Pastorale begeleiding van die self-mutileerder

Pastorale begeleiding van die self-mutileerder

 

IN DIE SKRIFLIG 46(2) 2012

 

Opsomming
In hierdie artikel blyk dit dat die toenemende voorkoms van self-mutilering onder jongmense in talle gevalle dien as uitlaatklep vir opgeboude druk en nie soseer as ‘n selfmoordpoging nie. Heel dikwels is dit ‘n uitvloeisel van mishandeling en/of seksuele misbruik en die persoon gebruik dan hierdie metode om van innerlike pyn ontslae te raak. Gevoelens van alleenheid, ‘n behoefte aan beheer, ‘n behoefte om net íéts te voel asook ‘n behoefte om die self te straf, kan ook ‘n rol speel. Die gesinsklimaat is oor die algemeen van besondere belang. Hierdie probleem bied aan pastorale beraders en aan die kerk ‘ n besondere uitdaging deur onder meer veel meer op die probleem van pyn asook die hantering daarvan te fokus. Dit hou verband met die feit dat ontkenning in die verlede ‘n groot rol gespeel het in sekere kerklike kringe en ook binne sekere gesinne. As deel van ‘n pastoraal-terapeutiese strategie in die begeleiding van die self-mutileerder kan aspekte soos die identifisering van die rol van  leuens, die benutting van oplossings uit die verlede, vergifnis, Nagmaal, gebed en meditasie gevolglik uiters belangrike komponente van die helingsproses vorm. Pastorale beraders sal hulself ten volle op die hoogte moet bring van die verskynsel van self-mutilering ten einde in staat te wees om werklik te kan help.

  

Abstract: Pastoral guidance for the self-mutilator
In this article it seems that the increase in the occurrence of self-mutilation among young people in many cases serves as a pressure relief valve and not a suicide attempt as such.  It is very often the outcome of ill-treatment and/or sexual abuse and the person uses this method to get rid of the inner pain. Feelings of alone-ness, a need to be in control, a need to feel at least something, and a need to punish the self could also play a role. The family climate is generally very important. This provides a special challenge for pastoral counsellors as well as the church by among others focussing more on the problem of pain and how to handle it. This is relevant to the fact that denial has played a significant role in certain church circles as well as within some families. As part of the pastoral-therapeutic strategy in helping the self-mutilator, aspects such as identifying the role of lies, the use of solutions from the past, forgiveness, the Lord’s Supper, prayer, and meditation are therefore very important components in the healing process. Pastoral counsellors will have to be well-informed about the phenomenon of self-mutilation in order to be able to be of real help.  

 

1.     Fokus en metodologiese vertrekpunt

In hierdie artikel word die volgende probleemstelling ondersoek: In watter mate kan pastorale begeleiding ’n terapeutiese rol vervul aan persone wat vasgevang is in self-mutilering? In dié verband word daar gefokus op die aktualiteit, omvang, asook redes waarom jongmense hulself mutileer. Tekens wat op ’n probleem sou kon dui, riglyne vir ’n moontlike behandelingsprogram,asook ’n aantal pastorale perspektiewe word ook aan die orde gestel. Betreffende metodologie is die vertrekpunt vanuit ’n psigologies-georiënteerde pastorale benadering. Al meer jongmense raak by hierdie probleem betrokke (soos wat deur statistieke in die volgende paragraaf aangedui sal word) en dit raak uiteraard ook kerklike lidmate. Die psigiater Frank Minirth (1994:22) toon aan dat 42% van diegene wat hulp soek eerstens na hul leraar sal gaan. Daarom is dit belangrik vir die die pastoraat om toegerus en op hoogte te wees van ’n probleem soos self-mutilering. Dit is egter ook belangrik dat pastorale beraders begrip sal hê vir die breëre psigologiese raamwerk waarbinne die problematiek van self-mutilering soms ingebed is – daarom dan die vertrekpunt van ’n psigologies-georiënteerde pastorale benadering.

 

2.     Aktualiteit en statistieke

Die tema van self-mutilering (self-sny) as verslawende gedrag het gedurende die afgelope dekade in al groter mate die onderwerp van ernstige studie en navorsing geword en uiteindelik ‘n gevestigde tema geraak binne die literatuur (Aizenman & Jensen, 2007:27; Penner, 2008:97; Gratz & Roemer, 2008:14).
Hierdie tipe gedrag gaan in teen die mens se diepste instink vir self-oorlewing en die vermyding van pyn. Horning (2010:107) beskryf die verhaal van ‘n 22-jarige student, Hester, wat as kind gemolesteer is, en vir wie die trek van ‘n lemmetjie oor haar arms en lieste totdat dit bloei, die gevoel van ware lewe geïmpliseer het:

 

“I began at 14, to take away my numbness – I know it must sound nuts but I think I’d anaesthetized myself against life, and feeling something was better than feeling nothing.”

 

Volgens Penner (2008:9), ‘n veteraan-jeugwerker wat reeds 30 jaar in sy privaatpraktyk intens betrokke is by die begeleiding van emosioneel verwonde jongmense en hul gesinne, het meeste volwassenes geen idee hoe ernstig die probleem van self-sny geword het binne die huidige generasie nie. Clark en Henslin (2007:10, 23) maak selfs die stelling dat die oorgrote meerderheid van professionele persone binne die veld van geestesgesondheid nie ten volle begrip het vir die kompleksiteit van die verskynsel van self-mutilering nie. Wat hierdie probleem verder kompliseer, gesien vanuit ‘n diagnostiese oogpunt, is dat, afgesien van die omvang van die probleem, self-mutilasie bloot beskryf word as ‘n simptoom wat verband hou met stres of grenspersoonlikhede, en nie ‘n spesifieke siekte nie. Terminologie wat hiermee verband hou, ontbreek ook grootliks in mediese woordeboeke (Hicks & Hinck, 2008:409). 
Die boek, Cutting: Understanding and overcoming self-mutilation, deur Steven Levenkron wat in 1999 verskyn het, was een van die eerste boeke wat spesifiek gefokus het op die probleem van self-mutilering. Levenkron was in daardie stadium oortuig dat daar in die algemeen kennis geneem moet word van ’n verskynsel wat besig was om deel te word van die Noord-Amerikaanse jeugkultuur. Levenkron se boek word steeds as ’n standaard teks beskou betreffende insig in die probleem van self-mutilasie (Penner, 2008:18). In die inleiding tot sy boek het Levenkron bereken dat self-mutilasie ’n probleem is vir ongeveer een uit elke 250 tienermeisies in die Verenigde State van Amerika (’n bietjie meer as ’n halfpersent). Hy beweer verder dat self-mutilasie in daardie stadium nie ’n probleem was vir seuns nie.
In 2006 is belangrike bevindinge egter gepubliseer deur die universiteite van Princeton en Cornell betreffende ’n omvangryke studie wat gedoen is onder hul studente (Whitlock, 2010). Hierdie studie, waarin meer as 3000 studente betrek is, het aangedui dat ongeveer 17% (een uit vyf meisies, en een uit sewe mans) self-mutilasie toegepas het op die een of ander stadium in die verlede. Hierdie resultate verteenwoordig ’n toename van epidemiese omvang vergeleke met Levenkron se syfers agt jaar tevore. Die respondente het meestal ook aangedui dat die gebeure in die geheim plaasgevind het. Gevolglik kan die afleiding gemaak word dat hierdie statistieke slegs die seekoei se oortjies is (Penner, 2008:18; Whitlock, 2010).
Volgens Whitlock (2010) het 12 tot 24% van jongmense in die ouderdomsgroep van 14 tot 25 self-mutilasie beoefen. Volgens Gratz en Roemer (2008:14) is die persentasie onder hoërskoolkinders 14 tot 21% en onder studente styg dit na 17 tot 41%. Sim, Adrian, Zeman, Cassano en Friedrich (2009:76) dui aan dat meer as 60% van adolessente wat in psigiatriese eenhede gehospitaliseer is, betrokke was by opsetlike self-mutilering.

 

3.     Definiëring en terminologie

Verskillende terme word gebruik in die beskrywing van self-destruktiewe gedrag: self-gerigte geweld, self-misbruik, self-benadeling, self-toegediende geweld, self-besering, self-sny, self-mutilasie, simboliese verwonding, self-aanval, outo-aggressie, deliberate self-harm syndrome en self-injurious behavior syndrome (Pattison & Kahan, 1983:867; Clark & Henslin, 2007:21; Penner, 2008:31; Ryan et al., 2008:238). Opsommend gestel, is self-mutilasie ‘n poging om jou emosionele toestand te verander deur aan jou eie liggaam fisiese skade te berokken sonder die bedoeling om selfmoord te pleeg. Self-snyers probeer dus om hul gevoelens te verander deur hulself seer te maak met oogmerke wat nie sosiaal erken en gesanksioneer word nie (Aizenman & Jensen, 2007:29; Penner, 2008:32; Lax, 2010:5; Whitlock, 2010). Hulle poog om op hierdie wyse psigologiese stres te laat afplat (Shamos, 2007:255). Holm en Severinsson (2010:52) beskryf hierdie aksie as ‘n poging om ‘n toestand van depersonalisasie te beëindig. Scholtz en Fiedeldey (1994:138) gebruik die volgende definisie as basiese vertrekpunt:

 

“Self-mutilation is a direct, physically damaging form of self-harm generally of low lethality, often repetitive in nature, and commonly employing multiple methods.”

 

Hicks en Hinck (2008:409) plaas belangrike klem met die volgende definisie:

“Self-mutilation is defined as the intentional act of tissue destruction with the purpose of shifting overwhelming emotional pain to a more acceptable physical pain.”

 

Van die mees algemene vorme van self-mutilasie is sny, brand, die uittrek van hare, jouself te slaan of jouself met iets te slaan, jouself te krap, die breek van eie bene, of die opsetlike toedien van ‘n oordosis van enigiets wat skadelik is vir die liggaam (Harmless, 2010b; Whitlock, 2010).

 

4. Moontlike oorsake vir self-mutilasie

Daar is nie ‘n simplistiese antwoord op die vraag na waarom jongmense hulself mutileer nie. Die motivering daaragter is nie altyd klinkklaar nie – meestal is dit ‘n verskeidenheid aspekte. Die mees algemene redes is oorweldigende emosies, depressie, angs, pyn en ontnugtering (Kern, 2007:33). Die volgende  verskeidenheid van moontlikhede sou egter deurgaans in gedagte gehou kan word.

 

4.1 ‘n Uitlaatklep vir opgeboude druk (pressure relief valve)

Self-mutileerders beskryf die proses van self-mutilering op verskillende wyses, maar ten diepste gaan dit om ‘n uitlaatklep vir opgeboude innerlike emosionele spanning.

 

“I do it because I can't get mad at people, at least on the surface. Anytime someone acts mean to me or anything, I just get sad. But it all wells up ... and then all of a sudden I just sorta snap. Then I run upstairs as fast as I can and cut until everything goes away” (Penner, 2008:78).

 

Self-toegediende pyn is dus vir talle ‘n kragtige, effektiewe, verslawende en onmiddellike manier om spanning te verlig. Fisiese pyn, die visuele stimulasie van bloed (of byvoorbeeld brandwonde) en die gepaardgaande gevoelens van verligting dien as afleiding vanaf emosies en omstandighede wat hulle nie kan of wil konfronteer nie (Clark & Henslin, 2007:46; Swannell, Martin, Scott, Gibbons, & Gifford, 2008: 102).

 

“They temporarily inflict physical pain to take away other emotional pain” (Gregston, 2006:43).

 

4.2  Die uitvloeisel van mishandeling en/of seksuele misbruik

Hicks en Hinck (2008:410) toon vanuit hul navorsing aan dat die enkele mees algemene eienskap van self-mutileerders ‘n geskiedenis van seksuele misbruik tydens die kinderjare is (vgl. ook Aizenman & Jensen, 2007:29).  Penner (2008:95) sowel as Whitlock (2010:5) bevestig hierdie sterk korrelasie, maar waarsku egter teen die foutiewe aanname dat elke self-mutileerder noodwendig seksueel misbruik is.

 

4.3 Die persoon het ‘n behoefte aan ‘n metode om van pyn ontslae te raak

Sommige persone gee uiting aan innerlike pyn deur trane of aggressie of deur hul toevlug te neem tot die een of ander substans. Ander gee egter uiting deur hulself te sny en te verwond.

 

“There are times when I just hurt too bad – too deep for tears – so I cut and it lets out some of the hurt. It’s like when you see the blood flowing out, the pain and fear are flowing out with it... I need to see the bad feelings bleed away... I couldn’t cry, and bleeding was a different form of crying” (Clark & Henslin, 2007:47).

 

4.4 Gevoelens van alleenheid

Self-mutilering word soms ingespan om gevoelens van alleenheid te hanteer. Dit kan wees nadat ouers deur ‘n egskeiding is, nadat die persoon self deur ‘n egskeiding is, nadat iemand aan die dood afgestaan is, of verwerping deur ‘n portuurgroep (Kern, 2007:33; Clark & Henslin, 2007:51; Harmless, 2010a).

 

4.5  ‘n Behoefte aan beheer en kontrole

Vir adolessente wat die wêreld moontlik as chaoties en vyandig mag beleef, kan self-mutilering ‘n wyse wees om outonomie te vestig. Hulle raak gevolglik hierby betrokke in ‘n poging om onbeheerbare omstandighede te probeer beheer (Kern, 2007:34; Hicks & Hinck, 2008:411; Whitlock, 2010).

 

“I felt totally calm and rational when I did it, like I was finally in control of my life. And the whole experience was such a relief” (Freeman, 2003).

 

4.6 Daar is ‘n behoefte om net iets te voel

Sommige sê hulle sny hulself ten einde te voel dat hulle nog lewe en dat alles ‘n werklikheid is. Om pyn te ervaar, is dan ook soms beter as om niks te ervaar nie – hierdeur vind daar as’t ware weer ‘n konneksie met die realiteit plaas (Swannell et al., 2008:102).

 

4.7  ‘n Manier om hulself te straf

Persone is van mening dat hulle nooit vergewe sal kan word vir persoonlike mislukkings in die verlede nie en dat hulle hulself gevolglik daarvoor moet straf (Gregston, 2006:39; Kern, 2007:34).

 

4.8 Die rol van die gesinsklimaat

4.8.1 Verbrokkeling van gesinsbande

Adolessente ly emosionele skade as gevolg van ‘n gebrek aan intieme tyd saam met hul ouers. Vanweë finansiële redes word beide ouers in talle gesinne verplig om te werk. Mense raak ook al meer geïsoleer van hul uitgebreide families. Die groter aantal enkelouers asook stygende egskeidingsyfers dra ook by tot ‘n terminering van gesinsverbintenisse (Selekman, 2002:7; Sim et al., 2009:86).

 

4.8.2 Te min tyd vir kinders

Selekman (2002:7) wys op die resultate van ‘n studie betreffende adolessente wat aantoon dat die betrokke groep se moeders gemiddeld agt minute per dag betrokke was in gesprekvoering met hul tieners, en die pa’s gemiddeld drie minute. Verder blyk dat ouers tans 40% minder tyd deurbring saam met hul kinders as 30 jaar gelede.

 

4.8.3 Kontrole en manipulering

Pogings deur ouers om deur kontrole en manipulasie ‘n probleem-tiener te beheer, intensifiseer gewoonlik die kompleksiteit van die probleem (YIP, 2006:139).

 

4.8.4  Negatiewe invloede van ‘n outoritêre pa

Selekman (2002:48) wys op die negatiewe invloed van ‘n outoritêre pa in sommige self-mutileerders se huise. Wanneer dit kom by enige besluitneming, is dit die pa wat alleenseggenskap het. In sommige gevalle sal aggressie of ander vorme van intimidasie gebruik word om veral die vroulike stemme in die gesin stil te maak (vgl. ook YIP, 2006:142; Sim et al., 2009:86).

 

4.8.5  Kommunikasieprobleme in ouerhuis

Kern (2007:34) maak die stelling dat ‘n groot aantal jongmense wat hulself sny ten einde beheer oor emosies te verkry, kommunikasieprobleme tuis ervaar. Die gebruik van ouerlike swye (parental silence) kan dan ook baie doeltreffend wees om die stem te doof van ‘n adolessente meisie wat behoefte het aan erkenning, bevestiging (validation) en meer outonomie (Selekman, 2002:18). In dié verband maak Clark en Henslin (2007:51) die stelling dat talle jong vroue vandag hul liggame as kennisgewingborde beskou. Die manier waarop hulle aantrek, hulself grimeer en/of hul liggame modifiseer, dra dikwels ‘n boodskap oor waarin dit om veel meer as net smaak of artistieke voorkeur gaan. “Self-inflicted violence makes audible their silent shrieks within.” (Whitlock, 2010: Selekman, 2010). Welsh (2004), wat vir 30 jaar onderrig gegee het aan ‘n hoërskool, vertel van ‘n gesprek met twintig hoërskoolseuns en -meisies wat almal betrokke was by self-mutilering. Uit die gesprek het geblyk dat in die meeste gevalle die verhoudings tuis met hul ouers haglik was en dat dit grooliks bygedra het tot emosionele laagtepunte, wat dan weer self-mutilasie tot gevolg gehad het.

 

4.8.6 Die rol van geïnternaliseerde leuens

Kern (2007:48) vertel die verhaal van Jackie, ‘n self-mutileerder. Een van die bydraende faktore hiertoe was ‘n verkragting vroeër in haar lewe waarna ‘n polisieman haar nie wou glo nie. Haar pa het haar boonop geroskam oor die tipe rok wat sy aangehad het en geen empatie getoon nie. Sy het dit beleef dat die hele situasie en almal betrokke die boodskap uitgeskreeu het:

 

“You deserve to be treated this way. Bad things happen to bad people.You’re not worth anything”

 

Sy het gevolglik probeer om hierdie boodskap stil te maak deur dwelms, seks, alkohol, self-mutilering en self-isolasie. Die leuen dat sy nie goed genoeg is nie, het gaandeweg diep ingeëts geraak in haar psige. Sodanige geïnternaliseerde leuens word verder versterk deur die aanwesigheid van die dinamiek van familiegeheime wat, volgens Selekman (2002:20), heel dikwels figureer binne gesinne van self-mutileerders. Die self-mutileerder kan byvoorbeeld met die geheim worstel van molestering deur ‘n gesinslid, of per toeval afkom op bedrog wat een gesinslid pleeg teenoor ‘n ander een. Met verloop van tyd eis die geheimhouding sy tol in terme van depressiewe
gevoelens en angs, wat weer die moontlikheid van self-mutilering verhoog (Kern, 2007:49).
Hierdie tipe situasie hou heel dikwels ook verband met ’n milieu waar emosionele eerlikheid nie geduld word nie. Gaandeweg gee dit dan aanleiding tot negatiewe gevoelens wat onder die oppervlak ‘septies’ raak en in so ’n mate intensifiseer dat dit uiteindelik op die een of ander wyse geventileer móét word.

 

“In our household we have to be brave. Crying is not allowed. My father has a very short temper and if you make noise that will annoy him like crying, he gets mad. I’m not incapable of crying, I just can’t. For my sake it’s best that I don’t. I do it (cutting) to stop thinking so that I have something else to occupy my mind in times of pain. I cry through the blood; my body cries for me” (Penner, 2008:22).

 

4.8.6.1 Emosionele bloedskande

Die frase ‘emosionele bloedskande’ word onder meer gebruik deur Hemfelt, Minirth en Meier (2003:56). Selekman (2002:8) gebruik in dié verband die term parentification. Hierdie proses sou plaasvind wanneer ouers misluk in die vervulling van ouerlike rolle as gevolg van siekte, probleme rondom substans misbruik of verhoudings wat skipbreuk gely het. In sommige gevalle sal ‘n kind (the parentified child) dan die rol begin vervul van ‘n tipe surrogaat-ouer, dien as terapeut vir ‘n enkelouer of ingetrek word as skeidsregter of fasiliteerder in die ouers se huwelik. Die grootste tragedie van so ‘n proses is die prysgawe van so ‘n jongmens se kinderjare.

 

4.9 Uiting aan onverwerkte trauma

In haar boek, A bright red scream: self-mutilation and the language of pain, verwys Strong (1998) na intensiewe onderhoude met 50 persone wat self-mutilering toepas, waarin hulle hul verhale vertel. Sy verweef hierdie verhale met opsommings van relevante navorsing asook kommentaar deur kliniese outoriteite. ‘n Dominante tema dwarsdeur hierdie beskrywing is dat self-mutilering ‘n stem gee aan ongemetaboliseerde kinderjare-trauma. YIP (2006:134) verwys ook binne dieselfde verband na die rol van interpersoonlike konflik asook ongelukkige kinderjare en trauma.
Swenson (1999:1234) wys egter op die resultate van sekere navorsing wat aantoon dat in 50% van gevalle van self-mutilering daar nie noodwendig ‘n trauma-geskiedenis was nie. In berading sal dié aspek dus ook in gedagte gehou moet word.
Clark en Henslin (2007:108) haal navorsing aan van dr. Bessel van der Kolk, ‘n outoriteit op die gebied van post-traumatiese stres, wat daarop dui dat ‘n ooraktiewe amigdala en ‘n onderaktiewe hippo-kampus in die brein verhoed dat traumatiese gebeure analities en beheers geprosesseer word. In plaas dan daarvan om onaangename omstandighede as pyn van die verlede te beskou, herbeleef sommige slagoffers van trauma die gebeure telkens asof dit steeds voortgaan en steeds ‘n gevaar is. Hierdie patroon word dan ook dikwels waargeneem by self-mutileerders. As gevolg van gebeure in die verlede is stresvlakke voortdurend tot die maksimum verhoog. Om uit hierdie situasie te probeer wegbreek, word daar dan gebruik gemaak van gemoedsveranderende substanse (soos alkohol, pille of kos) of gemoedsveranderende gedrag (soos promiskue seks of self-mutilasie) ten einde alle gevoelens in hul denke en liggame uit te blokkeer.

 

4.10 Pynvolle interpersoonlike verhoudinge

Holm en Severinsson (2008:33) haal verskillende studies aan waarin verskillende aspekte rakende interpersoonlike verhoudinge beklem-toon word wat uiteindelik bydraende faktore is tot self-mutilering. By verskeie van die self-snyers was daar situasies wat aanleiding gegee het tot gevoelens van verwerping en emosionele stres.

 

5. Moontlike simptome wat aanduidend van self-mutilering is

Die volgende lys van gedragswyses, simptome of tekens sou kon dui op ‘n moontlike probleem betreffende self-mutilering (Pattison & Kahan, 1983:867; Gregston, 2006:63; Clark & Henslin, 2007:119; Penner, 2008:49; Seligman, 2010:51; Whitlock, 2010):

  • Onverklaarbare littekens, snye, krapmerke of brandmerke

Die mees algemene plekke op die liggaam waar self-mutilering toegepas word, is op die arms of bobene.

  • Hulle dra langmouhemde of langbroeke selfs wanneer die weer of die geleentheid iets gemakliker sou vereis

Hul hoogste prioriteit is om hul geheim te bedek, ondanks eie gemak.

  • ‘n Verskeidenheid van armbande

Armbande kan by geleentheid bloot ter versiering wees - self-mutileerders sou egter ‘n verskeidenheid van armbande kon dra ten einde die snymerke en letsels op hul arms te verberg.

  • Gebreekte wegdoenbare lemmetjies

Waarskynlik die maklikste bekombare skerp voorwerp in meeste huise is die wegdoenbare lemmetjies wat in skeermesse gebruik word.

  • ‘n Versameling van skerp voorwerpe

 

“Carrying a prized knife at all times gives the self-injurer a sense of control – if something should go emotionally wrong, he or she has the option of taking care of it immediately” (Penner, 2008:51).

 

  • Bebloede watte, sneesdoekies of toiletpapier, of bloed op handdoeke, waslappe, ens.

Indien hierdie verskynsel geneig is om ‘n gereëlde patroon te word, kan dit ‘n rooilig wees. Gee veral aandag aan bloedmerke wat in die vorm van ‘n lyn is.

  • Eerstehulp voorraad of antiseptiese salwe langs die bed of in die badkamer
  • Arms en veral gewrigte wat gekrap en gevryf word

Snye is gewoonlik jeukerig wanneer dit genees. ‘n Kombinasie van lang moue en konstante vryf en krap van die arms sou kon dui op self-mutilering.

  • Die emosionele ‘roller coaster’

As gevolg van die intense emosies wat dikwels die dryfkrag is agter self-mutilerende gedrag asook die intense en onmiddellike verligting wat gepaard gaan met ‘n sny-episode, is dit nie ongewoon om ekstreme emosionele siklusse by self-mutileerders waar te neem nie.

  •  ‘n Onwilligheid om deel te neem aan sekere aktiwiteite

Hier sal dit tipies gaan om aktiwiteite waar die liggaam in mindere mate bedek is, soos swem, of oefen in ‘n gimnasium.

  • Dwelm- en alkoholmisbruik

Dit blyk algemene saamlopers te wees van opsetlike self-benadeling.

  • Ongereelde slaapgewoontes.
  • Donker gedagtes en kommentaar.
  • Persone wat hulself terugtrek en isoleer van ander.
  • ‘n Houding van futiliteit wat in hul gesprekke te bespeur is.
  • Gebrek aan eetlus.
  • Gebrek aan lewenslus.
  • ‘n Algemene gebrekkige respons van hulle kant af.
  • Intense weerstand teen ‘n roetinebesoek aan ‘n huisdokter of om vir mediese hulp te gaan.
  • In die persoon se vriendekring is daar persone wat self-mutilering toepas.
  • Die taalgebruik van die persoon dui voortdurend op ‘n lae eiewaarde asook die behoefte om gestraf te word.
  • Die gesin/familie het ‘n geskiedenis van geestesproblematiek.

 

6. Belangrike pastorale riglyne vir die begeleidingsproses van die self-mutileerder  

Kern (2007:35) wys op die feit dat daar nie altyd in die kerk genoeg oor pyn gepraat is nie en dat dit weer aanleiding gegee het tot ‘n mate van ontkenning betreffende eie wroeging en worsteling. Penner (2008:10) maak in dié verband die volgende krities belangrike uitspraak betreffende die verskynsel van self-mutilering onder kerklike jongmense:

 

“But our finding ways to share that hope and healing with hurting teenagers has to begin by recognizing that this brokenness exists in our midst. There may very well be kinds in our congregations – kids of fine-looking families – who are choosing to deal with their pain in self-destructive ways.”

 

Dit is dus belangrik dat die pastoraat ook op die probleem van self-mutilering sal fokus, en vervolgens ’n aantal praktiese riglyne in die verband. Die keuse van hierdie riglyne vind op ’n eklektiese wyse plaas (Meier, Minirth, Wichern & Ratcliff, 2000:29) aangesien dit elemente verteenwoordig vanuit die narratiewe benadering, die kognitiewe benadering asook die sisteemteorie.

 

6.1 Ontrafel knope in die gesin

Selekman (2010:135) verwys na tipiese dilemmas binne die gesin van ’n self-snyer as ‘knope’ in so ’n gesinstruktuur – die uitdaging aan die berader is om hierdie knope te ontrafel. In die verband gee hy die volgende twee belangrike riglyne:

 

6.1.1 Help die gesin om deur ontkenning te breek

Aangesien talle self-mutilerende jongmense hul brand- en snymerke verberg vir ouers en ander volwassenes deur die dra van langmouhemde en langbroeke en ook relatief goed funksioneer in meeste areas van hul lewens, sou ouers onder die indruk kon wees dat daar nie noodwendig ’n probleem is nie. In teenwoordigheid van die kind moet die ouers gevolglik met die konkrete feite gekonfronteer word.

 

6.1.2 Belangrike terapeutiese take om te verrig

Selekman (2010:19) wys ook op die volgende belangrike terapeutiese take om te verrig betreffende die gesin van ‘n self-mutilerende adolessent:

·        Konfronteer alle aftakelende gesinsinteraksies gekoppel aan tradisionele patriargale sosialiseringspraktyke (Pa het die finale sê en duld geen ander opinies nie).

·        Skep ‘n veilige terapeutiese klimaat waarin toestemming verleen word aan die self-mutilerende adolessent om hul woede of enige ander onaangename gedagtes of negatiewe emosies wat hulle sou ervaar in spesifieke gesinsverhoudinge of enige ander sosiale konteks te mag eksternaliseer – “replacing impulsive action with ‘words’ is one of the main keys to successful treatment with self-harming adolescents” (Selekman, 2010:19).

Sim et al. (2009:88) voeg in die verband ook die volgende by:

 

“It is likely that teaching parents ways of communicating, understanding and guiding children’s emotional behavior would promote healthy emotional and psychological development.”

 

6.2 Eksploreer oplossings en raad vanuit die verlede

Dit is belangrik om saam met die adolessent alle vorige suksesse te evalueer – evalueer situasies waar hulle dit reggekry het om wel hul gemoedstemming te beheer en stresvolle situasies te oorkom. Identifiseer dan beginsels wat  toegepas kan word op die huidige situasie (Selekman, 2010:22).

 

6.3 Die belangrikheid van neutrale nie-bedreigende gesprekke

Clark en Henslin (2007:124) gee die volgende praktiese raad:

 

“Wisdom resists over-interpretation. You can best honor those you love by observing the signs, praying diligently, opening the door for others to share their struggles, and confronting behaviors when needed.”

 

Indien dit sou blyk dat iemand self-mutilering toepas of weer daarin verval het, is die beste raad om betrokke te raak deur middel van neutrale nie-bedreigende gesprekke. Indien daar ‘n noue emosionele band met die betrokke person is, gaan dit uiteraard moeilik wees, maar eise en woedende reaksies gaan nie die gewenste reaksie ontlok van ’n self-mutileerder wat emosioneel verwond is nie. Lax (2010:5) verwoord dieselfde beginsel soos volg:

 

“Telling someone to stop self-harming is likely to make the situation worse, as a person cannot even begin to think about stopping until they have other ways to deal with their feelings.”


Hierdie tipe gesprekke vereis ’n sagtheid (gentleness) en baie geduld. Op hierdie wyse kan die berader deel word van ’n gesonde en langtermyn-herstelproses.
Binne dieselfde verband maak Gregston (2006:20) die volgende belangrike
stelling:

 

“The source of the problem becomes the main issue. The main issue, which is not the cutting, must remain the main issue. And parents have got to quit thinking that the band-aid of ‘just stop doing that’ is going to ‘fix’ anything.”

 

6.4 Onttrekkingsimptome

Wanneer gewoonte self-mutileerders op hul eie sou probeer om die proses te termineer, sou hulle onttrekkingsimptome kon ervaar soortgelyk aan die ervaring van ‘n rehabiliterende dwelmverslaafde. Die aksie van sny of brand het telkens daartoe gelei dat ’n pynstillende chemiese bestanddeel afgeskei is waaraan die persoon uiteindelik verslaaf geraak het. Die gevolg hiervan kan onder meer wees aggressiewe en hiperaktiewe gedrag, asook oormatige angs wat kan dreig om hulle emosioneel te oorweldig. Talle gee uiteindelik weer toe aan hierdie emosies en dit kan lei tot ’n selfs meer aggressiewe siklus van self-benadelende gedrag (Clark & Henslin, 2007:100; Penner, 2008:93).

