik is en dat Hy my aanvaar net soos ek is
Kinders wat uit egskeidings kom se Godsbelewenis is heel dikwels negatief beïnvloed: seun wat ateïs word omdat Pa uitgestap het in gr 5 en nooit sy beloftes nakom nie
Hierteenoor moet hulle die boodskap hoor dat ek spesiaal is – Bylaag C
Hulle moet ook vir hulself duidelikheid verkry oor wie ek in Christus is – Bylaag D
BYLAAG A DIE LIEFDESTENKS – I


BYLAAG C
EK IS SPESIAAL
Fred Littauer
- Ek is spesiaal – in die hele wêreld is daar niemand anders soos ek nie
- Sedert die begin van alle tye was daar nog nooit ‘n ander persoon soos ek nie. Niemand het my glimlag, my oë, my neus, my hare, my hande, my stem… Ek is spesiaal.
- Niemand kan gevind word met presies my handskrif nie.
- Niemand anders het presies my smaak vir kos, musiek of kuns nie – niemand sien dinge presies soos wat ek doen nie.
- Oor al die tye was daar niemand wat lag soos ek en huil soos ek nie. Dit wat my laat lag en laat huil sal ook nooit presies dieselfde lag en trane ontlok by enigiemand anders nie.
- Niemand reageer op enige situasie presies soos wat ek reageer nie – ek is spesiaal.
- Ek is die enigste een binne die hele skepping wat beskik oor my kombinasie van vermoëns. Daar sal altyd iemand wees wat op sekere punte beter is as ek maar niemand het hierdie selfde versameling talente en idees en vermoëns en gawes en gevoelens as ek nie. Soos ‘n kamer vol van musiek instrumente waar elkeen individueel ‘n mooi klank kan maak maar geensins kan vergelyk met die kombinasie van klank wanneer almal tesaam gespeel word. Ek is spesiaal.
- Deur die hele ewigheid sal niemand ooit lyk, praat, stap, dink of doen soos ek nie. Ek is spesiaal en uniek en in alles wat uniek en raar is, is daar groot waarde.
- Omdat ek so uniek is, is die nie vir my nodig om andere te probeer naboots nie. Daarom sal ek my verskille aanvaar en positief daarna kyk.
- Ek is spesiaal en ek begin om te besef dat dit nie per toeval is dat ek spesiaal is nie. Ek begin om te sien dat God my spesiaal gemaak het vir ‘n spesiale doel. Hy moet beslis ‘n taak vir my hê wat niemand anders presies op dieselfde wyse kan doen nie. Vanuit al die biljoene van applikante is daar slegs een wat kwalifiseer en slegs een beskik oor die regte kombinasie talente en vermoëns wat nodig is… dit is ek, omdat ek spesiaal is.
BYLAAG D
MY WARE IDENTITEIT: WIE IS EK IN CHRISTUS?
Ek is aanvaar in Christus
- Ek is God se kind (Joh 1:12)
- Daar is vrede tussen my en God (Rom 5:1)
- Ek is Christus se vriend (Joh 15:15)
- Ek is ‘ n uitverkorene van God (1 Pet 1:1)
- Ek is ‘ n geliefde van God (1 Joh 2:7)
- Ek is vrygespreek (Rom 5:1)
- Ek is een met die Here (1 Kor 6:17)
- Ek is duur gekoop en behoort aan God (1 Kor 6:20)
- Ek is deel van die Liggaam van Christus (1 Kor 12:27)
- Die Heilige Gees woon in my (Rom 8:9)
- Ek is heilig (Ef 1:1)
- Ek is aangeneem as kind van God (Ef 1:5)
- Ek het direkte toegang tot God (Ef 2:18; Hebr 10:19)
- Ek is verlos en vergewe van my sonde (Kol 1:14)
- Ek is volkome in Christus (Kol 2:10)
Ek is veilig in Christus
- Ek is waarlik vry (Gal 5:1)
- Ek is vry van die oordeel en van alle aanklagte teen my (Rom 8:1-2; 33-34)
- Ek kan nie van die liefde van God geskei word nie (Rom 8:35)
- Ek is bevestig, gesalf en beseël deur God in Christus (2 Kor 1:21)
- Ek is met Christus in God geborge (Kol 3:3)
- Niemand kan my uit God se hand ruk nie (Joh 10:28-29)
- Die goeie werk wat God in my begin het, sal voltooi word (Fil 1:6)
- Ek is ‘n burger van die hemel (Fil 3:20)
- Ek lewe vir ewig (Joh 11:26)
- Ek het ‘n gees van krag, liefde en selfbeheersing, nie van vrees nie (2 Tim 1:7)
- Ek ontvang barmhartigheid en genade wanneer ek dit nodig het (Hebr 4:16)
- Ek is uit God gebore en die duiwel het geen houvas op my nie (1 Joh 5:18)
- Hy wat in my woon is groter as hy wat in die wêreld woon (1 Joh 4:4)
- Alles werk vir my ten goede mee (Rom 8:28)
Ek is belangrik in Christus
- Ek is die sout van die aarde en die lig vir die wêreld (Mat 5:13,14)
- Ek is ‘n loot van die ware wynstok, waardeur Sy lewe vloei (Joh 15:1,5)
- Ek is uitverkies en aangestel om vrugte te dra (Joh 15:16)
- Ek is ‘ n persoonlike getuie van Christus (Hand 1:13)
- Ek is God se tempel (1 Kor 3:16)
- Ek is ‘ n bedienaar van versoening (2 Kor 5:18-19)
- Ek is God se medewerker (2 Kor 6:1)
- Ek heers saam met Christus in die hemele (Ef 2:6)
- Ek is God se skepsel, sy vakmanskap (Ef 2:10)
- Ek mag God met vrymoedigheid nader (Ef 3:12)
- Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee (Fil 4:13)
Recent Comments