 

6.5 Die belangrikheid van elkeen se verhaal

Volgens Selekman (2002:18) is daar drie sterk kragte wat bydra tot die ontwikkeling en handhawing van aftakelende gesinsinteraksies, asook tot die stilmaak van veral van meisies wat self-mutilering toepas: a) die verkeerde hantering van woede; b) sterk patriargale en kulturele voorskrifte betreffende die wyse waarop ’n vrou behoort te dink en op te tree; en c) gesinsgeheime. Teen hierdie agtergrond is dit van kritiese belang dat beraders daarop sal fokus om die self-mutileerders se ‘stem’ hoorbaar te maak in sessies met die gesin (Scholtz & Fiedeldey, 1994:143).

 

“When an individual is feeling a strong sense of hopelessness, a lack of power, and relatively little control in his or her family, cutting, burning, substance abuse and eating disorders can give the person a false sense of being in control” (Selekman, 2002:18).

 

6.5.1 Werk die verlede deur

Clark en Henslin (2007:74) haal navorsing aan wat daarop dui dat ongeveer 50% van self-mutileerders rapporteer dat hulle misbruik is as kind, hetsy fisies en/of seksueel (YIP, 2006:143). Wat persentasies betref, gaan Holm en Severinsson (2008:32) selfs nog verder met die volgende stelling:

 

“Up to 80% of individuals experience emotional pain that is an adaptive response to repetitive traumatic experiences in childhood.”

 

Herhaaldelike misbruik, veral deur diegene wat vertrou word, impliseer emosionele vernietiging van die hoogste orde. Clark en Henslin beskryf dit as ‘sielsmoord’. Dit is dus uiters belangrik dat die pyn van die verlede tydens die terapeutiese proses aan die orde kom.

 

6.5.2 Identifisering van enige onverwerkte seksuele trauma

’n Belangrike komponent van die eksplorering van die verlede is om veral enige onverwerkte seksuele trauma te identifiseer (YIP, 2006:141).

 

6.5.3 Vra uit na hoe alles begin het

Vra die persoon wat self-mutilering toepas, om te vertel hoe alles begin het. Vra in watter mate hierdie hele aangeleentheid soms emosioneel oorweldigend is en ook watter gedagtes en gevoelens betrokke was by die eerste daad, en ook telkens daarna. Daar kan spesifiek gevra word of daar ’n sekere tyd van die dag of spesifieke situasies is wat gevoelens aktiveer om self-mutilering toe te pas en ook of daar bepaalde persone is wat hierdie emosies telkens sneller.
Hou ook deurgaans in gedagte dat dit aanvanklik angswekkend mag wees vir iemand wat vir ’n tyd lank hierdie praktyk beoefen het om te dink dat daar  voortaan sonder hierdie moontlikheid voortgegaan sal moet word (Kern, 2007:89).

 

6.6 Vervang leuens met waarheid

Die self-mutileerder is dikwels verward as gevolg van negatiewe veronderstellings en leuens (Kern, 2007:67; Penner, 2008:60). In die lig hiervan interpreteer die ontwikkelende denke van die adolessent hul persoonlike geskiedenis en kom tot gevolgtrekkings met betrekking tot hul persoonlike identiteit. Omdat liefdevolle en objektiewe volwassenes dikwels ook ontbreek in die lewe van talle adolessente, word sulke negatiewe veronderstellings selde bevraagteken. Die gevolg is dat sulke jongmense krampagtig kan vasklou aan sulke veronderstellings aangesien dit ’n verklaring bied met betrekking tot gebeure van die verlede. Luister na Mandy se pynvolle verduideliking van hierdie soort ervaring:

 

“Life works for me as long as I view myself as a worthless piece of crap. I am useless, I am nothing. I am unlovable, and that's why my mom drank when I was little. I am a whore so I was sexually abused when I was seven. I am a slut which is why I was raped when I was 13” (Penner, 2008:60).

 

Binne die denke van ’n tiener is skaamte (shame) gelykstaande aan foutief en disfunksioneel. Skuldgevoelens het gewoonlik te doen met dit wat die persoon gedoen het, terwyl skaamte verband hou met wie die persoon is. Die wanhoop wat voortspruit uit die oortuiging dat daar niemand is wat omgee nie, versterk soveel te meer die greep van self-mutilerende gedrag (Bradshaw, 2005:144).
Solank die negatiwiteit rondom selfbeeld in plek is, vervul dit slegs een funksie, naamlik om te kompenseer vir die tekortkominge deur maskers en kamoeflering – soos wat die geval is met jongmense wat hul eie liggame mutileer. Die gevoelens van selfveragting word na binne gekeer en die emosies word geventileer deur middel van self-toegediende wonde.

 

6.6.1 Konfronteer die leuens

Omdat hierdie leuens heel dikwels gegenereer is binne teleurstellende verhoudings, is dit nodig dat hulle gekonfronteer en uitgedaag word deur liefdevolle, konsekwente en toegewyde verhoudings. Die mees effektiewe wyse waarop daar reageer kan word teenoor jongmense wat sulke verdraaide veronderstellings omtrent hul eie identiteit het, is om hulle te help om die waarheid van hul identiteit in Christus te ontdek en te omhels (McDonald, 1995:209; Thurman, 1999:77; Kruger, 2010:158).

 

6.6.2 Vernuwing van denke

Vernuwing van denke impliseer vir jongmense wat hulself mutileer, dat hulle leer om te glo wat God van hulle sê eerder as die gevolgtrekkings wat hulle van hulself gemaak het (vgl. Rom 12:2). Dit gaan onwillekeurig dan ook daartoe lei dat hulle die verdraaide interpretasies en leuens eenkant skuif – dit wat klaarblyklik sin gemaak het te midde van verwarrende gebeure en pynvolle omstandighede.
Dit alles gaan ’n geweldige risiko inhou, aangesien die prysgawe van die ou veronderstellings daadwerklik die prysgawe van kontrole en beheer gaan impliseer. Kontrole en beheer is een van die sentrale temas betreffende die motivering agter self-mutilerende gedrag. Om pyn te beheer; om andere se sieninge te beheer; om verhoudings te beheer; om die toekoms te beheer en om die eie liggaam te beheer (Kern, 2007:129).

 

6.6.3 Hantering van onbevraagtekende veronderstellings en leuens

Penner (2008:114) bespreek die volgende voorbeelde van tipiese leuens wat oor die algemeen aanvaar word as die waarheid deur die emosioneel verwonde persoon, aangesien dit by geen geleentheid in die verlede bevraagteken is nie.

 

My keuse beïnvloed niemand anders nie

 

Die leuen dat self-mutilering niemand anders raak nie, word uitgedaag deur die waarheid van Paulus se woorde in 1 Kor 12:25: “… sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra. As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.”

 

Dit is my liggaam en ek kan daarmee doen wat ek wil

 

Self-mutileerders verklaar eintlik deur hul gedrag dat hulle hul eie liggame teruggeneem het. Om te verklaar, “Hierdie is myne!” skep ten minste die illusie van mag en veiligheid.
Hierteenoor staan egter die uitspraak in 1 Kor 6:19-20: “Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? … julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik” (Clark & Henslin, 2007:45; Holm & Severinsson, 2010:55).

 

Indien ek die self-mutilering sou termineer, sal ek geen doeltreffende manier hê om my pyn te hanteer nie

 

Op ’n punt soos hierdie is die berader se rol nie om ’n alternatief voor te stel nie, maar om eerder ’n verhouding aan te bied aan jongmense wat huiwerig is en hulself op ’n afstand hou aangesien hul vertroue in die verlede telkens verraai is (Selekman, 2002:183; Gregston, 2006:48).

 

Indien ek nie myself sou mutileer nie, sal mense geen idee hê van hoeveel pyn ek aan die binnekant het nie

 

‘n Aspek soos hierdie bied aan die berader die uitdaging om ‘n kwaliteit-verhouding met sulke jongmense te ontwikkel. Volle erkenning sal gegee moet word aan hul behoefte aan verhoudings terwyl die metodes waardeur hulle dit probeer bereik egter uitgedaag moet word.
In reaksie op die leuen dat niemand hul pyn sal raaksien tensy hulle hulself mutileer nie, moet daar aan sulke verwonde jongmense die waarheid gebied word van ’n gemeenskap wat sensitief is vir hul behoeftes en ook daarop gefokus is om hulle op te bou (Kern, 2007:75; Clark & Henslin, 2007:56).

 

Ek moet sny want dan kom mense nie naby my om my seer te maak nie

 

Die enigste manier waarop hierdie leuen wat mense op ’n afstand probeer hou, sinvol uitgedaag kan word, is weer eens deur gesonde verhoudings. Om bloot daaroor te praat, gaan geen verskil maak nie. Om daaroor te preek, gaan hulle nie oortuig nie. Inteendeel, sal hierdie jongmense moet ervaar dat iemand regtig vir hulle omgee en vir hulle lief is (Brown, Williams & Collins, 2007:798).

Ek het steeds skuldgevoelens en kan myself nooit genoeg straf nie

 

Dit is ’n groot uitdaging om self-mutileerders te help om ware skuldgevoelens te onderskei van die valse skuldgevoelens wat hulle onregmatiglik op hulself geplaas het. Sulke jongmense is dikwels geneig om hulself te straf vir wie hulle is, eerder as vir wat hulle gedoen het. Penner (2008:119) sê dat wanneer hy die woorde lelik, stupid en verwerplik uitgekerf sien op ’n meisie se arm en sy hom vertel dat sy haarself sny omdat hierdie woorde waar is van haar, dan besef hy dat sy haar behoefte aan vergifnis (wat vryheid van skuldgevoelens meebring) verwar het met haar behoefte aan aanvaarding (wat ware hoop en heling meebring). Die goeie nuus van die Evangelie is dat sy ten volle aanvaar en ook ten volle vergewe is (Clark & Henslin, 2007:132; Hicks & Hinck, 2008:411; Holm & Severinsson, 2010:55).

 

Indien ek self-mutilering sou prysgee, kan ek moontlik uiteindelik iets erger aanvang

 

Net soos sommige van die ander leuens is hierdie een ook gewortel in vrees. Die spesifieke vrees by talle self-mutileerders is dat indien hulle die self-mutilerende gedrag sou beëindig  dit sou kon lei tot selfmoord. Hulle betaal gevolglik ’n groot prys ten einde selfmoord te prober verhoed en in hierdie opsig moet daar erkenning gegee word aan hul volharding en uithouvermoë. Wanneer hierdie leuen gekonfronteer word, is dit gevolglik belangrik om spesifiek erkenning te gee aan hierdie jongmens se begeerte om aan die lewe te bly. Hulle moet ook gewys word op die belangrikheid van hierdie  sterk punt wanneer hulle alternatiewe en minder destruktiewe wyses van oorlewing gaan eksploreer (Pattison & Kahan, 1983:867; Whitlock, 2010).

 

6.7 Die rol van vergifnis

Om ander te vergewe, kan vir die self-mutileerder ’n baie moeilike saak wees (Clark & Henslin, 2007:190). Hier moet in gedagte gehou word dat vergifnis nie noodwendig jare se pyn uitkanselleer nie. Die persoon moet ook toegelaat word om te praat oor die seer terwyl daar deur vergifnis gewerk word. Vergifnis is inderdaad ’n proses.
Wanneer dit sou blyk dat die proses van vergifnis geneig is om sekere oorweldigende emosies te sneller, dan is dit raadsaam om dit eerder saam met ’n berader te eksploreer wat begrip het vir die proses (Kern, 2007:171; Penner, 2008:95).

 

6.8 Die rol van Nagmaal

Clark en Henslin (2007:194) verwys na die geval van ’n self-mutileerder, Natalie, wat ’n sewe jaar lange stryd met self-sny gehad het. ’n Belangrike komponent van haar pad na genesing was die tyd wat sy bestee het aan haar geloof en geestelike transformasie. As deel hiervan het sy die besondere genesingskrag van Christus se inkarnasie ervaar deur die gereelde gebruik van Nagmaal. Sy beskryf haar ervaring soos volg:


“Sometimes the only thing that got me through the week was the Eucharist on Sunday and the symbolism of deep truths there. Taking Christ's body into mine and acknowledging that my body is holy now and belongs to God, that I am in fact a part of the body of Christ, meant so much. It made me realize that when I harm my body I am harming the body of Christ. The wine symbolizing Christ's blood coming inside me and cleansing every part of me reminded me it was done. I am clean, I am forgiven, and there is nothing else I have to prove” (Clark & Henslin, 2007:194).

 

6.9 Gebed en meditasie

Gebed en meditasie kan ‘n belangrike fasiliterende rol vervul met betrekking tot die innerlike vrede wat God vir die mens begeer. Self-mutileerders kan bemagtig word in die aanleer en effektiewe beoefening van hierdie geestelike dissiplines (Clark & Henslin, 2007:193).

 

6.10 Die rol van die kerk

Christen-jongmense wat worstel met self-mutilering ervaar ’n oorweldigende skuldgevoel as gevolg van hul klaarblyklike onvermoë om God se genesende krag vir hulself toe te eien. Dit wil voorkom asof God in staat is om al die ander persone te help om in oorwinning te leef, terwyl hulle slegs ’n reeks mislukkings beleef. Penner (2008:70) verwoord Mike se gevoelens in die verband soos volg:


“I look around me during the worship time at youth group. Everyone seems so into it with their hands raised and big smiles on their faces. I couldn't raise my hands even if I felt like it, cuz then everybody'd just be staring at my ugly arms. We sing songs about how God can take away our pain and heal our hurts, but my guess is that not one of those goody-goodies has ever had any real pain or hurt in their life.” 


Wanneer lidmate worstel met sodanige gevoelens van skuld en vervreemding en daar dan by kerklike leierskap ook nog die onvermoë bestaan om gepas te kan reageer op self-mutilerende gedrag, lei dit tot ’n groep gelowiges wat desperaat alleen is in hul pyn.
Volgens Kern (2007:34) is daar ’n groot behoefte aan meer gesprekke, veral ook in die kerk, betreffende die rol van pyn in mense se lewens. Aansluitend hierby doen Clark en Henslin (2007:150) ’n beroep op Christen-beraders om in ’n groter mate die belangrikheid van geestelike heling te modelleer.

 

7. Samevatting

Die verskynsel van self-mutilering by jongmense blyk ’n groeiende probleem te word. Dit gaan duidelik nie primêr om ’n poging tot selfmoord nie, maar eerder om ’n noodkreet betreffende diep innerlike letsels en wonde. Aan die pastorale berader sowel as die kerk bied dit ’n besondere uitdaging. Daar sal indringend kennis geneem moet word van basiese vertrekpunte en houdings wat bevorderlik kan wees
vir heling en genesing in die lewens van emosioneel gekwetste en verwarde jongmense.

 

Sleutelterme

-        Self-mutilering

-        Self-sny

-        Self-destruktiewe gedrag

-        Self-benadelende gedrag

 

Key concepts

-        Self-mutilation

-        Self-cutting

-        Self-destructive behaviour

-        Self-harm behaviour

 

BIBLIOGRAFIE
AIZENMAN, M. & JENSEN, M.A.C.

2007.  Speaking through the body: the incidence of self-injury, piercing, and tattooing among college students. Journal of College Counseling, 10: 27-43.

AMERICAN PSYCHIATRIC ASSOCIATION (APA).

2000. Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders. 4th ed. Washington, DC.

BRADSHAW, J.

2005. Healing the shame that binds you. Deerfield Beach, Florida: Health Communications.

BROWN, S.A., WILLIAMS, K. & COLLINS, A.

2007. Past and recent deliberate self- harm: Emotion and coping strategy differences. Journal of Clinical Psychology, 63(9): 791-803.

CLARK, J. & HENSLIN. E.

2007. Inside a cutter’s mind. Colorado Springs, Colorado:THINK, NavPress.

FREEMAN, H.

2003. Girls who cut. The Guardian, 2 Sept. 2003. Verkry vanaf: uhttp://www.guardian.co.uk/health/story/0,3605,1033775,00.html Datum van gebruik: 25 Junie 2006.

GRATZ, K.L. & ROEMER, L.

2008. The relationship between emotion dysregulation and deliberate self-harm among female undergraduate students at an urban commuter University. Cognitive Behavior Therapy, 37(1): 14-25.

GREGSTON, M.

2006.  The phenomenon of cutting. Texas: Heartlight Ministries.

HARMLESS.

2010a.  Factsheet 1. Advice for young people. Harmless is a user led organization that provides a range of services about self harm. http://www.harmless.org.uk/downloads.php?cat_id=1  Datum van gebruik: 14 Sept. 2010.

HARMLESS.

2010b.  Factsheet 2. Advice for friends and family. Harmless is a user led organization that provides a range of services about self harm. Verkry vanaf: http://www.harmless.org.uk/downloads.php?cat_id=1 Datum van gebruik: 14 Sept. 2010.

HEMFELT, R., MINIRTH, F. & MEIER, P.

2003: Love is a choice. Nashville: Thomas Nelson.

HICKS, K.M. & HINCK, S.M.

2008. Concept analysis of self-mutilation. Journal of Advanced Nursing, 64(4): 408-413.

HOLM, A.L. & SEVERINSSON, E.

2008. The emotional pain and distress of borderline personality disorder: A review of the literature. International Journal of Mental Health Nursing, 17: 27-35.

HOLM, A.L. & SEVERINSSON, E.

2010. Desire to survive emotional pain related to self-harm: a Norwegian hermeneutic study. Nursing and Health Sciences, 12: 52-57.

HORNING, G.

2010. Cutting. Cosmopolitan, 107-108, October.

KERN, J.

2007. Scars that wound: scars that heal. Cincinnati, Ohio: Standard Publishing.

KRUGER, R.

2010. Pastorale begeleiding van die emosioneel verwonde persoon met betrekking tot geïnternaliseerde leuens. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit. (Proefskrif – Ph.D).

LAX, R.

2010. Self-harm: looking behind the injury. Practice Nurse, 39(4): 5.

LEVENKRON, S.

1999. Cutting: Understanding and overcoming self-mutilation. New York City: W.W. Norton.

MCDONALD, A.N.

1995. Repressed memories. Can you trust them? Grand Rapids, Michigan: Fleming H. Revell.

MEIER, P.D., MINIRTH, F.B., WICHERN, F.B., & RATCLIFF, D.E.

2000. Introduction to psychology and counseling. Christian perspectives and applications. Grand Rapids, Michigan: Baker Books.

MINIRTH, B. & BYRD, W.

1994. Christian psychiatry. Grand Rapids, Michigan: Fleming, H. Revell.

PATTISON, E.M. & KAHAN, J.

1983. The deliberate self-harm syndrome. The American Journal for Psychiatry, 140(7): 867-872.

PENNER, M.  

2008. Hope and healing for kids who cut. Grand Rapids, Zondervan.

RYAN, K., ALLEN HEATH, M., FISCHER, L. & YOUNG, E.L.

2008. Superficial self- harm: Perspectives of young women who hurt themselves. Journal of Mental Health Counseling, 30(3): 237-254.

SCHOLTZ, J.G. & FIEDELDEY, A.C.

1994. Die belewenis van self-mutilasie by grenspersoonlikheidsversteuring. South African Journal of Psychology, 24(3): 138-144.

SELEKMAN, M.D.

2002. Living on the razor’s edge. New York: W.W. Norton.

SELEKMAN, M.D.

2010. Helping selfharming students. Educational Leadership, 67(4): 49-53.

SHAMOS, J.

2007. Body crimes. African Journal of Psychiatry, 255-256, Nov.

SIM, L., ADRIAN, M., ZEMAN, J., CASSANO, M. & FRIEDRICH, W.N.

2009. Adolescent deliberate self-harm: linkages to emotion regulation and family emotional climate. Journal of Research on Adolescence, 19(1): 75-91.

STRONG, M.

1998. A bright red scream: self-mutilation and the language of pain. New York City: Viking.

SWANNELL, S., MARTIN, G., SCOTT, J., GIBBONS, M. & GIFFORD, S.

2008. Motivations for self-injury in an adolescent inpatient population: development of a self-report measure. Australasian Psychiatry, 16(2): 98-103.

SWENSON, C.R.

1999. Book reviews of a ‘A bright red scream: self-mutilation and the language of pain’, by Marilee Strong, and ‘Cutting: understanding and overcoming self-mutilation’, by Steven Levenkron. Psychiatric Services, 50(9): 1234-1235, Sept.

THURMAN, C.

1999.The lies we believe. Nashville: Thomas Nelson Publishers.

WELSH, P.

2004. Students’ scars point to emotional pain. USA Today, 28 June Verkry vanaf: www.usatoday.com/news/opinion/editorials/2004-06-27-oplede_x.htm Datum van gebruik: 27 Oktober 2010.

WHITLOCK, J.

2010.  What do we know about self-injury? [Fact sheet] Cornell research program on self-injurious behavior in adolescents and young adults.  Verkry vanaf: http://www.crpsib.com/whatissi.asp Datum van gebruik: 11 Oktober 2010.

YIP, K.

2006. A strengths perspective in working with an adolescent with self-cutting behaviors. Child and Adolescent Social Work Journal, 23(2): 134-146.

Winspunte vir die Pastoraat

WINSPUNTE VIR DIE PASTORAAT - ’N MULTI-DISSIPLINÊRE BENADERING TOT DIE PROBLEMATIEK VAN TOKSIESE DENK- EN GEDRAGSPATRONE

 

Prof Wentzel Coetzer en Dr Reinette Kruger 

ABSTRACT

GAINS FOR PASTORAL CARE – A MULTI-DISCIPLINARY APPROACH TO THE ISSUE OF TOXIC THOUGHT AND BEHAVIOURAL PATTERNS

According to research dysfunctional behavioural and thought patterns have increased by approximately 300% in the last 50 years. This study focused on the origin, consequences and therapeutic intervention connected with these toxic patterns and has shown that the traditional view of cognitive restructuring sometimes falls short. Further attention was drawn to the contribution made by new research in the sphere of psycho-neurology which emphasises the importance of healthy brain functioning for behaviour, thinking, cognitive ability as well as a perception of the Divine and the finding that minor brain injuries can sometimes be manifested in the form of broken relationships and compulsive behavioural patterns. From this transpired the importance of ascertaining whether the brain functions optimally before a particular person is labelled with some or other abnormality or disorder.

 

Subsequently the focus was on the specific contribution by the Christian psychiatrist, Daniel Amen. With the help of brain scan technologies he highlighted particular perspectives which can throw light on the pastoral counselling process of the emotionally wounded person, especially where it concerns trauma that has not been dealt with as a possible consequence of earlier injuries to the head. In this context Amen identifies the possible role of five brain systems concerning human behaviour, namely the prefrontal cortex, the deep limbic system, the basal ganglia, the cingulum and the temporal lobes. Medication, diet, exercise as well as cognitive restructuring eventually form part of a holistic therapeutic approach. It was proved that if there is healthy brain functioning, there will also be positive and balanced interpersonal functioning in relationships. If not, dysfunctionality will manifest in relationships as well as the person’s personal life. In addition to Amen’s approach the focus was finally also on the therapeutic model of the Christian psychiatrist, Karel Benzio. Improved perspectives for pastoral care emerged from this joint approach.

 

1. INLEIDING

1.1  Die fokus van die artikel

In hierdie artikel kom die volgende probleemstelling aan die orde:  In watter mate kan pastorale begeleiding ‘n terapeutiese rol speel in die helingsproses van die persoon wat met geïnternaliseerde leuens worstel?  In dié verband word daar veral op die oorsprong van die leuen gefokus. Daar word eerstens gelet op die nalaten-skap van intergeneratiewe trauma;  tweedens word die effek van ligte breinbeserings en chemiese wanbalanse op gedrag, denke en die emosioneel verwonde persoon se Goddelike belewing belig, en derdens word gefokus op toksiese denkpatrone na aanleiding van onverwerkte trauma.  Die gevolge van die leuen ten opsigte van disfunksionele denk- en gedragspatrone word vervolgens belig en ten slotte word pastorale riglyne asook praktiese wenke aan die hand gedoen wat sal meehelp om die verwonde te begelei tot insig van bevrydende waarheid, persoonlike ontwik-keling, optimale breinfunksionering en geestelike groei.

 

1.2  Basiese vertrekpunt

Die waarheid van die Woord van God dien as epistemologiese vertrekpunt in die bespreking van die tema (Mullins, 2003:11). Disfunksionele gedragspatrone manifesteer dikwels in die vorm van ‘n leuen wat na ‘n onverwerkte traumatiese ervaring, as ‘waarheid’ geïnternaliseer word.  Hierin speel die brein, die sentrum waaruit alle denk- en gedragspatrone ontstaan, ‘n besondere rol (Cobb, 2007:27;  Amen, 2008c). Na verwonding verander die struktuur asook die chemiese balans van die brein deurdat die hippokampus krimp en van sy funksies waarmee stres hanteer word, verloor.  Dit verander die brein se vermoë om nuwe inligting te ontvang en te prosesseer (Leaf, 2009:28; Ziegler, 2009:59).  Verwonding is nie ‘n verskoning vir ‘n chaotiese lewe nie – maar is ‘n waardevolle diagnose wat beide die verwonde asook die pastorale berader in staat stel om afwykende gedrag- en denkprobleme met empatie te benader. 

 

1.3  Nuwe navorsingsrigtings

Twee relatief nuwe navorsingsrigtings is veral ter sprake, naamlik enersyds die terrein van intergeneratiewe trauma (die effek van trauma op die nageslag) – huidiglik ‘n braakveld binne die Pastoraat, en andersyds ‘n belangrike terrein van navorsing op neurologiese gebied en veral die interaksie daarmee met die Pastoraat (Amen, 2007;  Carson, 2011;  Leaf, 2009b;  Ziegler, 2002).  Die destruktiewe effek van trauma op die nageslag het gedurende die sestigerjare bekend geraak toe kinders en kleinkinders van konsentrasiekamp oorlewendes van die Tweede Wêreldoorlog na vore gekom het met trauma verwante simptome soortgelyk aan dié van die eerste geslag oorlewendes (Fossion et al., 2003:519).  Probleme van dié aard staan bekend as intergeneratiewe trauma, en impliseer dat selfs die ongebore nageslag deur onverwerkte verwonding in die voorgeslagte geaffekteer kan word (Danieli, 1998:3). Ouers se onverwerkte verwonding bepaal op hierdie wyse hul lewens-  en wêreldbeskouing en word sodoende die essensie van wat uiteindelik aan hul kinders oorgedra word (Groves, 2000:23;  Minirth & Meier, 2007:49, 52;  Arterburn, 2005:71).

Op die gebied van die neurologie het die psigiater, Daniël Amen, baanbrekerswerk verrig deurdat hy die sogenaamde SPECT breinskandering (single photon emission computed tomography) suksesvol in terapie begin aanwend het. Hiermee word onderskei watter gedeeltes van die brein oor-, onder-, of optimaal tydens denk- en gedragsprosesse funksioneer. Behandeling word daarvolgens voorgeskryf sodat die brein as gebalanseerde eenheid optimaal kan funksioneer. Amen het byvoorbeeld gevind dat persone met gedagsversteurings menigmaal foutiewelik met ‘n psigologiese in plaas van ‘n fisiologiese probleem gediagnoseer word (Amen, 2000:13). Hy het gevolglik  vraelyste in die verband ontwikkel wat met welslae in terapie aangewend kan word (sien Aanhangsel met Amen se saamgestelde vraelys, soos vertaal deur navorser).

 

2.   DIE VERBAND TUSSEN INTERGENERATIEWE TRAUMA EN DIE KOGNITIEWE LEUEN

Net soos positiewe gedragspatrone, word disfunksionele gedragspatrone aan die nageslag oorgedra. Hierdie intergeneratiewe nalating van trauma staan bekend as die siklus van mishandeling en daar is bevind dat ongeveer 30% van ouers wat as kinders mishandel of emosioneel verwaarloos was, normaalweg die siklus voortsit (Buchanan, 1998:535).  By geboorte is ‘n baba se brein reeds 25% ontwikkel en moet daar nog 75% ontwikkeling toegevoeg word.  Aangesien ‘n baba emosioneel en psigies intens vervleg met die ouer is, word ’n groot hoeveelheid breinkrag by die ouer ‘geleen’. Indien die interaksie met die ouer positief is, word sinapsis gevorm wat tot die fisieke ontwikkeling van die brein bydra.  In ‘n poging om die ouer te plesier, word die ouer se reaksie op die wêreld nageboots.  Hierdeur identifiseer die baba met die ouer se bewuste asook onder-bewuste sodat enige onverwerkte herinnering en emosie deur die baba geïnternaliseer, en deur middel van gedragspatrone aan die ouer gespieël word (Ziegler, 2009:59).

 

2.1   Wyse van oordrag

Intergeneratiewe leuens word deur middel van geheime (conspiracy of silence), oor-gedramatiseerde mededelings, identifisering en uitreagering van gedrags- en denkpatrone voortgesit (Ancharoff et al., 1998:268).  Sodra ʼn slagoffer psigiese trauma nie kan hanteer nie, word daar soms gefragmenteer in ’n poging om die herinneringe aan die trauma doelbewus deur middel van geheueverlies, ontkenning of dissosiasie te vergeet. As volwassene en ouer, skep dit ʼn slagoffer-ouerskapstyl wat deur die nageslag as normaal aanvaar en voortgesit word (Auerhahn & Laub, 1998:23,36-39). 

 

2.2  Moontlike gevolge van die intergeneratiewe leuen

Die gesin vorm ‘n emotiewe eenheid wat verbind is met vorige geslagte asook hul belewenisse.  Dit skep ‘n ‘magnetiese veld’ wat alle verhoudings beïnvloed (Kruger, 2007:125).  Die boodskap vanaf die emosioneel verwonde moeder presenteer byvoorbeeld heel dikwels deur middel van aspekte soos paranoia, ‘n lae egosterkte, mede-afhanklikheid, woede, depressie en gebrekkige empatie, terwyl die vader geneig is om depressie en hipokondria te kommunikeer.  Beide seuns en dogters verkry hul visie, lewens- en wêreldbeskouing, asook ambisie in ’n groot mate vanaf die vader.  Kinders wat emosioneel deur die vader verwaarloos is, kan nie met God, andere, die lewe asook hulself in ‘n gesonde verhouding staan nie (Felsen, 1988:44;  Ancharoff et al., 1998:269;  Ziegler, 2002:36;  Smith, 2000:28).  Hierdie disfunksionele funksionering van die gesin as sisteem kan grafies, deur middel van geneagramme voorgestel word en het ten doel dat die huidige generasie beheer verkry oor disfunksionele erflatings wat andersins weer deur hulle aan die volgende geslag oorgedra kan word (Kruger, 2007:125).  Intergeneratiewe trauma veroorsaak sekondêre verwonding by die nageslag wat terapeuties begelei moet word om die ouer se trauma te integreer.  Hierdeur verkry die nageslag emosionele genesing, hoop en visie (Ancharoff et al., 1998:263). 

 

3.   DIE VERBAND TUSSEN BREIN FISIOLOGIE EN KOGNITIEWE LEUENS  

Elke gebeurtenis in die mens se lewe word in die sintuiglike geheue naamlik die reuk-, gehoor-, smaak-, visuele- asook tassintuie gestoor. Alledaagse gebeure word in die bewuste gestoor terwyl traumatiese gebeure in die onderbewuste gestoor word waar dit veral gesneller word deur enige fisiese en emosionele pyn. Trauma word in die regterkantste korteks gestoor waarna dié korteks op stimuli reageer asof dit deel van die oorspronklike trauma is.  Dit veroorsaak dat gestoorde persepsies alle stimuli as negatief beleef, selfs al is die stimulasie positief (Leaf, 2009:23;  Schiraldi, 2000:367; Valent, 2001). Die ontwikkeling van die regterkantste korteks word veral deur die verhouding tussen die moeder en haar baba beïnvloed, en is bepalend vir die baba se latere gedrag asook emosionele belewing (Ziegler, 2002:20).  Indien emosionele verwaarlosing, wanvoeding en gebrekkige stimulasie in die kinderjare beleef word, groei die brein nie genoegsaam in grootte nie – wat brein funksionering inkort (Ziegler, 2002:36;  Henslin, 2008:233;  Leaf, 2009b). 

 

3.1  Breinbeserings en chemiese wanbalanse se invloed op denke en gedrag

Daniel Amen het die afgelope aantal jare meer as 40,000 pasiënte geëvalueer en bevind dat selfs matige beserings soos ‘n stamp teen die kop, tot dramatiese veranderings in emosionele belewing, gedrags- en denkpatrone kan lei. Persone met ‘n geskiedenis van kopbeserings presenteer byvoorbeeld met ‘n verhoogde voor-koms van kompulsiewe gedragspatrone, gemoedsteurnisse asook gewelddadige optrede – wat veral in die huwelik presenteer. Tesame hiermee kan vitamien en mineraal tekorte ‘n chemiese wanbalans in die brein en liggaam veroorsaak, wat as disfunksionele gedrag- en denkpatrone presenteer (Amen, 2008d; Hyman, 2009). 

 

3.2   ‘Brein reserwe krag’

Amen (2008c en d) het gevind dat sommige van sy pasiënte met minder brein beserings en disfunksies as ander presenteer. Hieruit het hy die begrip van ‘brein reserwe krag’ ontwikkel wat volgens hom ‘n geneties oorgeërfde potensiaal asook ‘n ekstra vermoë is waarmee breinbeserings en emosionele trauma hanteer kan word.  Hierdie reserwe vermoë word egter volgens hom reeds voor geboorte beïnvloed deur byvoorbeeld substansie misbruik, spanning en trauma, terwyl veral emosionele verwaarlosing na geboorte ook ‘n deurslaggewende rol speel.

 

3.3   Die ‘Goddelike bewussyn’

Amen (2008:105) toon aan dat brein fisiologie die mens se persepsie van die wêreld asook van God medebepaal. Volgens hom is die vermoë tot ’n ‘Goddelike bewussyn’ gesetel in die linker prefrontale korteks, en indien die brein optimaal in hierdie betrokke areas funksioneer, word God oor die algemeen as ‘teenwoordig’ en ‘liefdevol’ beleef. Optimale funksionering van die limbiese sisteem asook die temporale lobbe bevorder dus geestelike bewussyn terwyl ’n fisiese besering in hierdie areas tot gevolg kan hê dat God as afwesig, vergeldend en krities ervaar word en die geestelike ervaring oor die algemeen geïnhibeer word (Amen, 2008:26).  Die genesing van die fisiologiese werking van die brein is volgens Amen menigmaal die eerste stap tot die herstel van ’n verhouding met God (Amen, 2008:105).

 

3.4    Die bydrae van SPECT brein skandering

SPECT skandering toon volgens Amen (2008:77,85) probleemareas wat nie deur CAT (computerized axial tomography) en MRI (magnetic resonance imaging) toetse geïdentifiseer kan word nie. Dit bevestig ook dat geringe hoofbeserings chemiese veranderings in die brein kan veroorsaak wat later as persoonlikheidsdisfunksies presenteer. 

 

3.4.1  Drie dimensionele skanderings van die gesonde brein

Uit die volgende SPECT skanderings word die voorkoms van ‘n optimaal funksionerende brein aangetoon (Amen, 2008c).

 

Agterkant


Voorkant

Bo na onder oppervlak beeld van die brein

Bokant


Onderkant

Beeld van brein direk van voor af gesien

Voorkant

Bokant van brein

Beeld van brein direk van onder af gesien

Agterkant


Onderkant van brein

Beeld van brein van die kant af gesien

 

3.4.2  Emosionele trauma

Onverwerkte trauma kan post traumatiese stres versteuring (PTSV) veroorsaak.  Tipiese simptome van die persoon wat hiermee presenteer, is byvoorbeeld: hewige bekommernis (kenmerkend van ‘n ooraktiewe cingulum),  angstigheid (kenmerkend van disfunksies by die basale ganglia), asook depressie en negatiwiteit (kenmerkend van disfunksies van die diep limbiese sisteem) (Amen, 2008:191).   

In die volgende afbeeldings toon SPECT skanderings die brein na emosionele trauma – voor en na behandeling (Amen, 2008e). Dit toon die beeld van die brein van die getraumatiseerde persoon direk van bo en onder gesien.

 

Voor behandeling

Merkbare gebrekkige aktiwiteit in die serebrale korteks

Na behandeling

Merkbare verbetering in die serebrale korteks

 

3.5     Die vyf belangrike brein sisteme

Optimale funksionering van die volgende vyf brein sisteme is van belang vir funksionele emotiewe-, denk-, en gedragspatrone (Amen, 2008a).

3.5.1   Die prefrontale korteks

Aktivering van dié gedeelte stimuleer die hipokampus (emotiewe) sodat sin uit verwonding verkry word en genesing deur narratiewe interaksie kan plaasvind.  Disfunksies hier presenteer onder andere met aandag-afleibaarheid-hiperaktiwiteit-sindroom (ADHD) asook aandag-afleibaarheid-sindroom (ADD), swak oordeels- en uithouvermoë, asook die onvermoë om deur ervaring te leer (Amen, 2008a; Straub, 2009).

3.5.2   Die diep limbiese sisteem

Hierdie gedeelte huisves intense emosies van vreugde asook depressie.  Dit is die middelpunt van die brein en disfunksies presenteer onder andere deur buierigheid, negatiwiteit en geïrriteerdheid, isolasie op sosiale gebied, en kliniese depressie (Amen, 2007;  Henslin, 2008:25,144).

3.5.3   Die basale ganglia

Die basala ganglia is diep binne in die brein geleë en reguleer onder andere die liggaam se angsvlakke. Hierdie gedeelte word tereg ‘the basement of giant fears’ genoem en indien dit ooraktief is, kan die liggaam in ‘n staat van ekstreme angs vasgevang word sodat die persoon ‘vries’ en nie in staat is om kognitief of fisies te reageer nie – veral indien trauma teenwoordig is (Henslin, 2008:25,120).  Disfunksies hier presenteer met angsaanvalle, voortdurende vrese, Tourette sindroom, spiertrekkings, senuweeprobleme, lae motivering en swartgalligheid  (Amen, 2007).  

3.5.4   Cingulum

Hierdie gedeelte van die brein vorm as’t ware ‘n gang regdeur die middelste gedeelte van die frontale lobbe en funksioneer as ‘gear shifter’ (Amen 2000:150).  Die cingulum beheer beide die verskuiwing van aandag vanaf een gedagte na ‘n volgende een, die vermoë om te kan fokus op verskillende gedrags- en denkpatrone, en die vermoë om keuses te kan uitoefen. Disfunksies hier presenteer onder andere met obsessief-kompulsiewe gedragspatrone, eetversteurings, wrokke, verwyte, padwoede (road rage) asook probleme rondom verslawing – byvoorbeeld pornografie (Amen, 2008:106). Hier is dus ‘n fisiese blokkasie wat ook geestelike groei kan belemmer (Henslin, 2008:24,97).

3.5.5   Die temporale lobbe

Hierdie gedeelte is aan beide kante van die kop, by die slape en agter die oë geleë.  Optimale funksionering bevorder die vermoë om God se teenwoordigheid te beleef.  ‘n Fisiese probleem in die brein in hierdie area kan gevolglik tot ‘n geloofskrisis lei.  Volgens Amen (200:196) toon die geskiedenis dat sommige geestelike leiers hul afwykende gedrag en leerstellings begin ontwikkel het kort na ‘n hoofbesering aan die temporale lobbe. Indien die linker temporale lob optimaal funksioneer, word begrip, prosessering van taal, herkenning van gesigsuitdrukkings, stemtoon en intonasies bevorder. Dit bemagtig die persoon om die wêreld van visie en klank te prosesseer en te interpreteer. Linker temporale disfunksies presenteer met byvoorbeeld emosionele onstabiliteit asook paranoia. Regter temporale disfunksies manifesteer veral met ‘n onvermoë om te sosialiseer aangesien beplanning, fokus, doelwitte en die interpretasie van emosies hier gesetel is. Probleme by beide die lobbe presenteer met ‘n onvermoë om frustrasie en depressie te beheer, wat tot selfmoord kan lei, of die besering van andere soos in die geval van  kinder-mishandeling (Amen, 2007; Henslin, 2008:176).

Vanuit die voorafgaande bespreking van die vyf breinsisteme blyk die belangrikheid van optimale breinfunksionering met betrekking tot funksionele emotiewe denk- en gedragspatrone.

 

4.   DIE VERBAND TUSSEN TOKSIESE DENKPATRONE EN KOGNITIEWE LEUENS

Die geïnternaliseerde leuen het onder andere toksiese denkpatrone, gedrags-patrone, selfspraak en emosies tot gevolg.  Die oorsprong van sodanige toksiese gedagtepatrone lê meestal gesetel in die onderbewussyn vanwaar dit uitkring na spesifieke gedragspatrone. Onverwerkte trauma gedurende die kinderjare genereer emosionele bagasie wat toksiese denke voed. Een van die gevolge is dat verhoudings gaandeweg vertroebel deur die herskep en herhaling van die verlede in ‘n futiele poging om dit hierdie keer te bemeester (Allender, 1995:25; Hemfelt et al, 1998:63;  Kruger, 2007:72;  Williams, 1998:97).

 

4.1   Die ontstaan van ‘n toksiese denkpatroon

Denke ontstaan vanuit die bewuste, die onderbewuste en ook die Goddelike bewussyn. Hierdie gedagtes word meestal woordeloos deur beelde, ideë en houdings gekommunikeer. Woordelose boodskappe is egter moeilik om te ontsyfer omdat dit gewoonlik deur emosies en nie noodwendig deur taal gekommunikeer word nie. Die probleem is dat mense geneig is om dit wat hulle beleef sonder meer as waarheid te glo en te integreer (Backus & Chapian, 2000:15;  Amen, 2008:159).  Die proses raak nog meer toksies wanneer trauma die denke met leuens oorspoel. 

 

4.2  Die ontstaan van ‘n toksiese gedragspatroon

Nuwe inligting word deur middel van die mens se vyf sintuie teen ‘n tempo van drie miljoen eenhede per sekonde, ontvang. Hierdie inligting word deur die ontvanger se ervaring asook deur lewens- en wêreldbeskouing gefiltreer waarvolgens interne persepsies gevorm en geïnternaliseer word en wat dan as gedragspatrone manifesteer (Shapiro, 2008:15,170). Die gemiddelde persoon dink ongeveer 30,000 gedagtes per dag en word op die wyse fisies asook emosioneel beïnvloed deur hierdie denkproses. Hierdie selfde persoon neem ook ongeveer 2000 – 5000 besluite per dag en is elke oomblik met ‘n selfgesprek besig. Die aanwesigheid van toksiese denke veroorsaak ‘n verwronge realiteit asook fondasie  waarop die toekomstige persoonlikheid gebou en gevestig word. Toksiese denke manifesteer gevolglik binne hierdie persoon se selfkonsep asook lewenstyl (Leaf, 2007a; Benzio, 2009; Kruger, 2010:91).

 

4.3  Die effek van toksiese selfspraak

Selfspraak is gedagtes wat ontwikkel vanuit dit wat gehoor, gesien, emosioneel beleef of fisies ervaar word. Toksiese selfspraak is giftige denke waarmee individue daagliks besig is. Dit word op ‘n fiktiewe werklikheid gebaseer, is verwronge, en word ‘n kenmerkende patroon van denke. Dit lei tot misverstande in alle tipe verhoudings – soos byvoorbeeld in die huwelik – terwyl daar grootliks ’n verlies van kontak met die werklikheid is (Anthony, 2004:80;  Backus & Chapian, 1980:82 Backus, 1996:94).

 

4.4  Die impak van toksiese emosies

Die emotiewe is kern belangrik vir oorlewing, kommunikasie en probleemoplossing.  Dit beskik oor ‘n eie unieke taal, asook neurochemiese en fisiologiese samestelling, en is ‘n ingewikkelde proses. Die mens ervaar hoofsaaklik ses primêre emosies naamlik: woede, vrees, hartseer, pyn, blydskap, en vreugde. Die basis van toksiese emosies is vrees, en dié van positiewe emosies is geloof.  Die brein voer enige gegewe oomblik ongeveer 400 biljoen aksies uit, waarvan die mens van slegs ongeveer 2000 bewus is – elkeen van hierdie aksies bestaan uit ‘n chemiese asook ‘n elektriese komponent wat vir elke emosionele belewenis verantwoordelik is (Leaf, 2007:3).  Normaalweg bevraagteken denke emosies, maar omdat emosies meestal as waarheid aanvaar word, laat die mens toe dat denke deur emosies beheer word (Leonard, 2003:49). 

4.4.1  Primêre, sekondêre en instrumentele emosies

Greenberg (2004:43-49) onderskei tussen primêre, sekondêre en instrumentele emosies. In die terapeutiese proses is dit volgens hom van belang om primêre emosies te identifiseer en van sekondêre emosies te onderskei.    

4.4.1.1  Primêre emosies

Dit is daardie emosies wat idiosinkraties aan ‘n individu is en word soos volg onderskei:

  • ‘n Gesonde, aanpasbare primêre emosie.
  • ‘n Chroniese, toksiese emosie – waarskynlik afkomstig van trauma, byvoorbeeld:  “Ek voel minderwaardig / daar is fout met my / ek is die fout” (Greenberg, 2004:43). 

4.4.1.2 Sekondêre emosies

Dit is daardie emosies waarmee primêre emosies gekamoefleer word, of waarmee ander – om selfsugtige redes – mee gemanipuleer word.  Sekondêre emosies ontstaan sodra primêre emosies ontken of onderdruk word (Greenberg, 2004:45).

4.4.1.3 Instrumentele emosies

Dit manifesteer in die bewustelike of onbewustelike manipulering van ander. Indien onbewustelik, is dit in die persoonlikheid geïntegreer en stoot dit ander af.  Die probleem hiermee is dat emosies gewys (disfunksionele gedragspatroon) in plaas van beleef word (Greenberg, 2004:49).

4.4.2   Denke toon weerstand teen verandering

Volgens Anthony (2004:15) is dit moeilik om denke te verander omdat denke in beheer van gedrag asook gedagtes is. Normaalweg interpreteer die mens alles waaraan hy dink as waarheid en tree dan daarvolgens op. Dit hou ook verband met die feit dat dit makliker is om te rasionaliseer as om te verander. Alle denke wat teenstrydig met die status quo is, word summier as leuens verwerp. Die onder-bewussyn asook die sentrale senu-sisteem presenteer met geprogrammeerde denk- en gedragspatrone eie aan die individu. Verandering kan gevolglik slegs deur die spesifieke individu te weeg gebring word deur middel van doelbewuste keuses om nuwe denkpatrone aan te leer.

4.4.3   Die emotiewe dra by tot ‘intelligente verstaan’

Alles wat met die mens gebeur, word in die brein as visuele, emosionele en fisieke beelde gestoor en word op een of ander wyse deur middel van woorde en dade aan die wêreld getoon (Ziegler, 2009:198;  Zuehlke, 2000:261). Beide gedagtes en geheue word as spieëlbeelde in die brein gestoor waar die linker korteks die detail, en die regter korteks die geheelbeeld stoor. ‘Intelligente verstaan’ ontstaan die oomblik wanneer die twee helftes se interpretasie van gedagtes en geheue saamgevoeg en geassimileer word (Amen, 2008a;  Bernstein & Magee, 2004:20;  Leaf, 2007a;  Lennic& Kiel, 2008:120;  Ziegler, 2002:63). 

Greenberg (2004:11) bevestig ook die bydrae wat die emotiewe maak tot intelligensie deur te verwys na ’n spesifieke boodskap wat deur die emotiewe gekommunikeer word aan die emosioneel verwonde persoon. Gedrag word dan dienooreenkomstig georiënteer en alle tipe verhoudings waarin die verwonde betrokke is, word dan hiervolgens deur die emotiewe gemonitor en bepaal. In die proses word alle keuses wat gemaak word deur emosies geëvalueer en dra emosies ook by tot leerervaringe. Die kognitiewe (denke) gee dan ook besondere begrip en perspektief aan emosies.

4.4.4  Die siklus van emosionele verwonding

Emosionele verwonding vertoon ‘n bepaalde siklus wat volgens Smith (2000:36) soos volg omskryf kan word: ‘n Konflik situasie ontstaan (stimulus). Denke integreer gevolglik die huidige met ‘n soortgelyke situasie(s) uit die verlede en emosionele verwonding word herleef en die geïntegreerde leuen(s) word in herinnering geroep. Die huidige situasie word oorlaai met emosionele verwonding asook die leuen(s) vanuit die verlede. Boodskappe vanuit die verlede word geïntegreer met die hede. Gedragspatrone (respons) in die hede spieël die boodskappe vanuit die verlede.

4.4.5  Die deurslaggewende rol van die kinderjare

Emosionele verwonding vind meestal in die kinderjare plaas aangesien die kind nie oor die verbale, emosionele of geestelike vermoë beskik om trauma en die gepaard-gaande verwonding korrek te interpreteer of te assimileer nie. Die kinder-brein se fisiologie word veral deur trauma geknou (Amen, 2008:5;  Henslin, 2008:6; Leaf, 2007:31; Ziegler, 2009:58). Emotiewe persepsies en lewenslesse word reeds van voor geboorte af in die amigdala (emosionele geheue) gestoor (Greenberg, 2004:15). Kroniese onderdrukking van emosionele verwonding versteur die psigo-somatiese netwerk en vergiftig onder andere die verwonde se denke met leuens wat later as lewensreëls geïnterpreteer word (Leaf, 2007:40). As volwassene is die leuens asook die lewensreëls geïnternaliseer en word dit die waarheid waarop die selfkonsep en Godsbeeld gebou word (Amen, 2009a;  Anthony, 2004:16; Arterburn, 2005:47, 71,88; Henslin, 2008:126; Minirth & Meier, 2007:144; Richardson, 2007;  Seamands, 2002:99; Stoop 2008:41; Smith, 2000:31; Ziegler, 2002:99-106).

 

5.  Pastorale insette en riglyne

5.1  Integriteit

’n Belangrike pastorale aspek betreffende die funksionering van die brein in sy verhouding tot die res van die liggaam, en wat deur die navorsing beklemtoon word, is naamlik dié van integriteit. Die brein, denke, liggaam en emosies is interaktief aan mekaar verbind en funksioneer as ‘n ingewikkelde eenheid deur middel van integriteit. Integriteit impliseer in hierdie verband ‘n emosioneel gesonde persoon wat met ‘n etiese gedragskode presenteer, wat spreek van waarheid, regverdigheid en geregtigheid (Milne, 1993:132; Lennic & Kiel, 2008:78). Deur integriteit te bevraagteken, kan tussen gesonde asook toksiese emosies en gedagtes onderskei word (Leaf, 2007:36). Toksiese denk- en gedrags-patrone herstel indien negatiewe denkpatrone geïdentifiseer en die gekodeerde boodskappe in die onderbewussyn bevraagteken word. Amen (2008d) stel dit duidelik dat indien die brein gesond funksioneer, dan sal die mens se interpersoonlike verhoudings asook die verhouding met God positief en gebalanseerd funksioneer - indien nie, gaan alle verhoudings (insluitende dié met God) asook die betrokke persoon se persoonlike lewe met disfunksies manifesteer.

 

5.2  Belangrike perspektiewe deur Karel Benzio

Persepsies rondom gebeure weerspieël die individu se lewens- en wêreldbeskouing en beïnvloed die besluitnemingsproses asook die uitlewing van disfunksies. Die Christen psigiater Karel Benzio (2009) konstateer dat indien ’n persoon se persepsies Bybelsgefundeer is dan sal dit funksionele gedrag, denke en besluit-neming tot gevolg te hê – hy baseer hierdie uitgangspunt op jare se waarnemings in sy praktyk met talle pasiënte. As deel van hierdie proses ontwikkel hy die S-P-E-A-R-S akroniem wat soos volg funksioneer:

S – Stimulus impliseer ‘n spesifieke gebeurtenis.

P – Persepsie impliseer die verwonde se interpretasie van gebeure. Misleiding vind meestal hier plaas en word deur die bril/filter waarna daar na gebeure gekyk word, geïdentifiseer. 

E – Emosies moet kalmeer voordat intelligente besluite geneem word aangesien die intelligensie kwosiënt (IK) tydens verwonding op ‘n laagtepunt funksioneer.  

A – Assessering impliseer die kognitiewe beoordeling van verskillende moontlike optredes.

R – Reaksie impliseer die kognitiewe verstaan van ‘n gebeurtenis en moet aan  Bybelsgefundeerde gedragspatrone onderwerp word (Riglyne vanuit Ef 6 is hier veral van toepassing). 

S – Samevatting impliseer ‘n evaluering van bogenoemde, waarna ‘n finale besluit rondom optrede geneem word.

Wat betref getraumatiseerde of emosioneel verwonde persone kan die bovermelde benadering soos geformuleer deur Benzio help om te evalueer waar sulke persone hulself emosioneel bevind en kan probleemareas geïdentifiseer word. Die ideaal sou wees dat die getraumatiseerde deurgaans die behoefte aan God en leiding deur die Heilige Gees sal ervaar. Indien ‘n verwonde siening rondom God egter presenteer, moet die verwonde tot ‘n geloofsoorgawe begelei word en alle moontlike kognitiewe leuens (as gevolg van onverwerkte trauma) moet met die waarheid vervang word. Die identifisering van toksiese ‘filters’ en die moontlike invloed op ’n toksiese lewens- en wêreldbeskouing speel gewoonlik ook ’n belangrike rol. In hierdie verband kan vrae soos die volgende dan van waarde wees tydens die begeleidingsproses:

  • Wat was die verwonde se grootste vrees tydens die situasie – aanvaarding of verwerping deur God of die groep? 
  • Wat was die verwonde se diepste behoefte? Erkenning deur die groep, of ‘n behoefte aan leiding deur die Heilige Gees? 
  • Waaruit word selfvertroue verkry – besittings, intellek, prestasie, of geloof? 
  • Wat dien as motivering in die verwonde se lewe?  Sukses, aanvaarding, of die verheerliking van God?

Die belangrikheid van gesonde breinfunksionering asook die feit dat dit die mens en hul verhoudings kan beïnvloed, word ook deur Benzio (2009) beklemtoon. Hy plaas in hierdie verband besondere klem op ‘n Christelike gesindheid soos byvoorbeeld dankbaarheid, wat volgens hom bydra tot verbeterde breinaktiwiteit. Verder beklem-toon hy die feit dat aspekte soos geloof en gebed ‘n deurslaggewende rol vervul in die algemene genesingsproses na emosionele verwonding. In aansluiting by Amen (2008d) word daar ook gefokus op die verkryging van ‘n mediese geskiedenis met besondere klem op die identifisering van enige moontlike vroeëre hoof-beserings, asook die belangrikheid van vitamien aanvullings. Verder word daar met betrekking tot die proses van genesing as geheel, ook besondere klem geplaas op gereelde fisiese oefening, positiewe denke, ‘n gebalanseerde dieet asook genoegsame nagrus. Aanvullend tot die bovermelde riglyne kan die vraelys wat as ’n Aanhangsel bygevoeg is ook effektief benut word ten einde vas te stel of daar moontlike vroeëre breinskade plaasgevind het wat meer gespesialiseerde insette mag vereis. Dit sou ook, soos reeds gemeld, volgens Daniel Amen kon voorkom dat ’n beradene foutiewelik met een of ander versteuring gediagnoseer kon word terwyl dit bloot om ’n fisiese probleem gaan wat deur middel van medikasie behandel kan word.  

 

6.  Samevatting

Denke tesame met trauma besit die vermoë om die struktuur van die brein te verander. Daarmee saam het jare van toksiese denke die vermoë om die brein se potensiaal te vernietig. Dit kan egter binne ’n relatiewe kort tydperk drasties verbeter  deur gedagtes te begin beheer en te bevraagteken. Dit bring terselfdertyd emosies onder beheer. Die impak van intergeneratiewe trauma het geblyk besonder sterk te wees en dit lei tot sekondêre verwonding by die nageslag wat terapeuties begelei moet word. Hierdie aspek is verder belig vanuit die navorsing van dr. Daniel Amen met betrekking tot die verband tussen brein fisiologie en die vestiging van kognitiewe leuens in die geval van onverwerkte trauma. Sy bespreking van die vyf breinsisteme wat moontlik geraak kan wees deur hoofbeserings en die gevolglike latere simptome en gedrag is van kritiese belang vir die Pastoraat – veral indien daar met ’n holistiese en multidissiplinêre benadering gewerk word. Indien die benadering van die psigiater, dr. Karel Benzio, geïntegreer word met dié van dr. Daniel Amen, dan bied dit aan die Pastoraat handige riglyne en verbredende insigte met betrekking tot die begeleiding van getraumatiseerde of emosioneel verwonde persone.

Kernbegrippe

Verwonding

Intergeneratiewe trauma

Disfunksionele denk- en gedragspatrone

Kognitiewe herstrukturering

 

Key terms

Woundedness

Intergenerational trauma

Disfunctional thoughts and conduct

Cognitive restructuring

 

Geraadpleegde bronne

ALLENDER, D.B., 1995, The wounded  heart.  Hope for adult victims of childhoof sexual abuse, Navpress, United States of America.

AMEN, D.G.,  2000,  Change your brain, change your life, Three Rivers Press, New York.

AMEN, D.G.,  2007,  Change your brain, change your life. Werkswinkel aangebied tydens die Internasionale Konferensie van die American Association of Christian Counselors in Nashville, Tennessee, gedurende Sept 2007.

AMEN, D.G.  2008, Healing the hardware of the soul. Enhance your brain to improve your work, love, and spiritual life, Free Press, New York. 

AMEN, D.G.,  2008a,  Brain in the news: protect your amazing, but fragile brain.  Artikel in Daniel se weeklikse nuusbrief.  Saterdag, 1 Nov. 2008. Amen Clinics, Inc.Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Web: http://www.amenclinics.com

AMEN, D.G.,  2008b,  Marital problems. How brain spect imaging can help with marital problems. Whenever there is relationship trouble think about the brain.   Web:  http://www.amenclinics.com. Datum van gebruik: 10 November 2008. 

AMEN, D.G.,  2008c, Images Into Human Behavior - A Brain SPECT Atlas. Web:    http://www.amenclinics.com/brain-science/spect-atlas/viewer. Datum van gebruik:  10 November 2008.

AMEN, D.G.,  2008d,  9 Principles of the Amen clinics. Web:  http://www.amenclinics.com. Date of access: 16 November 2008.

ANTHONY, R. 2004, The ultimate success of total confidence. [E-Book – Dr. Robert Anthony.pdf]. 

ANCHAROFF, M.R., MUNROE, J.F. & FISHER, L.S.,  1998, The legacy of combat trauma.  Clinical implications of intergenerational transmission, in Danieli, Y. (ed.),  International handbook of multigenerational legacies of trauma, New York, Plenum Press.  pp.257-272.

ARTERBURN, S.,  2005, Healing is a choice. Ten decisions that will transform your life & ten lies that can prevent you from making them, Thomas Nelson, Inc., Nashville, Tennessee.  

AUERHAHN, N.C. & LAUB, D., 1998,  ‘Intergenerational memory of the Holocaust’,  in Danieli, Y. (ed.),  International handbook of multigenerational legacies of trauma,  New York: Plenum Press. pp.21-40.

BACKUS, W. & CHAPIAN, M., 1980, Telling yourself the truth.  Find your way out of depression, anxiety, fear, anger and other common problems by applying the principles of misbelief therapy, Bethany House Publishers, Minneapolis, Minnesota.

BACKUS, W., 1996, The healing power of a Christian mind.  How Biblical truth can keep you healthy, Minneapolis, Minnesota, Bethany House Publishers.

BENZIO, K., 2009, Addictions: sin or disease? Holistic model to understand and cure addictions. Lesing gelewer tydens die Nashville konferensie van die American Association of Christian Counselors, September 2009.

BERNSTEIN, J. & MAGEE, S.,  2004, Why can’t you read my mind? Overcoming the 9 toxic thought patterns that get in the way of a loving relationship, Marlowe & Company, New York.

BUCHANAN, A., 1998, ‘Intergenerational child maltreatment’, in Danieli, Y. (ed.),  International handbook of multigenerational legacies of trauma, New York: Plenum Press. pp.535-550.

CARDER, D., HENSLIN, E., TOWNSEND, J., CLOUD, H. & BRAWAND, A., 1995,  Secrets of your family tree, Moody Press, Chicago.

CARSON, R., 2011, The healing brain: Integrating Christian values, positive psychology and neurochemistry into a model. Lesing gelewer tydens die Internasionale Konferensie van die American Association of Christian Counselors in Nashville op 1 Oktober 2011.

COBB, J.B., 2007, ‘A process theologian looks at romans’, in Odell-Scott, D.W.  (ed.),  Romans through history and cultures series.  Reading Romans with contemporary philosophers and theologians, T & T Clark International, New York, NY. pp. 27-31.

DANIELI, Y., 1998, ‘Introduction’, in Danieli, Y. (ed.), International handbook of multigenerational legacies of trauma, PlennumPress, New york. pp.1-13.

FELSEN, I., 1998,  ‘Trangenerational transmission of effects of the Holocaust.  The Noorth American research perspective’, in Danieli, Y. (ed.),  International handbook of multigenerational legacies of trauma, Plenum Press, New York.  pp.43-67.

FOSSION. P., REJAS, M.C., SERVAIS, L., PELC, L. & HIRSCH, S.,  2003, Family approach with grandchildren of holocaust survivors, American Journal of Psychotherapy, 57(4):519-527.

GREENBERG, L.S., 2004, Emotion focused therapy.  Coaching clients to work through their feelings, American Psychological Association, Washington, DC.

GROVES, B.M., 2000, Children who see to much: lessons from the child witness to violence, Beacon Press, Boston.

HEMFELT, R., MINIRTH, F. & MEIER, P.,  1998, Love is a choice.  The definitive book on letting go of unhealthy relationships, Thomas Nelson Publishers, Nashville. 

HENSLIN, E., 2008, This is your brain on joy. A revolutionary program for balancing mood, restoring brain health, and nurturing spiritual growth, Thomas Nelson, Nashville, Tennessee.

HYMAN, M., 2009, The ultra mind solution. Web:  http//www.howardpublishing.com/content/destination. Date of access:  10 January 2009.

KRUGER, R.,  2007, Die pastorale hantering van oorgeërfde verwonding by tieners,  Potchefstroom: NWU. (Verhandeling – M.A. Pastoraal).

KRUGER, R., 2010, Pastorale begeleiding van die emosioneel en geestelik verwonde person met betrekking tot geïnternaliseerde leuens, Potchefstroom:  NWU. (Proefskrif).   

LEAF, 2007a;  Thought life.  Who switched off my brain. Web:  https://www.drleaf.net/osc.thoughtlife.php?  Date of access:  04 April 2009

LEAF, C.,  2009, Who switched off my brain?  Controlling toxic thoughts and emotions, Inprov, Dallas.

LEAF, C., 2009b, The gift in you. Discovering new life through gifts hidden in your mind. Thomas Nelson, Nashville, Tennessee.

LENNIC, D. & KIEL, F.,  2008, Moral intelligence. Enhancing business performance & leadership success, Whorton School Publishing, Upper Saddle River, New Jersey.

LEONARD, D., 2003, Your best days are still ahead.  Moving beyond yesterday’s pain, Whitaker Press, New Kensington, PA.

MINIRTH, F & MEIER, P.,  2007,  Happiness is a choice. The symptoms, causes and cures of depression, Baker Books, Grand Rapids.

MULLINS, M.,  2003, The gospel of John.  A commentary, The Columba Press, Blackrock, Co Dublin.

SHAPIRO, D.,  2008, Your body speaks your mind.Understand how your emotions and thoughts affect you physically, MPG Books Ltc, Bodmin, Cornwall.

SCHIRALDI, G.R., 2000, The post-traumatic stress disorder sourcebook.  A guide to healing, recovery and growth, Lowell House, Illinois.         

SMITH, E.M., 2000, Genuine recovery, Alathia Publishing, Campbellsville, Kentucky.

STOOP, D., 2008, You are what you think, Fleming H. Revell, Grand Rapids, Michigan.

STRAUB, J., 2009, Attachment based theory:  the antidote to trauma. Lesing gelewer tydens die Internasionale Konferensie van die American Association of Christian Counselors – September 2009.

TAUKE, B.V., 2004, Overcoming the sins of the family, Tyndale House Publishers, Wheaton, Illinois.

VALENT, P.,  2001, Right brain as a substrate for reforging psychoanalytic & trauma therapies.mht  ASTSS/NCPTSD Annual Conference March 2001, Canberra, Australia. http://www.trauma-pages.com Datum van gebruik: 15 Mei 2010.

WILLIAMS, M.B., 1998, ‘Treating secondary traumatic stress disorder in children’, in Figley, C.R. (ed.), Burnout in families – the systemic costs of caring.  New York, CRC Press. pp. 91-138.

ZIEGLER, D., 2002, Traumatic experience and the brain. A handbook for understandig and treating those traumatized as children, Acacia Publishing, Inc., Phoenix, Arizona.

ZIEGLER, D., 2009, Beyond healing. The path to personal contentment after trauma.

ZUELKE, T.E., 2000, ‘Cognitive-behavioral therapy’, in Anderson, N.T., Zuelke, T.E. & Zuelke, J.S. (eds.),  Christ Centered Therapy. The practical integration of theology and psychology, Zondervan Publishing House, Grand Rapids, Michigan. pp.223-227.

 

AANHANGSEL

DANIEL AMEN SE BREIN KONTROLE VRAELYS

Evalueer jouself so eerlik moontlik volgens die volgende vraelys.  Dit sou goed wees indien ‘n belangrike ander persoon die vraelys ook namens jou voltooi.

 

Nooit:  0                  Selde:  1                Soms:  2             Gereeld:  3                   Meestal:  4            Nie van toepassing:  nvt

 

Ander

Self

 

1.

 

 

Gee nie aandag aan detail nie en/of maak onnodige foute.

2.

 

 

Raak verveeld met roetine take byvoorbeeld huiswerk, papierwerk, huishoudelike pligte.

3.

 

 

Swak luisteraar.

4.

 

 

Kan nie take voltooi nie.

5.

 

 

Swak organiseerder  van tyd of spasie, byvoorbeeld papierwerk, lessenaar, werkspasie, ens.

6.

 

 

Vermy take wat breinkrag (denke) vereis.

7.

 

 

Verloor dinge maklik.

8.

 

 

Swak konsentrasie - aandag word maklik afgetrek.

9.

 

 

Vergeetagtig.

10.

 

 

Swak beplanner.

11.

 

 

Kan nie toekomsgerig dink nie – het min of geen visie.

12.

 

 

Sukkel om emosies te toon.

13.

 

 

Het min of geen empatie met ander.

14.

 

 

Dagdroom in oormaat.

15.

 

 

Voel verveeld.

16.

 

 

Voel apaties of ongemotiveerd.

17.

 

 

Voel moeg – beweeg stadig en met moeite.

18.

 

 

Voel afwesig - soos in ‘n waan.

19.

 

 

Rusteloos.

20.

 

 

Kan nie stilsit waar dit noodsaaklik is nie – kerk, skool, teater.

21.

 

 

Klim en klouter op onvanpaste plekke of tye.

22.

 

 

Kan nie in stilte speel nie.

23.

 

 

Tree op asof jy deur iets gejaag word.

24.

 

 

Praat onophoudelik.

25.

 

 

Skree antwoorde uit voordat die vraag voltooi is.

26.

 

 

Sukkel om jou beurt af te wag.

27.

 

 

Val ander in die rede.

28.

 

 

Impulsief.

29.

 

 

Uitermatig bekommerd.

30.

 

 

Ontsteld sodra dinge nie volgens jou wense gaan nie.

31.

 

 

Ontsteld indien dinge nie op hul plek is nie.

32.

 

 

Argumenteer en stry baie.

33.

 

 

Dink voortdurend negatief

34.

 

 

Toon kompulsiewe handelinge.

35.

 

 

Hou nie van veranderinge nie.

36.

 

 

Koester wrokke.

37.

 

 

Verskuif konsentrasie moeilik vanaf een onderwerp na ‘n ander een.

38.

 

 

Verskuif moeilik vanaf die uitvoer van een taak na ‘n ander.

39.

 

 

Sukkel om moontlikhede raak te sien.

40.

 

 

Ignoreer ander se opinies. 

41.

 

 

Hou verbete by jou gedragspatroon ongeag of dit tot jou voordeel is of nie.

42.

 

 

Raak ontsteld indien dinge nie gaan soos wat jy dit wil hê nie.

43.

 

 

Andere beskuldig jou van onnodige bekommernis.

44.

 

 

Sê ‘nee’ voordat gedink is.

45.

 

 

Is ‘n voorspeller van vrees.

46.

 

 

Voel gereeld hartseer.

47.

 

 

Het jy baie gemoedskommelings?

48.

 

 

Is jy baie negatief?

49.

 

 

Geen energie.

50.

 

 

Geïrriteerd.

51.

 

 

Stel nie in ander mense belang nie.

52.

 

 

Stel nie belang in dinge wat voorheen plesier ingehou het.

53.

 

 

Voel negatief betreffende die toekoms.

54.

 

 

Voel hulpeloos en/of magteloos

55.

 

 

Voel ontevrede en verveeld.

56.

 

 

Voel skuldig.

57.

 

 

Bedink selfmoord.

58.

 

 

Huilerig.

59.

 

 

Voel lusteloos.

60.

 

 

Slaap patroon verander – slaap meer of minder.

61.

 

 

Eet patroon verander – eet meer of minder.

62.

 

 

Beleef konstant ‘n lae selfwaarde en swak selfvertroue.

63.

 

 

Ongevoelig ten opsigte van reuke.

64.

 

 

Voel gereeld angstig of senuweeagtig.

65.

 

 

Beleef paniek aanvalle.

66.

 

 

Beleef spierspasmas – hoofpyne, bewerigheid, seer spiere.

67.

 

 

Beleef hartkloppings en borskas pyne

68.

 

 

Beleef periodes waarin jy sukkel om asem te haal of waartydens jy versmoor voel.

69.

 

 

Beleef periodes waartydens jy duiselig voel.

70.

 

 

Beleef periodes waartydens jy naar voel of maagpyn ervaar.

71.

 

 

Beleef periodes waartydens jy uitermatig sweet of warm en koue gloede beleef.

72.

 

 

Voorspel jy rampe en ellendes op ‘n gereelde basis.

73.

 

 

Vrees vir die dood.

74.

 

 

Vermy plekke uit vrees vir ‘n angs aanval.

75.

 

 

Vermy jy konflik?

76.

 

 

Vrees jy dat ander jou gaan oordeel of verkleineer?

77.

 

 

Enige fobies

78.

 

 

Swak motivering

79.

 

 

Oordrewe gemotiveerd

80.

 

 

Rukkings - motories of vokaal (ticks).

81.

 

 

Lelike handskrif.

82.

 

 

Skrik jy maklik?

83.

 

 

Vries jy indien jy angstige situasies beleef?

84.

 

 

Wantrou jy jou eie vermoë?

85.

 

 

Is jy skaam en sku?

86.

 

 

Raak jy vinnig verleë?

87.

 

 

Is jy sensitief vir kritiek?

88.

 

 

Kou jy jou vingernaels of krap jy jouself?

89.

 

 

Raak jy vinnig kwaad of geïrriteerd?

90.

 

 

Reageer jy met woede-uitbarstings vir geen rede nie?

91.

 

 

Word positiewe opmerkings as negatief beleef?

92.

 

 

Eskaleer geïrriteerdheid tot ‘n uitbarsting waarna kalmte, maar moegheid beleef word?

93.

 

 

Beleef jy periodes waartydens jy afwesig of verward voel?

94.

 

 

Beleef jy paniek en/of vrese vir geen klaarblyklike rede nie?

95.

 

 

Hoor of sien jy dinge soos skaduwees of geluide?

96.

 

 

Enige de-ja-vu belewings?

97.

 

 

Sensitief of effens paranoïes?

98.

 

 

Beleef jy hoofpyn en/of maagpyn met geen klaarblyklike oorsaak nie?

99.

 

 

Het jy enige vroeëre hoofbeserings opgedoen of is daar ‘n geskiedenis van gesinsgeweld?

100.

 

 

Is daar donker gedagtes soos byvoorbeeld gekoppel aan selfmoord of moord?

101

 

 

Is daar periodes waartydens dinge moeilik onthou word?

 

ONTLEDING

1.     Prefrontale korteks: Vrae 1-28 (Fokus)

Vrae 1-18 fokus op aandag-afleibaarheid-sindroom (ADD)

Vrae 19-28 fokus op aandag-afleibaarheid-hiperaktiwiteit-sindroom (ADHD)

Indien 9 of meer antwoorde as 3 of 4 gemerk is, is daar waarskynlik ‘n probleem ten opsigte van impuls beheer, beplanning, ordelikheid, emosionele beheer,  empatie, intuïsie, organisering asook ‘n gebrek aan ‘n leerbare gees.  Volgens dr. Amen presenteer 60-80% van verslaafdes met ADD/ADHD.   

2.     Cingulum:  Vrae 29-45 (Beheer)

Indien 5 of meer antwoorde as 3 of 4 gemerk is, presenteer die persoon waarskynlik met gedrag soos obsessiwiteit, fobies, kompulsies, wrokke, woede, swartgalligheid, onvergewensgesindheid, moontlike verslawing, toekoms vrese asook ‘n oormatige behoefte aan beheer (dr. Amen verwys in hierdie verband na (oppositional defiant disorder). Hierdie persone presenteer dikwels ook met erge fisiese pyn soos lae-rugpyn.

Indien die cingulum oor-aktief reageer sal die persoon veral met gemoed-skommelings en geïrriteerdheid presenteer en kan ‘n vitamien wat kalmerend op die cingulum inwerk, voorgestel word.  Indien die cingulum onder-aktief reageer, sal die persoon probleme met konsentrasie en fokus ondervind.

 

3.     Diep limbiese sisteem:  Vrae 46-63  (Depressie/negatiwiteit)

Indien 5 of meer vrae met 3 of 4 gemerk is, presenteer die persoon met negatiwiteit en is hy/sy waarskynlik depressief.

 

4.     Basale ganglia:  Vrae 64-88  (Vrese)

Indien 5 of meer vrae as 3 of 4 gemerk is, presenteer die persoon met angs en vrese.  Die brein area presenteer dikwels met PTSV en tipiese gedrag lyk soos volg:  uitermate hiperaktief asook aandagafleibaar, impulsief, hipersensitief ten opsigte van omgewing, spraak probleme, siklusse gemoedskommelings en word gewoonlik as bipolêr gediagnoseer. 

 

5.     Temporale lobbe:  Vrae 89-101  (Woede/aggressie)

Indien 5 of meer vrae as 3 of 4 gemerk is, is daar moontlik ‘n probleem van oor- of onderaktiwiteit in die brein area. Tipiese probleme hier is byvoorbeeld: gemoedskommelings asook tye van verhoogde energie wat afgewissel word met depressie en aggressie.

 

BRONNE

AMEN, D.G., 2002, Healing ADD.  The breakthrough program that allows you to see and heal the 6 types of ADD, Berkley Books, New York. 

HENSLIN, E.,  2008, This is your brain on joy.  A revolutionary program for balancing mood, restoring brain health, and nurturing spiritual growth, Thomas Nelson, Nashville, Tennessee.

Godsdiens: middel tot verslawing of tot heling?

GODSDIENS: MIDDEL TOT VERSLAWING OF TOT HELING?

 

Prof Wentzel Coetzer

 

 

ABSTRACT

Religion: a means to addiction or to healing?

There are two sides to religion, on the one hand the threat that implies emotional pain and addiction, on the other hand the healing and liberating effect of a balanced and healthy religion. In this article the focus is on the former. Factors which render people vulnerable to spiritual addiction are put on the table. Similarities between a dysfunctional family system and a dysfunctional church system as well as parallels between alcoholic families and dysfunctional Christian families play a significant role in this respect. Linking up with this we have a great measure of similarity between chemical addiction and religious addiction. Further attention is given to the progressive character of the process of addiction, the process of breaking free from the sick system as well as the various areas demanding attention during the process of healing. Concerning the latter particular attention is given to behaviour which could lead to a relapse.

  

1.      INLEIDEND

Father Leo Booth verwys in sy boek, When God becomes a drug (1998:51), na die geval van Charles wat in ‘n disfunksionele nie-godsdienstige huis opgegroei het. Sy jeugjare was gekenmerk deur gesinsgeweld, drankmisbruik en fisiese mishandeling. Hy het talle herinneringe gehad aan vrees, angs, pyn, verwerping asook selfmoord gedagtes en het deurgaans die droom gehad om van hierdie situasie te ontsnap. Op 15-jarige ouderdom het ‘n vriend hom saamgeneem na ‘n sendingkerkie waar hy vir die eerste keer ‘n boodskap van liefde en aanvaarding gehoor het – iets waaraan hy ‘n intense behoefte gehad het. Dit lei uiteindelik tot ‘n totale geestelike oorgawe. Vanaf hierdie punt in sy lewe raak hy tot die ekstreme betrokke by die kerk en by godsdiens – tot so ‘n mate dat dit tot vervreemding met sy familie lei en later ook die oorsaak word van sy egskeiding. Daar was konstante gevegte in die huwelik oor godsdiens omdat hy van mening was dat sy vrou op geestelike terrein slegs louwarm was, en sy van mening was dat hy rigied en fanaties was. Toe sy die dag finaal gegroet het, het sy vir hom gesê: “Religion is like a drug to you!” As gevolg van die pastorale begeleiding deur Father Booth kon Charles uiteindelik tot die besef kom dat sy vrou se evaluering van hom korrek was. Hy kon insig verkry in die feit dat in teenstelling met sy broers wat as gevolg van dieselfde disfunksionele gesin van oorsprong uiteindelik aan dwelms verslaaf geraak het ten einde van hul emosionele pyn te ontvlug, hyself ontvlugting gesoek het by wyse van ‘n obsessiewe beheptheid met godsdiens. “Religion was his fix.”

In sy boek, When religion gets sick (1970:16), verwys Wayne Oates na die feit dat godsdiens by geleentheid siek kan raak. Dit gebeur volgens hom wanneer godsdiens ‘n aparte bestaan verkry, algeheel los van die totale uitdrukking van die betrokke persoon se lewe, en dit dan ontwikkel tot ‘n eksterne “dit”. Hierdie “dit” godsdiens word dan óf ‘n gesegregeerde, outonome sisteem binne ‘n lugdigte kompartement geskei van die res van die persoon se lewe, óf dit ontwikkel tot ‘n steurende faktor binne die totale funksionering van hierdie persoon. In beide gevalle het die funksionering siek geraak. In die lig hiervan maak Oates dan ook die stelling dat die term godsdiens nie noodwendig dui op iets wat goed is nie. In sy bespreking van hierdie selfde tema kom die psigiater Scott Peck (2003:222) tot die gevolgtrekking dat dit juis om hierdie rede is dat talle psigiaters en psigoterapeute die standpunt huldig dat godsdiens die groot vyand is. In navolging van Freud kan hulle selfs godsdiens beskou as ‘n neurose, “... a  collection of inherently irrational ideas that serve to enchain people’s minds and oppress their instincts toward mental growth.” Volgens Oats (1970:18) verhoed die onderskeid tussen ‘n siek en ‘n gesonde godsdiens enersyds juis dat daar in die intellektuele doodloopstraat geland word van Freud se veronderstelling dat godsdiens ‘n universele neurose te alle tye en plekke is. Andersyds vermy dit ook die oppervlakkige optimisme dat godsdiens, juis omdat dit godsdienstig is, noodwendig altyd verband hou met dit wat goed en opbouend en gesond is.

Teen die agtergrond van bovermelde inleidende opmerkings word daar vervolgens in hierdie artikel gefokus op die oënskynlike paradoks van godsdiens wat enersyds binne sekere kontekste ‘n helende en bevrydende rol kan vervul, veral wanneer dit op gebalanseerde en gesonde wyse beoefen word en waar die motief daaragter suiwer en opreg is. Andersyds word gefokus op die gevaarkant van godsdiens. Met ‘gevaar’ word in hierdie konteks dan bedoel dat daar dieperliggende onverwerkte emosionele pyn aanwesig mag wees wat uiteindelik as dryfveer kan dien tot ontvlugting in oordrewe godsdienstige aktiwiteite – die finale resultaat van so ’n proses kan dan godsdienstige verslawing impliseer. In hierdie verband word daar vervolgens gelet op verskillende aspekte en omstandighede wat persone kwesbaar laat vir latere geestelike verslawing, veral dan ook die milieu van die disfunksionele gesin. Daar word ook gelet op ooreenkomste tussen chemiese verslawing en godsdienstige verslawing, die fases van die verslawingsproses asook riglyne betreffende ’n moontlike herstelproses.

  

2.      TOKSIESE GODSDIENS EN GEESTELIKE VERSLAWING

Dupont (2004:39) verwys na toksiese geloof as ‘n destruktiewe en gevaarlike verhouding met ‘n godsdiens waarin die godsdiens en nie die verhouding met God die persoon se lewe beheer nie.

Arterburn en Felton (2001:83) beskryf verslawing as die gevolg van ‘n psigologiese en fisiologiese afhanklikheid van ‘n substans, verhouding of gedrag. Dit geld ook wanneer die persoon bereid is om gesin, werk, finansiële sekuriteit en geestesgesondheid op te offer ter wille van ‘n substans, verhouding of gedrag. Hulle wys verder op die feit dat beoefening van geloof en betrokkenheid by godsdiens talle potensieel verslawende komponente bied. Persone kan gevolglik verslaaf raak aan gevoelens van regverdigheid, of die gevoel dat hy/sy uiteindelik reg is met betrekking tot ‘n sekere saak. Daar kan ‘n obsessie ontstaan met betrekking tot gebed. ‘n Persoon kan verslaaf raak aan die emosionele hoogtepunte van lofprysing en aanbidding. Daar kan ‘n verslawing ontstaan gekoppel aan die gevoel van deel te wees van iets groots. Aan die ander kant is dit so dat om deel te wees van ‘n groep gelowiges oor die algemeen gevoelens van binding en samehorigheid genereer wat helend en opbouend kan wees. Die verslawing tree egter in wanneer hierdie emosies die doel van die oefening word eerder as die wonderlike byproduk van die aanbidding van God. Wanneer daar dus fokus verloor word en die gevoelens eerder as God die sentrale deel van die aanbiddings ervaring word, dan het die aanbidding toksies en verslawend geraak (Arterburn & Felton, 2001:98-99).

Booth (1998:50) vertel van die talle persone met wie hy berading gedoen het wat na hom gekom het met ‘n verhaal van onvermoë om emosioneel te kon oorleef as gevolg van jare se emosionele en geestelike verwonding. In desperaatheid het hulle dan na godsdiens gegryp (gewoonlik ‘n vorm van ongesonde en ongebalanseerde godsdiens) om dit te gebruik as ‘n fix. Die enigste gevolg was dan uiteindelik ‘n verslawing aan godsdiens  met innerlik net meer pyn en wanhoop omdat daar op geen stadium aandag gegee is aan die diepere oorsake van die pyn nie.

  

2.1  Faktore wat mense kwesbaar maak vir geestelike verslawing

Arterburn en Felton (2001:106) dui die volgende faktore aan as belangrik in hierdie verband (vergelyk ook Fischer, 2007):

·       ‘n Ouer (veral die pa) wat misbruik toepas, hetsy fisies, emosioneel of seksueel.

·       ‘n Kind wie se emosionele behoeftes nie vervul is nie.

·       Gevoelens van vervreemding – reeds gedurende die kinderjare.

·       Houdings van perfeksionisme vanaf onvolmaakte ouers.

·       Uitermate hoë verwagtinge van die kind.

·       Die gebrek aan waardering en erkenning vanaf ouers.

·       Ouers se probleme gekoppel aan verslawing.

·       ‘n Afwesige vader.

·       Gevoelens van skuldig en vuil te wees.

·       Swak verhoudinge met portuurgroepe.

·       ‘n Baie aktiewe fantasie wêreld wat dikwels ontvlugting bied.

·       Die onvermoë asook onkunde betreffende die deel van innerlike gevoelens .

Dikwels word geestelike boodskappe gekommunikeer wat mense nie noodwendig nader aan God laat beweeg nie maar eerder bydra om die reeds bestaande vakuum in hul binneste net verder te vergroot. Hul desperate pogings om iets te vind om ten alle koste hierdie vakuum te vul, lei dan dikwels

tot kompulsiewe en verslawende gedrag. Father Booth (1998[L2] :15) vertel in hierdie verband van die talle persone wat in berading aan hom gesê het dat hulle ‘n liefde/haat verhouding met God ervaar. Wanneer hulle hoor van sy liefde dan is dit vir hulle wonderlik, maar dan staan dit telkens in kontras met die boodskappe wat hulle so dikwels tydens hulle jeugjare ontvang het. Een van hierdie persone het dit soos volg gestel:

 

“The first words I remember as a child were ‘God is going to get you.’ And it went downhill from there. God was always to be feared. An angry God. A God who punished you and your family with sickness if you broke the rules. A God who was against laughter and fun. Father Leo, a part of me loves God. A bigger part of me hates God.”

 

Ongesonde beskouinge omtrent hulself en God het uiteindelik hul lewens vergiftig en daartoe gelei dat hulle die godsdiens en ook God begin gebruik het ten einde van emosionele pyn te ontvlug (Blue, 1993:106).

 

3.     OOREENKOMSTE TUSSEN ‘N DISFUNKSIONELE GESIN SISTEEM EN ‘N DISFUNKSIONELE KERKLIKE SISTEEM

3.1  Die pa se rol is deurslaggewend

Carder (1995:131) toon aan hoedat mense geneig is om ‘n kerk te soek wat gebaseer is op die styl van verhoudings waaraan hierdie persoon gewoond is. Die wyse waarop lede van die persoon se gesin van oorsprong in verhouding tot mekaar en in verhouding tot die outoriteit in die gesin gefunksioneer het, sal gevolglik bepalend wees met betrekking tot die tipe kerk wat hierdie persoon uiteindelik verkies. Persone wat byvoorbeeld opgegroei het in huise waar die pa ekstreem outoritêr was en nie verantwoording teenoor enigiemand verskuldig was nie, sal heelwaarskynlik aangetrokke wees tot ‘n kerk waar die senior leraar op dieselfde wyse funksioneer. Dan is daar dikwels ook die onafgehandelde sake (“unfinished business”) vanuit die gesin van oorsprong wat manifesteer binne die huidige kerklike opset (vgl. in hierdie verband ook Shaffer & Hastings, 2007:152). Die persoon wat die huis verlaat het vol van innerlike woede teenoor die pa gaan uiteindelik ‘n kerklike opset vind wat ooreenstem met dié van die gesin van oorsprong en dan hul onderliggende woede rig op die leraar (as surrogaat vir sy/haar pa). Dieselfde rolle wat binne die gesin van oorsprong was, herhaal dan ook baie maklik weer binne die kerklike familie, met dieselfde spanning en pyn as binne die gesin van oorsprong. Hierdie frustrasie van telkens opnuut vasgevang te raak in die oorspronklike problematiek en spanning van die gesin van oorsprong lei dan ook daartoe dat sommige persone van kerk na kerk beweeg, altyd op soek na die perfekte kerklike familie-ervaring terwyl hul werklike innerlike pyn en frustrasies nooit hanteer word nie (Carder, 1995:131; vgl. ook Brawand, 1995:115).

  

3.2  Parallelle tussen alkoholiese huise enersyds en disfunksionele Christen huise andersyds

Sloat (1990:14) wys op die groot ooreenkomste in die latere volwasse gedrag van enersyds kinders vanuit alkoholiese huise (ACA: Adult Children of Alcoholics) en andersyds kinders vanuit disfunksionele Christelike huise (ACE: Adult Child of Evangelicals; met die term evangelical lê hy klem op ‘n streng, outoritêre en rigiede Christelike agtergrond en die bedoeling is nie dat dit noodwendig van toepassing is op alle sogenaamde evangelical huise nie). In sy navorsing het Sloat gevind dat binne talle disfunksionele Christelike huise daar basies dieselfde emosionele atmosfeer heers as wat die geval is in alkoholiese huise. Die mees prominente kenmerk is die afwesigheid van emosionele veiligheid vir die gesinslede. Sloat (1990:14) vergelyk in hierdie verband die situasies van twee persone met mekaar. Enersyds is Gene wat opgegroei het binne ‘n alkoholiese huis en nooit geweet het wat om te verwag wanneer sy pa gedrink het of wanneer dit weer vir hom nodig sou wees om ‘n geveg op te breek tussen sy ouers nie. Hierdie atmosfeer het diep innerlike onsekerheid by Gene gevestig en hom uiteindelik gelaat as ‘n alleen en onsekere mens wat die belewenis gehad het dat niemand lief is vir hom nie. Hierteenoor is Cathy wat as kind net so kwesbaar was binne die Christelike huis waar sy opgegroei het, alhoewel drank geen rol gespeel het nie. Haar moeder was op ‘n konstante basis nie daar vir haar wanneer sy beskerming en ondersteuning nodig gehad het nie en sy het ook geen persoonlike aandag aan Cathy gegee nie. Haar pa was totaal onbetrokke by haar en daar was ook nooit enige fisiese aanraking nie. Van niemand in haar huis het sy persoonlike ondersteuning ontvang betreffende haar innerlike worsteling met ‘n klomp emosies nie. Die feit dat haar ouers aktiewe lede binne ‘n lokale konserwatiewe kerk was en ook ernstige Christene, het geen invloed gehad op die wyse waarop hulle haar hanteer het nie. Sloat (1990:15) kom tot die gevolgtrekking dat kinders wat opgegroei het binne ‘n alkoholiese huis of binne ‘n disfunksionele Christelike huis heel dikwels nie heel persone is nie, “... although the ones from the Christian homes may see themselves as ‘holy.’”

  

3.3  ‘n Ongesonde beroep op die outoriteit van God en sy Woord

Afgesien van laasgenoemde aspek is daar ‘n verdere belangrike verskil tussen hierdie twee tipes huise. Dit hou verband met die feit dat Christen ouers wat ‘n kompulsiewe behoefte het om hul kinders te beheer, ‘n bron tot hul beskikking het wat nie die geval is in alkoholiese huise nie. Hulle beroep naamlik hulself dikwels op God en op die Woord in hul persoonlike pogings om beheer uit te oefen. Uitsprake soos die volgende sou dan algemeen kon voorkom: “Wat sou Jesus sê as Hy sien dat jy dit doen?” Dit is baie duidelik bedoel om skuld en skaamte by die kind te wek ten einde te voldoen aan die ouers se wense. Dit kan egter ‘n platform skep vir heelwat probleme later. Een uitvloeisel sou kon wees ‘n Christelike weergawe van ‘n disfunksionele huis wat dan negatiewe oorlewingspatrone by die kinders vestig asook die vestiging van ‘n basis om uiteindelik ACE’s te wees – persone wat opgegroei het in Christelike huise waar die werklike betekenis van Christendom, God en die lewe self verdraai is. Die volwasse lewe vir sulke ACE’s impliseer dikwels emosionele en geestelike konflik, depressie, angs, selfmoord gedagtes asook ‘n onsekerheid betreffende die werklike oorsprong van hierdie ongemak in hul binneste. Wanneer sulke volwassenes dan later ook self ouers is, is die risiko baie groot dat hulle dieselfde vrees-gebaseerde benadering sal volg waar Christelike reëls op ‘n rigiede wyse toegepas word op persoonlike ontwikkeling (Sloat, 1990:16).  

  

3.4  Die reëls binne ‘n disfunksionele huis

Literatuur oor ACA (Benton 2007; Bradshaw, 2000:8; Pierce 2007) identifiseer veral die volgende drie tipiese reëls wat kinders moet bemeester ten einde in so ‘n atmosfeer te kan oorleef: moenie praat nie, moenie vertrou nie, en moenie voel nie. Wanneer sulke kinders uiteindelik die fase van volwassenheid betree dan mag hulle suksesvol voorkom. Innerlik is hulle egter ongelukkig, ontevrede en dikwels leeg aangesien hul oorlewing strategieë tydens die kinderjare ‘n swak voorbereiding was vir die volwasse jare – veral wanneer hulle poog om intieme verhoudinge met andere te vestig. Die bovermelde reëls wat hulle moes leer kan enige poging tot nabyheid en intimiteit dwarsboom en daarom sal hierdie reëls eers uitgekanselleer moet word. Sloat (1990:18) beskryf dat hy gevind het dat daar ook ‘n ‘Christelike’ weergawe is van die ACA reëls wat funksioneer binne disfunksionele Christelike huise, alhoewel drank hier geen rol speel nie. Talle volwasse kinders uit sulke huise ervaar ook probleme om te kan praat, te kan vertrou en te kan voel aangesien hulle net soos Cathy (wat in die Christelike huis opgegroei het) nie veilig genoeg voel om standpunt in te neem of om enigiemand te vertrou nie. Waar daar geheime alkoholisme binne so ‘n disfunksionele Christen huis sou voorkom, kry sulke kinders ‘n dubbele dosis: al die vernietigende gevolge van ‘n alkoholiese huis plus ook nog die gevolge van ‘n disfunksionele Christen huis. Dit alles skep die ideale milieu vir uiteindelike geestelike verslawing.

Betreffende die kwessie van verslawing sê Booth dat hy in talle Christen huise dieselfde houdings en gedragspatrone aangetref het wat lank reeds geïdentifiseer is as dié van alkoholiste, verslaafdes en mede-afhanklikes.

 

“I saw a family of God as dysfunctional as any family of an alcoholic I have ever met... The more I examined the idea of the dysfunctional family of God, the clearer it became. In the excessive tithing and giving I saw the same compulsive urgency I’ve seen in gamblers. In the dedication to church ritual I saw the sex addict’s need for ritualizing. In the glazed, hypnotized look of a woman quoting scripture at me, I saw the drugged stare of addicts after a fix” (Booth 1998:18).

  

4.     OOREENKOMSTE TUSSEN CHEMIESE VERSLAWING EN GODSDIENSTIGE VERSLAWING

In hul bespreking van die ooreenkomste tussen chemiese verslawing en godsdienstige verslawing wys Johnson en VanVonderen (1991:189) op die feit dat dit by chemiese verslawing onder andere gaan om die afhanklikheid van ‘n gemoedsveranderende substans. In die proses word tyd, energie, eerlikheid en geld geïnvesteer in die verslawing en verhoudings ly skade. Mettertyd word al meer investering vereis ten einde te vergoed vir vorige verliese. Ontkenning gaan uiteindelik oor in misleiding en delusie en die verslaafde verloor perspektief betreffende die skade wat die substans aanrig asook betreffende die negatiewe impak op andere se lewens. Op soortgelyke wyse kan daar ‘gemoeds-verandering’ plaasvind binne geestelik afknouende sisteme. Dit gebeur wanneer die betrokke persoon sy/haar ongesonde tegnieke rondom verhoudings in diens van God probeer aanwend, eerder as wat hulle die pynlike roete volg van hulp te aanvaar wat op ware verandering en heling kan uitloop. Om deur sulke pogings die goedkeuring van mense en van God na te streef kan ‘gemoedsveranderend’ wees. Daar word verwys na hierdie toestand van afhanklik te wees van ‘n geestelike gemoedsveranderende sisteem as ‘godsdienstige verslawing’. Op hierdie stadium moet hierdie persoon meer en meer van sy/haar lewe investeer in ‘n sisteem vol van beloftes maar met ‘n onvermoë om dit te laat realiseer. Jy ontken wat jy sien, hoe jy voel, hoe moeg jy is, hoeveel probleme jy het, en jy noem dit alles geestelik. Jou vriende probeer om jou te waarsku maar jy kan hulle nie hoor nie en jy is uiteindelik vasgevang in die slagyster van ‘n geestelik aftakelende sisteem (Johnson & Van Vonderen, 1991:190).

  

5.    DIE FASES ASOOK PROGRESSIEWE KARAKTER VAN DIE VERSLAWINGSPROSES

Booth (1998[L4] :37) vertel van ‘n brief wat hy ontvang het waarin iemand vertel van die pynlike wyse waarop sy bewus geraak het van haar verslawing aan godsdiens asook die effek daarvan op haar lewe. Sy verwys na haar kompulsiewe aanhaling van Skrifgedeeltes en haar obsessie oor haar eie godsdienstige oortuigings, wat weer dikwels aanleiding gegee het tot argumente met familie en kollegas. Sy beskryf die uiteindelike isolasie van die mense vir wie sy lief was asook haar groot finansiële probleme as gevolg van die groot bedrae geld wat sy aan die kerk geskenk het. Namate emosies soos alleenheid, woede, depressie, vrees en skuldgevoelens toegeneem het, het sy haar betrokkenheid by godsdienstige aktiwiteite verhoog. Hoe meer obsessief sy egter oor godsdiens geraak het hoe meer hulpeloos en geïsoleer het sy gevoel. Sy het dikwels probeer om haar kompulsiewe gedrag te stop deur minder kerk toe te gaan, beeldjies en kruise en wierook branders uit haar huis te verwyder, nie soveel ure voor godsdienstige TV-kanale deur te bring nie, haar soms te onttrek vanaf ander gemeentelede, telefoon oproepe van haar leraar nie te beantwoord nie, en intekening op verskeie godsdienstige tydskrifte te termineer. Telkens het sy egter net terug geval in meer intense godsdienstige verslawing met nog meer gevoelens van skuld en skaamte. Uiteindelik het sy vir berading gegaan en het sy ‘n tipe van ‘godsdiens-ontgifting’ (religious detox) ondergaan. Daarna kon sy voortgaan met ‘n meer gesonde en gebalanseerde spiritualiteit.

 

“What she described was the classic progression of an addiction. We could substitute alcohol, cocaine, or food, and the pattern would be the same” (Booth, 1998[L5] :38).

 

Die progressie van godsdienstige verslawing sou aan die hand van die volgende drie fases beskryf kan word (Booth, 1998:[L6] 45; Arterburn & Felton, 2001:107; Johnson & VanVonderen, 1991:190; Mazhar, 2009; Baute, 2009):

  

5.1  Vroeë stadium

·       Herhaaldelike teleurstellings – begin al meer soek na kitsoplossings.

·       Ekstreme stres wat geestelike onderskeidingsvermoë negatief beïnvloed.

·       Kry nêrens antwoorde nie.

·       Gevoelens van waardeloosheid.

·       Begin om geestelike antwoorde te soek as ‘n laaste opsie.

·       Alleenheid – aandag en redding van watter kant af ook al sal verwelkom word.

·       Al meer twyfel en vrae oor God – geestelik kwesbaar.

·       Al meer skuldgevoelens asook ‘n gebrek aan innerlike sekuriteit.

·       Eerste ervaring met toksiese geloof sisteem bring gemoedsverandering.

·       Elke verdere ontmoeting lei tot groeiende aangetrokkenheid.

·       Al groter konformiteit met ander verslaafdes.

·       Die Bybel word gebruik om sekere senutoestande onder beheer te bring.

·       Kerkbywoning en Bybelstudie tot die ekstreme.

·       Die kombinasie kerk/Bybel/gebed word op kompulsiewe wyse gebruik ten einde dieperliggende probleme te vermy.

·       Swart/wit denke neem toe.

·       Kom al meer laat by die werk en ook al meer afwesig by familie/gesins geleenthede as gevolg van godsdienstige byeenkomste.

·       Die praktyk van toksiese geloof vervang al meer vriende en familie en ook ander belangstellings.

·       Eenkant gestoot deur vriende en familie – hulle raak al meer geïrriteerd.

·       Groeiende ontkenning en selfregverdiging.

·       ‘n Onwilligheid om probleme te bespreek wat verband hou met toenemende onbeheerbare gedrag.

·       Geneigdheid om voortdurend vir andere te ‘preek’.

·       Geloof word gefokus op ‘n spesifieke kerklike leier.

·       Die Skrif word ‘n wapen – verse word aangehaal om andere mee te veroordeel en eie optredes mee te regverdig.

 

 

5.2  Middel stadium (fase van verlies van beheer)

·       Toenemende rasionalisering.

·       Totaal ingetrek in die sisteem.

·       Toenemende gebruikmaking van kerk/Bybel/gebed ten einde probleme te vermy.

·       Obsessiewe en oormatige betrokkenheid by gebedsessies en uitreike.

·       Obsessief oor proselietemakery waardeur mense deel van die sisteem kan word en nie noodwendig nader aan God beweeg nie.

·       Rigiede en obsessiewe nakoming van reëls, kodes en etiese riglyne.

·       Al meer verlies aan ander belangstellings.

·       Obsessie oor kerk/godsdiens/leraar.

·       Toenemende afhanklikheid van godsdiens.

·       Skuldgevoelens wanneer kerklike funksies nie bygewoon kan word nie.

·       Seksualiteit word as vuil beskou.

·       Tye van gebed en vas tot die ekstreme – by sommige ontwikkel ‘n eetversteuring.

·       Self-medikasie. Elke nuwe dag moet daar gesoek word na ‘n nuwe godsdienstige ‘high’. “The religious experience becomes an intoxicating high that medicates the addict’s high” (Arterburn &  Felton, 2001:123).

·       Teleurstelling indien die emosionele katarsis nie plaasgevind het nie en ‘n soeke om dit dan op ander wyses te laat realiseer.

·       Dubbele verslawings.  Ander verslawings kan ontwikkel, gekoppel aan byvoorbeeld kos of drank of seks.

·       ‘n Weiering om enigsins krities te dink betreffende kerklike informasie of outoriteit – baie uitgesproke.

·       Die onvermoë om op ‘n sinvolle wyse godsdienstige aangeleenthede te bespreek.

·       Hanteer verwerping moeilik – skryf diegene totaal af wat nie ontvanklik is vir indoktrinasie nie.

·       Self gefabriseerde sowel as outentieke gawes word gebruik om andere uit te buit en te manipuleer.

·       Aansprake op spesiale gawes en salwing.

·       Al meer isolasie vanaf andere.

·       Nie-godsdienstige vriende en familie word veroordeel of vermy, of daar word gepoog om hulle ten alle koste te oortuig.

·       Hoogdrawende of aggressiewe gedrag.

·       Konflik met skool of werk.

·       Verloor betrekking omdat elke faset van die persoon se lewe geaffekteer geraak het deur die toksiese geloof.

·       Geldelike probleme omdat buitensporige bedrae geskenk word ten koste van die gesin se basiese behoeftes.

·       Die verslaafde het totaal afhanklik van die sisteem geraak om te oorleef.

·       Verdiepende ontkenning – ‘n totale onvermoë om te besef wat die prys is wat betaal word.

Die persoon het uiteindelik ‘n punt bereik wat treffend deur Baute (2009) soos volg saamgevat word:

 

“In essence we have become addicted to the certainty, sureness or sense of security that our faith provides. It is no longer a living by faith, with hope and growing in unconditional love.”

 

 

5.3  Laat stadium

·       Wanhoop en gevoelens van hopeloosheid omdat die sisteem nie die verwagte resultate lewer nie.

·       Gryp na allerlei strooihalms vir oplossings – soek antwoorde in gedragsaanpassings maar nie in die diepgaande evaluering van eie onverwerkte emosionele pyn nie.

·       Magiese denke wat impliseer dat God alle probleme uit die weg gaan ruim sonder enige insette deur die persoon self.

·       Ontvang ‘boodskappe’ van God.

·       Woede en bitterheid namate eie wêreld inmekaar tuimel – al die ander word beskuldig.

·       Radikale agteruitgang van verhoudings.

·       Enersyds openlike uitsprake oor seks as vuil – andersyds seksuele kompulsiewe/obsessiewe gedrag (sexually acting out).

·       Gevoelens van magteloosheid omdat aangeleerde geloof-reëls nie klop met die huidige praktyk nie.

·       Diepe depressie – disintegrering van geloof sisteem lei tot die onvermoë om te kan funksioneer.

·       Fisiese en psigiese agteruitgang – depressie en stres eis hul tol.

·       Al meer psigosomatiese siektes en simptome soos rugpyne, slaaploosheid, hoofpyne, hipertensie, ens.

·       Onvermoë om sinvolle besluite te neem.

·       Stagnering – obsessief besig om foute van die verlede te bedink.

·       Verslawing aan seks, kos, pille, ens., intensiveer namate die persoon soek na ontvlugting.

·       Oormatige vrees – die persoon beleef ‘n intense gebrek aan sekuriteit – sien elke persoon as ‘n bedreiging en ervaar vrees om in die sisteem aan te bly sowel as om die sisteem te verlaat.

·       Gaan soms in ‘n trans

·       Totale vereensaming, isolasie en finansiële ineenstorting.

·       Fisiese, verstandelike en emosionele uitputting.

·       Gesin en familie verhoudinge stort ineen as gevolg van stres en gebrek aan vertroue - dikwels buite-egtelike verhoudings en soms egskeiding.

·       Sommige is op hierdie stadium bereid tot terapie en soms ook psigiatriese hulp.

·       Hospitalisering.

 

6.    DIE PROSES VAN WEGBREEK

Een van die hoof kenmerke van ‘n verslawende sisteem is die feit dat dit baie moeilik gemaak word vir mense om uit te beweeg. Binne ‘n gesonde sisteem daarenteen sal leiers nie struikelblokke in die weg plaas van diegene wat wil bedank nie. Die breuk met ‘n verslawende sisteem sal dikwels ook deur mense beleef word as ‘n rouproses waarvoor tyd nodig is. As deel van hierdie rouproses sal emosies soos woede, depressie en selfs wanhoop normaal wees en persone moet daarom aan hulself die nodige tyd gun en ook geduldig wees met hul emosies.

 

“If you were hit by a bus, you would need time to recover. Something almost as serious as that has happened to you. Take time. Let yourself heal” (Blue, 1993:135).

 

Enroth (1993:92)  wys op die intense worsteling rondom skuldgevoelens by diegene wat uiteindelik die punt bereik waar hulle ‘n geestelik verslawende sisteem verlaat. Sulke kerke en groepe is voorgehou as ‘n utopia en met ‘n skok moet daar uitgevind word dat so ‘n utopia nie bestaan nie (vgl. ook Pretorius, 2007:215). VanVonderen (1989:79) [L7] wys op die gevaar dat persone wat so ‘n sisteem verlaat uiteindelik nie werklik toegerus is vir die normale wêreld daar buite nie. Om verskillende redes kan hulle dan uiteindelik soos droë blare heen en weer gewaai word en baie maklik in ander aftakelende sisteme ingetrek word.  Enroth (1993:20) beskryf die geweldige verwarring waardeur sulke persone gaan soos volg:

 

“They will share the pain of leaving an abusive church and the struggle to adjust to life on the outside. For many of them, life in an all-encompassing Christian environment has been so devastating that they find it difficult sometimes to read their Bible, attend church, or even believe in God” (vergelyk ook Dowhower, 1995:259).

 

Johnson en VanVonderen (1991:191) dui die volgende vier voorwaardes aan wat nagekom moet word ten einde in staat te wees om uit die verslawende sisteem uit te beweeg:

·       Slagoffers moet die punt bereik waar hulle besef dat hulle geestelik misbruik is en dan bereid wees om hulp te aanvaar.

·       ‘n Vernuwing van denke moet plaasvind aangesien hulle op ‘n baie konkrete wyse as’t ware geestelik gebreinspoel is.

·       Daar moet veilige verhoudings wees waarbinne hulle kan genees van hul emosionele, psigologiese en geestelike wonde.

·       Binne so ‘n veilige milieu moet aan hulle die toestemming verleen word en ook die geleenthede gebied word om gaandeweg hul sin vir identiteit as ‘n gawe van Jesus Christus te ontvang.

 

Trahan (1995:144) toon die volgende aan as tipiese probleme waarmee persone te doen kry na die wegbreek:

·       Verwarring. ‘n Worsteling met die vraag of dit die regte besluit was om uit te beweeg, en of dit nie eintlik maar dui op mislukking omdat die persoon basies nie in staat was om hom/haarself ten volle aan God te verbind nie - ook verwarring ten opsigte van wat presies om aan te voer as redes vir die losmaking proses.

·       Die verlies van ‘n ondersteuning stelsel. Omdat alle verhoudings buite die groep mettertyd op die agtergrond geskuif het, staan mense soms totaal alleen nadat hulle uitbeweeg het. “Almost all of our friends outside the group were gone, driven away by our ceaseless barrage of cult jargon.”

·       Woede. Dit kan woede oor eie gebrekkige insig wees asook woede teenoor die groep.

·       Skuldgevoelens. Dit kan verband hou met optrede waardeur vriende en familie vervreem is; skuldgevoelens oor al die proseliete wat gemaak is en hulle families wat gevolglik pyn ervaar het. “I was ashamed of the kind of person I had become and of the things I had done.”

·       ‘n Gebrek aan eiewaarde. Deur ‘n proses sal nuwe selfvertroue asook vertroue in eie vermoëns ontwikkel moet word.

 

Giambaluo (1995:151) voeg ook nog die volgende aspekte by:

·       Die gevoel van sinneloosheid en ‘n totale gebrek aan kontak (being disconnected).

·       Die ervaring van ‘n rouproses as gevolg van vriende van wie afskeid geneem moes word.

·       ‘n Totale gebrek aan vertroue in hul eie onderskeidingsvermoëns asook ‘n gebrek aan vertroue in andere.

·       Vrees dat dít sal gebeur wat die groep voorspel het indien hulle die groep sou verlaat.

·       ‘n Rigiede geneigdheid tot ‘n swart/wit tipe denke.

·       Die spiritualisering van alles en ‘n magiese denkpatroon - hier moet hulle gehelp word om met die realiteit te deel.

·       Die onvermoë om besluite te neem.

·       Probleme met werkgewers en/of loopbane.

·       Dissosiasie.

·       Nagmerries en soms ook hallusinasies.

·       Kwessies rondom seksualiteit.

·       Die onvermoë om te konsentreer en soms ook verlies van korttermyn geheue.

·       Hernude worsteling met emosionele en psigologiese probleme wat aan die orde was voordat hulle by die sieklike sisteem betrokke geraak het.

·       Ongeduld met die herstelproses.

  

7.    AREAS WAT AANDAG MOET KRY TYDENS DIE HERSTELPROSES

Wat betref die herstelproses gee Booth (1998[L8] : 200) die volgende skema as ‘n riglyn met betrekking tot die groot areas wat aandag moet kry:

  

7.1   Identifiseer gedragspatrone waardeur die verslawing in die verlede gemanifesteer het

Tipiese aspekte in hierdie verband waaraan gewerk sal moet word, is die volgende:

·       Die weiering om selfstandig te dink, te betwyfel of vrae te vrae.

·       Totale fokus op godsdienstige TV-programme met uitsluiting van enige ander kanaal.

·       Die weiering om aan gesinslede godsdienstige keuses te bied.

·       Disfunksionele seksuele praktyke en/of oortuiginge.

·       Veroordeling van andere met teenoorstaande standpunte.

·       Rigiede navolging van reëls.

·       Buitensporige finansiële bydraes.

·       Obsessiewe betrokkenheid by kerklike dienste, aksies en uitreike.

·       Proselietmakery.

·       Kompulsiewe aanhaling van Bybeltekste en en kompulsiewe beoefening van uitgerekte fases van gebed.

·       Mense word op platforms geplaas - outoriteit figure is altyd reg.

·       Eetversteurings of ander verslawings.

·       Die vermyding van sekulêre aktiwiteite – dit wat verband mag hou met plesier, kultuur, opvoeding, ens.

·       ‘n Rigiede swart/wit denkwyse.

  

7.2   Lê grense neer met betrekking tot gedrag

Die hoofoogmerk is balans, en met betrekking tot die voormelde lys van moontlik verslawende gedrag kan daar nou besluit word of ‘n sekere gedrag getermineer moet word en of dit in ’n sekere mate ingeperk moet word. Dit kan vergelyk word met kosverslawing waar daar aanvanklik besluit kan word om sekere kossoorte totaal uit te sny en slegs beperkte hoeveelhede van ander te geniet – dit alles om struktuur aan die nuwe gedragspatroon te gee. In hierdie proses van die neerlê van grense is daar gevolglik die volgende vier opsies:

·       Weerhouding van die aktiwiteit in geheel.

·       Elimineer dit vir ‘n sekere tydperk (Jack Frost (2006) vertel dat hy vir ongeveer agtien maande na die positiewe keerpunt in sy lewe dit baie moeilik gevind het om deel te neem aan enige georganiseerde godsdienstige aktiwiteite).

·       Beperk deelname tot slegs sekere omstandighede.

·       Vervang die verslawende gedrag met gesonde gedrag.

 

7.3   Identifiseer snellers of gevaar areas wat aanleiding kan gee tot ‘n terugval

Voorbeelde in hierdie verband sou die volgende kon wees:

·       Preokkupasie of rigiede navolging van reëls, etiese kodes of rituele.

·       Isolasie binne ‘n ondersteuningsgroep en geen assosiasie met ‘n verskeidenheid van persone nie.

·       Die verering van outoriteit figure en die onvermoë om hulle te bevraagteken.

·       Die herhaalde terugval op aanhalings vanuit die vorige groep se leerstellings.

·       Hiper krities en veroordelend teenoor diegene wat selfs binne die ondersteuningsgroep nie al die reëls stiptelik nakom nie.

·       ‘n Obsessie rondom gevoelens van onvermoë.

·       ‘n Voortsetting van die denkwyse dat hy/sy as persoon geen eie keuses het nie en dat God die rigting en die antwoorde sal voorsien.

 

7.4   Definieer gedrag wat moontlik tot ‘n terugval aanleiding kan gee

In die lig van die voormelde lys van moontlike snellers of gevaar areas kan die persoon tesame met die berader en ondersteuningsgroep nou daardie aspekte identifiseer wat in ‘n besondere mate op hom/haar van toepassing is.

  

7.5   Gebruik bevestigende gedagtes of gedrag wat gesonde uitgangspunte reflekteer ten einde disfunksionele denke te vervang

Voorbeelde hiervan sou die volgende kon wees:

·       Ek is vergenoeg.

·       God help my om gesonde keuses te maak.

·       Ek is verheug oor my gesonde spiritualiteit.

·       Ek ervaar God se kreatiwiteit in my lewe deur byvoorbeeld my eie persoonlike gebede te skryf, deur kleurprente te teken van my innerlike kind (inner child) se gevoelens, of deur ’n musiek instrument te leer speel.

·       Ek verbreek my isolasie deur te sosialiseer na byeenkomste.

·       Ek vier my keuse om ‘n behoorlike begroting op te stel betreffende my tiendes.

·       Ek versorg myself deur my dag te begin met ten minste ‘n twintig minute stiltetyd.

  

8.    SAMEVATTING EN KONKLUSIE

Vanuit die voormelde bespreking het duidelik geblyk die vernietigende en verslawende rol wat godsdiens kan speel indien daar ongesonde en disfunksionele onderliggende motiewe is. Vir die kerk in die breë bied hierdie terrein ‘n geweldige uitdaging en indien die riglyne soos uitgespel hierbo, gevolg word, kan dit vir talle persone wat godsdienstig verslaaf en verwond geraak het, ‘n deur open tot ‘n fase van nuwe geestelike groei, genesing en vryheid.

  

BIBLIOGRAFIE

ARTERBURN, S. & FELTON, J.

2001. Toxic faith. Experiencing healing from painful spiritual abuse. Colorado Springs, Colorado: Shaw Books

BAUTE, P.

 2009. Symptoms of religious addiction. [Aanlyn.] Bekom van:

http://www.lexpages.com/SGN/paschal/religious_addiction.html [2009, 10 Oktober].

BENTON, S.A.

2007. Dysfunctional families: recognizing and overcoming their effects. Brochure adapted from Kansas State University. [Aanlyn.] Bekom van: http://www.k-state.edu/counseling/topics/relationships/dysfunc.html [2007, 28 Maart].

BLUE, K.

1993.  Healing spiritual abuse. How to break free from bad church experiences. Downers Grove, Illinois: InterVarsity Press.

BOOTH, L.

1998[L9] . When God becomes a drug. Breaking the chains of religious addiction and abuse. Dalkeith, UK: SCP Publishers Ltd.

 BRADSHAW, J.

2000. Home coming. Reclaiming and championing your inner child. Londen: Piatkus.

BRAWAND, A.

1995. Dysfunctional families in ‘the ministry’. In: M.A. Carder, E. Henslin,  J. Townsend, H. Cloud & A. Brawand (eds.), Secrets of your family tree. Healing for adult children of dysfunctional families (Chicago: Moody Press), pp.113-130.

CARDER, D.

1995. Local church ‘family patterns’, In: M.A. Carder, E. Henslin,  J. Townsend, H. Cloud & A. Brawand (eds.), Secrets of your family tree. Healing for adult children of dysfunctional families (Chicago: Moody Press), pp.131-146.

CARDER, M.A., HENSLIN, E., TOWNSEND, J., CLOUD, H. & BRAWAND, A.

1995.  Secrets of your family tree. Healing for adult children of dysfunctional families. Chicago: Moody Press.

DOWHOWER, R.L.

1995. Guidelines for clergy. In M.D. Langone (ed.), Recovery from cults. Help for victims of psychological and spiritual abuse (New York: W.W. Norton & Company), pp. 251-262.

DUPONT, M.A.

2004.  Toxic churches. Restoration from spiritual abuse. Grand Rapids, Michigan: Chosen Books.

ENROTH, R.M.

1993. Churches that abuse. Grand Rapids, Michigan: Zondervan Publishing House.

FISCHER, T.F.

2007. Ten commandments of dysfunctional families. [Aanlyn.] Bekom van: http://ministryhealth.net/mh_articles/064_ten_commandments_of_dysfunctional_families.html [2007, 28 Maart].

FROST, J.

2006.  Spiritual slavery to spiritual sonship. Shippensburg, PA: Destiny Image Publishers, Inc.

GIAMBALUO, C.

1995.  An exit counselor’s perspective, In M.D. Langone (ed.), Recovery from cults. Help for victims of psychological and spiritual abuse (New York: W.W. Norton & Company), pp. 148-154.

JOHNSON, D. & VANVONDEREN, J.

1991. The subtle power of spiritual abuse. Cape Town: Struik Christian Books.

MAZHAR, U.

2009. Religious addiction: inner peace or inner turmoil? [Aanlyn.] Bekom van: http://www.crescentlife.com/spirituality/religious_addiction.htm  [2009, 10 Oktober].

OATES, W.E.

1970. When religion gets sick. Philadelphia: The Westminster Press.

 PECK, S.

2003.  The road less travelled. New York: Touchstone.

PIERCE, L.

2007. 2007. Dysfunctional families. What exactly does that mean? [Aanlyn.] Bekom van: http://www.selfhelpmagazine.com/articles/parenting/dysfam1.html

[2007, 28 Maart].

PRETORIUS, S.P.

2007. Establishing mutual ground that enables counseling of religious cult victims. Tydskrif vir Christelike Wetenskap, 43 (4):201-216.

SHAFFER, B.A. & HASTINGS, B.M.

2007.  Authoritarianism and religious identification: response to threats on religious beliefs. Mental Health, Religion & Culture, 10(2):151-158.

SLOAT, D.E.

1990. Growing up holy and wholly. Understanding and hope for adult children of evangelicals. Brentwood, Tennessee: Wolgemuth & Hyatt Publishers Inc.

TRAHAN, M.

1995.  A personal account: Bible-based group, In M.D. Langone (ed.), Recovery from cults. Help for victims of psychological and spiritual abuse (New York: W.W. Norton & Company), pp. 140-147.

VANVONDEREN, J.

1989. Tired of trying to measure up. Minneapolis, Minnesota: Bethany House Publishers.

  

Kernbegrippe:

-        Godsdienstige verslawing

-        Geestelike verslawing

-        Toksiese godsdiens

-        Toksiese geloof

 

 

Key concepts:

-        Religious addiction

-        Spiritual addiction

-        Toxic religion

-        Toxic faith

 

 Hierdie artikel is gepubliseer in Acta Theologica, 30 (1) 2010:19-38.

 

Pastorale implikasies

Pastorale implikasies van die liggaam/denke verbintenis

 

Prof Wentzel Coetzer

  

Abstract

Pastoral implications of the mind/body connection

Against the background of the body/mind connection the focus is firstly on the Biblical view of man as an unfragmented unity. Secondly the emphasis is on the historical roots of the so called biopsychosocial model that is replacing the traditional biophysical method.  Furthermore, the focus is also placed on the possibility of physical problems as the result of unresolved emotions; the immune system as an important link within the body/mind connection; critical life changes; the role of genetics as well as important decisions of the will; social support and loneliness; and, the therapeutical value of writing or verbalization. In conclusion the emphasis is put on the pastoral implications of all the above mentioned factors and a plea is made for the inclusion of the pastoral/spiritual dimension in the biospychosocial model. This will lead to a fully multidisciplinary approach in the counseling of the traumatized and/or emotionally wounded person.

 

Opsomming

Pastorale implikasies van die liggaam/denke verbintenis

Teen die agtergrond van die liggaam/denke verbintenis word daar eerstens gekyk na die Bybelse siening van die mens as ‘n eenheidswese. Vervolgens word die historiese aanloop geskets wat uiteindelik gelei het tot die vestiging van die sogenaamde biopsigososiale model ter vervanging van die tradisionele biofisiese model. Verder word gefokus op die moontlikheid van liggaamlike probleme as uitvloeisel van onverwerkte emosies; die immuun sisteem as ‘n belangrike skakel binne die liggaam/denke verbintenis; kritiese lewensveranderinge; die rol van genetika asook sekere wilskeuses; sosiale ondersteuning en alleenheid; en, die terapeutiese waarde van skryf of verbalisering. Ten slotte word gelet op die pastorale implikasies van al die genoemde faktore en ‘n pleidooi word gelewer vir die insluiting van die pastoraal/geestelike dimensie by die biopsigososiale model, tot die vestiging van ‘n volle multidissiplinêre benadering in die begeleiding van die getraumatiseerde en/of emosioneel verwonde persoon.

 

1.       Die fokus van hierdie artikel

In hierdie artikel word die volgende probleemstelling ondersoek: Wat is die moontlike pastorale implikasies van die liggaam/denke verbintenis? Teen hierdie agtergrond word daar vervolgens gelet op die historiese aanloop tot die vestiging van die sogenaamde biopsigososiale model. Die vertrekpunte van hierdie model word bespreek en ten slotte word die pastorale implikasies wat hieruit voortspruit aan die orde gestel. Betreffende metodologie is die vertrekpunt in hierdie artikel vanuit  ‘n psigologies-georiënteerde pastorale benadering.

 

2.       Epistemologiese vertrekpunt

As basiese vertrekpunt vir hierdie artikel dien die algemene Bybelse uitgangspunt met betrekking tot die eenheid van gees, siel en liggaam by die mens. Hierdie aspek word veral treffend geïllustreer deur Jesus Christus se hantering van mense se behoeftes in die Evangelies. Een van die genesingsterme wat in hierdie verband baie algemeen voorkom en wat as voorbeeld gebruik sou kon word, is sõzõ (vgl. Luk 7:50; 8:48 en 18:42). Louw en Nida (1988, vol. 2:240) plaas die betekenisse van hierdie term binne die volgende drie semantiese velde:

·       Rescue: to rescue from danger and to restore to a former state of safety and well being.

·       Save: to cause someone to experience divine salvation.

·       Heal: to cause someone to become well again after having been sick.

In hierdie een enkele term is daar dus drie dimensies ter sprake te wete a) fisiese redding uit gevaar; b) geestelike verlossing, en c) fisiese genesing. Redding dui dus op meer as net fisiese genesing en ons kan gevolglik sê dat dit hier gaan om heil en verlossing in sy breedste en diepste Bybelse sin.

Binne hierdie selfde verband is dit verder belangrik om te let op die feit dat by die genesings wat deur Jesus verrig is, die term sõzõ nêrens slegs van toepassing is op ‘n enkele ledemaat van die betrokke persoon se liggaam nie, maar altyd op hierdie mens in sy/haar totaliteit. Hierdie aspek word veral baie duidelik geïllustreer deur Jesus se uitspraak, “Jou geloof het jou gered (sõzõ).” Hierdie uitspraak word soms deur Hom gebruik in gevalle waar daar ‘n fisiese genesing plaasgevind het (byvoorbeeld die vrou wat aan bloedvloeiing gely het in Luk 8:48), sowel as in gevalle waar iemand geestelike verlossing ervaar het (byvoorbeeld die vrou wat op owerspel betrap is in Luk 7:50). Wanneer daar aan iemand gesê is, “Jou geloof het jou gered (sõzõ),” is die implikasie dus dat iets wat op die geestelike dimensie plaasgevind het (geloof) ‘n impak op die fisiese dimensie (genesing) tot gevolg gehad het. Dit gaan uiteindelik om 'n Goddelike ingrype in die ganse bestaan van die betrokke individu en dit het implikasies vir die geestelike maar ook die emosionele en fisiese dimensies. Hierdie wedersydse beïnvloeding en wisselwerking is dan ook veral die fokus van hierdie artikel.

Iets van hierdie selfde wisselwerking wil ook deurskemer in die verskillende vertalings van die volgende twee Skrifgedeeltes.

Spreuke 17:22:

·       “’n Vrolike mens is ’n gesonde mens, ’n neerslagtige mens raak uitgeput” (Bybel, 1983).

·       “n Opgeruimde geaardheid is goed vir die gesondheid, maar as ’n mens neerslagtig is, maak dit jou siek” (Die Lewende Bybel, 1982).

·       “A cheerful heart does good like medicine, but a broken spirit makes one sick” (The Living Bible, 1997).

Spreuke 18:14:

·       “As ’n mens liggaamlik siek is, kan ’n gesonde gees jou opbeur, maar as jou gees geknak is, hoe sal jy weer moed kry?” (Lewende Bybel, 1982).

·       “Your will to live can sustain you when you are sick, but if you lose it, your last hope is gone” (Holy Bible, Good News Edition, 1984).

·       “A man’s courage can sustain his broken body, but when courage dies, what hope is left?” (The Living Bible, 1997).

In hierdie gedeeltes is daar dan ook iets waar te neem van die feit dat die mens ‘n eenheidswese is en dat probleme binne een dimensie van hierdie persoon ook ‘n invloed op ander dimensies van hierdie selfde persoon kan hê.

 

3.       Historiese aanloop

Die beginsel van die mens as ‘n eenheidswese is nie nie ‘n nuwe gedagte nie. Backus (1998:14) wys in hierdie verband op die volgende voorbeelde:

·       Plato en Sokrates, wat ongeveer 500jr vC geleef het, het reeds die denke/liggaam verbintenis waargeneem en gewys op die belangrikheid hiervan met betrekking tot siekte.

·       Hippocrates, die vader van medisyne, het gesê dat hy eerder sou verkies om te weet watter tipe persoon ‘n siekte onderlede het as watter soort siekte die persoon het.

·       Galen, ‘n belangrike Griekse medikus wat ongeveer 140 nC geleef het, het alreeds geskryf oor die moontlike verhouding tussen depressie en borskanker wat hy waargeneem het.

·       Sir William Osler, ‘n briljante medikus en ook mediese geskiedskrywer, het gesê dat die uiteindelike verloop van tuberkulose baie meer te doen het met dit wat in die binneste van die pasiënt aan die gang is as wat dit noodwendig te doen het met die toestand van die pasiënt se longe.

 

4.       Die Cartisiaanse dualisme

‘n Aspek wat deur verskeie navorsers (Lynch, 1985:160;  Wylie, 2004:16; Pert, 2003:18; Quinlan, 2006:4) uitgewys word as een van die aanleidende oorsake tot die kunsmatige skeiding tussen liggaam en denke, is die sogenaamde Cartisiaanse dualisme. Dit dateer terug na die tydperk van die Renaissance. Die heersende standpunt was dat die wêreld basies bestaan uit twee sfere. Die een is die fisiese en materiële wat wetenskaplik gemeet kan word. Die ander een is die geestelike, die spirituele wêreld, dit wat ‘n refleksie van die menslike siel is en wat nie gemeet kan word nie. Die wetenskap het gevolglik voluit gefokus op die wêreld van dinge en objekte en die geestelike dimensie van die denke en van emosies oorgelaat aan die godsdiens en die filosofie. Gegewe hierdie dichotomie tussen die denke en materie, tussen wetenskap en godsdiens, was dit onvermydelik dat ook die mediese wetenskap (en aanverwante dissiplines) dieselfde onderskeid sou tref. Daar is vervolgens veel meer gefokus op die ‘werklike’ organies-fisiese oorsake van menslike siekte.

 

“For 350 years medical science ignored relationships between emotions and physical illness because science ignored the study of emotions (since emotions were a reflection of the human soul) and instead focused exclusively on the physical causes of disease,” (Lynch, 1985:160).

 

Die rol van iemand soos René Descartes (1596-1650), filosoof en grondlegger van moderne geneeskunde, met betrekking tot die skeiding tussen liggaam en denke was redelik deurslaggewend (vandaar dan ook die verwysing na die Cartisiaanse dualisme). Hy het die denke beskou as ‘n nie-materiële substans en vandaar dan die skeiding met die liggaam wat wel materieel is. Pert (2003:18) verwys selfs na ‘n ooreenkoms wat Descartes met die destydse Pous sou aangegaan het dat hy niks te doen sou hê met die area van die siel, denke en emosies nie, en dat die mens vervolgens vir die twee eeue daarna in twee verdeel was. Een van die gevolge van hierdie gebeure was, soos wat Wylie (2004:16) dit formuleer:

 

“The West’s infatuation with Cartesian dualism has made our bodies somehow strange to us, a self-alienation reinforced by clinical psychology.”

 

Die uitdaging is tans egter, veral ook aan die pastoraart, om weer hierdie twee sfere te integreer.

 

5.       ‘n Nuwe studieveld

Tot ‘n aantal jare gelede was mediese bioloë vas oortuig dat die brein en die denke geen invloed uitoefen op die immuun sisteem nie – laasgenoemde was veronderstel om vir homself te ‘dink’. Die kommunikasie binne die immuun sisteem sou dan ook binne ‘n geslote netwerk plaasvind waar daar slegs gekommunikeer is met verskillende komponente binne die sisteem self (Backus, 1998:63). Navorsing deur onder andere Candace Pert (2003), wat hoof is van die afdeling oor brein biochemie aan die National Institute of Mental Health in die VSA, het hierdie teorie egter verkeerd bewys. Dit het ook die weg gebaan vir die totstandkoming van ‘n nuwe dissipline waarvan die benaming ‘n sterk aanduiding is van die invloed wat die denke uitoefen met betrekking tot die immuunsisteem: psigo-neuro-immunologie.

Met betrekking tot psigoneuroimmunologie was daar in 1985 nog geen inskrywings onder Medline, die grootste mediese databasis. Tussen 1995 en 1997 was daar egter reeds meer as 100 publikasies aangedui, en sedertdien het die getal dramaties toegeneem (Quinlan, 2006:14). Candace Pert (2003: 25) se pioniers navorsing het onteenseglik aangetoon dat daar ‘n biochemiese verbintenis bestaan tussen die denke en die liggaam. Sy het in hierdie verband aangetoon dat daar reseptore vir neuropeptides aanwesig is in die selle van die immuun sisteem. Neuropeptides is chemikalieë wat deur die brein geproduseer word na gelang van wisselende emosies. Die resultate van hierdie navorsing dui op die basiese feit dat die immuun sisteem fyn ingestem is op die ‘gesprek’ wat binne die denke plaasvind.

In hierdie verband wys Ray (2004:32) op die uitdrukking, “belief becomes biology,” en maak hy die volgende insiggewende stelling:

 

“It is literally true that as experience changes our brains and thoughts, that is, changes our minds, we are changing our body.”

 

Ter motivering van hierdie stelling haal hy die navorsing aan van Eric Kandel wat in 2000 ‘n Nobel pryswenner was. Deur sy bydrae het Kandel eintlik ‘n verklaring gegee van die proses waardeur gedagtes uiteindelik kan verander in ‘biologie’. In sy navorsing het hy die proses in die liggaam beskryf waardeur elektriese aktiwiteit in die brein, wat deur gedagtes verteenwoordig word, omgeskakel word in lang termyn veranderinge in die liggaam. Gedagtes, gevoelens, oortuigings en hoop is dus niks meer as chemiese en elektriese aktiwiteit in die senuweeselle van die brein. Dit is dus letterlik waar dat soos wat ervarings veranderings teweeg bring binne die gedagtes en denke, in gelyke mate die biologie dan ook eintlik besig is om te verander. Die liggaam reageer op die brein, afgesien van die feit of dit met verbeelding besig is, of gebaseer op die realiteit (Ray, 2004:32).

 Aansluitend hierby wys Pert (2003:26) op die feit dat wetenskaplikes vir baie lank hoofsaaklik gefokus het op die ‘elektriese brein’ en dat dit maar eers onlangs is dat instrumente ontwikkel is waardeur die sogenaamde ‘chemiese brein’ waargeneem kan word. Dit is dan ook op laasgenoemde terrein waar die noue verband tussen die geestes/emosionele dimensie en die liggaamlike dimensie geblyk het baie duidelik sigbaar te wees.

 

5.1     ‘n Paradigma skuif

Met betrekking tot die liggaamlike en geesteswelsyn van die mens is die biofisiese (of biomediese of biomeganiese) paradigma besig om uit te faseer ten gunste van die sogenaamde biopsigososiale model (Backus, 1998:94; Ray, 2005:29).  Laasgenoemde benadering se uitgangspunt berus op die navorsing soos reeds aangedui. Dit kom daarop neer dat die oorsake, ontwikkeling en afloop van ‘n siekte bepaal word deur die interaksie tussen enersyds psigologiese, sosiale en kulturele faktore, en andersyds biochemie en fisiologie.  Ray (2005:30) haal die resultate aan van ‘n ondersoek met betrekking tot pasiënte by mediese klinieke, wat daarop dui dat slegs 16% van hierdie persone se probleme verklaar kon word met behulp van die tradisionele biofisiese paradigma. Aansluitend hierby is ook die statistieke wat gegee word deur die psigiater, Paul Meier, wat aan die hoof staan van die 28 Meier klinieke in die VSA. Die klinieke word bedryf op ‘n Christelike basis en elke kliniek het ‘n multidissiplinêre span wat ‘n holistiese benadering volg. Meier (2005:130) sê dat indien hulle bloot medikasie aan hul kliënte gee, dan ervaar hulle slegs ‘n 30% verbetering na twee tot drie weke. Diegene wat egter medikasie sowel as pastorale berading ontvang, toon ongeveer 50% verbetering na dieselfde tydperk.

Wylie (2006) wys op die feit dat verskeie dissiplines alreeds die afgelope 30 jaar besig is met navorsing rondom die liggaam/denke verbintenis. Dit was veral dan ook trauma spesialiste soos onder andere Bessel van der Kolk (1994) se navorsing om die onderskeie velde van neurobiologie en trauma te kombineer, wat ‘n groot bydrae gelewer in die ontginning en oopmaak van hierdie nuwe veld.

 

5.2     Die liggaamsgeheue (body memory)

Met betrekking tot onverwerkte trauma asook die impak daarvan op die liggaam, word die aspek van ‘liggaamsgeheue’ raak verwoord deur Peter Levine (soos aangehaal deur Wylie, 2004:12):

 

“Trauma is locked in the body and it is in the body that it must be accessed and healed.”

 

Fredrickson (1992:93) onderskei vyf verskillende vorme van geheue waarvan liggaamsgeheue een is. Die mens se liggaam reageer op enigiets wat met hom/haar gebeur, en in hierdie opsig is liggaamsgeheue gewoonlik dan ook ‘n fisiese manifestasie van ‘n onverwerkte insident uit die verlede. Hoe meer betekenisvol die insident, hoe groter die impak op die liggaam. Wat die brein ervaar, word in ‘n sekere sin ook deur die res van die liggaam ervaar (Ziegler, 2002:47,53).

In haar boek, The body remembers, onderskei Rothschild (2000:28) tussen eksplisiete en implisiete geheue. Dit is dan veral met betrekking tot laasgenoemde dat ontstellende liggaamlike sensasies soms beleef word wanneer ‘n liggaamsgeheue geaktiveer word. Hiedie tipe geheue funksioneer vanuit die kommunikasie netwerk van die liggaam se senuweestelsel en wat dan daartoe lei dat waar die bewustelike denke soms sekere traumatiese gebeure in die verlede sou vergeet het, die liggaam dit wel onthou het.

In een van die klassieke werke rondom trauma berading, Trauma and recovery, gee Judith Herman (1997:45,167) twee treffende voorbeelde van liggaamsgeheue. Die eerste gaan oor ‘n man wat vir jare lank sporadies ‘n doodse gevoel, pyn en koue vanaf sy middellyf ondertoe beleef het. In berading het geblyk dat hy jare vantevore as matroos ure lank in koue water rondgespartel het nadat die skip waarop hy was, gesink het. Die tweede voorbeeld gaan oor ‘n vrou wat as kind deur haar pa gemolesteer is. Later jare ervaar sy ‘n rugprobleem wat so ernstig geraak het dat ‘n operasie beplan is. Sy ontvang egter berading wat uitloop op dramatiese verbetering. Dit blyk ook dat wanneer sy verwaarloos of kwaad gevoel het of selfs weer haar ouerhuis besoek het, die probleem vererger het.

 

5.3     Onverwerkte emosies kan liggaamlike probleme veroorsaak

Minirth en Meier (1990:16) wys op die feit dat stres oor die algemeen geneig is om ‘n liggaamlike toestand te skep waar siektes maklik ‘n houvas kan kry. Dit kan byvoorbeeld lei tot ‘n verskeidenheid van psigofisiologiese siektes soos maagsere, dikdermontsteking en hoë bloeddruk. Stres kan ook daartoe lei dat die tempo waarteen die liggaam herstel na ‘n aansteeklike siekte of chirurgie, vertraag word.

Ray (2005:34) wys op verskeie studies wat die positiewe korrellasie aantoon tussen intense stres en die verhoogde moontlikheid van infeksie in die boonste lugwegkanale. Schorr (2005:4) maak melding van navorsing by die Universiteit van Leeds wat aantoon dat in gevalle van persone met chroniese uitputting, daar ‘n nege keer groter kans is dat hulle stresvolle gebeure en krisisse ervaar het gedurende die drie maande voor die aanvang van die siekte, as wat die geval is met gesonde persone.

 

5.3.1   Angs

Die mediese navorser, James Lynch (1985:105), wys op ‘n navorsingsprojek deur die Mediese Skool by die Cornell Universiteit in die VSA. Uit onderhoude en toetse met 12 hartpasiënte het geblyk dat angs by 11 van die 12 ‘n baie prominente rol vervul het. Met betrekking tot al 12 het geblyk dat die aanvang van die fisiese probleem direk voortgespruit het uit ‘n spesifieke interpersoonlike traumatiese insident in die pasiënt se lewe.

 

5.3.2   Gevoelens van verwerping

Lynch (1985:133) wys op die navorsing deur twee medici, William Schottstaedt en Stewart Wolf,  by die hospitaal van die Oklahoma Mediese Skool, aangaande die invloed van interpersoonlike aksies op die vlakke van serum cholesterol. ‘n 49 Jarige man met ‘n geskiedenis van hartprobleme is opgeneem. Dit het goed gegaan terwyl hy aanvanklik daagliks besoek is deur sy vriendin. Toe sy egter uitstedig vir ‘n paar dae is, het hy angstig geraak en het sy serum cholesterol konsentrasie gestyg. Nadat sy weer terug is, het alle fisiese simptome terug gekeer na normaal. Sy het intussen egter ‘n ander vriend ontmoet en haar daaglikse besoeke het gaandeweg afgeplat. Uiteindelik het sy hom meegedeel dat sy nie meer voortgaan met die trouplanne nie en dat sy die verhouding beëindig. Hy het direk daarna intens depressief geraak, sy serum cholesterol vlakke het gestyg en die volgende dag het hy ‘n hartaanval gehad – vier dae later is hy oorlede.

 

5.3.3   Onverwerkte emosies sedert kinderjare

Volgens Ziegler (2002:48) het navorsing ‘n deurslaggewende verbintenis gelê tussen trauma tydens die kinderjare, en fisiese versteurings tydens die latere jare as volwassene.  

Hierdie aspek word ook bevestig deur die mediese navorser, Vincent Felitti (2002).  Deur die loop van een jaar is evaluasies gemaak van die 50,000 volwasse lede van die Kaiser Foundation Health Plan in San Diego. Die studie het huidige volwasse gesondheidstatus vergelyk met agt kategorieë van traumatiese ervarings tydens kinderjare. Ongeveer helfte van die deelnemers het een of meer van die 8 kategorieë vroeër in hul lewe beleef.  Verder was 1 uit 4 blootgestel aan 2 kategorieë van misbruik en 1 uit 16 blootgestel aan 4 kategorieë van misbruik. Gedetaileerde onderhoude met 200 van hierdie persone wat ‘n probleem het met vetsug/oorgewig het byvoorbeeld aangetoon dat misbruik tydens kinderjare baie algemeen was. ‘n Verdere gevolgtrekking vanuit hierdie studie is dat daar ‘n groot korellasie is tussen verskillende vorme van huidige verslawing en vroeëre traumatiese lewenservaringe. Aan die einde van die projek het Felliti tot redelik ingrypende gevolgtrekkings gekom. Volgens hom word daar oor die algemeen met betrekking tot gesondheidsorg meer gefokus op die tersiêre gevolge ver stroomaf – die werklike primêre aangeleenthede (soos onder andere onverwerkte trauma en stres uit die kinderjare) word goed beskerm deur sosiale konvensie en taboe. As gevolg van hierdie faktore word daar in die normale behandelingsproses oor die algemeen primêr gefokus op die kleinste deel van die probleem, te wete  daardie deel waarmee die medikus gemaklik is en waar daar bloot maar net medikasie voorgeskryf kan word.

In hierdie selfde verband wys Lynch (1985:80) op navorsing (wat oor twee dekades gestrek het) wat bevestig dat daar ‘n sterk verband bestaan tussen die verlies van ‘n ouer op ‘n vroeë ouderdom, en die latere ontwikkeling van ‘n verskeidenheid van liggaamlike kwale. Onder ‘n spesifieke groep hospitaal pasiënte is byvoorbeeld gevind dat ‘n beduidende persentasie een of beide ouers op ‘n vroeë stadium in hul lewens verloor het. Uit ‘n groep van 42 pasiënte was daar 9 wat steeds gerou het oor ‘n beduidende verlies wat plaasgevind het tussen 3 en 32 jaar voordat die huidige fisiese simptome na vore gekom het. Lynch (1985:80) wys ook op die resulate van ‘n ander studie wat gefokus het op die verbintenis tussen die vroeë kind/ouer verhouding en die latere ontwikkeling van koronêre hartsiektes en kanker. Hier is gevind dat ‘n beduidende getal van vaders van koronêre pasiënte voortydig gesterf het – gewoonlik wanneer die seun êrens tussen die ouderdom van 5 – 17jr oud was.

 

5.4     Die immuun sisteem

Quinlan (2006:7) wys op die noue chemiese koppeling wat bestaan tussen die emosies, wat alle vorme van stres insluit – goed of sleg, en die beheer sisteme van die endokriene en immuniteit stelsels deur middel van die sentrale senuwee stelsel. In die lig hiervan beklemtoon hy die belangrikheid van uiting te gee aan emosies op gepaste verbale en fisiese wyses. Indien dit nie gebeur nie dan kan dit lei tot die oormatige afskeiding van epinefrien, wat weer lei tot ‘n chemiese disfunksie, wat lei tot die verswakking van die immuun sisteem, asook ‘n verhoogde potensiaal tot siekte (vergelyk ook Backus, 1998:78).

 

5.4.1   Die HPA aslyn en stres hormone

Die sogenaamde HPA aslyn (hipotalamus, pituïtêre en adrenalien kliere) vervul ‘n belangrike skakel in die liggaam/denke verbintenis (Rothchild, 2000:9, Retief, 2004:33). Wanneer trauma of stres ervaar word dan stuur die amigdala boodskappe deur aan die res van die brein en dit aktiveer hierdie drieledige aslyn. Nadat die trauma verby is en/of die veg-of-vlug reaksie suksesvol afgeloop het, sal die kortisol (wat deur die adrenalien kliere afgeskei is) die alarm reaksie beëindig asook die produsering van epinefrien/ norepinefrien, ten einde die liggaam te help om weer homeostasis te herstel. In die geval van post traumatiese stres versteuring (PTSV) loop daar egter iets verkeerd binne hierdie HPA aslyn wat verband hou met die feit dat die adrenalien kliere nie genoeg kortisol afskei om die alarm reaksie te beëindig nie. Volgens Rothchild (2000:9) het verskeie studies in hierdie verband aangetoon dat persone met PTSV, laer vlakke van kortisol het as in die geval van kontrole groepe.

Van der Kolk (1994:255) gee ook ‘n beskrywing van die proses van vrystelling van verskillende streshormone tydens PTSV. Dit is veronderstel om die organisme in staat te stel om die stres te hanteer en dit wissel vanaf verhoogde glukose vrystelling tot ‘n verhoogde immuniteitsfunksie. Chroniese en volgehoue stres inhibeer egter die effektiwiteit van die stres respons en lei tot desensitisering.

 

5.5     Siektes

Die mediese wetenskap is reeds vir baie jare bewus van die feit dat aspekte soos voldoende oefening, fiksheid, rus en die regte voeding almal bydra om die aftakelende invloed van stres teë te werk. Daar is selfs navorsingsresultate wat daarop dui dat die immuunsisteem asook ‘n persoon se kapasiteit om sekere siektes soos byvoorbeeld kanker te weerstaan, positief beïnvloed kan word deur korrek te oefen, reg te eet en stres uit te skakel (Minirth & Byrd, 1994:71).

Ray (2004:36) wys ook op navorsing wat bevestig dat die psigologiese ingesteldheid van ‘n persoon op ‘n siekte soos kanker (en uiteraard dan ook enige ander siekte) ‘n groot invloed kan uitoefen ten opsigte van die uiteindelike verloop daarvan. Die resultaat het byvoorbeeld aangetoon dat pasiënte wat ‘n besonder hoë vlak van betrokkenheid getoon het in die psigologiese dinamika van groepswerk, se oorlewingsfase uiteindelik drie keer langer was as dié van pasiënte wat ‘n lae vlak van betrokkenheid getoon het.

 

5.6     Kritiese lewensveranderinge

Oor die jare is daar heelwat navorsing gedoen met betrekking tot die invloed van kritiese lewensveranderinge op die mens se gesondheid. Adolph Meyer was in 1948 die eerste om ‘n lys op te stel van stresvolle faktore in die alledaagse lewe. Daarna het die lys van Harold Wolff in 1950 gevolg na aanleiding van sy werk in Indië (Smith, 1998:5). Een van die belangrikste studies rondom stres navorsing het egter in 1967 verskyn deur Holmes en Rahe, waarin hulle voortgebou het op die bydraes deur Meyer en Wolff. Hulle het ‘n lys opgestel van 43 van die mees algemene stres situasies wat die gemiddelde persoon êrens mag beleef. Aan die hand hiervan is ‘n formule uitgewerk waarvolgens daar met groot waarskynlikheid ‘voorspel’ sou kon word dat die betrokke persoon psigiese of fisiese probleme in die toekoms sou ervaar indien hy/sy binne die bestek van een jaar te veel blootstelling gehad het aan enige van die 43 potensiële stres situasies.

Sedertdien het duisende artikels rondom hierdie tema verskyn en is daar ook heelwat meer verfyning en variasies toegepas met betrekking tot die oorspronklike skaal van Holmes en Rahe (vgl in hierdie verband byvoorbeeld Cohen, 2000; Wismer, 2000:246; Smith, 1998:26).

Waaroor daar egter redelike eenstemmigheid in die navorsing rondom hierdie kwessie is, is dat aspekte soos die volgende redelik bepalend is met betrekking tot die verhouding tussen sekere gebeure en die daaropvolgende versteurings:

·       Die ongewensde

·       Die onvoorspelbare

·       Die onkontroleerbare

·       Die omvang van die gebeure

·       Die verskeidenheid van gebeure binne ‘n sekere tydsfase (time clustering - Smith, 1998:26).

 

5.7     Die rol van genetika

Volgens Meier et al. (2005:31) het 50% van persone ‘n genetiese geneigdheid tot geestesgesondheidsprobleme. In hierdie verband speel die volgende vier chemiese bestanddele in die brein ‘n uiters belangrike rol: serotonien, norepinefrien, dopamien en GABA (gamma-amino butyric acid). Faktore soos depressie, stres en trauma het oor die algemeen ‘n negatiewe invloed op die vlakke van hierdie vier bestanddele. Van hierdie vier beskou Meier et al. (2005:45) serotonien as die heel belangrikste chemiese bestanddeel van die liggaam.

 

“Without adequate serotonin in our brains, we cannot even experience love, joy, peace, patience, gentleness, meekness, humility, self-control – the fruit of the Spirit.”

 

Hierdie navorsers toon verder aan dat 50% van persone ‘n hoër as gemiddelde geneigdheid het tot afplatting van serotonin vlakke as gevolg van stres (2005:57). Verder is dit ook so dat hartseer en woede wat innerlik opgekrop word, bydra tot die afplatting van serotonin in die brein, wat weer kan lei tot intense kliniese depressie. Die gevolgtrekking wat hieruit gemaak kan word is dat onverwerkte trauma uiters nadelig kan wees op die lang termyn aangesien dit hoë vlakke van stres impliseer asook in talle gevalle emosies soos hartseer en woede.

Van der Kolk (1994:256) toon in hierdie verband aan dat obsessiewe denkpatrone asook die onwillekeurige preokkupasie met traumatiese herinneringe beheer kan word deur die kontrolering van die opname van serotonin deur die liggaam. Serotonin speel ook ‘n rol met betrekking tot die kapasiteit om ‘n plooibare benadering tot die omgewing te hê. Dit stel gevolglik die persoon in staat om te reageer met gedrag wat situasie gebonde is, eerder as om te reageer op interne stimuli wat irrelevant is met betrekking tot die eise van die betrokke situasie.

 

5.8      Die rol van wilskeuses

Betreffende die noue verband tussen liggaam en denke wys Wright (2003:155) op die geval van ‘n pasiënt by wie daar hartversaking was direk na ‘n operasie. Daar is  hartmassering toegepas sonder enige welslae en alle ander pogings om die pasiënt se hart weer aan die gang te kry het ook misluk. Alhoewel die pasiënt nie by sy bewussyn was nie het die dokter met hom gepraat en gesê: “Ons het jou hulp nodig - ons kan nie jou hart weer aan die gang kry nie - sê vir jou hart om te begin klop.” Onmiddellik daarna het die pasiënt se hart normaal begin funksioneer.

Lynch (1985:152) wys op die geval van ‘n professor in chirurgie ‘n aantal jare gelede by die John Hopkins School of Medicine, wat van mening was dat ‘n persoon se wil om te lewe so belangrik is dat hy geweier het om enige pasiënt te opereer wat nie oortuig was dat hy/sy die operasie sou oorleef nie.

Kiecolt-Glaser et al (1984:14) verwoord ook iets van die belangrikheid van die regte wilskeuses en innerlike besluite met die volgende stelling:

 

“You are the master of your immune system. There is no better cure for anything than a good attitude.”

 

Schorr (2005:1,6) sluit hierby aan wanneer hy sê dat

 

 “What you believe about your illness influences how sick you become... the initial injury of illness is almost irrelevant - what really matters is the interpretation and emotional reaction.”

 

Volgens Ray (2004:32) gaan dit nie soseer oor die hanteringsmeganismes waaroor ‘n individu beskik of nie beskik nie – wat werklik saak maak is die innerlike oortuiging by hierdie persoon betreffende die hanteringsmeganismes waaroor hy beskik of nie beskik nie. Die bepalende faktor is dus die persepsie omtrent die situasie. Hans Selye (die vader van stres navorsing) word aangehaal as dat hy sou gesê het, “It’s not what happens [to you] that counts; it is how you take it.” Ray (2004:38) haal vervolgens aan uit die resultate van verskeie navorsingsprojekte ter bevestiging van die feit dat dit wat die mens dink en glo, beide positiewe en negatiewe gevolge kan hê vir sy gesondheid (vergelyk ook Backus, 1998:40 en 78).

 

5.9     Sosiale ondersteuning en alleenheid

Ray (2004:36) wys op die resultate van ‘n studie wat die verhouding ondersoek het

tussen enersyds die omvang en aard van ‘n persoon se sosiale netwerk, en andersyds die persoon se gesondheid en kanse om te sterf. Daar is veral op die volgende vier areas gefokus: huwelik, vriende en familie, kerklidmaatskap en betrokkenheid, en lidmaatskap van spesifieke groepe. Vrae wat hiermee verband hou, is aan 7,000 persone gestel en oor ‘n tydperk van nege jaar gemonitor. Nadat alle faktore in ag geneem is, het uiteindelik geblyk dat die waarskynlikheid dat iemand sou sterf gedurende die nege jaar, verband gehou het met die grootte van sy/haar sosiale ondersteuning sisteem. Die heel belangrikste faktor het geblyk die interaksie met familie en vriende te wees. Ray (2004:36) wys verder op die resultate van verskeie ander studies wat die noue verband beklemtoon tussen ‘n gebrek aan sosiale ondersteuning en liggaamlike probleme.

Die titel van Lynch (1985) se boek is The broken heart. Alhoewel dit reeds in die tagtiger jare verskyn het, is dit steeds uiters relevant. Hy omskryf die tese van die boek met die stelling, “loneliness and isolation can litteraly ‘break your heart’” (1985:8). Die navorsingsresultate wat hy dan ook deurgaans in die boek aanbied ten einde hierdie stelling te dokumenteer, is oorweldigend.

Backus (1989:41) sluit hierby aan wanneer hy konstateer dat

 

“… when social contact is increased and loneliness is reduced the immune system seems to grow stronger and health and longevity get a boost.”

 

5.10    Terapeutiese waarde van skryf of verbalisering

In ‘n nuusberig deur die BBC (2006) word gewys op die feit dat stres ‘n bepalende faktor is ten opsigte van die mate en die wyse van herstel na chirurgie. Verder word ook gewys op die resultate van navorsing wat die helende effek beklemtoon van emosies wat op papier verwoord is – dit lei tot vinniger heling van fisiese wonde aangesien dit bydra tot ‘n meer effektiewe funksionering van die immuun sisteem.

Dit korreleer dan ook met die navorsing deur James Pennebaker (1995:3) wat aantoon dat daar beterskap kan plaasvind ten opsigte van gesondheidsprobleme, wat die gevolg is van traumatiese ervarings, wanneer die betrokke individu sy/haar ervarings kan verbaliseer. In sy navorsing wys Pennebaker byvoorbeeld op sekere biologiese veranderinge wat plaasvind wanneer daar geskryf of gepraat word. Die subjektiewe wyse waarop ‘n persoon sy/haar emosies hanteer en interpreteer, kan dus ‘n direkte invloed op sy/haar gesondheid en sosiale gedrag hê. Verder is sy bevinding dat die onderdrukking van sodanige emosies onder andere kan lei tot hoofpyne en rugpyn (Pennebaker, 1995:6).

 

6.       Implikasies vir die pastoraat

Die pastoraat staan voor die uitdaging om die skeiding tussen liggaam en denke, wat met verloop van tyd al groter geword het, weer te oorbrug. In hierdie proses sal daar opnuut gefokus moet word op die Bybels benadering van die mens as ‘n eenheidswese. Hierdie eenheid tussengees, siel en liggaam impliseer ‘n baie noue wisselwerking tussen die geestelike, emosionele en fisiese dimensies.

Hiemee saam is daar ook ‘n behoefte om die biopsigososiale model verder uit te bou deur die inkorporering van die pastoraal/geestelike dimensie as ‘n bykomende kategorie. Die Meier klinieke in die VSA kan as ‘n voorbeeld dien van so ‘n holistiese, omvattende, miltidissiplinêre benadering waar volle erkenning gegee word in die pastorale terapeutiese proses aan die interaksie tussen die liggaamlike (medies), geestelike (pastoraal) en siels (emosies, wil en denke)(psigologies) dimensies. Dit is ook in lyn met ‘n al groter bewuswording die afgelope aantal jare betreffende die besondere bydrae wat ‘n pastorale benadering kan lewer tot fisiese en geestes gesondheid.

 

“Twenty years ago, spirituality and religion were fringe components in psychology and health care. Better questions, better methodologies, and a shift in the assumptions that underlie the behavioral sciences have brought spirituality (including religious beliefs) almost into the mainstream and certainly into our journals” (Ray, 2004:33).

 

     Vergelyk in hierdie verband ook die volgende opmerking deur Scheurich (2003:356,360):

 

“The role of spirituality in medical practice has sparked burgeoning interest in recent years... there is a need for a broad understanding of the roles of meaning and belief in training and education.”

 

Die noodsaaklike bydrae van die pastoraat met betrekking tot gesondheid is ook op ‘n besondere wyse beklemtoon deur ‘n reeks van artikels wat gepubliseer is in American Psychologist van Januarie 2003. Dit is geplaas onder ‘n spesifieke kategorie met die titel, Spirituality, Religion, and Health (verg. Miller & Thoresen, 2003:24-35; Powel et al. 2003:36-52; Seeman et al. 2003:53-63; Hill & Pargament, 2003:64-74).

‘n Aspek soos ‘liggaamsgeheue’ het uiteraard vir die pastoraat ingrypende implikasies. As gevolg van die noue wisselwerking tussen liggaam en denke is dit gevolglik sinvol om, met betrekking tot opvallende aanduidings van liggaamsgeheue,  beradenes uit te vra ten opsigte van traumatiese ervarings wat moontlik hiermee verband mag hou. Indien sulke onverwerkte emosies deur gesprek en gebed asook ‘n proses van vergifnis hanteer sou word, kan dit oor die algmeen lei tot emosionele stabiliteit en heel dikwels ook tot die spontane opklaring van sekere fisiese simptome. Dit kan ook as besondere geloofsversterking dien vir iemand wat as gevolg van die omstandighede in diepe geloofsvertwyfeling vasgeval het (Seamands, 2002:139; Richardson, 2005:151; Kraft, 1994:42).

Gevoelens van verwerping asook onverwerkte emosies sedert kinderjare het geblyk van besondere belang te wees (die dood van ‘n ouer, misbruik, rouprosesse wat nooit afgehandel is nie, ens) met as moontlike latere uitvloeisels aspekte soos verslawing, vetsug, koronêre hartsiektes en kanker. Vanuit die pastoraat kan daar gevolglik gefokus word op al die vermelde areas ten einde seker te maak dat alle onafgehandelde emosionele en geestelike prosesse die nodige aandag kry. ‘n Proses van kognitiewe herstrukturering met behulp van waarhede uit die Woord kan hier baie effektief toegepas word. By persone wat baie verwerping en emosionele aftakeling beleef het is daar gewoonlik kognitiewe leuens wat diep ingebed lê. ‘n Vernuwing van denke aan die hand van gedeeltes soos byvoorbeeld Psalm 139:14; Romeine 8:37;12:2; Efesiërs 1:6; 2:10 en 2 Korintiërs 12:9 kan gevolglik ‘n bevrydende ervaring vir so ‘n persoon wees (McDonald, 1995:209; Backus, 1998:95; Anderson et al. 2000:153).

Die innerlike onderdrukking van stresvolle emosies soos vrees, woede of bitterheid het geblyk die potensiaal te hê van die verswakking van die immuun sisteem met gevolglike verhoogde geneigdheid tot siekte. By sommige Christene is daar soms die opvatting dat gemelde emosies nie tuishoort by ‘n goeie Christen nie en gevolglik word dit onderdruk. Vanuit ‘n pastorale beradingsperspektief is dit daarom noodsaaklik om op die uitkyk hiervoor te wees en beradenes aan te moedig om alle vorme van ontkenning te vermy.

Die psigologiese ingesteldheid van ‘n persoon op liggaamlike probleme en siektes het geblyk ‘n groot invloed uit te oefen ten opsigte van die uiteindelike verloop daarvan. In die pastorale begeleiding van sulke persone kan hulle aangemoedig word om opbouende en positiewe gedeeltes vanuit die Woord te memoriseer en daaroor te mediteer. Backus (1998:94) gee ‘n aantal sinvolle riglyne in hierdie verband (vgl. ook Anderson et al. 2000:305).

Innerlike wilskeuses en besluite kan van deurslaggewende belang wees met betrekking tot liggaamlike en geestes gesondheid. Pastorale begeleiding en motivering (veral ook voor operasies) kan hier van besondere waarde wees.

Betreffende die kardinale rol van ‘n ondersteuning sisteem en sosiale netwerk kan die kerk en kleingroepe oor die algemeen ‘n deurslaggewende bydrae lewer. Alleenheid en isolasie kan emosioneel, geestelik en fisies aftakelend wees en pastorale insette ten einde hierdie probleem die hoof te bied, kan bydra tot heling asook beter lewenskwaliteit. Een van die voordele van die Christelike geloof is volgens Backus (1998:41) die feit dat

 

“... we are no longer alone. Rather, we have fellowship with the Father and with Jesus himself as well as with our spiritual brothers and sisters. This can make a difference in our health, because when social contact is increased and loneliness is reduced the immune system seems to grow stronger and health and lengevity get a boost.”

 

Oor die algemeen kan daar binne die pastoraat heelwat meer geleentheid ingerig word ten einde die terapeutiese waarde (emosioneel en fisies) van skryf of verbalisering ten volle te benut – iets van dit wat deur die volgende stelling van Rothschild (2000: 173) verwoord word:

 

      “Language bridges the mind/body gap, linking explicit and implicit memories.”

 

As ‘n treffende voorbeeld in hierdie verband kan gewys word op ‘n artikel deur twee psigiaters, McAll en Wilson (1987) waarin hulle die resultate aanbied van hul navorsing met meer as 400 vroue wat aborsies ondergaan het en agterna, ondanks die standaard prosedures van psigiatriese en sielkundige behandeling, nie kon herstel van depressie asook ander emosionele wanbalanse nie. ‘n Private nagmaalsdiens vir elk van die onderskeie families was uiteindelik deel van die pastoraal-terapeutiese benadering waarop toe besluit is. Tydens die betrokke nagmaalsgeleenthede is onder andere heelwat geleentheid ingeruim vir verbalisering van emosies en die neem van afskeid (closure). Volgens hierdie psigiaters het dit uitgeloop op bykans onmiddellike verligting van die hartseer en in meeste gevalle ook die opklaring van alle ander simptome by die betrokke pasiënt.

 

7.       Samevatting en konklusie

Die belangrikheid van die mens as ‘n eenheidswese (liggaam, gees en siel) het baie sterk in hierdie artikel na vore gekom. Teen die agtergrond hiervan is daar vervolgens gefokus op die historiese aanloop en vertrekpunte van die biopsigososiale model. Dit het geblyk dat die pastoraat ‘n besondere bydrae kan lewer in die verdere komplimentering en uitbou van laasgenoemde model. In hierdie verband is ‘n pleidooi dan ook gelewer vir die inkorporering van die pastorale/geestelike dimensie. Die beradene sal dan inderdaad op ‘n holistiese wyse benader kan word met die nodige insette vanuit elke tersaaklike dissipline, tot uiteindelike heling en genesing.

  

Bronnelys

ANDERSON, N. T., ZUEHLKE, T. E. & ZUEHLKE, J. S. 2000. Christ centered therapy. Grand Rapids, Michigan: Zondervan Publishing House.

BACKUS, W.  1998.   The healing power of a Christian mindMinneapolis: Bethany House Publishers.

BBC NEWS. 2006.  Written words help wounds heal. http://news.bbc.co.uk/go/pr/fr/-/2/hi/health/3081746.stm Datum van gebruik: 9/1/06.  

BYBEL. 1983.  Die Bybel: nuwe vertaling. Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

COHEN, S. 2000.  Measures of psychological stress. http://www.macses.ucsf.edu/Research/Psychosocial/notebook/stress.html Datum van gebruik: 6/2/06

DIE LEWENDE BYBEL. 1982. Christelike Uitgewersmaatskappy: Roodepoort.

FELITTI, V.J. 2002.  The relation between adverse childhood experiences and health: turning gold into lead.  http://www.kaiserpermanente.org/medicine/permjournal/winter02/goldtolead.html. Datum van gebruik: 12 Nov. 2002.

FREDRICKSON, R. 1992. Repressed memories. New York: Simon & Schuster.

HERMAN, J. L. 1997.  Trauma and recovery. USA: Basic Books.

HILL, P.C. & PARGAMENT, K.I. 2003.  Advances in the conceptualization and measurement of religion and spirituality: implications for physical and mental health research. American Psychologist, 58(1):64-74.

HOLMES, T.H. & RAHE, R.H. 1967. The social readjustment rating scale. Journal of Psychosomatic Research, 11: 213‑218.

HOLY BIBLE. 1984. Good News Edition. Today’s English Version. Bible Society of South Africa: Cape Town.

KIECOLT-GLASER, J.K., GARNER, W., SPEICHER, C.E., PENN, G. & VLASER, R. 1984. Psychococial modifiers of immunocompetence in medical students. Psychosomatic Medicine, 46, (1): 7-14.

KRAFT, C. H. 1994.  Deep wounds, deep healing. Ann Arbor, Michigan: Servant Publications.

LYNCH, J.J. 1985.  The broken heart. The medical consequences of loneliness. New York: Basic Books, Inc., Publishers.

LOUW, J.P. & NIDA, E.A. 1988. Greek-English lexicon of the New Testament based on semantic domains. 2 vols. New York: United Bible Societies.

MCALL, K. & WILSON, W. P. 1987.  Ritual mourning for unresolved grief after abortion. Southern Medical Journal, 80(7): 817-821.

MCDONALD, A. N. 1995.  Repressed memories. Can you trust them? Grand Rapids, Michigan: Fleming H. Revell.

MEIER, P., CLEMENTS, T., BERTRAND, J. & MANDT, D.  2005.  Blue Genes. Wheaton, Illinois: Tyndale.

MILLER, W.R. & THORESEN, C.E. 2003. Spirituality, religion, and health: an emerging research field.  American Psychologist, 58(1)24-35.

MINIRTH, F.B. & BYRD, W. 1994.  Christian Psychiatry. Grand Rapids, Michigan: Fleming H.Revell.

MINIRTH, F.B. & MEIER, P.D. 1990. Counseling and the nature of man. Grand Rapids, Michigan: Baker Book House.

PENNEBAKER, J.W. 1995. Emotions, disclosure, and health. Washington, DC: American Psychological Association.

PERT, C. 2003.  Molecules of emotion. The science behind mind-body medicine. New York: Scribner.

POWELL, L.H., SHAHABI, L. & THORESEN, C.E. 2003.  Religion and spirituality: linkages to physical health. American Psychologist, 58(1):36-52.

QUINLAN, J.  2006. Psychoneuroimmunology. http://nfnlp.com/psychoneuroimmunology_quinlan.htm Datum van gebruik: 12 Jan. 2006.

RAY, O.  2004. How the mind hurts and heals the body. American Psychologist, 59 (1): 29-40.

RETIEF, Y.  2004.  Genesing vir trauma in die Suid-Afrikaanse konteks. Kaapstad: Struik Christelike Boeke.

RICHARDSON, R. 2005. Experiencing healing prayer. Downers Grove, Illinois: InterVarsity Press.

ROTHSCHILD, B. 2000. The body remembers. The psychophysiology of trauma and trauma treatment. New York: W.W.Norton & Company.

SEEMAN,T.E., DUBIN, L.F. & SEEMAN, M. 2003. Religiosity/spirituality and health: a critical review of the evidence for biological pathways. American Psychologist, 58(1):53-63.

SCHEURICH, N. 2003.  Reconsidering spirituality and medicine. American Medicine, 78:356-360.

SCHORR, M. 2005.  Is it all in my head? Psychology Today Magazine, May/June, 1-9.

SEAMANDS, D. A.  2002.      Healing for damaged emotions. Colorado Springs: Cook Communications Ministries 

SMITH, J.C. 1998.  Understanding stress and coping. New York: Macmillan Publishing Company.

THE LIVING BIBLE. 1997.  Wheaton, Illinois: Tyndale House Publishers, Inc. 

VAN DER KOLK, B. 1994.  The body keeps the score. Harvard Review of Psychiatry, 1(5): 253-265.

WISMER, L.S. 2000.  Grief and loss. (In Anderson, N.T., Zuehlke, T.E. & Zuehlke, J.S., eds.  Christ centered therapy. Grand Rapids, Michigan: Zondervan Publishing House. p. 243-249.)

WRIGHT, H.N.  2003.  The new guide to crisis and trauma counseling. Ventura, California: Regal Books.

WYLIE, M.S.  2004.  The limits of talk. Bessel van der Kolk wants to transform the treatment of trauma. Psychotherapy Networker, 28(1):1-17.

WYLIE, M.S. 2006. Beyond talk. Using our bodies to get the heart of the matter. http://www.psychotherapynetworker.com/jf04_wylie.htm Datum van gebruik: 9 Jan. 2006.

ZIEGLER, D. 2002.  Traumatic experience and the brain. Phoenix, Arizona: Acacia Publishing, Inc.

Pastorale begeleiding

PASTORALE BEGELEIDING VAN DIE GEESTELIK VERWONDE PERSOON

 

 Prof Wentzel Coetzer

 

 

Abstract

 

Pastoral counselling for spiritually wounded people

On the one hand, religion could fulfil an edifying and enriching role; on the other, it could be destructive and devastating if it uses unethical, manipulating and controlling techniques and coercive measures to promote the goals of a leader or a system. Insecurity and doubt regarding a person’s own competence and worth flowing from painful events in the past tend to make people vulnerable. Often, spiritual wounds lead to a warped image of God; a warped self-identity as a Christian; intense pain in family relationships; overwhelming feelings of disillusionment; problems with personal borders; a lack of basic life skills; a lack of trust and purpose in life, as well as fluctuating phases of opposite emotions, like depression, anger and joy. Once denial has been overcome, counselling towards healing can start. Such counselling should primarily focus on joining a support group, spiritual healing, healing with regard to habits of thought, social recovery as well as physical healing.

 

1.      INLEIDING

Sedert so vroeg as die sewentigerjare is ʼn beduidende aantal boeke en artikels oor geestelike verwonding gepubliseer (sien Blue 1993; Booth 1991; Cumella 2005a & c; Enroth 1993; Johnson & VanVonderen 1991; Langone 1995; Martin 1995; Oates 1970; Peck 1978; Pretorius 2007; Sloat 1990; VanVonderen 1989; Wright 2001). Terme soos ‘geestelike misbruik’, ‘geestelike aanranding’, ‘geestelike verkragting’, ‘geestelike molestering’ en ‘geestelike afknouing’ kom ook dikwels in die literatuur voor om verskillende aspekte van geestelike verwonding te beklemtoon (De Villiers 2008).

Reeds in 1970 publiseer Wayne Oates byvoorbeeld ʼn boek getiteld When religion gets sick. Hy verwys onder andere na die dubbele betekenis van die term ‘godsdiens’: Enersyds kan dit op ʼn baie positiewe en gesonde stelsel dui wat vir die mens voordelig is en hom/haar help oorleef; andersyds kan godsdiens egter ook verwys na ʼn ‘pantheon of false gods by which men shrivel in the bondage of fear and death’ (Oates 1970:16). Oates beskryf laasgenoemde toedrag van sake as ʼn steurnis wat die algehele funksionering van ʼn persoon raak. In so ʼn geval het die persoon se godsdiens ‘slegte nuus’ in plaas van ‘goeie nuus’ geword.

Die psigiater Scott Peck vertel in sy boek The road less travelled (1978) die verhaal van Kathy wat in haar kinderjare erg misbruik is weens bepaalde godsdienstige beskouinge. Teen die agtergrond van Kathy se verhaal maak Peck (1978:212) die volgende stelling:

 

There are millions of Kathys. I used to tell people only somewhat facetiously that the Catholic Church provided me with my living as a psychiatrist. I could equally well have said the Baptist Church, Lutheran Church, Presbyterian Church, or any other.

 

Die boek When God becomes a drug deur vader Leo Booth (1991) dien as nóg ʼn voorbeeld van een van die vroeëre bydraes oor geestelike misbruik. Hy beskryf hoe hy self in ʼn wanfunksionele huis grootgeword het en dikwels aan geweld blootgestel was:

 

I remember seeing my father covered in blood because of his self-mutilation. All this was done by Christians, to Christians, in the name of God. I remember telling my sister that God was destroying our home (Booth 1991:5)

 

Uit die res van sy verhaal blyk dat die drama van kerklike ritueel later in sy lewe, nadat hy tot priester gewy is, vir hom ʼn ontvlugting van die pyn van sy kinderjare geword het. Die staatsiekleed het hom selfs meerderwaardig laat voel. Hy raak uiteindelik verslaaf aan alkohol, en moes by tye gehospitaliseer word. Hy som sy situasie soos volg op: ‘I used religion to escape loneliness, low self-esteem, and fear of reality. Anglo-Catholicism was my first drug’ (Booth 1991:9). Uit sy persoonlike ervaring skryf hy uiteindelik met groot insig oor geestelike misbruik en verwonding.

 

2.      DIE FOKUS SOWEL AS DIE METODOLOGIESE UITGANGSPUNT

Teen voormelde agtergrond sal hierdie artikel die volgende probleemstelling ondersoek: In watter mate kan pastorale begeleiding ʼn terapeutiese rol in die helingsproses van die geestelik verwonde persoon vervul? Wat metodologie betref, is die uitgangspunt ʼn psigologies gerigte pastorale benadering. Die navorsing konsentreer eers op die omskrywing van geestelike misbruik. Daarna kom algemene faktore wat die grondslag vir ʼn geestelik afknouerige stelsel uitmaak aan die orde. Dít word gevolg deur ʼn bespreking van die tipiese kenmerke, strategieë en tegnieke van so ʼn stelsel sowel as die gevolge van geestelike verwonding. Ten slotte word ʼn aantal riglyne bespreek wat die roete vir die pastorale begeleiding van die geestelik verwonde persoon kan aandui.

 

3.      OMSKRYWING

Dupont (2004:40) beskryf geestelike strukture wat geneig is om mense te misbruik, as ʼn groep of beweging wat uiters toegewyd is aan ʼn persoon, saak of ding. Dié strukture maak gebruik van onetiese, manipulerende tegnieke en dwangmaatreëls om die oogmerke van die groepleiers te bevorder. Deurgaans word groeplede, hul gesinne of die gemeenskap potensieel of werklik benadeel.

Gibson (2009) voer aan dat, soos emosionele misbruik negatiewe emosionele gevolge het, en fisiese misbruik dikwels pyn en fisiese gevolge vir die slagoffer inhou, geestelike misbruik ook ʼn negatiewe uitwerking op die persoon se gees het. Dít is oor die algemeen die gevolg van ʼn geestelike leier of stelsel wat die persoon probeer oorheers, beheer en manipuleer. Hierdie beheer word gewoonlik deur middel van vrees uitgeoefen.

Volgens Johnson en VanVonderen (1991:20) impliseer geestelike misbruik die nadelige hantering van ʼn persoon wat hulp, ondersteuning of groter geestelike bekragtiging nodig het, wat die persoon se geestelike status uiteindelik verswak, ondermyn of aftakel. Geestelike misbruik kan ook voorkom wanneer spiritualiteit gebruik word om ander te beïnvloed ten einde aan ʼn sekere ‘geestelike standaard’ te voldoen: ‘This promotes external “spiritual performance”, also without regard to an individual’s actual wellbeing, or is used as a means of “proving” a person’s spirituality’ (Johnson & VanVonderen 1991:21).

Volgens Blue (1993:12) vind geestelike misbruik plaas wanneer leiers hul geestelike gesag gebruik om ʼn volgeling te dwing, te beheer of uit te buit, wat dan tot geestelike wonde lei. Geestelike misbruik verskil van ander vorme van misbruik deurdat dit selde deur ʼn deurdagte bedoeling om opsetlik skade te berokken aangevuur word. Diegene wat geestelike misbruik toepas, is daarom ook dikwels naïef oor die skadelike gevolge van hul uitbuiting.

Pretorius (2007:264) beskryf geestelike misbruik as die proses wat plaasvind wanneer leiers hul amp of gesag gebruik om ander te beheer of oorheers. Die ‘ander’ is gewoonlik persone wat onbewus is van die verskuilde agenda van die leier, en wat bereid is om hulle te verbind tot wat hulle as die wil van God beskou. Die meeste geestelike misbruikers gebruik emosies soos skaamte, skuld en vrees om hul volgelinge se swak geestelike toestand te beklemtoon en om hulle te probeer oorhaal na dít wat die leier van hulle verwag. Boweal word die gevoelens en menings van die persoon in nood dikwels geïgnoreer ten einde die selfsugtige oogmerke van die leier te verwesenlik. Gevolglik laat geestelike misbruik die slagoffer geestelik verwond.

Uit die voorafgaande omskrywings van geestelike misbruik kan die volgende belangrike aspekte ter samevatting uitgelig word:

-      Daar bestaan oordrewe toewyding aan ʼn persoon, saak of ding.

-      Onetiese, manipulerende beheertegnieke en dwangmaatreëls word gebruik om die oogmerke van die leier(s) te bevorder.

-       Emosies soos skaamte, skuld en vrees speel ʼn belangrike rol.

-       Spiritualiteit word gebruik om volgelinge tot die strewe na ʼn sekere geestelike standaard oor te haal.

-       Volgelinge se werklike behoeftes word nie noodwendig altyd in ag geneem nie.

-       Geestelike misbruikers is oor die algemeen naïef oor die impak van hul optrede.

-       Geestelike misbruik lei gewoonlik tot geestelike en emosionele verwonding.

 

4.      FAKTORE WAT DIE GRONDSLAG VIR ʼn GEESTELIK AFKNOUERIGE STELSEL UITMAAK

Aspekte wat ʼn deurslaggewende rol blyk te speel, is die absolute en onvoorwaardelike aanvaarding van ʼn aantal leerstellings. Op grond hiervan kan misbruik in die naam van God plaasvind. Dit gaan ook hand aan hand met die letterlike, absolute en dogmatiese vertolking van die Skrif, wat op sy beurt tot wanfunksionele godsdienstige boodskappe en gedrag lei (Booth 1991:16). Hiermee saam het mense dikwels weinig of geen vermoë om waarhede vanuit die Woord te onderskei en te beoordeel nie. Dan is hulle geneig om die reëls, soos die geestelike leiers dit neerlê, stiptelik en noukeurig na te volg, en beskou hulle hierdie leiers as die hoogste gesag oor die Woord (Pretorius 2007:264).

Indien daar in die gesin van oorsprong ook ʼn onseker verhouding met ouers was, blyk dít ook ʼn belangrike bydraende faktor te wees (Socha 1995:195). Ervarings in die vroeë kinderjare laat diep indrukke, en ‘kleur’ mense se siening van die wêreld en hulself. Tensy dit deur terapie aangepas word, kan so ʼn versteurde lewensuitkyk hierdie persone die res van hul lewe bybly (Sloat 1990:87).

Volgens Oates (1970:32) dra die volgende faktore by tot mense se kwesbaarheid vir ʼn ‘siek’ godsdiens en uiteindelike verwonding:

-       Onverwerkte rouprosesse kan tot die simptomatologie van ʼn siek godsdiens lei.

-       Mense is kwesbaar wanneer hulle nie meer vergifnis wil gee of aanvaar nie.

-       Hoop en hopeloosheid aan die een kant, en die afwesigheid of aanwesigheid van liefde aan die ander kant, kan ook ʼn rol speel.

Kwesbare persone is oorwegend diegene wat nooit geleer het hoe om hul gevoelens te verwoord of op ʼn gepaste wyse te beheer nie. Sulke emosies word dan in ʼn groot mate ontken of vermy. Om erkenning te verkry of misbruik te voorkom raak hierdie persoon uiteindelik iemand wat almal altyd probeer gelukkig hou; ʼn oorpresteerder en ʼn perfeksionis – onbuigsaam en onverdraagsaam ten opsigte van eie en ander se foute (Booth 1991:41).

Pretorius (2007:265) voer die volgende agt redes aan waarom mense moontlik in die slagyster van geestelike misbruik trap:

-       ʼn Gebrek aan aanvaarding tuis en in die kerk. Dit lei tot gedrag waardeur hulle erkenning soek.

-       Skaamtegegronde motivering. Dit kan met ʼn bepaalde sonde of swakheid verband hou waarvoor die persoon ten alle koste probeer vergoed om God tevrede te stel.

-       Die behoefte aan ʼn dieper spiritualiteit. Sommige persone is gefrustreerd in ʼn sekere kerklike opset. In hul desperaatheid om iets beters te kry is hulle bereid om enigiets op te offer – dít maak hulle kwesbaar.

-       Ontnugtering met die bestaande wêreldorde. Mense voel ontmoedig deur die verval van die wêreld, korrupsie, die minagting van menselewens, en die geestelike agteruitgang.

-       ʼn Behoefte aan sekuriteit

-       Innerlike twyfel oor hul vermoëns en eiewaarde

-       Die oortuiging dat geestelike sukses geheel en al van hul eie pogings afhang

-       Die behoefte om die werklikheid van innerlike pyn te beheer. ʼn Onbuigsame godsdienstige geloofstelsel kan aan so ʼn persoon die indruk gee dat alles onder beheer is.

 

5.      TIPIESE KENMERKE, STRATEGIEË EN TEGNIEKE VAN ʼn GEESTELIK AFTAKELENDE STELSEL

5.1  Emosionele en geestelike bloedskande

VanVonderen (1989:65) vestig die aandag op ʼn verskynsel in die gesinstelsel wat meestal parallel loop met ʼn verskynsel in geestelike familiestelsels, naamlik die kwessie van bloedskande. Die ooreenkomste tussen geestelike misbruik en bloedskande is besonder opvallend. In ʼn gesonde, funksionele gesinstelsel dien die ouers as toerustingsbron vir die kinders. Ouers se taak is om hul mags- en gesagsposisie te gebruik om hul kinders vir die volwasse lewe voor te berei. Hulle doen dit deur hul kinders fisies, emosioneel en geestelik te dien, te bou en in hul behoeftes te voorsien. In talle gesinne het kinders se denke, behoeftes en gevoelens egter geen plek nie. Inteendeel, die rolle word omgeruil: In sulke wanfunksionele gesinstelsels moet kinders dikwels in volwassenes se behoeftes voorsien. Op seksuele gebied hou dit met bloedskande verband, en op emosionele gebied met emosionele bloedskande. In ʼn gesonde en funksionele kerklike stelsel is God die bron van aanvaarding, liefde en waardes, terwyl die leraars en ander leiers die lede moet help en toerus. Net soos ouers in ʼn gesinsopset, moet leraars en ander kerkleiers hul mag en gesag gebruik om lede vir dienswerk toe te rus, in lede se behoeftes te voorsien, en verhoudings te bou. Ongelukkig is daar godsdienstige stelsels waar die gedagtes, behoeftes en gevoelens van lede nie ter sake is nie; waar lede misbruik word om in die selfsugtige behoeftes van die leierskap te voorsien. In sulke gevalle gaan dit inderdaad om emosionele en geestelike bloedskande (VanVonderen 1989:65; sien ook Hemfelt, Minirth & Meier 2003:26).

 

5.2  Die misbruik van eksklusiwiteit

Hier gaan dit oor die oortuiging dat jóú geloofstelsel die enigste korrekte en geldige een is; dat die leerstellings van diegene wat met jou verskil, nie net verkeerd nie, maar ook gevaarlik is, en dat dit vernietig moet word. Hierdie vorm van misbruik is besonder gevaarlik omdat dit nie net die potensiaal het om individue te vernietig nie, maar ook mense van mekaar kan vervreem en erge konflik in gesinne en families tot gevolg kan hê (Wright 2001:95).

 

5.3  Beheer en oorheersing eerder as genade

ʼn Sterk beheer- en oorheersingsgerigte leierskap is een van die hoofkenmerke van ʼn geestelik afknouerige stelsel. Vrees, skuldgevoelens en intimidasie word ingespan om lidmate in pas te hou. Lede se individuele lewens word onder ʼn vergrootglas geplaas; uitbanning kom algemeen voor; oortreders word hardhandig hanteer, en vir diegene wat vertrek, is die pad terug na normaliteit baie moeilik (Enroth 1993:32). Alhoewel sommige lede soms diep ongelukkig is met hul situasie, is hulle so bang vir verwerping dat hulle eerder aanbly (Carder 1995:140). In talle gevalle gaan dit om die misbruik van geestelike gesag. Enroth (1993:77) beskryf byvoorbeeld die ervaring van iemand wat ná 14 jaar se geestelike verwonding by ʼn nuwe kerk aangesluit het. Dit het maande geduur voordat sy in haar nuwe omgewing normaal en op haar gemak kon wees gedurende eredienste of in die teenwoordigheid van die leraar:

 

It took some time for me to adjust...When I first began attending church again and meeting with Pastor Tom, I found it very difficult to relax around him. Sometimes I would cringe and freeze up when seeing him walk down the hall, and Pastor Tom is one of the kindest, most disarming people I know.

 

5.4  ʼn Onbuigsame swart/wit-benadering

Christene, net soos ander lede van die gemeenskap, leef in ʼn dinamiese kultuur wat vinnig verander en daarom ook dikwels verwarring by mense laat ontstaan. Persone met ʼn innerlike gebrek aan sekuriteit word gevolglik maklik deur godsdienstige stelsels beïnvloed wat ʼn stelselmatige benadering van ongekompliseerde, simplistiese swart/wit-antwoorde bied. Vir diegene wat ook nog uit wanfunksionele agtergronde of ʼn milieu met gebrekkige struktuur kom, bied ʼn outoritêre geloofsgemeenskap ʼn veilige hawe; ʼn skuilplek vol ‘sekuriteit’. In so ʼn opset kan dit baie gerusstellend wees indien ander vír jou besluit; vir jou voorsê hoe om te leef en wat om te glo (Enroth 1993:223).

 

5.5  Laste word op mense gelaai

In ʼn geestelik afknouerige stelsel is leiers geneig om, hetsy as gevolg van skuldgevoelens of hul eie onverwerkte emosionele pyn, hul laste op lidmate te laai. Hul ‘gebruik’ as’t ware hul lidmate om in hul persoonlike en professionele behoeftes te voorsien: ‘Abusive shepherds tie up various heavy loads and lay them on people’s shoulders. Good shepherds take off those loads’ (Blue 1993:65).

Moeë mense ontvang sodoende bepaalde ‘formules’ oor God, en nie noodwendig sy onvoorwaardelike liefde en aanvaarding nie (VanVonderen 1989:64).

 

5.6  Mense word eerder gebruik as gedien

Na aanleiding van Jesus se kritiese ingesteldheid teenoor die Fariseërs van sy tyd, en die beskrywing van sommige herders se optrede in Esegiël 34, kom Blue (1993:41) tot die gevolgtrekking dat dít ook tipies is van hedendaagse godsdienstige stelsels wat mense geestelik verwond laat. Sowel Jesus as Esegiël het een grondliggende tekortkoming by die herders veroordeel, naamlik dat hulle die skape gebrúik eerder as gedién het. Hulle het die woorde van die Wet geken, maar nie die boodskap daarvan gesnap nie. Hulle het diegene wat na hul opgesien het, van die ware lewe ontneem. Hulle het nie die swakkelinge versterk en die siekes genees nie. In sommige hedendaagse aftakelende geestelike stelsels plaas soortgelyke herders ʼn oordrewe klem op godsdienstige reëls wat wél goddelik klink en lyk, maar in werklikheid geestelike gif is (Blue 1993:48).

 

5.7  Ontkenning

Niemand hou van pyn nie, en soms word allerlei meganismes ingestel om pyn te probeer vermy. Dit het egter ʼn negatiewe uitwerking wanneer gesinne nie genoeg sekuriteit bied vir elke gesinslid om emosionele pyn en woede te verwoord nie. Woede, synde een van die eerste fases ná trauma, volg gewoonlik op emosionele verwonding. In ʼn tipiese geestelik aftakelende stelsel word mense geleer om die realiteit van hul emosionele pyn en woede te ontken, en om eerder liefde en vriendelikheid te ervaar en te toon (Booth 1991:39; Sloat 1990:127).

 

5.8  Deur middel van reëls word die werklike pyn gesystap

By diegene uit ʼn wanfunksionele agtergrond is daar reeds ʼn innerlike emosionele vakuum, wat dikwels met ʼn lae selfbeeld en swak eiewaarde gepaardgaan. Sulke persone is geneig om ʼn vasbeslote keuse uit te oefen om deur die slaafse navolging van ʼn streng stel reëls deurgaans ʼn perfekte Christelike lewe te probeer lei. Deur die reëls stiptelik en getrou na te kom, hoop hulle om die erkenning en waardering te kry waarna hulle so smag. Hierdie oënskynlike oplossing hanteer egter nie die werklike pyn van innerlike skaamte en lae eiewaarde nie, maar vermy eerder steeds die innerlike verwonding en eensaamheid (Sloat 1990:86). Hul innerlike gevoelens van waardeloosheid beïnvloed gevolglik hul verhoudings met ander en met God, en hul godsdiens word uiteindelik kunsmatig en meganies bedryf. Van der Westhuizen (2000:8) toon hoe ʼn oormaat geestelike reëls en eise uiteindelik tot die vernietiging van sulke soekende mense bydra.

 

5.9  Die rol van afsondering

Diegene wat in ʼn aftakelende geestelike stelsel vasgevang is, verkeer gewoonlik ook in afsondering. Hulle is bang om hardop te dink of vrae met betrekking tot enige bekommernisse te vra, uit vrees dat hulle as krities of afwykend beskou sal word. Net soos met die seksuele misbruik van kinders, beroof hierdie afsondering mense van die geleentheid om hul situasie in ʼn wyer perspektief te stel (Dupont 2004:28).

 

5.10  Uit voeling met mense se innerlike emosies

Henslin (1995:96) gebruik die term ‘godsdienstige beskaming’ (‘religious shaming) met verwysing na die proses van geestelike aftakeling wat mense soms in sekere godsdienstige stelsels ervaar. Die proses van godsdienstige beskaming word gewoonlik nie met opsetlike kwade bedoelings uitgevoer nie. Inteendeel, dit weerspieël eerder ʼn teologie waarin daar êrens langs die pad voeling verloor is met mense se gevoelens en innerlike emosionele lewens: ‘Emotions are seen as evil enemies needing to be fought off, subdued, and controlled; legalism and condemnation are seen as virtues’ (Henslin 1995:96).

In sy vergelyking van prestasiegerigte en verhoudingsgerigte kerke merk Dupont (2004:76) op dat by eersgenoemde groep kerke, lidmate se waarde en betekenis van hul prestasie afhang. Gelykvormigheid met die leier se styl is ook van die allergrootste belang, en die Godgegewe uniekheid van die individu het geen plek nie.

 

5.11  Aan niemand rekenskap verskuldig nie

Enroth (1993:203) beklemtoon dat geestelike misbruik in enige kerk of groep met gesonde leerstellings en Woordgetroue prediking kan plaasvind: Al wat nodig is, is ʼn leraar wat aan niemand rekenskap verskuldig is nie.

 

6.      DIE GEVOLGE VAN GEESTELIKE VERWONDING

VanVonderen (1989:64) beskryf geestelike verwonding as ʼn uiters vernietigende vorm van misbruik waardeur moeë mense ‘formules’ oor God in plaas van sy onvoorwaardelike liefde en aanvaarding ontvang. Daarom is dit nie vreemd dat daar in die begeleiding van sodanige verwondes geweldig baie uiteenlopende emosies na vore kom nie.

Tipiese gevolge van geestelike verwonding sluit die volgende in:

 

6.1  Verwronge opvattings van God

-       Die ontwikkeling van ʼn verdraaide beeld of karikatuur van God. God word as ʼn despotiese en onbestendige perfeksionis beleef (Johnson & VanVonderen 1991:41).

-       Talle persone vind dit uiters moeilik om hoegenaamd weer enige ander mense of organisasies te vertrou. Die pad na geestelike herstel berus juis op ʼn algehele vertrouensverhouding met God – vir hierdie persoon is dit egter baie moeilik om God voortaan as anker en steunpilaar te beleef: ‘The dynamics of spiritual abuse parallel those of physical and sexual abuse – God is often seen as one of the perpetrators’ (Enroth 1993:187). Omdat geestelike leiers sowel as die kerk as verteenwoordigers van God beskou word, word God ook indirek vir die onreg verkwalik.

-       Ware skuld kan vergewe word – talle voel egter dat húlle nooit vergewe sal kan word nie. Dít hou soms verband met valse skuldgevoelens as gevolg daarvan dat God dikwels in leerstellings en argumente betrek word júis om mense skuldig te laat voel (Henslin 1995:97).

 

6.2  Verwronge opvattings van Christenskap

-       Mense kan ʼn verdraaide selfidentiteit met betrekking tot Christenskap ontwikkel wat hetsy met ʼn baie negatiewe siening van hulself of ʼn skaamtegegronde identiteit verband hou (Johnson & VanVonderen 1991:41).

-       Daar kan ʼn beheptheid met geestelike prestasies ontstaan. Hierdie neiging loop hand aan hand met uiterste vorme van hetsy eiegeregtigheid of skaamte. In laasgenoemde geval is die gevolg maar net ʼn selfs ernstiger strewe na prestasie om die teendeel te probeer bewys (Blue 1993:106).

-       By sommige kan daar ʼn oorweldigende vrees intree dat hulle hul saligheid sal verloor omdat hulle die groep verlaat het – daarom keer party weer terug (Pretorius 2007:276).

-       Daar is dalk weinig begrip van die konsep van genade. Die persoon kan óf nie genade aanvaar nie óf ervaar oordrewe skuldgevoelens (Pretorius 2007:276).

-       Die persoon kan ʼn probleem hê met ander in geestelike gesagsposisies. Dit kan ʼn oorreaksie wees om te verhoed dat die pyn van die verlede hom herhaal. Sommige kan maande en selfs jare daarna weier om deel te wees van enige godsdienstige opset (Pretorius 2007:276). In dié verband vertel Dupont (2004:182) van ʼn goeie vriendin wat etlike jare ná ʼn tyd van intense geestelike verwonding telkens sou begin bewe en ruk van vrees wanneer sy ʼn kerkgebou binnestap, selfs al weet sy dat dit ʼn geestelik en emosioneel gesonde kerk is.

 

6.3  Emosionele en psigiese gestremdheid

-       Verwondes kan oordrewe perfeksionisme ontwikkel, sowel as die geneigdheid om beheer te wil uitoefen (Blue 1993:106).

-       Wat die individu se persoonlikheid betref, kan daar selfs ʼn mate van dissosiasie plaasvind as gevolg van die voortdurende implisiete boodskap: Ontken jou ware self, maar glo en sê wat ander van jou verwag (Pretorius 2007:277).

-       Totale ontnugtering kan ʼn oorweldigende emosie wees. Dit kan die gevolg wees van beloftes wat op niks uitgeloop het nie en die gevolglike verwyte dat die persoon se sonde of ongeloof die oorsaak daarvan was (Van der Westhuizen 2000:57).

-       Die gevolge van geestelike verwonding is soms moeilik herkenbaar, aangesien pynlike herinneringe sowel as gevoelens van skaamte lank onderdruk kon gewees het. Erkenning en identifisering sou uiteraard met hernude pyn en selfverwyte gepaardgaan, sowel as die verleentheid dat dinge so erg handuit geruk het (Johnson & VanVonderen 1991:41).

-       Talle ervaar soms ernstige swaarmoedigheid en uitsigloosheid (en selfs selfmoordgedagtes) weens die ineenstorting van die hele geloofstelsel waartoe hulle hulself ten volle verbind het (Pretorius 2007:276).

-       Woede kom gewoonlik algemeen voor – veral ook teenoor die verantwoordelike leiers (VanVonderen 1989:156).

-       Persone kan vir ʼn lang tyd afwisselende fases van teenstellende emosies, soos woede, vreugde en depressie, beleef. Dit kan opklaar namate die genesingsproses vorder (Pretorius 2007:276; VanVonderen 1989:155).

-       Daar kan ook oorweldigende gevoelens van doelloosheid en sinneloosheid sowel as eensaamheid en afsondering wees. Dit kan ook verband hou met die gevoel dat niemand hul bepaalde situasie verstaan nie; die persoon kan selfs bang wees dat hy/sy besig is om mal te raak (Pretorius 2007:276).

 

6.4  Persoonlike onbevoegdheid

-       Die persoon kan ʼn probleem hê met persoonlike grense. Dít kan verband hou met ʼn gebrek aan begrip van leerstellings soos die ‘eie ek’ wat moet sterf, sowel as die herhaalde skending van persoonlike ruimte en regte. Hierdie persone se menswees is ontken, en daarom kan hulle maklik daaruit aflei dat hulle nie op ʼn eie mening geregtig is nie (Johnson & VanVonderen 1991:41; Sloat 1990:110).

-       Die kwessie van persoonlike verantwoordelikheid kan ʼn krisis laat ontstaan. Niks was ooit goed genoeg nie, en daarom gooi hierdie persoon hetsy maklik die handdoek in of aanvaar te veel verantwoordelikheid (Johnson & VanVonderen 1991:41).

-       Daar kan ook ʼn gebrek aan basiese lewensvaardighede wees. Dit kan aan ʼn soort ‘bunkermentaliteit’ toegeskryf word, aangesien daar voortdurend vrees gesaai is oor die kwaad in die wêreld daarbuite (Johnson & VanVonderen 1991:41).

 

6.5  Nagmerries

-       Persone kan herhaalde nagmerries hê weens emosionele en geestelike verwonding (Pretorius 2007:276).

 

6.6  Verskeurde families

-       Slagoffers se gesinne en families kan uitmekaar geskeur word en daar kan ʼn magdom onverwerkte pyn wees (Pretorius 2007:276).

 

7.      RIGLYNE ONDERWEG NA GENESING

7.1  ʼn Nuttige meetinstrument

Remuda Ranch is ʼn Christelike eetsteurniskliniek in Phoenix, Arizona, wat die tydskrif The Remuda Review uitgee. ʼn Artikel wat in 2005 gepubliseer is (Darden 2005:14), verwys na ʼn meetinstrument wat die kliniek ontwikkel het om persone te evalueer wat aan godsdienstige misbruik blootgestel was. Hulle stel die vraelys gratis beskikbaar aan professionele persone (www.remudaranch.com). Omdat die gebied van geestelike verwonding nog grootliks braak lê wat navorsing betref, is dit belangrik om van sulke bydraes kennis te neem (Cumella 2005a; Cumella 2005b:19 Darden 2005:14).

 

Die volgende riglyne sou as parameters vir die pastorale begeleiding van die geestelik verwonde persoon kon dien. Dit dui die rigting vir die begeleier aan, maar kan ook die begeleide op belangrike gebiede wys wat aandag verg.

 

7.2  Die aanvang van die proses

7.2.1  Die waarde van berading

Dit kan uiters waardevol wees indien die persoon berading ontvang van iemand wat ervaring het van geestelike misbruik en verwonding.

 

7.2.2  Ontkenning

Die afstanddoening van ontkenning word oor die algemeen as die eerste groot stap na vryheid en genesing beskou. Wanneer eie gevoelens en verantwoordelikhede steeds ontken word, verhinder dit gewoonlik die helingsproses. In soverre ontkenning egter deurbreek word, kan genesing begin, wat onder andere ʼn bereidwilligheid impliseer om kwesbaar te wees namate verdere skanse en verwere afgebreek word (Arterburn & Felton 2001:226; Sloat 1990:36,200).

 

7.2.3  Genesing is ʼn proses

Hieroor moet niemand enige illusies koester nie: Genesing gebeur nie oornag nie. Die persoon moenie weer in die ou patrone van ʼn onbuigsame godsdienstige denkwyse verval wat impliseer dat God ontevrede is as jy nié deurgaans besig is om die kerk en geestelike strukture dien nie. Herstel impliseer gewoonlik ʼn lang proses mét professionele hulp (Dupont 2004:185; Pretorius 2007:277).

 

7.3  Fokus op ondersteuningsgroepe

7.3.1  Die terapeutiese waarde van ʼn ondersteuningsgroep

Genesing kan nie in afsondering plaasvind nie, en daarom is die rol van ʼn versorgende ondersteuningsgroep uiters belangrik as deel van die terapeutiese proses. Die groep moet ʼn ondersteunings- sowel as ʼn verantwoordingsgeleentheid (‘accountability’) bied. Dit moet ook die herstelprogram in sy geheel ondersteun, en nie die alleenfokus van herstel word nie. Die groep bied ʼn ruimte waar persone hul gevoelens van godsdienstige beskaming met ander kan deel. Dit beklemtoon ook die grondbeginsel dat sulke persone ander in hul lewe nodig het om te kan genees (Arterburn & Felton 2001:239; Booth 1991:258; Dupont 2004:186; Henslin 1995:108).

 

7.3.2  Soek iemand wat as klankbord kan dien

Namate die persoon dit al hoe beter regkry om God en ander Christene te vertrou, kan dit die proses bespoedig indien daar, afgesien van ʼn ondersteuningsgroep, iemand is wat gereeld as klankbord kan dien sonder om ooit te veroordeel (Booth 1991:199).

 

7.4  Geestelike herstel

7.4.1  Verwronge opvattings van Christenskap en God

Wanopvattings van God en die Christelike lewe oor die algemeen moet uitgewys [U3] en met gebalanseerde beskouinge vervang word (Booth 1991:195,239).

 

7.4.2  Algemene houdings en oortuigings vanweë geestelike verwonding

Negatiewe en belemmerende houdings en oortuigings [U4] moet uitgewys en telkens met Skriftuurlike uitsprake vergelyk en vervang word.

 

7.4.3  Leer om voortaan nie op geestelike verwonding te oorreageer nie

Die persoon se ervaring moenie in die toekoms ʼn verskoning word om geheel en al aan die kerk en aan God te onttrek nie. Daar moet in gedagte gehou word dat geestelike verwonding in die meeste gevalle toegedien word deur persone en instansies wat nooit geleer het hoe om anders op te tree nie (Henslin 1995:108).

 

7.4.4  Skakel aanvanklik anoniem by ʼn kerk in

Om vertroue te herwin gaan lank duur. Die persoon kan by ʼn kerk in die omgewing eredienste bywoon sonder om aanvanklik persoonlik by enige bedrywighede betrokke te raak (Dupont 2004:185).

 

7.4.5  Die belang van vergifnis

Om die geestelike leiers wat vir die misbruik verantwoordelik was, te vergewe, is nie ʼn kitsstap nie, maar ʼn proses. Soos die pyn oor ʼn lang tyd plaasgevind het, sal die genesingsproses ook tyd verg – die eerste tree moet egter êrens gegee word. God moet om genade gevra word om te kan vergewe (Dupont 2004:182). Die vergifnisproses kan gewoonlik eers begin as die rouproses afgehandel is. Die verwondes sal onder andere moet rou oor geleenthede vir gebalanseerde en gesonde groei wat hulle ontneem is (sien ook Kotze 2008; Stoop & Masteller 1996[U5] :77; Worthington [U6] 2003). Daar kan ook onafgehandelde rouprosesse wees as gevolg van oordrewe geestelikheid by die ouers in die gesin van oorsprong wat normale rouprosesse as ʼn teken van swak geloof beskou het (Booth 1991:241). Diegene wat in ʼn gesonde en stabiele milieu grootgeword het, sal oor die algemeen vinniger kan vergewe as diegene uit ʼn wanfunksionele agtergrond.

 

7.4.6  Leer om Christene weer te vertrou

Die begeleide kan vorige Christenvriende opsoek en saam met hulle tyd deurbring. Hulle hoef nie met dié samekomste noodwendig godsdienstige aktiwiteite te beoefen nie. Daar kan bloot op God se gawe van vriendskap gefokus word, sonder enige ‘bedieningsagenda’ (Sloat 1990:204).

 

7.4.7  Gesonde geloofsgroei

Hoe dieper liggend die verwonding en hoe groter die emosionele en geestelike skade, hoe moeiliker gaan dit vir die persoon wees om weer in ʼn intieme geloofsverhouding met God te staan. Die verwoording van onverwerkte emosionele pyn, en die uiting van onderdrukte woede, kan egter uiteindelik die weg vir gesonde geloofsgroei baan (Arterburn & Felton 2001:228; Dupont 2004:58).

 

7.5  Herstel in denkpatrone

7.5.1  Waak teen ʼn slagoffermentaliteit

Verwondes moet daarteen waak om hulself die res van hul lewe as slagoffers te beskou. Heling is uiteindelik moontlik, alhoewel dit etlike seisoene van rou, gebed, vergifnis en belydenis kan duur voordat daar volle vryheid is (Dupont 2004:187).

 

7.5.2  Waak teen oorweldigende donker herinneringe

Voorts moet sodanige persone daarteen waak dat slegte herinneringe nie dít wat wél goed was in die verlede heeltemal tot niet maak nie. Weinig aftakelende en nadelige kerklike strukture en stelsels is nét goed of nét sleg. Die meeste mense sou nie in so ʼn stelsel betrek word indien daar nie ook positiewe aspekte daaraan verbonde was nie (Arterburn & Felton 2001:233; Henslin 1995:108). Daar moet ook in gedagte gehou word dat sommige van die leiers wat diegene onder hulle misbruik, waarskynlik self êrens slagoffers was, en dat dit alles tot die proses meegewerk het (Dupont 2004:188; sien ook Hemfelt et al. 2003). Ziegler (2000:104) verwoord hierdie problematiek soos volg:

 

The future success of our social institutions may well rest in our ability to counter the rampant anti-social consequences of needy children, teens, and adults who have grown up in trauma, having never developed a conscience, and who now have a score to settle with society.

 

7.5.3  Herprogrammeer toksiese denke

Die gevolge van geestelike verwonding[U7] , skep gewoonlik die teelaarde vir toksiese denkpatrone. As deel van die terapeutiese proses moet die berader deurgaans op sulke negatiewe denkpatrone ingestel wees en telkens die teendeel uitwys. Toksiese denkpatrone impliseer onder andere dat mense en sake as óf swart óf wit, óf goed óf sleg, óf heeltemal reg óf heeltemal verkeerd beskou kan word (Arterburn & Felton 2001:229; Booth 1991:236).

 

7.5.4  Stel ongeldige gevolgtrekkings reg

Geestelik verwonde persone het die vermoë om enigiets in iets negatief te verander. Vanweë hul gevoel van onvermoë kan hulle enige situasie in ʼn baie donker prentjie omskep. Genesing impliseer onder andere dat ál hierdie intellektuele leuens uitgewys en met die waarheid vervang word – dit gaan dus om ʼn proses van kognitiewe herstrukturering (sien ook Backus & Chapian 2000; Schiraldi 2009; Thurman 1999).

 

7.5.5  Kry ʼn realistiese beskouing van die werklikheid

Wanneer daar op die irrelevante en negatiewe gekonsentreer word, gaan dit om slegs een deel van die werklikheid, terwyl die geheelbeeld verdraai word. In hierdie opsig moet verwondes gehelp word om na die werklikheid terug te keer. Die vervanging van die leuen sowel as verdraaide opvattings wat uit emosionele en geestelike verwonding spruit, sal baie daartoe bydra om weer ʼn realistiese beskouing van die werklikheid te kry (Booth 1991[U8] :211).

 

7.5.6  Bemagtig die positiewe

Die positiewe word nie soseer ontmagtig wanneer inligting verontagsaam word nie, maar wanneer die feite effens verdraai word, gewoonlik in die rigting van die negatiewe. As deel van die begeleidingsproses sal sulke verdraaide feite ook hanteer moet word (Arterburn & Felton 2001:228).

 

7.5.7  Bepaal redes vir die verontagsaming van die negatiewe

Die teenpool van die ontmagtiging van die positiewe is om negatiewe gedrag te verontagsaam ten einde ʼn toksiese gevoel van eiewaarde te probeer handhaaf. Die berader sal die betrokke persoon moet help om die redes vir hierdie gedrag te bepaal (Arterburn & Felton 2001:234; Booth 1991:204).

 

7.5.8  Waak teen oorwegend emosionele denke

Gevoelens, en nie feite nie, is meestal die grondslag van hierdie persoon se werklikheid. Genesing sal onder andere impliseer dat die persoon gehelp word om enersyds ʼn duidelike onderskeid tussen emosies en feite te tref, en andersyds die vermoë te ontwikkel om ʼn gesonde balans tussen hierdie twee te handhaaf (Arterburn & Felton 2001:235).

 

7.5.9  Waak teen ʼn beheptheid met ‘ek moes’-gedagtes

Hierdie persone pas voortdurend druk op hulself toe met gedagtes soos ‘Ek moes beter gedoen het’ of ‘Ek moes meer gedoen het’. Balans sal impliseer dat hulle die punt bereik waar hulle besef dat hulle te hoë standaarde aan hulself gestel het (Arterburn & Felton 2001:235).

 

7.5.10  Waak teen die handhawing van ʼn hiperverantwoordelikheidsgevoel

Die geestelik verwonde persoon sal geneig wees om vir alles verantwoordelikheid te aanvaar, aangesien dit tydelik in bepaalde onderliggende emosionele behoeftes voorsien. Ook hiérdie toksiese denkproses sal uitgewys moet word, en die persoon sal gehelp moet word om die werklikheid te onderskei en op ʼn ander manier as in die verlede daarop te reageer. In hierdie opsig sal die begeleier die begeleide kan help om gesonde en gebalanseerde persoonlike grense neer te lê (Cloud & Townsend 2002).

 

7.5.11  Konsentreer op nuwe inligting

Verwondes was soms vir baie lank aan bedrieglike inligting onderwerp, en moet gevolglik in basiese geestelike en Bybelse waarhede onderrig word. ʼn Ondersteuningsgroep kan so iemand byvoorbeeld help om inligting te beoordeel (Arterburn & Felton 2001:237; Booth 1991:204).

 

7.6  Sosiale herstel

7.6.1  Konsentreer op die gesin

In soverre die geestelik verwonde persoon emosioneel en geestelik begin stabiliseer, moet genesing ook met betrekking tot die betrokke gesin gefasiliteer word wat dikwels ook verwond is. Sulke gesinslede ervaar soms erge woede oor alles wat gebeur het, welke woede bepaald hanteer moet word. Gesinsterapie sal hier aan die orde moet kom, wat onder andere voldoende geleentheid vir die verwoording en uiting van sodanige woede, sowel as ʼn fasiliteringsproses tot versoening sal behels (Arterburn & Felton 2001:243; Langone 1995:229).

 

7.6.2  Konsentreer op nuwe vriende

Namate die geestelik verwonde persoon van wanfunksionele verhoudings in die siek geestelike stelsel begin afstand doen, ontstaan daar ʼn groot innerlike vakuum. Indien hierdie vakuum nie gevul word nie, verhinder dit genesing. Gepaste begeleiding sal dus sulke persone probeer bemagtig om nuwe bronne van sosiale ondersteuning te ontwikkel (Arterburn & Felton 2001:244; Booth 1991:257).

 

7.6.3  Leer om weer uit gewone dinge vreugde te put

As gevolg van geestelike misbruik raak die lewe uiteindelik baie donker en swaar vir die slagoffer. As deel van die terapeutiese proses moet sulke persone dus begelei word om opnuut dankbaarheid en vreugde te ervaar in daaglikse situasies wat andersins as vanselfsprekend aanvaar word (Dupont 2004:185).

 

7.7  Fisiese herstel

7.7.1  Konsentreer op die liggaam

Swak eetgewoontes, wat soms hand aan hand gaan met gewigsprobleme, ʼn gebrek aan oefening en te min slaap, is dikwels ʼn kenmerk van die emosioneel en geestelik verwonde persoon. Indien die herstelprogram hierdie fisiese aspekte verwaarloos, kan dit juis deels daartoe bydra dat so iemand later weer in ou, ongesonde, kompulsiewe gedrag verval (sien ook Arterburn 2005; Hemfelt et al. 2003; Minirth 2005).

  

8.      SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING

Uit voorafgaande bespreking van die tema van geestelike misbruik en verwonding blyk dat dié verskynsel individue emosioneel en geestelik kan vernietig. Vir die kerk in die algemeen bied hierdie tema ʼn geweldige uitdaging, aangesien daar geen geestelike groep of struktuur is wat outomaties bestand is teen geestelike verwonding nie. Indien voormelde riglyne vir die pastorale begeleiding van die geestelik verwonde persoon egter konsekwent in die kerk toegepas word, kan dit ʼn dramatiese verskil maak.

 

LITERATUURVERWYSINGS

Arterburn, S., 2005, Healing is a choice, Thomas Nelson, Nashville, Tennessee.

 

Arterburn, A. & Felton, J., 2001, Toxic faith. Experiencing healing from painful spiritual abuse, Shaw Books, Colorado Springs, Colorado.

 

Backus, W. & Chapian, M., 2000, Telling yourself the truth, Bethany House Publishers, Minneapolis, Minnesota.

 

Blue, K., 1993, Healing spiritual abuse. How to break free from bad church experiences, InterVarsity Press, Downers Grove, Illinois.

 

Booth, L., 1991, When God becomes a drug. Breaking the chains of religious addiction and abuse, Jeremy P. Tarcher/Perigee, New York.

 

Bradshaw, J., 2005, Healing the shame that binds you, Health Communications Inc., Deerfield Beach, Florida.

 

Carder, D., 1995, ‘Local church family patterns’, in M.A. Carder, E. Henslin, J. Townsend, H. Cloud &
A. Brawand (reds), Secrets of your family tree. Healing for adult children of dysfunctional families, pp 131–146, Moody Press, Chicago.

 

Cloud, H. & Townsend, J., 2002, Boundaries, Zondervan, Grand Rapids, Michigan.

 

Cumella, E.J., 2005a, ‘Religious abuse: Why, what, and how to help’, lesing gelewer by die tweejaarlikse internasionale konferensie van die American Association of Christian Counselors, Nashville, Tennessee, 28 September–1 Oktober 2005.

 

Cumella, E.J., 2005b, ‘Religious abuse’, The Remuda Review 4(2), 17–20.

 

Darden, R.A., 2005, ‘Spiritual assessment and treatment strategies’, The Remuda Review 4(2), 14–17.

 

De Villiers, D., 2008, ‘Spirituele molestering’, TEO Webdiens, bekom op 2 Oktober 2009, van

http://teo.co.za/artikel/articles/41/1/Spirituele-molestering02/Bladsy1.html.

 

Dupont, M.A., 2004, Toxic churches. Restoration from spiritual abuse, Chosen Books, Grand Rapids, Michigan.

 

Enroth, R.M., 1993, Churches that abuse, Zondervan Publishing House, Grand Rapids, Michigan.

 

Gibson, L., 2009, ‘What is spiritual abuse?’, bekom op 3 Oktober 2009, van

http://www.spiritualabuse.org/introduction.html.

 

Hemfelt, R., Minirth, F. & Meier, P., 2003, Love is a choice, Thomas Nelson Publishers, Nashville, Tennessee.

 

Henslin, E., 1995, ‘Guilt-ridden baggage: The role of religious shame’, in M.A. Carder, E. Henslin, J. Townsend, H. Cloud & A. Brawand (reds), Secrets of your family tree. Healing for adult children of dysfunctional families, pp 93–112, Moody Press, Chicago.

 

Johnson, D. & VanVonderen, J., 1991, The subtle power of spiritual abuse, Struik Christelike Uitgewers, Kaapstad.

 

Kotze, H.P., 2008, ‘Die belangrikheid van die stappe van rou en vergifnis in die herstelproses van die emosioneel verwonde persoon – ʼn Pastorale studie’, PhD-proefskrif, Departement Praktiese Teologie , Noordwes-Universiteit.

 

Langone, M.D., 1995, Recovery from cults. Help for victims of psychological and spiritual abuse, W.W. Norton & Company, New York.

 

Martin, P.R., 1995, ‘Post-cult recovery: assessment and rehabilitation’, in M.D. Langone (red), Recovery from cults. Help for victims of psychological and spiritual abuse, pp 203–231, W.W. Norton & Company, New York.

 

Minirth, F., 2005, Happiness is a lifestyle, Revell, Grand Rapids, Michigan.

 

Oates, W.E., 1970, When religion gets sick, The Westminster Press, Philadelphia.

 

Peck, S., 1978, The road less travelled, Arrow Books Limited, Londen.

 

Pretorius, S.P., 2007, ‘Seemingly harmless new Christian religious movements in South Africa pose serious threats of spiritual abuse’, Hervormde Teologiese Studies 63(1), 261–281.

 

Schiraldi, G.R., 2009, The post-traumatic stress disorder sourcebook: A guide to healing, recovery and growth, McGraw-Hill, New York.

 

Sloat, D.E., 1990, Growing up holy and wholly. Understanding and hope for adult children of evangelicals, Wolgemuth & Hyatt Publishers Inc., Brentwood, Tennessee.

 

Socha, P., 1995, ‘Religion and emotional dependence’, The International Journal for the Psychology of Religion 5(3), 187–198.

 

Stoop, D. & Masteller, J., 1996, Forgiving our parents, forgiving ourselves, Servant Publications, Ann Arbor, Michigan.

 

Thurman, C., 1999, The lies we believe, Thomas Nelson Inc., Nashville, Tennessee.

 

Van der Westhuizen, T., 2000, ‘Geestelike beskadiging. Indringende vrae oor onbuigsame kriteria vir spiritualiteit’, Finesse, Maart, pp 8–9.

 

VanVonderen, J., 1989, Tired of trying to measure up, Bethany House Publishers, Minneapolis, Minnesota.

 

Worthington, E.L., 2003, Forgiving and reconciling, InterVarsity Press, Downers Grove, Illinois. 

 

Wright, K., 2001, Religious abuse. A pastor explores the many ways religion can hurt as well as heal, Northstone Publishing, Kelowna, Kanada.

 

Ziegler, D., 2000, Raising children who refuse to be raised, SCAR/Jasper Mountain, Jasper, Oregon.